Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Wys: Vandag se boodskappe :: Onbeantwoorde boodskappe :: Stemmings :: Navigasie
Hartlik welkom! Op hierdie webtuiste kan Afrikaanse mense lekker in hul eie taal kuier, lag en gesellig verkeer. Hier help ons mekaar, komplimenteer mekaar, trek mekaar se siele uit, vertel grappe en vang allerhande manewales aan. Lees asb ons aanhef en huisreëls om op dreef te kom.

Lekker NG

Do., 23 Oktober 2003 17:33

Nou ja - dit was te lank te vreedsaam op die ng.
Ek wil net vir julle sê dat ek bly is dat ons weer op 'n hele paar plekke
mekaar se k** met klippe kan gooi - geniet dit!

Koeitjies & kalfies | 23 kommentare

Sing vir jou lewe...

Do., 23 Oktober 2003 15:25

Die Russe het iets nuuts begin. 'n Sangkompetisie in die tronk. Die wenner
word vrygelaat. Ek dink dis 'n oulike idee.

Jailhouse rock!

Max____________________________

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

Ou grappie

Do., 23 Oktober 2003 14:30

Wat ek vandag weer onthou het.
Twee kypies wil onthou waar 'n maat vandaan kom:
Ag man!! Wat issit nou wier? Iets wat begin met 'n ef.
'n Ef?
Ja man - nou onthou ek - Efloun.:))

--
Annette

Humor & grappe | 3 kommentare

Hefer verhoor.

Do., 23 Oktober 2003 11:00

Ek weet nie hoekom die belastingbetaler moet opdok vir 'n kommissie wat
duidelik 'n storie is wat binne die ANC opgelos moet word nie.
Maar ek moet erken dis nogal lekker om te sien hoe die saamstaanmuur
plek-plek begin verbrokkel.
Soos met enige party kan nie almal met almal heeltyd vriende bly nie, want
ons is almal mense met pense.
--
Annette

Koeitjies & kalfies | 10 kommentare

Blink Liggie:))

Do., 23 Oktober 2003 10:34

Hier by ons is 'n informele nedersetting wat ook Nelson Mandela genoem
word:))
So as PE ook Nelson Mandela word, dan is daar al twee plekke met sy naam in
SA:))
--
Annette

Koeitjies & kalfies | 18 kommentare

Die Swakste Verskoning

Do., 23 Oktober 2003 08:47

Wie van julle kyk na dit? ( The Weakest Link)Ek dink ek het genoeg gehad van
dommes wat die slimmes uitstem.
Die vrae is interessant, maar al die mense - deelnemers en vraesteller is
frustrerend.
Hulle moet die naam vir SA spelers verander;))
--
Annette

TV, flieks & vermaak | 4 kommentare

Stakings

Do., 23 Oktober 2003 07:02

Shoprite se mense is besig met 'n staking, en blykbaar gaan die mense van
die lughawemaatskappy Maandag begin staak.
--
Annette

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

UPE se nuwe naam

Do., 23 Oktober 2003 04:35

UPE gaan nou bekend staan as:
Nelson Mandela Metropoolse/Metropolitan Universiteit/ University
-
Annette

Koeitjies & kalfies | 10 kommentare

SOS SMS KBD?

Wo., 22 Oktober 2003 13:16

. . . - - - . . . = SOS
. . . - - . . . = SMS

Wat is "SMS (Short Message Service)" in Afrikaans?

KBD? Wat noem julle dit of word SMS gebruik?

:-)

TJ

Koeitjies & kalfies | 6 kommentare

KLARABELLE GAAN KAAPTOE

Wo., 22 Oktober 2003 09:41

Funk-e Lizzard Production House bied aan
KLARABELLE GAAN KAAPTOE
Plek: Baxter Sanlam Studio
Datum: 27 Oktober tot 1 November
Tyd: Voorvertoning 27 Oktober om 20:15
Open 28 Oktober om 20:15 / Daarna nagtelik om 20:15

Met Zenobia Kloppers en ander

Teks deur Zenobia Kloppers
Regie en Ontwerp deur Monique Antigone Seigels
Atmosferiese Afrika instrumentasie deur Glen Arendse

Uit die land van sandkorrels en wind kom Klarabelle - die kleine, die vette,
die bruine - na die groot, die groen, die pienk ... stad.

Hierdie sogenaamde eerste Khoi-San produksie in Suid-Afrika ". maak gebruik
van plesierige Afrikaans wat terg, die bloeddruk laat styg en die tone laat
krul." 'n Definitiewe moet sien.

PRYSE: Voorvertoning R20 / Dinsdag tot Donderdag R40 / Vrydag en Saterdag
R45
AFSLAG: 10% afslag vir blok besprekings van 10 of meer. Studente en senior
burgers betaal R25 30 minute voor die vertoning.

www.artslink.co.za

Koeitjies & kalfies | 20 kommentare

Bladsye (1834): [ «    511  512  513  514  515  516  517  518  519  520  521  522  523  524  525  526    »]
Tyd nou: Di. Apr. 07 17:38:18 UTC 2026