Die Rosies het een (1) drie gedruk - 'n sagte drie wat die gevolg van 'n
Bokflater was.
Dallaglio behoort vir die res van die toernooi geskors te word vir 'n
openlike vuishou - duidelik op TV waarneembaar teen Tinus Delport.
een bericht uit Holland. Ik kom naar SA om vakantie te vieren. We willen een
auto huren. Zoals hollanders zijn "goedkoop" natuurlijk. Wie helpt mij aan
goeie maar toch goedkope verhuur bedrijven.
Periode 9 november t/m 9 december.
Vertrek uit Kaapstad en inleveren in Johannesburg
Ongelukkig het die rugby nie goed gegaan vandag nie. Die week wat nou kom
gaan almal my in stukkies trek. Hoekom want ek is 'n boer hier in england en
almal praat rugby hier.
Vir my het die springbokke goed gedoen en ek sal my kom hoog hou die week.
Van Rietsvleisemoorsand tot by Soebatsfontein
hoe droog sallit wees en hoe ver sallit syn
hoe lank is 'n maer jaar 'n trekpad hoe dor
die stofwind loop wyd en hy loop soos hy wil
het jy al 'n aanspraak
virrie latenstyd
velkombers kan warmmaak
innie wintertyd
van Rietvleisemoorsand toddie end vannie reis
die lente is dood ennie wêreld is grys
waar kry jy 'n aanspraak
virrie skemertyd
wat die hart kan warmmaak
innie latenstyd
die stofwind loop wyd 'n koesnaatjie is klein
van Rietvleisemoorsand tot by Soebatsfontein
Elke aand kyk ek een TV program vanaf die 'Healthwalker'.
Gewoonlik die sewe-uur nuus, maar vanaand het ek jou
program as afleiding gebruik. Maar nou hou jy te lank aan!
Hoe lank dink jy gaan ek hardloop op die Healthwalker:-)))?
Ek het nou natgesweet afgeklim, maar die TV is steeds aan:-)
Geluk Francois, jy's 'n wenner:-)))
Een buschauffeur stopt voor een halte waar een neger opstapt.
>
> Die zegt: 'Ikke Moemba, ikke ni betalen', loopt door en gaat zitten.
> Nu die vent is twee meter groot en één meter breed en de chauffeur
> maar de helft van dat alles, dus die besluit van wijselijk zijn mond te
> houden en rijdt verder.
> De volgende morgen: 'Ikke Moemba, ikke ni betalen.' De
> morgen daarna zelfde scenario... Na twee weken is de chauffer dat
> uiteraard kotsbeu (hij moet bovendien elke keer het verschil
> bijpassen!) en besluit van de hulp van zijn collega's in te roepen. De
> volgende
> dag zitten ze met z'n tienen op de bus als de neger weer opstapt en zegt:
> 'Ikke Moemba, ikke ni betalen.'
> Ze vliegen daar met z'n allen op en Moemba krijgt daar het pak slaag
> van zijn leven... Daarna vraagt de buschauffeur: 'Ha zo, gij Moemba, gij
> ni betalen. En waarom Moemba ni betalen?'
> Zegt de neger: 'Moemba abonnement...'
Gister was een uitsending op die vlaamse televisiesender Vitaya oor
vlaminge in die kaap;die film is gemaak deur Carl Simoens,een Vlaming
die gedeeltlik in SA woon en werk;hy het ons laat sien hoe baie
vlaminge een nuwe lewe opgebou hê in die Kaap;hulle is meestal
werksaam als gasthuisuitbater ,hulle werk baie maar hulle is tevree
daar die klimaat gunstiger is as in Belgie en die werkomstandigede
beter is.
Vanoggend toe ek afry Parade toe - toe staan daar al klaar 'n man en wag
voor Persies ( Perseverance in Buitekantstraat) vir die deure om oop te maak
om 9vm.
Uitgevat in 'n rugbytrui, trui oor die arm, langbroek, sokiies en skoene, de
lot.
Alles sodat hy reg voor die plek kon parkeer. Maar hoe sober kan iemand wees
om huis toe te bestuur as hy van 9 tot 7 rugby kyk en eet en drink?
