Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Wys: Vandag se boodskappe :: Onbeantwoorde boodskappe :: Stemmings :: Navigasie
Hartlik welkom! Op hierdie webtuiste kan Afrikaanse mense lekker in hul eie taal kuier, lag en gesellig verkeer. Hier help ons mekaar, komplimenteer mekaar, trek mekaar se siele uit, vertel grappe en vang allerhande manewales aan. Lees asb ons aanhef en huisreëls om op dreef te kom.

" Kontras - Kersmis 1914 " deur A.D. KEET

Di., 09 Desember 2003 14:23

A.D. Keet
Kontras
Kersmis 1914

Wit is die wêreld,
Wit van die sneeu;
Bokant die water
Sweef daar 'n meeu.
Blou is die hemel,
Nergens 'n wolk;
Oral is vrede
Rondom die kolk.

Spierwitte wêreld,
Diep in jou siel
Sug jy en smag jy
Om te verniel;
Skyn is jou vrede,
Donker jou hart.
Jy is maar bly oor
Ander se smart!

Prosa & poësie | 0 kommentare

Opskrif in toekomstige koerant

Di., 09 Desember 2003 12:10

(Dis)Spenser omring homself met bobbel van kak!
Voel glo beter.

Loop gevaar om tot regse monument verklaar te word!

Kenners sê kak het moontlik reeds sy brein gepenetreer!

Koeitjies & kalfies | 4 kommentare

Hermann Gilliomee

Di., 09 Desember 2003 10:54

Ek het Mnr Gilliomee gisteraand gevid. Dit was 'n boek tewaterlating
in London . Die boek, "The Afrikaner - biography of a people" is in
Engels, maar dit is 'n goed boek vir jour Engelssprekend vriend en
vriendin. Dit is ook 'n maklik lees. Die eeste uitgawe is 'n
uitverkoop!

Andrew Taylor

Van 'n Engels "website"...

Author of historical publications
Was Professor of Political Studies at the University of Cape Town

Hermann Buhr Giliomee was born on 4 April 1938 in Sterkstroom.
He attended school in Porterville and studied History
at the University of Stellenbosch (1956 - 1961 and 1969 - 1972).
He served as a Diplomat from 1963 to 1964.
In 1973 he went as Post Doctoral Research Fellow and visiting lecturer
for a year to the University of Yale, USA.
1982-83: University of Cambridge
1983: Professor at the Department of Political Science, University of
Cape Town.
1995-97: President of the South African Institute of Race of Relations
2001: Stals Prize for Political Sciences

Hermann Giliomee is presentely Extraordianry Professor of History at
the University of Stellenbosch.
In 1984 he founded Die Suid-Afrikaan, an Afrikaans journal of opinion.
He was a regular columnist for the Cape Times, Rand Daily Mail, and
other periodicals from 1980 to 1997 and is presently writing a
political column for the Afrikaans morning newspapers Die Burger,
Beeld and Volksblad.

Hermann Giliomee lives in Stellenbosch. He is married to Annette. They
have two daughters, Francine and Adrienne.

See Die Rol van Kultuur in die Staat van die 21ste eeu, Toespraak,
Afrikanerbond, Potchefstroom 24 September 2002

Hobby: Tennis
Books:
Die administrasietydperk van Lord Caledon (1807-1811), 1963
Afrikanermag, 1981
Adapted strategies for the maintenance of white rule, 1984
Die Kaap tydens die eerste Britse bewind, 1795-1803, 1971
South Africa's relationship with the West, 1980
Zimbabwe, 1980
The parting of the ways, 1982
'n Samelewing in wording, 1982
Up against the fences, 1985
A question of survival, 1987
From apartheid to nation-building, 1989
Negotiating South Africa's future, 1989
The Bold experiment, 1994
Liberal and populist democracy in South Africa, 1996
Surrender without defeat, 1997
The awkward embrace, 1999
Kruispad, 2001
The Afrikaners - Biography of a people, 2003

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

Koerantopskrifte duur voort

Di., 09 Desember 2003 08:26

DD kak homself gillend toe by PnP!

Hopie na ure nog nie verwyder nie!

Familielid wag glo met bewyse van bruin bloed in DD - ergste verwag!

Koeitjies & kalfies | 1 kommentaar

Hefer Kommissie

Di., 09 Desember 2003 05:21

Een ding wat die Hefer kommissie goed al uitgewys het, is dat die mense wat
intelligensie te doen het, die skuim van die aarde is. Miskien is hulle
almal in mindere of meerdere mate psigopate, want vir hulle is 'n lewe
minder belangrik as 'n saak.
Bernie Ley wat gister getuig het, kon in die begin nie eers prontuit sê dat
hy gelieg het nie - maar genadiglik, deur sy getuies en bekentenis, hoef ons
nie te kyk na Niewoudt vandag nie.
Hoekom mense soos Niewoudt nog steeds vry rondloop en aangewend word deur
wie ookal met skelmstreke besig is, in plaas van om permanent in 'n klein
kamertjie opgesluit te wees met 'n agterstevoor baadjie met baie lang moue,
is maar nog net 'n vingerwysing na ons regstelsel.

