Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Wys: Vandag se boodskappe :: Onbeantwoorde boodskappe :: Stemmings :: Navigasie
Hartlik welkom! Op hierdie webtuiste kan Afrikaanse mense lekker in hul eie taal kuier, lag en gesellig verkeer. Hier help ons mekaar, komplimenteer mekaar, trek mekaar se siele uit, vertel grappe en vang allerhande manewales aan. Lees asb ons aanhef en huisreëls om op dreef te kom.

Verwarrende statistiek

Wo., 05 November 2003 06:26

Hulle praat nou op RSG oor dobbelary, en het nou die statistiek verskaf van
watter persentasies van die die bevolking onderskeidelik deelneem aan dobbel
by casino's, perde, lotto en krapkaarte. Sover ek weet is die meeste mense
wat by casino's speel oor betrokke is by die ander - dis in hul geaardheid
om kans-speletjies te speel., net so as wat daar diegene is wat nooit enige
sulke speletjies sal speel nie.
--
Annette

Koeitjies & kalfies | 1 kommentaar

Wat is snaaks aan ons?

Wo., 05 November 2003 06:16

Ek lees tans The UnDutchables - 'n baie snaakse boek oor die einaardige
gewoontetjies van die Hollanders.

Ek wonder watse vreemde gewoontes ons hier in SA het vir die mense buite ons
grense.
--
Annette

Koeitjies & kalfies | 31 kommentare

" Die kreet " deur JAN SWANEPOEL

Di., 04 November 2003 20:27

Jan Swanepoel

Die kreet
na 'n swart-wit afdruk van
'n skildery van Edvard Munch

twee mense rustig aan die wandel
oor 'n brug, die reling
bloot terloops

hulle wil g'n hoor nie
sal later steeds beweer
dat hulle van geen sout
of water wis

net die rug kan hulle sien
en die helling
van die lyf, dan: die vol-
strekte onvanpastheid
van die skreeu

die skedelagtige gesig
in hande vasgeklem sien ons
van voor aan 't ore toestop self
die kreet wat uit
die groot-oop mond deur
die verskrikte oë skeur
nie wil hoor maar koplangs
saamgesleur word lug-
of waterwaarts

Prosa & poësie | 0 kommentare

Re: New SA Peer 2 Peer server...

Di., 04 November 2003 17:46

Wie't die ene al probeer - terugvoer asseblief....

"Quintin Haasbroek" skryf in boodskap news:bo8ld2$160$1@ctb-nnrp2.saix.net...
> get dc++ from http://zahub.kicks-ass.net and connect to the south african
> chat and file sharing server: zahub.kicks-ass.net
>

Koeitjies & kalfies | 9 kommentare

Die Boeremag Betotteldes

Di., 04 November 2003 14:15

Die hofsaak hou my in 'n goeie bui - ek lag gereeld hardop as ek iets
daarvan moet lees.
Vanoggend se koerantstorie was 'n handdoeknatmaker.
Die Manne het glo van hul vergaderings, waar hulle bespreek het hoe om van
die ongewenstes ontslae te raak, gehou by Teazers - 'n stripdansklub,
en by Pleazers - die bordeel langsaan. Tydens die vergadering by Pleazers
het een van die hoofplanmakers glo "tydelik weg gewees om een van die dames
wat daar werk te vergesel".

Ek sien al hoe Pappie sy baard kam en vir Mammie sê:
" Ons hou vanaand 'n Baie Belangrike Vergadering vir die Behoud van Ons
Volk, Ons Kultuur, Ons Taal en Ons God."
Dan sak Pappie af na Pleazers.....

Een van die betottelde lot se planne was om 'n Amerikaanse vliegtuig met 'n
vuurpyl af te skiet bo-oor Kayelitsha. maar die plan is gekelder, omdat
witmense ook kon seerkry, ( op die grond - wie en wat in die vliegtuig sou
wees was glad nie eers aan gedink nie) en die aanval miskien nie goeie lig
sou werp op die aanvallers nie.
Hulle het ook kontak gemaak met Pagad - so ek dink die ouens wat die Planet
Holywood-bom ondersoek moet bietjie by die Boeremagouens gaan soek vir die
bomplanter.

Hoe die regter sy lag kan hou as hy hierdie lot stories hoor weet ek nie.
Hy moet 'n Oscar kry.

