Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Wys: Vandag se boodskappe :: Onbeantwoorde boodskappe :: Stemmings :: Navigasie
Hartlik welkom! Op hierdie webtuiste kan Afrikaanse mense lekker in hul eie taal kuier, lag en gesellig verkeer. Hier help ons mekaar, komplimenteer mekaar, trek mekaar se siele uit, vertel grappe en vang allerhande manewales aan. Lees asb ons aanhef en huisreëls om op dreef te kom.

Ou Lokasie, Windhoek

Sa., 04 Oktober 2003 06:14

Ek het mos so 'n paar weke gelede vertel van Hannes Smith van die Windhoek
Observer wat 'n publieke waarskuwing van Sam Nujoma letterlik opgeneem het
en besluit om hom aan te vat? Nujoma het 'n boek geskryf saam met 'n
skaduskrywer oor sy lewe en basies oor hoe hy SWA bevry het van blanke
onderdrukking. Die hele spul het sy ontstaan gehad by die opstand in die
Ou Lokasie te Windhoek. Die Munisipaliteit het besluit die klomp
plakkershutte moet afgebreek moet word en die gebied skoongemaak word. In
ruil daarvoor is steenhuise gebou in die nuwe swart gebied, Katutura, en die
mense moet trek. Hulle wou nie en dan was daar nog die kwessie van
sjebiens ook. Die Munisipaliteit wou gehad het dat alle bier in die
biersaal verkoop moes word en dat die privaatverkope van gestookde en
gebroude drank stopgesit moes word.
Volgens Sam Nujoma se boek, was hyself daai nag in die Ou Lokasie en aan
die einde van die opstand en skietery, het blanke dokters geweier om van die
beseerde swartes te behandel. Nou reken Hannes Smith.....hy besit seker
die grootste privaat-argief in die land.....hy praat strooi en lieg die
geskiedenis reg. Hy het ou verslae en ou mense in die hande gekry en
geskrewe bewyse gepubliseer van dokters en verpleegsters wat daardie nag op
nooddiens was in al die hospitale om die beseerdes te help.
Wat egter baie interessant is, is dat gister 'n brief in 'n ander
koerant verskyn het van 'n onderwyser wat redelik aktief skryf in plaaslike
publikasies, dat hy as swart man wat in die apartheidsera grootgeword het en
nog nie eers gebore was tydens die opstand nie, dat hy veel eerder die
weergawe van Sam Nujoma wil glo, al mag dit nie histories perfek reg wees
nie, voel dit vir hom reg want hy kan nie glo dat blanke dokters enige
moeite vir swart mense sou doen nie.
Hiermee sê hy natuurlik dat dit vir hom aanvaarbaar is dat die
geskiedenis 'reg' geskryf word!

Koeitjies & kalfies | 7 kommentare

Kyk vanaand

Sa., 04 Oktober 2003 05:46

Kyk vanaand na my op noot vir noot:

Koeitjies & kalfies | 7 kommentare

Safari hotel, Windhoek

Sa., 04 Oktober 2003 04:45

More
Ek gaan by bg wees van Sondag 5/10/3 tot Woensdag 15/10/3. Was enigeen al
daar wat my kan se hoe die plek is? Waar sal verder die beste plek wees om
volgende naweek die rugby te kyk daar?
Groete
Joeboy

Koeitjies & kalfies | 2 kommentare

Regstellendekostes

Sa., 04 Oktober 2003 03:39

PetroSA (Mosselbaai) gaan volgens beraming R800Miljoen (R19M/dag) verloor
nadat onderhoud deur 'n regstellende kontrakteur by die aanleg "skeef"
geloop het.

Ook, die arbeidsmakelaar wat 'n "regstellende" kontrak by PetroSA gekry het,
Daluxolo Manpower, behoort aan die broer van die direkteur van Openbare
Vervolging Bulelani Ngcuka.

Ontkenning ("denial") voer natuurlik hoogty by alle betrokkenes. (Dis die
eerste stap wat gevolg word uit die ANC se "handleiding" van hoe om op te
tree wanneer jy ontbloot word ...)