--
Annette

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

" Maria " deur W.E.G. LOUW

Di., 09 Desember 2003 02:24

W.E.G. Louw

Maria

Deur daardie tuintjie het sy stil gegaan,
haar hande need'rig oor haar bors gevou,
toe hy, verblindend soos die son, daar staan:

drie wit lelies het hy in sy hand gehou.
Half-skaam, verleë, het sy opgekyk
en is opeens met grote vrees bevang:
sy oë het van haar nie afgewyk,
sy vleuels het oor heel die tuin gehang.

"Geseën is jy onder die vroue" - sy woorde -
of was dit winde? - verruis nog in haar oor,
toe hy teen die son in goue vlug verdwyn ...

Sy het haar neergebuig en half-versmoorde
klein snikkies in haar hart gehoor,
van verlossing reeds die vreugde en die pyn.

Prosa & poësie | 3 kommentare

Mbeki en Sasol haaks oor swart bemagtiging

Ma., 08 Desember 2003 19:49

Mbeki en Sasol haaks oor swart bemagtiging
ADRI KOTZÉ

Sasol het gister sy toegewydheid aan swart ekonomiese bemagtiging en
transformasie bevestig nadat pres. Thabo Mbeki die land se voorste
petrochemiese maatskappy daarvan beskuldig het dat hy
bemagtiging "swartgesmeer" het in 'n voorlegging aan die New Yorkse
aandelebeurs.

Mbeki het Sasol Vrydag skerp gekritiseer in sy weeklikse nuusbrief op
die ANC se webtuiste en gesê Sasol het swart ekonomiese bemagtiging
voorgehou as 'n potensieel negatiewe faktor vir sy prestasie as 'n
genoteerde maatskappy. "Die ooglopende uitwerking hiervan is dat
enige potensiële belegger op die New Yorkse aandelebeurs tot die
slotsom sal kom dat dit inderdaad onverstandig sal wees om Sasol-
aandele te koop of in die Suid-Afrikaanse ekonomie te belê, gegewe
die onsekerhede wat Sasol in sy voorlegging aan die New Yorkse
aandelebeurs oorgedra het," het Mbeki geskryf.

Hy het ook verwys na uitsprake deur Barloworld se hoofekonoom, wat
volgens Mbeki Sasol se standpunt gesteun het.

"Die boodskap van Sasol en die hoofekonoom van Barloworld is
eenvoudig en reguit.

"Dit is dat swart ekonomiese bemagtiging nie goed is vir sake nie.
Hulle wil dus 'n boodskap aan alle plaaslike en oorsese sakelui
uitdra dat hulle ons pogings om die nalatenskap van rassisme in die
ekonomie te takel, moet beskou as iets wat skadelik is vir goeie
sake," sê Mbeki.

Hy het gewaarsku dat Sasol en ander wat soos dié maatskappy
dink 'n "verouderde ingesteldheid moet ontgroei wat deel geraak het
van hul eie besondere en sonderlinge korporatiewe kultuur".

"Hulle sal uiteindelik moet verstaan dat swart ekonomiese bemagtiging
in hul belang is, op dieselfde manier as wat ons land se wit
bevolking oor die algemeen begin verstaan dat die demokrasie en nie-
rassigheid vir hulle vryheid, geluk en lewe waarborg."

Sasol se uitvoerende hoof, mnr. Pieter Cox, het gister in 'n
verklaring gesê die maatskappy stem saam met Mbeki dat bemagtiging
noodsaaklik is vir die ekonomiese groei van die land en
sakeondernemings soos Sasol.

"Sasol, as die grootste enkele belegger in die Suid-Afrikaanse
ekonomie, beskou swart ekonomiese bemagtiging en transformasie as
ekonomiese noodsaaklikhede."

Cox sê dit lyk asof die interpretasie van die bewoording, wat nodig
was vir die regsformaliteite van die notering, uit konteks geneem is
en dat dít die indruk wek dat Sasol nie verbind is tot alle aspekte
van swart ekonomiese bemagtiging nie.

"Die indruk is heeltemal verkeerd," lui die verklaring.

"Ons sal verkies om beoordeel te word op grond van ons verbintenis
tot en optrede met swart ekonomiese bemagtiging eerder as op 'n paar
woorde wat uit konteks geneem is."

