Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Wys: Vandag se boodskappe :: Onbeantwoorde boodskappe :: Stemmings :: Navigasie
Hartlik welkom! Op hierdie webtuiste kan Afrikaanse mense lekker in hul eie taal kuier, lag en gesellig verkeer. Hier help ons mekaar, komplimenteer mekaar, trek mekaar se siele uit, vertel grappe en vang allerhande manewales aan. Lees asb ons aanhef en huisreëls om op dreef te kom.

Die weer ?

Do., 16 Oktober 2003 15:39

www.weathersa.co.za/medfcast/gpa2.html virrie hele week

Gauteng vinnig virrie naweek:
18 9/18 Cloudy at times with a 60% chance of thunderstorms
Wind: fresh north-easterly
19 7/17 Cloudy with a 80% chance of thunderstorms
Wind: fresh north-easterly

WP ook:
www.weathersa.co.za/medfcast/wca.html virrie hele week

Klein Karoo vannag:
16de 12min/16maks "Showers", sneeu op die berge vannag (50%).
Wind: Matig suidwes

Dis nou 16de Oktober!

:-)

TJ

Koeitjies & kalfies | 3 kommentare

Afrikaspele

Do., 16 Oktober 2003 15:04

Die gasheerland het 9 medaljes gekry in die gestremde gewigoptelkompetisie.
Dis waaroor die ongelukkigheid glo gaan.
--
Annette

Sport & ontspanning | 0 kommentare

Musiek uit die rolprente

Do., 16 Oktober 2003 13:03

PRO MUSICA PRODUCTIONS
IN CO-OPERATION WITH MR VIDEO
PRESENT
THE EVER POPULAR PRODUCTION OF
MOVIES' GREATEST MUSIC

Friday 17 October at 20H30
Saturday 18 October at 20H00
Sunday 19 October at 15H00

CAST
Two of the foremost entertainers in South Africa: Charl van Heyningen and
Anize du Plessis together with veteran actor André-Jacques van der Merwe
will entertain you with hits from Casablanca to Moulin Rouge!

TEXT
by Alan Swerdlow

ARTISTIC DIRECTION
by Chris Harper

Enquiries with the Pro Musica Theatre on 011 674 1357/8.

R50, R70, R90 at Computicket

Rolprente betower gehore reeds sowat 'n eeu lank. Die oomblik wanneer die
moderne fliekflooi sy toegangskaartjie en springmielies koop en hom tuismaak
in die donker teater, word hy weggevoer deur gevaar en avontuur, vreugde en
hartseer, ekstase en geluk - 'n mengelmoes van emosies, plekke, karakters en
eras. Dit is die wonder van die rolprentwêreld.

Net so met musiek uit die rolprente. Musiek en liriek definieer 'n situasie
of 'n era en ondersoek allerhande emosies van naderby. Wie sal ooit Barbra
Streisand se ongelooflike weergawe van 'People' vergeet wanneer sy besef sy
kan nie sonder Omar Sharif lewe nie , of die tintelende 'Singing in the Rain
' van Gene Kelly , of Celine Dion se hartverskeurende liefdeslied "My heart
will go on" uit "Titanic"?

Sonder musiek, word 'n rolprent se kommunikasievermoë gehalveer. Ons het
besluit om 'n paar van ons gunsteling liedere uit rolprentklankbane te kies,
soos bv. Casablanca, Carousel, Love Story, The Godfather, Fiddler on the
Roof , A Star is Born, Arthur, An Officer and a Gentleman,Ghost, Alladin,
Beauty and the Beast,The Rocky Horror Picture Show, Yentl, Saturday Night
Fever, Grease, Flashdance, Titanic, The Full Monty, Moulin Rouge en baie,
baie meer, en dit te integreer met interessante feite en dialoog. Soos ons
chronologies deur die tyd beweeg, sal ons jou betower, inspireer en meevoer
terwyl jy saam met ons die liedjies en karakters onthou wat ons 'over the
rainbow' geneem het.

MOVIES GREATEST MUSIC sal byval vind by oud en jonk.Twee van Suid-Afrika se
voorste vermaaklikheidskunstenaars CHARL VAN HEYNINGEN en ANIZE DU PLESSIS
sal jou meevoer na 'n ander wereld met die mooiste weergawes van tydlose
rolprenttreffers. Saam met hulle op die verhoog is die veteraanakteur
ANDRÉ-JACQUES VAN DER MERWE as Stanley, die unieke en ietwat vreemde
videowinkeleienaar. Geskryf met panache, styl en humor deur twee van ons
voorste rolprentkenners, ALAN SWERDLOW en RUSSEL SAVADIER en met die hoogs
talentvolle nuweling CHRIS HARPER as musiekregisseur, is hierdie vertoning
beslis een van die hoogtepunte van die 2002/2003 teaterseisoen.

