Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Wys: Vandag se boodskappe :: Onbeantwoorde boodskappe :: Stemmings :: Navigasie
Hartlik welkom! Op hierdie webtuiste kan Afrikaanse mense lekker in hul eie taal kuier, lag en gesellig verkeer. Hier help ons mekaar, komplimenteer mekaar, trek mekaar se siele uit, vertel grappe en vang allerhande manewales aan. Lees asb ons aanhef en huisreëls om op dreef te kom.

" i sagte reën het agtermiddag " deur GERT VLOK NEL

Do., 30 Oktober 2003 04:40

Gert Vlok Nel

i sagte reën het agtermiddag

i sagte reën het die agtermiddag.
ja ons almal het uitgehol, rondgedans in die.
tot Ma natuurlik gesê het kom in julle reën.
julle sal koue.

ekenAttieenPollie en Vlokkie my vertraagde.
het nie geluister vir Ma nie, ons het.
ons het bootjies gery in die sloot langs.
Vlokkie die simpel lag i i i iieeggghh die simpel ding.

in die yard kom Ma uit met die belt kamma.
ons hol in bang kamma. skielik is daar i helse.
in die straat is daar i botsing, i bakkie en i.
i sagte reën het agtermiddag.

Prosa & poësie | 3 kommentare

Semi-finale partytjie

Wo., 29 Oktober 2003 19:44

Blykbaar word n GROOT makietie beplan by my plaaslike sportskroeg vir die
semi-finale van die werledbeker. Corne en die res van die span gaan ook daar
wees ...

Joeboy

Koeitjies & kalfies | 5 kommentare

Saterdag se Rugby

Wo., 29 Oktober 2003 14:47

Daar is baie goed hier wat ek Saterdagogggend kan doen behalwe om na die
wedstryd te kyk en hoë bloeddruk te kry:))
Ek kan Spier toe gaan vir die perdespringbyeenkoms
Ek kan gaan fliek
Ek kan gaan koffie drink saam met 'n vriendin
Ek kan gaan snuffel in nuwe winkels.

Nietemin - Onse Afrigter hou vol die span staan by hulle plan vir die WB -
en nou word 'n span gekies met meer internasionale ervaring as teen die
Engelse - was dit die plan?

--
Annette

Sport & ontspanning | 1 kommentaar

Koot se Toetie

Wo., 29 Oktober 2003 14:43

Cosê fan Tutti speel hier van Saterdag af in ArtsCape.
Ek het nog al die jare Kosie verkeerd gespel!:))
--
Annette

Koeitjies & kalfies | 7 kommentare

Son ontploffing

Wo., 29 Oktober 2003 14:41

Het julle in SA iets gemerk na die sonontploffing die aarde getref het? Hier
niks, nie eers son nie... Alles grys.

Max____________________________

Koeitjies & kalfies | 8 kommentare

Dowwe Dolfie...

Wo., 29 Oktober 2003 13:35

Ek sien die manne doop nou al vir Streuli as Dowwe Dolfie! Nou met die
man se snaakse gesig en benoude oortjies, is dit darem 'n sportprenttekenaar
se droom. Dink net: Dowwe Dolla en Dolfie wat huil na die
wêreldbeker.....

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

Re: Dowwe Dolfie...

Wo., 29 Oktober 2003 13:34

Ek weet waar hy sy knou gekry het - ek het vir hom in St 9 Wetenskap geleer
by Hoërskool Menlopark. Arme ding.

Koot

"Sandvlooi" skryf in boodskap news:bnoc76$1a0i$1@newsreader02.ops.uunet.co.za...
> Ek sien die manne doop nou al vir Streuli as Dowwe Dolfie! Nou met die
> man se snaakse gesig en benoude oortjies, is dit darem 'n sportprenttekenaar
> se droom. Dink net: Dowwe Dolla en Dolfie wat huil na die
> wêreldbeker.....
>

Koeitjies & kalfies | 6 kommentare

Swart skeidsregter

Di., 28 Oktober 2003 06:37

Shaun Veldsman is die eerste swart skeidsregter wat 'n Curriebeker eindstryd
gaan blaas in die geskiedenis van SA rugby.
--
Chris