----
Wat my opgeval het oor die aangeleentheid wat in die Mail & Guardian
(www.mg.co.za ) van 03 Okt 2003 slegs op bladsy 15 gerapporteer word, is die
feit dat ek reeds 'n gerug rakende mislukte onderhoud by PetroSA 14 dae
gelede gehoor het. Ek volg nie daardie streek se media nie. (Gaan lees gerus
die detail van hoe regstellende optrede die land R800M uit die sak jaag.)

Koeitjies & kalfies | 4 kommentare

Amandla in Brugge

Vr., 03 Oktober 2003 17:59

Amandla Strydom en ander Afrikaanse kunstenaars, tree saam met Stef Bos en
ander Belgiese en Hollandse kunstenaars op in 'n Konsert vir Johannes
Kerkorrel op 15 November 2003.
Dit sal nie 'n treurmare oor sy dood 'n jaar gelede wees nie, maar 'n
viering van sy skeppende lewe.

Annette

Koeitjies & kalfies | 10 kommentare

Kaartjies asseblief

Vr., 03 Oktober 2003 08:39

Monopolie?

2 dae geen Computicket (www.computicket.com) en maak dit 'n verskil?

Lee konsertsale en flieks en moeite vir 'n buskaartjie. Wat's die
alternatief?

:-(

TJ

Koeitjies & kalfies | 7 kommentare

A.I. over ZA 2002

Vr., 03 Oktober 2003 08:12

Zuid-Afrika
http://web.amnesty.org/report2003/index-eng
http://www.amnesty.nl/landeninfo/llp_za.shtml

Staatshoofd en regeringsleider: Thabo Mbeki
Doodstraf: afgeschaft voor alle misdrijven
Internationaal Strafhof: geratificeerd

Er waren berichten over sterfgevallen tijdens hechtenis onder verdachte
omstandigheden, marteling en buitensporig gebruik van geweld door de
politie. Een opleving van het politieke geweld leidde tot talloze doden en
gewonden. Het aantal meldingen van verkrachting van vrouwen en meisjes bleef
hoog; verantwoordelijken werden zelden voor de rechter gebracht. Er bleef
kritiek op het regeringsbeleid inzake de behandeling van Zuid-Afrikanen met
HIV/aids. Het Constitutionele Hof oordeelde dat de wetgeving inzake het
gebruik van dodelijk geweld indruiste tegen het recht op leven. Regelgeving
die asielzoekers ervan weerhoudt werk te zoeken of te studeren werd
onrechtmatig en ongrondwettig verklaard

Koeitjies & kalfies | 18 kommentare

'n Kaapse koor op TV

Vr., 03 Oktober 2003 07:52

KUNSKAFEE (168)
Sondag 5 Oktober 2003
kykNet 19:30
Herhalings:
Maandag 6 Oktober om 15:00
Dinsdag 7 Oktober om 10:00

Ankeraanbieder: Dawn Matthews
Veldaanbieders: Melt Sieberhagen, Johnny Davids, Lize Briedenhann
Boekerubriek: Hettie Scholtz

KUNSKAFEE is 'n kunsjoernaalprogram wat alle kunsvorme so wil reflekteer dat
dit vir Jan Alleman toeganklik sal wees - sonder om die fynproewer teleur te
stel. Van teater tot beeldhouwerk; argitektuur tot landskapkuns; klassieke
musiek tot pottebakkery; ballet tot moderne dans; skilderkuns tot
straatkuns; letterkunde tot strokiesprente; rekenaarkuns tot die Internet;
fotografie tot spotprentkuns.

KUNSKAFEE word nie vanuit 'n ateljee uitgesaai nie. Die stel is verskillende
en uiteenlopende plekke - 'n teater, uitstalling, 'n besondere stuk
argitektuur, 'n galery en so meer.

Die program bestaan nie net uit insiggewende profiele oor kunstenaars en
besondere kunsgebeurtenisse dwarsoor Suid-Afrika nie. Daar is ook 'n
weeklikse kringloop waarin daar om die beurt 'n draai gemaak word by
verhoogproduksies, uitstallings, CD-bekendstellings en uitvoerings in die
Wes-Kaap en Gauteng.