Cecile Doubell
PR and Marketing
Pro Musica Productions
Pro Musica Theatre
Christiaan de Wet Road
Florida Park
Roodepoort
011 674 1357/8 (t)
011 674 2365 (f)
083 383 2960 (c)

Musiek & liriek | 0 kommentare

Ons span vir Saterdag

Do., 16 Oktober 2003 09:15

Die vaste 5 voorspelers bestaan uit Blou Bulle.
Die Blou Bulle kon nie eers die Super 12 se topspanne oorheers nie.
NZ se span se voorste 5 kon nie die Engelse oorheers nie.
Dan sit Engeland ook met die algemeen aanvaarbare beste losskakel, en ons
sit as losskakel met Mnr Voorspelbaar.

Ek sal uiters verbaas wees as daar nie 'n bakleiery in die wedstryd gaan
wees nie.
Die beste waarop ek kan hoop is dat niemand so seer gaan kry dat hulle nie
aan die res van die toernooi sal kan deelneem nie.
Die beseringsrekord tot nou toe van die toernooi is nie so goed nie.

Die taktiek van die bokke is al klaar uitgestip:
1) Hulle praat saam met John Eales dat die Engelese soms ongeoorloofde
taktiek toepas ( wie doen dit nie).
2) Hulle hoop die skeidsregter hoor dit en straf die Engelse elke keer.
3) Louis Koen se Skoen moet die punte aanteken.
--
Annette

Sport & ontspanning | 3 kommentare

Goeie nuus vir die Boermag ....

Do., 16 Oktober 2003 08:59

Die ANC-slang het begin om homself op te vreet.
Kyk, en geniet.

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

So koud soos?

Wo., 15 Oktober 2003 12:49

Iemand nou op RSG:
Dit was so koud soos
liefdadigheid.

Ek het dit nog nooit gehoor nie, maar hou daarvan,
Ken iemand dit?

--
Annette

Koeitjies & kalfies | 31 kommentare

Waar is Koot?

Wo., 15 Oktober 2003 06:26

Hou hy nog vakansie?

--
Annette

Koeitjies & kalfies | 24 kommentare

Gister se spoorstaking

Wo., 15 Oktober 2003 05:31

Gister was daar baie ongelukkige mense toe metrorail hul dienste skielik en
sonder waarskuwing laat gistermiddag opgeskort het agv die staking.
Soos gewoonlik was dit maar weer diegene wat van die diens afhanklik is en
daarvoor betaal wat heeltemal misken is, terwyl Spoornet en die unie hul
magspeletjies speel.
--
Annette

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

Afrika Spele

Wo., 15 Oktober 2003 05:10

Iets is nie lekker daar nie - skielik, uit bloute, het die gas-nasie die
meeste medaljes, daar is sprake dat 5 medaljes van hulle weggeneem sal word,
die deelnemers word gemaan om hulle by die reels te hou, en die mees
verrassendste - die gas-nasie wen die tennis en tafeltennis?
--
Annette

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

Rowers vermoor plaaswerkers

Di., 14 Oktober 2003 17:54

Beeld

Dwaalboom. - Die erg verminkte lyke van twee plaaswerkers is ná 'n
rooftog in 'n plaashuis naby Thabazimbi, Limpopo, gevind.

Kapt. Malesela Ledwaba, polisiewoordvoerder, sê vier mans het
Maandagoggend in 'n bakkie op die plaas Marico, gedeelte 63, van mnr.
Johan Gerber aangekom en drie werkers - twee vroue en 'n man - in hul
woonkwartiere oorval.

Gerber het die plaas onlangs gekoop, maar woon nog nie daar nie.

Volgens Ledwaba het die aanvallers die twee vroue verkrag en een van
hulle in 'n leë dreineringsput gegooi.

Hulle het die twee ander werkers, 'n 40-jarige man en 30-jarige vrou,
na die plaashuis geneem en gedwing om die huis oop te sluit.

Die aanvallers het die twee werkers met 'n stomp voorwerp, waarskynlik
'n hamer, doodgeslaan.

Die werkers se skedels is vergruis, sê Ledwaba.

Die verkragte vrou wat die aanval oorleef het, het later hulp gaan
soek by 'n buurman van Gerber, wat op die twee lyke in die sitkamer
afgekom het.

Die rowers het met die boer se bakkie en 'n groot aantal huishoudelike
toestelle gevlug. Die bakkie is volgens Ledwaba later verlate naby
Nottham gevind.

Teen Maandagmiddag is niemand nog in verband met die voorval in
hegtenis geneem nie.

Paul die jagter van Thabazimbi

Koeitjies & kalfies | 11 kommentare

Bladsye (1835): [ «    516  517  518  519  520  521  522  523  524  525  526  527  528  529  530  531    »]
Tyd nou: Wo. Des. 24 13:13:50 UTC 2025