Die vrou verkies 'n ander dood as Russiese roulette -
'n drang sal sy ontlaai, maar naboots of dit fallies stil?
Die kop het tog 'n ander doel? Dis macho, morsig, vir die man
om tweedehands en wydsbeen soos in gangsterfilms te tol
aan die silinder met 'n koeël wat dalk kan kets of knal.
'n Kamikaze-lewenstyl voorspel 'n kansspel met jou lot:
jy sal nie weet as jy verloor - dit help dalk tyd verdryf.
Om lewe te verwek is so verbeeldingloos en stram geyk.
Die mens sterf kleurryk, in gevarieerde treurigheid.
Protes van hul wat nog wou leef maar net nie verder kon
is troos teen saaiheid: slyp gewoon 'n skeerlem op jou pols
of hang jou stil-stil in 'n koue skuur se donker hoek;
moderner is 'n spuitnaald kokaïen, 'n wanhoopsdaad
om hoog vanaf 'n brug te spring op Mississippi-ys -
deur net te dink aan selfmoord salf 'n gure nag,
is beter as 'n slaaptablet of antidepressant.
Die dae (moet ek toegee) skep nog 'n probleem
want elke afgrond, boomtak, snelweg of rivier bly lok
en tog is niemand onverskillig oor hoe hy wil sterf:
jy kan jouself 'n lugloper wil waan, in Etna spring,
broodnugter kan jou voete op die AA-trappe gly;
'n ander kan jou voorspring op die spoor en hoër op
gaan lê of kwalle kan jou uit die see uit byt
om druipstert maar weer aan te trek (Euripides
se woorde op die afskeidsnota in jou sak te steek)
en 40 jaar nog te bly leef - ek sê mos dis die dag
wat skrywers so verlok, hul onvrywillig laat verhuis
- al sou geleerde voetnootskrywers dalk van my verskil.
Die lewe is soms somberder nog as die dood -
ek dink aan hulle wat oor selfmoord of roulette
kan skryf maar self bly leef, g'n selfervaarde wenk
kan nalaat, ook nie met genoegdoening dié dood
kan smaak: dit bly so onvervuld, die dood se uitgestel:
as dag en datum, uur of selfs minuut onseker bly
is jy alleen bewus van hoe die balletjie bly tol
en bokkespronge maak terwyl die wiel in swart en rooi
nog draai; bekoor deur die naïewe spel bly waag
jy op die wispelturigheid en dobbel jy jouself bankrot
of droom van nog 'n kans, 'n nuwe wêreld, liefde, reis
jy om wat uitmekaar gespat het 'n jou te versoen,
ontvlug jy daardie vonnis wat jou lewend hou
om dag vir dag te sterf: die mens wil môre annekseer:
2) Die ou wat spog by sy Skotse vriend (wat te vertel het dat mens in
Skotland na 4 drankies een gratis kry) dat in SA kan iemand by 'n plek
inloop - 5 drankies verniet kry, en dan met die trappies opgaan vir seks
sonder om te betaal.
Vriend - Jitte, dis die eerste keer dat ek daarvan hoor - hoe is die plek en
waar is dit?
Ou - Ek was nog nie self daar nie, maar my suster was...
Die konserve op Stellenbosch het nog 'n dosent verloor hierdie jaar.
Albert Engel - dirigent en afrigter van die koperblaasorkes van die
Universiteit, het die afgelope naweek saam met agt ander musikante
verongeluk. Hulle was in 'n minibus op pad terug van 'n musiekfees in
Namibië.
Ons koor het al twee keer saam met hom as dirigent opgetree, en hy was 'n
besondere begaafde musikus.
Ferrari Formula 1 racing team recently fired the whole pit crew to employ a
few young guys from Soweto. This sudden reaction was due to a television
documentary showing how young Sowetans could take off a car's wheels in
under six seconds without any fancy equipment.
Ferrari soon regretted their decision. However, as the young men not only
changed the wheels within six seconds, but twelve seconds later the car had
been resprayed and sold to the McLaren team! Ferrari was still eager to
compete in the Grand Prix and, since they no longer had a formula 1 car to
race with, the young Sowetans suggested using a minibus taxi, complete with
an experienced (yet unlicensed) driver, and fare collector.
Of course they easily won the championship, since the minibus weaved it's
way through the starting grid. Set off before the lights changed and didn't
bother to change the tyres when they wore out. It also took all the corners
at maximum speed, as the brakes were non-existent. On the way to victory the
new "Ama - Ferrari - Ferrari" team also managed to hi-jack several
competitors cars and pick up 35 passengers at some notoriously dangerous
spots, including blind rises as well as the chicane. The 15,000 spectators
rocked, boogied and cheered the minibus to victory as it blasted six
thousand watts of rap music for all 77 laps.
We can be proud of yet another South African sporting achievement, which
will put us at the forefront of sporting history. Well done boys!!
Die King-ondersoek van die rugby is nou uitgestel na vroeg volgende jaar.
Dit nadat daar in alle haas gepoog is om die saak afgehandel te kry voor die
WB toernooi.
Dit behoort interessant te wees hoe die getuies gaan verskil tussen diegene
wat na die WB toernooi oorsee gaan speel en teoreties nie meer vir die
Springbokke kan speel nie, en diegene wat hier bly en weer wil probeer om
die span te haal.
Ons kla oor niks. Blykbaar vergelyk ons misdaadsyfers glo goed met ander
lande volgens ons minister.
Ons wag egter op die bekendmaking van die misdaadsyfers.
Die pas is op 14 September 150 jaar oud. Ek het dit verlede jaar laas gery,
en dit was toe in 'n haglike toestand.
Die Kobra by Ratanga is niks teenoor Bainskloof as dit kom by adrenalienpomp
nie.
Annette
Suidwester, miskien kan jy help. Ek lees op Harnas se site (www.harnas.org)
dat hulle a.g.v. die Namibiese wette geen vrywilligers mag aanvaar om op die
plaas te gaan werk nie. Watse wet is dit, en is daar 'n rede agter die wet?
Ek onthou so 2 jaar terug het hulle 'n beroep uitgestuur vir mense om te kom
help op die plaas nou mag hulle nie meer nie?