Koeitjies & kalfies | 66 kommentare

" portret : drie kinders by die dam, vroeglente " deur GERT VLOK NEL

Ma., 27 Oktober 2003 23:35

Gert Vlok Nel

portret: drie kinders by die dam, vroeglente

in herinnering aan Koos

(sy't die een liefgekry) die arm een met die groot bek.
en die een hartseer oog die dag 10 jare terug by die ingewikkelde dan
toe hy sy hemp uittrek teen die lug, wegkyk & wag dat sy uittrek
& na die swem in sy hemp sy wou sterf in die kleef
terwyl hy haar hare met sy vingers
kam

(die ander een sou altyd daar wees) herkenning van bloed.
en die bestemde swawels wat elke jaar tussen hier & europa vlieg
altyd wetend & groeiend in hunkering, met noem-noem-bessies
wou hy haar
voed,
& donkernag toe hulle al 3 hand-aan-hand terugkeer & haar pa wag
sou hy vorentoe tree &
lieg

(ver weg & lank terug) dit sou haar oë mistig maak soos die berg
in somer & bymekaarmaak sou sy nog die pyn van die vroeëre
droom kon veel.
maar winter bring realiteit & krag, dié feite sou al haar aandag verg
een is weg & dood, sy i parapleeg, die ander i volslae homoseksueel

Prosa & poësie | 0 kommentare

Ons lees dit daeliks

Ma., 27 Oktober 2003 16:28

VS-boer sterf in kapingsdrama
Uit Volksblad


BOTHAVILLE. - 'n Boer is hier koelbloedig doodgeskiet toe hy op 'n
plaaspad 'n paar kilometer van sy huis af vermoedelik gestop het om
hulp aan te bied en hy in die middel van 'n kapingsdrama beland het.

'n Ander boer wat kort tevore by 'n brandstofdepot in die dorp
gekaap is, is gewond toe die kapers hom langs die pad afgelaai,
aangesê het om te hardloop en daarna op hom begin skiet het.

Dit is moontlik dié skietery op mnr. Leonard Scholtz (36) wat mnr.
Gerhard van den Berg (45) laat stilhou het. Hy is deur die groep van
vermoedelik ses mans oorval en in die maag en arm, en in die kop
geskiet.

Scholtz, wat in die skietery op hom in die enkel gewond is en in
die veld geval het, het nadat die kapers in Van den Berg se bakkie en
hul eie motor weggery het, na die hoofpad aangesukkel waar hy deur
mnr. Toks Liebenberg opgelaai is.

Liebenberg se ouers is 'n paar jaar gelede op hul plaas nie ver
daarvandaan nie vermoor.

Scholtz, van die plaas Doornhoek, is in die hospitaal opgeneem,
waarna hy na 'n hospitaal in Klerksdorp oorgeplaas en geopereer is.

Sy vriendin, me. Esrie Venter, sê die operasie het goed afgeloop.

Insp. Stephen Thakeng van die polisie sê Scholtz is omstreeks 07:30
deur twee mans by die brandstofdepot oorval toe hy sy dieselwaentjie
wou volmaak. Hulle het met sy bakkie in die rigting van Kroonstad
gery, waarna nog mans in 'n wit Nissan Sentra bygekom het.

Die dieselwaentjie is van Scholtz se bakkie afgehaak en hy is in
die Sentra se bagasieruim gedwing. Sy bakkie het nie ver daarvandaan
nie sonder brandstof gaan staan. Al die mans het in die Sentra geklim,
waarna hulle op 'n grondpad naby die plaas Uitkyk afgedraai het.

'n Entjie van die hoofpad af het hulle Scholtz uit die bagasieruim
gehaal en laat hardloop. Hulle het op hom begin skiet nadat hy deur 'n
draadheining geklim het.

Van den Berg, wat by sy vee was en op pad terug na sy huis op die
plaas Klippan was, het stilgehou. Hy is oorval en geskiet.

Sy lyk is langs die pad gelaat, waarna die mans met hul motor en sy
bakkie, 'n wit Ford Ranger met registrasienommer CPH 630 FS, weggejaag
het.

Van den Berg word oorleef deur sy vrou, Annalize, en twee kinders,
Izelda, 'n student in Bloemfontein, en Gerhard (13).

'n Beloning van R20 000 vir inligting wat tot die opsporing en
skuldigbevinding van die moordenaars sal lei, word aangebied.
Enigiemand met inligting word gevra om kapt. Wouter Jerling by
082-455-6063 te bel.

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

Bladsye (1834): [ «    508  509  510  511  512  513  514  515  516  517  518  519  520  521  522  523    »]
Tyd nou: Di. Apr. 07 13:15:11 UTC 2026