Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Wys: Vandag se boodskappe :: Onbeantwoorde boodskappe :: Stemmings :: Navigasie
Hartlik welkom! Op hierdie webtuiste kan Afrikaanse mense lekker in hul eie taal kuier, lag en gesellig verkeer. Hier help ons mekaar, komplimenteer mekaar, trek mekaar se siele uit, vertel grappe en vang allerhande manewales aan. Lees asb ons aanhef en huisreëls om op dreef te kom.

ta

Fri, 12 September 2003 06:41

Hier by ons word dit veral gebruik as na 'n dier verwys word - soos
bevoorbeeld as iets gevang is, dan is ta vas.

Annette

Koeitjies & kalfies | 3 kommentare

grappie in engels so as jy nie kan vertaal nie hou verby

Fri, 12 September 2003 06:03

"Mom, may I take the dog for a walk around the block?" a little girl
asked. "No, I don't think so. Fifi is on heat," replied the mother.
"What does that mean?" asked the child. Embarrassed and not wanting to
get into a biological discussion with her young daughter, the mother
said, "Oh, just go ask your father. I think the is in the garage." The
little girl goes to the garage and says, "Dad, may I take Fifi for a
walk around the block? I asked Mom, but she said that Fifi was on
heat, and that I had to come talk to you." Not wanting to have the
biological discussion either, the father said, "Bring Fifi over here."
He took a rag, soaked it with petrol, and scrubbed the dog's rear-end
with it. "Okay, now you can go for a walk but keep Fifi on the leash
and you can only go around the block once." The little girl left, and
returned a few minutes later with 'No Dog' on the leash. "Where is
Fifi?" her father asked. "She should be here in a minute," advised the
daughter. "She ran out of petrol about halfway down the block and
another dog is pushing her home."

Threeships Mcduck
lato di gomma giù, lato lucido in su
www.mothership.co.za

Humor & grappe | 4 kommentare

Springbokke, Rugby, Cronje en die Aussie koerante

Fri, 12 September 2003 02:54

My koerant het die artikel vanoggend ingehad wat my vies gemaak het.

Ek het dit toe op die 'net opgekyk - lees dit na 'n kalmeer middel asb.

http://www.theage.com.au/articles/2003/09/11/1063268513467.h tml

Sport & ontspanning | 3 kommentare

Sal rasisme die afrikaner vernietig?

Thu, 11 September 2003 23:16

My (amper ex)vrou het my noudie dag vertel van hoe sy terug gekom het op
die trein van Reading en hoe sy a groep swart mense hoor praat het van die
"Nazi's". Sy was geskok om geklasifiseer te word as a nazi, net omdat sy a
wit vel het.

Daar is a interesante tweespalk in die groep in dat die die groep genoem
word soc.culture.south-africa.afrikaans en dat baie van die mense
afrikaners is op die groep. Dit is nie dieselfde ding nie. (julle
nederlandse rasiste sal presies weet met wie ek praat!)_

Mense, probeer jouself indink in iemand anders se skoene. jcw, spencer en
Elaine, kan julle nie sien dat julle komentaar erken rasisme nie? JCW en
Spencer, julle is somer openlik rasisties en hatig. Mag die God in die
hemele julle (ek wou se "dood bliksim met sy wit lig") laat verstaan dat
julle niks meer spesiaal is is die die selfde mense wat julle so onegtelik
beledig nie? Daar is geen verskil tussen jou en a swart mense nie!

Elaine, het jy a probleem om 'a' in plaas van ''n' te verstaan of gaan jy
soos die ou burokratiese afrikaner vir my vertel dat dit maak nie saak
nie, as jy dit nie reg spel nie, dan beteken dit niks nie!?Wil jy he ek
moet nou in engels skryf? Komaan, maak jou vry van jou konservatiewe
opvoeding en probeer om iemand anders te verstaan, eerder as om jou punt
te demonstreer (dis net a ego trip omdat jy kan spel!). Daar is altyd
iemand wat "default" in terme van tegniese korrektheid, so jy moet maar
vrede maak of jy geinteresseerd is in idees of a pragtige prulle
taal.(tegnies is jy korrek!)

