Bok die Engelse
Di., 14 Oktober 2003 11:29
Die Burger het tans 'n kompetisie aan die gang waar mense voorstelle moet
indien van hoe die Bokke die Engelse kan wen.
Iemand het voorgestel die bokke moet vinnig 'n Jood in die span kry.
Ander dat die bokke moet knoffel eet.
Julle kan 0862233004 skakel of 0866102004 faks om julle voorstelle in te
dien.
--
Annette
Koeitjies & kalfies |
7 kommentare
Nog Engfrikaans
Di., 14 Oktober 2003 07:49
Gister is daar toe 'n onderhoud met iemand wat duidelik Afrikaans-sprekend
is wat 'n album saamgestel het van Johannes Kerkorrel se bekende, minder
bekende, en selfs onbekende komposisies.
Die man talk elke dear tweede word in Engels, dit is soos like jy know 'n
cool album that baie popular oor a groot part van the algemene population
hier and oorsee sal wees. Die songs is all baie careful uitgesoek.
Annette
Koeitjies & kalfies |
3 kommentare
Nog Rugby
Di., 14 Oktober 2003 07:35
Anders as met sokker, begin mens te wonder wat nou eintlik die doel met die
rugby WB is.
Krieket tel nie, omdat "onbekende" spanne wel die halfeindronde kan haal
weens tegniese berekeninge en die weer.
Maar met rugby is dit 'n ander storie. Sedert die WB begin het, ek dink dit
was 1987, was daar nog nooit geen kans van enige van die mindere spanne om
ooit die halfeindronde te haal nie.
Hoekom al die onkoste maak en nie sommer maar net die 8 spanne wat elk geval
die halfeindronde sal haal in elk geval net laat speel nie.
Watse "ondervinding" is daar vir die mindere spanne om keer op keer met
naastenby dieselfde telling teen die beter spanne verneder te word? Is dit
groei?
Watse "wedstrydoefening" is daar vir die sterker spanne om die mindere
teenstanders te verpletter en in die proses miskien 'n goeie speler te
verloor weens 'n besering?
Miskien moet die mindere spanne meer internasionale blootstelling kry deur
op gereelde basis byvoorbeeld teen die sterker lande se klubspanne of
provinsiale spanne te speel.
Dit is nie lekker om na 'n wedstryd te kyk waar mens voor die tyd weet 'n
eensydige spulletjie gaan wees nie.
Annette
Sport & ontspanning |
6 kommentare
Rugby WB
Di., 14 Oktober 2003 07:13
Dit was nogal opmerklik hoe min toeskouers daar was met die SA wedstryd in
teenstelling met die Engeland wedtsryd by dieselfde stadion. Miskien het dit
iets te doen met die wisselkoers.
Annette
Sport & ontspanning |
20 kommentare
CYT814EC
Ma., 13 Oktober 2003 14:47
Prentjie in Argus vandag. Kombi met bg registrasienommer. Sitplekke van die
Kombi bo-op die dak vas met toue. Seker so 10 boerbokke agter in. Twee mense
met 'n hond voor in.
Net in SA?:))
--
Annette
Koeitjies & kalfies |
0 kommentare
Re: SA-Truth Newslist
Ma., 13 Oktober 2003 12:58
hayesstw...@yahoo.com (Steve Hayes) skryf in boodskap news:...
> On Sun, 12 Oct 2003 09:39:10 +0200, Frikkie wrote:
>
>> You are invited to join the SA-Truth Newslist with articles about The
>> True situation in South Africa which the left liberal newspapers
>> suppress to publish:
>
> O Boeremag! O Boeremag!
> Jou het ek lief bo alles!
So Steve, you are actually a Boeremag-Supporter. Did You already post
something on: http://www.rebellie.org/ ???
Which article is it?
Koeitjies & kalfies |
1 kommentaar
Volkslied
Ma., 13 Oktober 2003 09:51
Ek hou van die "Remix" van die volkslied wat hulle sing by die rugby....en
aan almal wat dink SA is 'n groot kak wie het nie trots gevoel toe hulle die
stem sing nie en jy al die nuwe vlae sien nie...dis nou behalwe daai doos
met die ou vlag by die Skotland game!
Koeitjies & kalfies |
4 kommentare
Ons spring voor:))
Ma., 13 Oktober 2003 06:50
Ek sien nadat ons die Mev Ds en haar toring bespreek het, het hulle
gistermiddag in Sê Wie daaroor gepraat.
Loer daardie snare wat ons hier doen?
Nietemin - nogal heel interessant, veral die drie wat beweer het Mev Ds het
'n punt beet:))
Eintlik het die toringafbreekvoorstanders bietjie meer skade vir hul saak
gedoen as om dit te bevorder.
Die kerkraad het toe besluit dat hulle nie aan Mev Ds se wens gaan voldoen
nie.
Niemand van die kerkraad het nog aangebied dat sy miskien 'n sielkundige
moet besoek nie.
--
Annette
Koeitjies & kalfies |
0 kommentare