Alhoewel "Kunskafee" op M-Net se Afrikaanse TV-kanaal kykNET uitgesaai word,
is die program tweetalig (Afrikaans en Engels). Dit reflekteer die ryk
tapisserie van plaaslike sowel as internasionale kunstenaars wat ons land
besoek.

* Kunskafee se ateljee hierdie week is die Kaapse kunshandelaar Joshua
Rossouw se nuwe galery. Hy verkoop werke van talle ou bekendes met wie sy
verbintenis al oor 'n lang tydperk strek, maar nuwelinge maak ook gereeld 'n
verskyning in sy galery.

* Kagiso Pat Mautloa is 'n skilder wat die mense en die wêreld rondom hom op
unieke maniere in sy werk weergee. Sy ateljee by die Bag Factory in Newton
is perfek geleë vir hom om 'n konstante vloei van inspirasie te hê. Hy het
onlangs by die Goodman Galery uitgestal en Melt Sieberhagen het met hom gaan
kennis maak.

* Die Tygerbergse Kinderkoor word al 'n geruime tyd as een van Suid-Afrika
se beste kinderkore beskou. Die koor vier vanjaar sy dertigste bestaansjaar
en is steeds onder leiding van Hennie Loock. Lize Briedenhann het gaan
luister en meer oor hulle planne vir die feesjaar uitgevind.

* In Gauteng val die kollig op twee uiteenlopende teaterproduksies. By die
Studio by Montecasino word daar gekyk na die nuwe Simon Gray toneelstuk
"Japes", met Neels van Jaarsveld, Ashley Dowds en Shannon Esra in die
rolverdeling. Op 'n veel ligter noot kyk ons na die stoute seuns van rock
se musiek- eskapades in "Men behaving badly" by die Stage Door in Melville.

Ria Engelbrecht
Pieter Cilliers Produksies
011 789 6780 (t)
011 789 6647 (f)
www.pcp.co.za

www.artslink.co.za

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

Democratie in SA

Vr., 03 Oktober 2003 07:07

In Zuid-Afrika heerst het
communisme. Er worden
meer boeren vermoord dan
er Amerikanen sneuvelen in
Irak.
Reeds meer dan 1 500 eigenaars
van grote boerderijen
werden koelbloedig afgemaakt.
Dit heeft tot gevolg
dat de oogst mislukt en er nu
hongersnood is in het zo
welvarende land zonder
apartheid.
Zonder apartheid? Er is nu
meer apartheid dan vroeger.
Berichten uit Zuid-Afrika over
de terreur, de moorden, overvallen
enz. zijn voor de correcte
Westerse pers niet
goed genoeg en de lezers
hoeven dat niet te weten.
De volkerenmoord wordt verzwegen
want Mandela-land
is heilig.
Daar heerst de zwarte democratie.
Of beter ‘demo-crazy', zoals
Henry H. Pinkham van de
‘Onafhankelike Lede van die
Boerevolk' in een mediaverklaring
bekend maakte.
‘Dit word ook ‘freedom' genoem
(spreek uit 'friedom').
Kan so iets in 'n beskaafde
land gebeur? Wel, postapartheid
kommunisties
regeerde Suid-Afrika is nie
meer 'n beskaafde land nie!'
't Scheldt
Redactie en administratie:
Helenalei 53
2018 Antwerpen
Tel 03 239 70 22
Fax 03 230 83 54
Loopfoon: 0486 05 45 10

Koeitjies & kalfies | 21 kommentare

Ou Dashit Tee

Vr., 03 Oktober 2003 06:01

Nou die dag op RSG se sê wie, kon die inbellers kommentaar lewer oor die
feit dat die program van volgende week af 'n uur lank is.
Daar was toe een man wat Niekie en die deelnemers almal as kommin afskryf,
en daar word Niekie, soos gewoonlik, vies.
Toe slaat hy sommer die Engels in sy antwoord.
Hoeveel Kaaps ek ookal praat, ek het nog nooit daaraan gedink om audacity te
gebruik as ek van vermetelheid wil praat nie.

--
Annette

Koeitjies & kalfies | 1 kommentaar

Bladsye (1834): [ «    523  524  525  526  527  528  529  530  531  532  533  534  535  536  537  538    »]
Tyd nou: Di. Apr. 07 03:02:57 UTC 2026