Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Wys: Vandag se boodskappe :: Onbeantwoorde boodskappe :: Stemmings :: Navigasie
Hartlik welkom! Op hierdie webtuiste kan Afrikaanse mense lekker in hul eie taal kuier, lag en gesellig verkeer. Hier help ons mekaar, komplimenteer mekaar, trek mekaar se siele uit, vertel grappe en vang allerhande manewales aan. Lees asb ons aanhef en huisreëls om op dreef te kom.

Sou die SAP hulle hieraan steur?

Di., 16 September 2003 06:47

Verskoon die Engels:

Three more women have come forward with complaints against a man charged
with knowingly infecting women with HIV.

Shingirayi Nyarirangwe, 24, has reappeared in Auckland district court on
charges relating to five women, two of whom have developed AIDS.

Police allege he failed to tell some of the women he had HIV.

Nyarirangwe faced five new charges relating to women he had sex with.

Koeitjies & kalfies | 2 kommentare

Twee haai-aanvalle

Di., 16 September 2003 06:19

Binne 3 dae hier in die Kaap. Die eerste een was by Noordhoek, waar 'n
branderryer doodgebyt is. Die tweede by Melkbosstrand - die haaikoei het 'n
opblaasboot stukkend gebyt.

Annette

Koeitjies & kalfies | 9 kommentare

Onverwagse bedanking

Di., 16 September 2003 06:17

Die voorsitter van Nedcor het onverwags bedank. Daar word gewag om te sien
wat die reaksie van die mark vandag daarop sal wees.

Annette

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

Luiperd val gids aan

Di., 16 September 2003 06:16

Die storie klink ietwat snaaks.
Die luiperd het die toergids aangeval in 'n area waar mense in hul voetuie
moet bly.
Toe word die luiperd met die voertuig raakgery, sodanig dat sy pote gebreek
word en die dier toe uitgesit moes word.

Annette

Koeitjies & kalfies | 11 kommentare

Waar is die swaeltjies

Di., 16 September 2003 05:39

Is dit te vroeg. Ek is seker daar was al swaeltjies die tyd van die jaar in
Pretoria. Wil hulle vir ons iets sê dat daar nog koue gaan kom, voor hulle
kom of weet iemand iets wat ek nie weet nie.
--
Chris in die laer-middelklas

Troeteldiere | 0 kommentare

Moorde

Ma., 15 September 2003 15:46

Die afgelope naweek is 'n ma en haar dogtertjie in hul huis doodgeskiet, en
die pa is in 'n ernstige toestand in die hospitaal. Nie naastenby dieselfde
nuusdekking en woede word weerspieël as met basies dieselfde tipe slagting
van die ouma, ma en dogter verlede maand nie.
Is dit omdat ons nou aan sulke goed gewoond is, of is dit omdat die
slagoffers nie blankes was nie?
--
Annette

Koeitjies & kalfies | 10 kommentare

Die Boot

Ma., 15 September 2003 15:40

is los - Saterdag al - en is nou in die droogdok .
Wat 'n gesukkel van 19 Augustus af al - maar ons is almal dankbaar vir die
slegte weer en wind die naweek wat gehelp het om die uit die pad te kry.

--
Annette

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

Grondwet vd Newel Republiek

Ma., 15 September 2003 05:10

>> Anyhow, as die derde bewaker van die afrikaner siel, hoekom help jy nie
met die 3rde republiek se bou nie? Dit klink asof jy kan help met a paar
basiese grond beginsels.

As Aspirant Informasie Minister is ek bly om kategories te kan verklaar dat
gister aand om 11.00 GMT Radio Namaqua sy eerste uitsending suksesvol op die
Net gemaak het.

Met 'n kombinasie van tegnologiee op die server beteken dit dat luisteraars
geen 3rde party "plug-ins" of sagteware sal benodig vir ontvangs nie.

Die Aspirant Informasie Minister (AIM) het sy pak aangetrek - sy Riaan
Cruywagen pruik op gesit en agter die mikrofoon ingeskuif.

Die wêreld se voorste en grootse Afrikaanse Yorkshire internet radio stasie
se uitsending was 'n groot sukses en die luistereraar se kommentaar was ook
heel positief.

>> Ek sal a nuwer draad oop maak met a nuwe konstitusie vir die 3rde
republiek en hoop (en is seker ek sal) om jou daar te hoor.

Ek wag vir daai draad - Die Generaal/Veld Maarskalk/Premier het mos my
versoekie opgeskeur - so nou is ek soort van haweloos.

Namaqua - Eers Manhattan en dan Berlyn

Koeitjies & kalfies | 8 kommentare

" 11 September 2001 " deur VINCENT OLIPHANT

So., 14 September 2003 23:07

Vincent Oliphant
11 september 2001

hoe het ek kon weet
dit sou die laaste wees
daar was in my binneste geen kreet
geen kode
waardeur ek 'n voorbode kon lees nie
ek het net die kind onder my hart voel ruk
toe jy oor my buk
en my hand sag teen jou lippe druk

toe is jy weg
soos elke ander dag
met 'n oogknip en 'n lag
en 'n hand vol boud

nou sit ek koud
hier voor die skerm
en sien hoe die dood in lem

my hart
sê vol van jou
middeldeur

weer en weer en weer

'n Gedig vir Jenna Jacobs, wat nege maande swanger was toe haar man in die
Twin Towers gesterf het. Haar baba is 'n paar dae later, op 17 September,
gebore.

Prosa & poësie | 0 kommentare

Groepsverkragting - vervolg....

So., 14 September 2003 17:02

Wie het nie die Rapport se voorblad gelees nie?
Dit lyk tog of die sakie 2 kante het.
Ek het nou veral ernstige vrae aan die ouers van die meisie.

Koeitjies & kalfies | 34 kommentare

Bladsye (1834): [ «    533  534  535  536  537  538  539  540  541  542  543  544  545  546  547  548    »]
Tyd nou: So. Jan. 18 06:20:57 UTC 2026