--
Annette

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

Ons bakleierige Sangers

Di., 04 November 2003 07:16

Wat is die manlik vir Diva? Want dis glo net die manne met hul ego'tjies wat
nie in vrede en geluk kan saamsing, saam optree en saam partytjie hou nie.
Sjeim.
Ek praat nou van Skouspel - Glo die grootste Afrikaanse musiekkonsert in die
land.
Anton Goosen baklei of het glo baklei met die meeste ander.
Steve d'Hofmeyer was ook nie ver agter met sy klaery en vloermoerdery nie.
Lukas Maree het nie eers geweet Anton en hy het 'n vete aan en praat nie met
mekaar nie.
Volgens Anton is Koos Kombuis en Valiant Swart op dieselfde vlak, al verskil
is dat Koos nie bad nie.
En toe vereer Huisgenoot vir Anton met 'n Spesiale Toekenning.
Op die verhoog, met deeglike beplanning, is die bakleieriges nie direk langs
mekaar geplaas nie - maar blykbaar het die beste in die ou lot uitgekom
agter die verhoog en by die partytjie.
--
Annette

Koeitjies & kalfies | 1 kommentaar

Praat Saam se gas vanoggend

Di., 04 November 2003 07:05

Was die swart dame wat nou die eerste en enigste swart bestuurslid is by die
ATKV.
Sy hou baie van Afrikaans, en beweer daar is nou swart leerlinge wat beswaar
maak dat hulle nie Afrikaans op skool kan leer nie.
Die statistiek is vanoggend gegee - daar is meer bruinmense as wittes wat
Afrikaans praat hier in SA. Dis hoekom ek so 'n broertjie dood het aan enige
organisasie wat hulle vir die bevordering of behoud van Afrikaans beywer, en
dan lidmaatskap of deelname beperk tot wittes.
--
Annette

Koeitjies & kalfies | 7 kommentare

MOEILIKHEID OP DIE PLAAS

Di., 04 November 2003 05:46

Die boer lê en slaap in sy huis toe die selfoon skielik begin lui. Toe hy
antwoord, is dit ou Petrus op die plaas.
Petrus sê : " baas , baas , jy moet gou kom, hiers groot kak op die plaas.
Die boer vra toe wat is fout??
Petrus: "ek, ek kannie oor die phone verduidelik nie my baas, jy, jy moet
kom hier by die plaas."
Toe die boer daar kom sê Petrus: "een van die skape, hy het hom die 3 babies
gekry, die skaap hy salle hom nie kan voer almal van daai babies nie"
Die boer ry toe na die nood apteek en vra vir die dame agter die
toonbank,"Verskoon tog dame, het jy lam tiete??"
Koel en kalm antwoord sy: "Nee, Meneer, dis net 'n kak bra"

--
Chris

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

Diplomatieke beskerming

Di., 04 November 2003 05:23

'n Kind het met hierdie nuewe haloweending wat hier in SA posgevat het, glo
lekkers gekry wat vol verdowingsmiddels was. Die ondersoek het getoon die
lekkers is gekry by die Deense ambassade. Nou moet die polisie glo deur
diplomatieke protokol werk om die plek te kan deursoek.
--
Annette

Koeitjies & kalfies | 1 kommentaar

Ek wil dit weet...

Ma., 03 November 2003 15:34

Ek wil dit weet van my Afrikaanse vriende:
ons is hier in Vlaandere in die tyd van Allerheilige en Allersiele
(1-2 November). Dan gaan ons almal tesaam kerkhof toe om die grafte en
gedenkstukke van ons oorlede familielede te suiwer en om daarop
'n blommetjie te lê net asof hulle vir 'n enkel dag in die jaar nog
steeds as lewende mense onder ons is en hulle besoek kry...
Dis vanselfsprekend 'n katolieke gewoonte en ek weet dat die
Afrikaners meest Kalvinieste is. My vraag is daarom: het Kalvinieste
ook 'n dergelike dag waarop hulle vader, moeder, broer, suster, kind
of vriende wat oorlede is gedenk en waarop dit nie uitsonderlik nie is
om mense te sien en ween op daardie dag en waarby elkeen dit kan sien?
Ek wil 'n antwoord van Annette, Gloudina, Katryn, Jonas, Koot, DD,
Sandvlooi en al die ander mense wat 'n vaste waarde op hierdie
nuusgroep het.

Groete van

Norbert (uit Vlaandere)

Sien hier waar ek en my ma die graf van my oupa suiwer maak:
http://users.skynet.be/norbert_van_damme/cleaning_the_graves tone.jpg
en die blomversiering op die gedenksteen van die gekremeerdes op die
begraafplaas van my munisipaliteit:
http://users.skynet.be/norbert_van_damme/colombarium.jpg

Koeitjies & kalfies | 88 kommentare

Bladsye (1835): [ «    504  505  506  507  508  509  510  511  512  513  514  515  516  517  518  519    »]
Tyd nou: So. Des. 21 15:28:55 UTC 2025