Ons gaan die oorlog kyk by Roomy, en heel nugter wees om te rug te kom na 'n
bottel rooiwyn. ( Pinotage 1999)
Wyn maak mens dronk voor jy dik is, Bier maak mens dik voor jy dronk is -
Dus maak bier mens dronker:))
--
Annette
Is dit net hier in Namibië waar ons plattelanders getreiter word deur die
parfuumverkopers? Dis vlaag op vlaag meisies wat gewoonlik in die
hoogseisoen hier deurtrek en goedkoop parfuum verkoop [onder bekende
handelsname, maar dit is sekerlik gegeurde katpiepie?]. Ons het darem al
verskillende aanslagte gesien. Die basiese modus operandi is dieselfde.
'n Man met 'n kombi-tipe voertuig vat die land aan uit GP [Gangster's
Paradise] en daarin het hy so 'n 5-6 meisies. Hy laai hulle in 'n straat
af en die meisies 'werk' die besighede en huise deur om die 'handler' weer
aan die end van die straat te kry. So verkoop hulle parfuum. Die mense
betaal kontant en per tjek wat eintlik verkieslik is, want die volgende
oggend daag een van die meisies vuil en gehawend by jou plek op en vertel
dat sy die vorige aand beroof is en saam daarmee jou tjek ook. Sal jy
omgee om die tjek te kanselleer en vir haar 'n nuwe een te gee? Jy kry die
arme dingetjie jammer en gee die nuwe tjek......net om so 'n week of twee
later 'n oproep te kry van 'n besigheid op die volgende dorp. 'n Tjek van
jou het ge-hop en hulle soek die geld by jou. Heel moontlik is dit die
volgende dorp se apteek wat met die 'gesteelde' tjek sit. Vra jy wie het
die tjek aangebied, dan sê hulle vir jou dat dit 'n man en 'n jong meisie is
en wat het hulle gekoop? Parfuum! Kyk jy op jou bankstaat, sal jy sien
dat die tweede tjek wat jy gegee het, reeds deur die bank is! Die scheme
is eintlik heel logies.....jy kry jou parfuum en die ou op die volgende dorp
chop af want hoekom het hy sommier 'n tjek aanvaar? Punt is, nou het hulle
nog 'n bottel parfuum om te verkoop en hulle het die geld!
Desember het hulle twee sulke 'stunners' saamgebring wat die parfuum op
hul borste smeer en vir die mans vra om te ruik. Gou-gou was die manne
soekend en die vrouens skuins bef..k! Koop het die mans vir die vrouens
gekoop om later uit te vind daai parfuumpie is 'n kasaterwatertjie.....
Vanoggend het ek 'n nuwe een beleef. Die koekie [wat ek onthou van
die tjekslenter met een van my werknemers] kom sit in my kantoor en, sonder
dat botter in haar mond kan smelt, vertel vir my dat sy 'n weeskind is en
dat sy die goete moet verkoop sodat sy volgende jaar universiteit toe kan
gaan. Hulle's twintig studente wat met verkope meeding vir 'n beurs en as
ek nou net hierdie 'bracket' [so 'n simpel draad-gedrog wat nie R2 se
materiaal in hom het nie] by haar koop vir R45 [!] dan ondersteun ek haar
poging om 'n student te word.
Nou is ek ook simpel. Ek luister die hele storie en sê toe vir haar ek
wil nie die bracket hê nie, maar ek is bereid om haar studies te steun. Al
wat sy moet doen, is om vir my haar toelatingspapiere tot Maties te bring en
ek sal dit sommer via e-pos by my suster wat 'n dosent daar is, op'check'
net om seker te maak sy is wat sy sê.
...............weet julle HOE vinnig kan 'n goeie verkoopsman penne optrek
en padgee omdat sy weet sy kan hierdie speletjie nie meer wen nie? Vertel
nogal ewe vir my dat die R50 wat ek haar wil gee gaan in elk geval nie so 'n
groot verskil maak nie!
Ek het hom (Dave du plessis) laas week (net voor die bliksemstraal my modem
verpoeier het) raakgeloop in die apteek, en hy stuur groete vir al sy online
frinds en girlfriends.
Hy het 'n paar genoem maar die blerrie weerlig het my gedagtes ontwrig.