Jonas, jy was reg -oor die getuies wat vermoor is. Dit het te doen gehad met
hierdie saak, en die moordenaars moet nog verhoor word.
Hierdie moordenaars is die twee broers van een van die
bomplantaangehoudenes.
In gister se Argus is dit ook uitgewys dat dit die laaste bom was wat in die
Kaap geplant is.
Mens kan nou seker dink dat die regte mense gevang is, of dat die
bomplanters geskrik het toe hierdie lotjie so vinnig aangekeer is, maar dit
kan ook wees dat die moslemgemeenskap hulle teen die bomplantidees begin
verset het, omdat hulle as 'n groep daaronder gely het.
Nou is die moslems weer in die spervuur om 'n heel ander rede. Deelname aan
Idols - waar die een klomp dit as verbode verklaar, en die ander groep dit
nie sien as iets wat verbode hoort te wees nie.
Hoekom twee kinders in hierdie laat stadium daaronder moes ly, terwyl
sogenaamde leiers al lankal hul besluit daaroor moes geneem het, laat mens
ook maar wonder oor die indoktrinasie wat daar aan die gang is.
--
Annette
In die 80's was daar so sad omie wat altyd by die skole vir ons kom preek
het oor die euwels van musiek. Almal onthou die 80's, die dekade van
synthesizers groot hare en "One Hit Wonders". Ek was in st.2 toe die omie
die eerste keer vir my vertel het my hero Morten Harket (van A-Ha) gaan in
die hel brand omdat hy 'n voorstander van aborsie was. In elke geval, om
nou 'n lang storie kort te maak - ek dink sy naam is Rodney Seale, maar ek
kan nie met sekerheid onthou nie. Laaste wat ek hom gesien het was in
matriek, en toe het hy nog steeds oor A-Ha gepreek - hy't teen die tyd seker
nou al sy mark gemis want toe het niemand meer openlik na A-Ha geluister
nie. Kan julle sy naam dalk onthou? Is dit Rodney Seale of dink ek aan
iemand anders?
Hy is skuldig bevind t.o.v. twee aanklagte van poging tot moord.
Die aanval het my Milnerton plaasgevind nadat die aanvaller en die
aangvaldes 'n nagklub in die stad in die vroeë oggendure verlaat het.
--
Annette
ann...@ctnet.co.za
Die staat het hul saak voorlopig teen hulle terug getrek nadat dit aan die
lig gekom het dat 'n senior polisieoffisier wat by die saak betrokke was
meineed gepleeg het.
Die huidige provinsiale hoof Komm. Petros het sy naam gemaak met hierdie
saak in 2000.
Hy en ander lede van die ondersoekspan het aansporingsbonusse van die
polisiehoofkwartier ontvang.
Daar was egter al lank onderlinge geskille oor die omstandighede waarin die
bom gevind is.
Nou is daar 'n ondersoek deur die Skerpioene van die onderdoekspan.
Die Pagad-lede was sedert 2000 in aanhouding.
Volgens ene Mev Dominee Cobie Swart, vrou van Dominee Chris Swart van die NG
gemeente Brackenfell, het sy 'n droom gehad waarin sy 'n opdrag gekry het
dat hul kerk se toring afgebreek moet word.
Die koste van so 'n operasie is R100 000.
Die dominee steun haar in haar taak, en het gepreek dat so 'n toring voor 'n
kerk maak alles nietig wat binne gebeur.Die toring voor die kerk gaan glo
deur as 'n sonpilaar of obelisk. Hy het die gemeente 14 teksverse laat
afskryf ter stawing van sy siening.
Nog 'n kerkman, Ds Willie Viljoen , sê die bybel gebied in verskeie verse
dat kerktorings en ander simbole van heidense godsdienste afgebreek en
vernietig word.
Volgens Viljoen is kerktorings glo geheime misterieuse simbole met hul
oorsprong in die onbekende.
Die obelisk is 'n simbool van die manlike geslagsorgaan ( toevallig is die
toring van hierdie gemeente 'n vierkantige pilaar) Die obelisk is 'n simbool
vir bevrugting en vrugbaarheid. "In heidense godsdienste word dit gebruik as
simbool vir seksuele omgang met die songod sodat die land bevrug kan word."
Nou wonder ek:
1) As enige ander mens as Mev Ds die droom gehad het, sou die persoon ook so
entoesiasties deur dominee ondersteun gewees het.
2) Hoekom het hy nou eers van die sondigheid van die toring bewus geword,
jare nadat hy heel tevrede daar gepreek het en nog langer die bybel
bestudeer het.
3) Is dit nie meer logies om Mev Ds eers 'n bietjie sielkundig te laat
andersoek voordat R100 000 uit 'n arm gemeente se kas gebruik moet word nie.
4) Hoeveel armer sou die wêreld se argitektoniese skatte nie gewees het
sonder torings nie.
5) Hoekom word daar nog steeds kerke oral met torings gesien?
6) Dis seker 'n helse ding om omgang met die songod te hê wat nou ooglopend
'n vrou is:))
--
Annette
Wel Katryn, jou voorspelling was toe verkeerd - die GOP het die "power grab"
toe wel reg gekry.
Wys jou - met die regte bemarkings span, geen ervaring en geen duidlike
"policy" kan 'n mens die CEO van 'n groot staat word. Style over substance.
(oeps daar het ek Tony Blair beskryf)
Wat gaan nou gebeur?
Watter effek gaan dit op die Presidensieele kies kollege hê?
Politiek as visuele spektakel met 'n Oostenryker wat moeg is vir "politics
as usual" as die middel punt. Waar het ek dit voorheen gesien?
RSG om 05:00 se nuus versoek die publiek om te help met die soek na 'n
reeksverkragter aan die Oosrand. Littekens, hoogte en geskatte gewig word
gegee - maar nie sy velkleur nie.
Wat dink jy is die kleur van hierdie reeksverkragter?
In die Hoëveld, waar dit oop is en die hemel wyd daarbo,
Waar kuddes waaigras huppel oor die veld,
Waar 'n mens nog vry kan asemhaal en aan 'n God kan glo,
Staan my huisie, wat ek moes verlaat vir geld.
En as ek in die gange van die myn hier sit en droom
Van die winde op die Hoëveld, ruim en vry,
Dan hoor ek die geklinkel van my spore, saal en toom,
Sawens as ek bees of skaap toe ry.
Op die Hoëveld, waar dit wyd is, waar jy baie ver kan sien,
(Die ylblou bring 'n knop dan in jou keel)
Staan my huisie nog en wag vir my, wag al 'n jaar of tien,
Waar die bokkies op die leigrafstene speel.
Maar as die tering kwaai word en ek hoor die laaste fluit,
Dan sweef ek na die Hoëveld op die wind
Ek soek dan in die maanlig al die mooiste plekkies uit
Waar ek kleiosse gemaak het as 'n kind.