Boere maak Zambië nuwe tuiste
Wo., 01 Oktober 2003 09:56
Meer as 70 Zimbabwiese boere wat hul grond weens pres. Robert Mugabe
se grondhervormingsplan verloor het, het plase in Zambië gekoop, sê
die Zambiese regering.
Beleggings deur Zimbabwiese boere beloop sedert Januarie sowat $83
miljoen (R614 miljoen).
Volgens mnr. Jacob Lushinga, hoofdirekteur van die Zambiese
beleggingsentrum, kom gemiddeld ses tot agt boere elke maand na
Zambië.
Hulle verbou 'n verskeidenheid produkte, insluitend tabak en mielies.
Lushinga sê die boere bring voldoende toerusting en geld om hul
landbouprojekte suksesvol te begin wat Zambië se ekonomie 'n hupstoot
gee.
Dié boere vestig hulle in vrugbare gebiede. Dikwels moet met
tradisionele leiers onderhandel word om grond te bekom.
Bron:news 24
Koeitjies & kalfies |
5 kommentare
Happy sage se einde
Wo., 01 Oktober 2003 07:16
Happy Sindane, wat sekere mense ietwat op hol gehad het, het sy laaste dag
in die hof gehad.
Daar is toe bepaal dat hy definitief 19 jaar oud is, en nie 16 nie. Dit
beteken dat hy nie meer onder die kindersorgwet val nie, en die mense wat
vir hom sorg is nou nie meer sy pleegouers nie, maar sy werkgewer.
Happy het ook R100 000 gekry van 'n verfmaatskappy omdat hulle sy naam in 'n
advertensie gebruik het sonder sy of sy voog se toestemming.
Annette
Koeitjies & kalfies |
5 kommentare
Woordoorsprong
Wo., 01 Oktober 2003 02:51
Wie weet?
Ek gebruik per toeval die woord (?) "poerdesmerdes" ("poer-des-merdes") - en
uit die bloute kry ek 'n verduideliking van die oorsprong van die woord?
Wie weet?
Koeitjies & kalfies |
29 kommentare
Kellies en Kroeks
Di., 30 September 2003 10:55
Vanoggend in Gauteng het 'n minibustaxibestuurder in 'n woordewisseling
betrokke geraak met 'n bestuurder van 'n Mercedes.
In 'n daad van padwoede het die merc-ou die taxi-ou doodgeskiet.
Die mercedesbestuurder is by 'n polisiestasie in hegtenis geneem waar hy
blykbaar iets wou rapporteer.
--
Annette
Koeitjies & kalfies |
0 kommentare
Wie se Plus?
Di., 30 September 2003 07:39
Drie regse partye het nou weer saamgesmelt. - daar is so baie dat ek nie kan
onthou watter nie - en dit gaan nou genoem word Iets ( Konserwatiewe?) Plus
Party ( die Piepies:))) )
Cassie Aucamp se nuwe lot is nie daarby ingesluit nie.
Nou is daar wel mense wat van die Konserwatiewe Party oorgeloop het na die
Volksfront, wat nou weer saam is onder een sambreel. Lyk vir my na 'n
sirkellopery:))
Aan die ander kant - hoe lank voordat een weer gaan afstig .
Ek lees ook dat die nuwe kommitee wat saamgestel is vir die uitbreiding en
behoud van al die inheemse tale net een Afrikaans sprekende bevat. Ene
Landman - en dit nadat die FAK en die Praagmense 'n helse stryd met mekaar
aangesê het hoeveel van hulle op die paneel hoort.
Landman het blykbaar verklaar dat dit nie sy oogmerk is om slegs na die
belange en die bevordering van Afrikaans in die paneel om te sien nie.
Annette
Koeitjies & kalfies |
1 kommentaar
Sedoosfees
Di., 30 September 2003 06:34
Eintlik Suidoosterfees - hierdie naweek by die skiereilandse technikon -
sommer om die draai van my.
BarberShop is die vertoning wat ek definitief gaan bybring.
--
Annette
Koeitjies & kalfies |
32 kommentare