Dit maak nie saak wat die woorde is nie, maar as jy nie kan verstaan dit
jy geen reg het nie (maak nie saak hoe gereeld jy vir Christus vra om jou
te seen nie in die afrikaner kerke nie) om jouself bo swart mense te plaas
nie. As jy nie kan verstaan dat hulle jou gelyke is nie, dan is JY A
RASIS!!!

Moet asseblief nie jou antwoord op die email begin met "MAAR" nie, want
dat het jy erken dat jy a rasse onderskeiding tref. Voel welkom om:

a. Jou rasistiese retoriek uit te haal in a antwoord (wat weereens die
punt tuis dryf) of
b. Saam te stem dat die enige onderskeid op grond van ras, rasisme is.(kan
dit meer duidelik gestel word?)

Die afrikaner is skisofrenies as hy aanhou om te glo dat apartheid
verkeerd was, maar dat die huidige Suid Afrika "opgekof word deur die
swartes". (ek sukkel om die woord "k@ffer" te gebruik want maak nie saak
hoeveel keer jy dit aanhaal nie, my naam staan daarlangs geskryf!)

Mense, asseblief, dit email is nie daarop gemik om iemand te inspireer om
sy rasse haat uit te laat nie. Kan julle nie sien dat die Afrikaner die
afgelope 60 jaar a intense rasis geword het nie wat geen probleem het om
miljoene mense te klassifiseer op grond van hulle vel kleur nie?

My voorstel is: Jy moet a aktiewe poging aanwend om die mens langs jou te
aanvaar (nes Christus gese het). Dit maak nie saak wat sy vel kleur is
nie. Ek persoonlik kry baie genot daaruit om swart of bruin mense te help
wat ek weet my pa en oupa het dit nie gedoen nie.

So, Afrikaner, trek jou vinger uit en steek jou hand uit na die mense in
die gemeenskap langs jou wat brand arm is en sukkel om a bestaan te voer.

Ek is jammer om soos Boesak te klink maar dit kan nie so aangaan nie. Die
groep is nie skuilplek vir Nazi's nie!

Groete,

Penkop B

Koeitjies & kalfies | 38 kommentare

Dit was Max

Thu, 11 September 2003 07:30

wat vir ons die eerste hier laat weet het van die gebeure op 9/11 twee jaar
gelede.

Annette

Koeitjies & kalfies | 3 kommentare

Afrikaner rassisme

Wed, 10 September 2003 18:06

Ek is jammer om dit te se, maar dit is opvallend hoe meeste mense op die
groep rassistiese neigings toon.

Miskien merk ek en die ander wat nie meer in SA bly nie, dit meer op want
dit is in so sterk kontras met wat ons in die buiteland erver.

Wat ook interesant is, is die feit dat as een van die buitelanders iets
daaroor se is die gewone terug kap dat die opmerking nie geldig is nie
want die "buitelanders is in elke geval nie afrikaners nie".

Meeste van Suid Afrika se probleme myns insiens le by die wit afrikaners
en nie die swart mense of kriminele nie. Of jy nou glo in die "nature vs.
nurture" debat en dink dat die selfde mense wat vir meer as twee
generasies nie naastenby die selfde opvoeding of geleenthede as ons
ontvang het nie het werklik a keuse in hulle optrede het of dat hulle maar
net slawe is van hulle agterstand, die bottom line is dat nie julle of
hulle enige werklike keuses het anders as om dialoog te gaan oor die
kwessies nie en om a gelyke lewe (gelyk in altwee kante se persepsie) saam
met mekaar te probeer uitkerf.

Ek is ook jammer om te se dan as julle eers die saak begin bespreek, dan
sal die afrikaners nog baie meer van hulle voordele moet opgee om enigsins
a gelyk speelveld te skep.

Hoekom is dit dan ook so dat ek die gevoel kry dan baie van die mense in
die groep Christene is en dat sonder om sosiale wetenskap hierby te
betrek, die mense tog die lig moet sien en eerder die gaping probeer
oorbrug as om te verval in selfbeskermende retoriek?

Wat is dit wat die Afrikaner probeer verdedig teen swart invloed? Ons
taal? As swart mense snaaks praat op die TV, hoekom is dit a kwessie? Kan
julle hulle nie verstaan nie? Ek verstaan hulle en hulle verstaan mekaar.

(side issue: fokas is snaaks soos "flied lice" snaaks is in China Town.
Dit is a kwessie van die verskil in betekenis van homfone in twee tale)

Op die ou end lyk dit vir my dis a emosionele ding met die Afrikaner wat
waarskeinlik verkeerd gegaan het net na die boere oorlog. Afrikaners (ek
sluit myself daarby in) voel dat hulle iets geskuld word. A beter lewe. As
jy hard werk, kan jy a grooter huis koop en meer geld kry. Jammer, dit is
nie so nie. Daar is geen regter in die lug wat jou ideale gaan beskerm nie
maak nie saak wat die bybel se nie.

Dit is a kwessie van volwassenheid en self vertroue om alle ander mense
gelyk aan jou te stel en ongelukkig ontbreek dit by baie Afrikaners.

Ok, hier is my voorstel: Kom ons drop die rassisme geheel en al in die
groep en wend a ernstige poging aan om nie swart mense anders te hanteer
omdat hulle verskillend van ons is nie. As ons dalk baie gelukkig is, kan
ons dalk een of twee nie-wit mense kry om deel te neem aan die groep en
eerder as om hulle opinie te vrees, kan ons deel neem aan hulle denke en
ryker mense aan die ander kan uit kom.

Dink net hoe sal jy voel as daar a swart besprekings groep is wat
dieselfde opmerkings oor wit mense maak as wat julle oor swart mense maak?

Selfregverdige Penkop B

Koeitjies & kalfies | 94 kommentare

" Voor-beelde " deur JOHANN JOHL

Wed, 10 September 2003 13:19

Johann Johl
Voor-beelde

Die vrou verkies 'n ander dood as Russiese roulette -
'n drang sal sy ontlaai, maar naboots of dit fallies stil?
Die kop het tog 'n ander doel? Dis macho, morsig, vir die man
om tweedehands en wydsbeen soos in gangsterfilms te tol
aan die silinder met 'n koeël wat dalk kan kets of knal.
'n Kamikaze-lewenstyl voorspel 'n kansspel met jou lot:
jy sal nie weet as jy verloor - dit help dalk tyd verdryf.

Om lewe te verwek is so verbeeldingloos en stram geyk.
Die mens sterf kleurryk, in gevarieerde treurigheid.
Protes van hul wat nog wou leef maar net nie verder kon
is troos teen saaiheid: slyp gewoon 'n skeerlem op jou pols
of hang jou stil-stil in 'n koue skuur se donker hoek;
moderner is 'n spuitnaald kokaïen, 'n wanhoopsdaad
om hoog vanaf 'n brug te spring op Mississippi-ys -

deur net te dink aan selfmoord salf 'n gure nag,
is beter as 'n slaaptablet of antidepressant.
Die dae (moet ek toegee) skep nog 'n probleem
want elke afgrond, boomtak, snelweg of rivier bly lok
en tog is niemand onverskillig oor hoe hy wil sterf:
jy kan jouself 'n lugloper wil waan, in Etna spring,
broodnugter kan jou voete op die AA-trappe gly;

'n ander kan jou voorspring op die spoor en hoër op
gaan lê of kwalle kan jou uit die see uit byt
om druipstert maar weer aan te trek (Euripides
se woorde op die afskeidsnota in jou sak te steek)
en 40 jaar nog te bly leef - ek sê mos dis die dag
wat skrywers so verlok, hul onvrywillig laat verhuis
- al sou geleerde voetnootskrywers dalk van my verskil.

Die lewe is soms somberder nog as die dood -
ek dink aan hulle wat oor selfmoord of roulette
kan skryf maar self bly leef, g'n selfervaarde wenk
kan nalaat, ook nie met genoegdoening dié dood
kan smaak: dit bly so onvervuld, die dood se uitgestel:
as dag en datum, uur of selfs minuut onseker bly
is jy alleen bewus van hoe die balletjie bly tol

en bokkespronge maak terwyl die wiel in swart en rooi
nog draai; bekoor deur die naïewe spel bly waag
jy op die wispelturigheid en dobbel jy jouself bankrot
of droom van nog 'n kans, 'n nuwe wêreld, liefde, reis
jy om wat uitmekaar gespat het 'n jou te versoen,
ontvlug jy daardie vonnis wat jou lewend hou
om dag vir dag te sterf: die mens wil môre annekseer:

Prosa & poësie | 0 kommentare

Gehoor van...

Wed, 10 September 2003 10:15

1) Die aggressiewe ginekoloog?
Dr Koekemoer.

2) Die ou wat spog by sy Skotse vriend (wat te vertel het dat mens in
Skotland na 4 drankies een gratis kry) dat in SA kan iemand by 'n plek
inloop - 5 drankies verniet kry, en dan met die trappies opgaan vir seks
sonder om te betaal.
Vriend - Jitte, dis die eerste keer dat ek daarvan hoor - hoe is die plek en
waar is dit?
Ou - Ek was nog nie self daar nie, maar my suster was...

Annette

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

Nog een dood

Wed, 10 September 2003 06:48

Die konserve op Stellenbosch het nog 'n dosent verloor hierdie jaar.
Albert Engel - dirigent en afrigter van die koperblaasorkes van die
Universiteit, het die afgelope naweek saam met agt ander musikante
verongeluk. Hulle was in 'n minibus op pad terug van 'n musiekfees in
Namibië.
Ons koor het al twee keer saam met hom as dirigent opgetree, en hy was 'n
besondere begaafde musikus.

Annette

Onderwys & opvoeding | 1 kommentaar

Ferrari Formula `1

Wed, 10 September 2003 06:18

Jammer vir die rooi taal.

Jan

Ferrari Formula 1 racing team recently fired the whole pit crew to employ a
few young guys from Soweto. This sudden reaction was due to a television
documentary showing how young Sowetans could take off a car's wheels in
under six seconds without any fancy equipment.

Ferrari soon regretted their decision. However, as the young men not only
changed the wheels within six seconds, but twelve seconds later the car had
been resprayed and sold to the McLaren team! Ferrari was still eager to
compete in the Grand Prix and, since they no longer had a formula 1 car to
race with, the young Sowetans suggested using a minibus taxi, complete with
an experienced (yet unlicensed) driver, and fare collector.

Of course they easily won the championship, since the minibus weaved it's
way through the starting grid. Set off before the lights changed and didn't
bother to change the tyres when they wore out. It also took all the corners
at maximum speed, as the brakes were non-existent. On the way to victory the
new "Ama - Ferrari - Ferrari" team also managed to hi-jack several
competitors cars and pick up 35 passengers at some notoriously dangerous
spots, including blind rises as well as the chicane. The 15,000 spectators
rocked, boogied and cheered the minibus to victory as it blasted six
thousand watts of rap music for all 77 laps.

We can be proud of yet another South African sporting achievement, which
will put us at the forefront of sporting history. Well done boys!!

Sport & ontspanning | 3 kommentare

Bladsye (1838): [ «    535  536  537  538  539  540  541  542  543  544  545  546  547  548  549  550    »]
Tyd nou: Fri Jan 17 22:21:36 UTC 2025