Cox sê net een voorbeeld van Sasol se verbintenis is die huidige
proses waarin die grootste bemagtigingsonderneming vir vloeibare
brandstof in die land geskep word.

http://www.news24.com/Rapport/Nuus/0,,752-795_1456109,00.htm l

Koeitjies & kalfies | 3 kommentare

Afrikaans in skole 'in groot gemors'

Ma., 08 Desember 2003 19:48

Afrikaans in skole 'in groot gemors'
ALET RADEMEYER

PRETORIA. -- Onderwys in Afrikaans in skole is in 'n groot gemors.
Belanghebbendes sal waarskynlik geen ander keuse hê as om hulle tot
die grondwethof te wend nie.

Só meen mnr. Louis Smuts, sameroeper van die nuwe Trust vir
Afrikaanse Beheerliggame vir Onderwys en Kultuur (Tabok) en
voorsitter van die beheerliggaam van die Hoërskool F.H. Odendaal in
Pretoria.

Hy het gister gesê iets sal dringend gedoen moet word om die stand
van onderrig in Afrikaans reg te ruk.

Tabok wil enkelmedium- Afrikaanse skole teen beweerde inmenging van
die onderwysdepartement beskerm.

Tot op hede meen heelparty Afri kaanse skole dat die departement
hulle wil dwing om hul taalbeleid te verander deur dubbel- of
parallelmediumskole te word.

Tabok gaan kragte met die vakbond Solidariteit saamspan wat die
administrasie van die trust sal behartig.

"Ons wil 2 500 Afrikaanse skole en twee Afrikaanse universiteite
terughê," het Smuts gesê.

Onlangse statistieke dui daarop dat daar net sowat 300 Afrikaanse
voormalige model C-skole in die land oor is en meer as 1 000 ander
Afrikaanse skole.

Volgens Smuts gaan Tabok nie net geld vir hofsake probeer kry nie,
maar hom beywer vir Afrikaanse onderwys- en kultuurontwikkeling.
vSkole gaan gewerf word om deel van Tabok te word teen 'n registra
sietarief van sowat R2 000 per jaar per skool.

Verskillende komitees gaan aangestel word om onder meer te kyk na
die "drastiese verlagting in standaarde weens die nuwe kurrikulum".

Smuts het gesê "dit is verbysterend hóé standaarde geval het en hoe
al hoe meer ongeletterde jong mense skole verlaat".

Van die komitees gaan spesifiek kyk na die moontlikheid van opleiding
vir Afrikaanse onderwysers aan 'n universiteit en die oprigting
van 'n Afrikaanse mediese navorsingsentrum waar medici in Afrikaans
opgelei kan word.

Smuts het gesê enige organisasie is welkom om by dié projek betrokke
te raak.

Hy het ook gesê die pogings om vir die voortbestaan van Afrikaans in
onderwys te veg, is nie net tot Afrikaners beperk nie. Tabok sal met
Afrikaanse bruin skole landwyd wil saamwerk.

"Ook hulle word bedreig. Engelse leerlinge oorstroom hulle skole en
dié wat dit kan bekostig, vlug weer na die enkele voormalige model C-
skole wat hulle kan akkommodeer."

Nog 'n komitee sal kyk na die verval van skolesport waar leerlinge
nie meer kans kry om buite skoolverband te vorder nie, het Smuts
gesê.

Volgens Smuts probeer Tabok nie die werksaamhede van die Federasie
van Beheerliggame van Suid-Afrikaanse Skole (Fedsas) oorneem nie.

"Ons is bloot 'n alternatiewe voertuig wat Afrikaanse onderwys wil
dryf."

http://www.news24.com/Die_Volksblad/Nuus/0,,5-83_1456449,00. html

Onderwys & opvoeding | 0 kommentare

Honderde koeie in Zim vrek

Ma., 08 Desember 2003 19:48

Honderde koeie in Zim vrek
Aubrey Ntobong

Meer as 400 rasegte melkkoeie het reeds vanjaar op plase in Zimbabwe
weens verwaarlosing gevrek.

Dit het die land se reeds kwynende kommersiële melkboerderybedryf,
wat op sy knieë gedwing is deur die voortgesette
grondhervormingsprogram, 'n verdere knou toegedien.

Die koeie, wat almal aan die sogenaamde selfoonboere (politici wat
plase deur die grondhervormingsprogram gekry het) behoort het, het as
gevolg van wanvoeding gevrek op plase in die Beatrice-gebied, area,
50 km kilometer suid van Harare en Concession, 70 km kilometer noord
van Hararedie stad.

Die Zimbabwiese dierebeskermingsvereniging (ZNSPCA) skryf die dood
van die koeie toe aan die onvermoë van die nuwe boere om aanvullende
voeding aan veral melkdraende koeie en dragtige verse te voorsien.

Op een plaas in Beatrice het 254 koeie gevrek, terwyl 59 diere op
nog 'n plaas in dieselfde area. Die melkbeeste op die plase was almal
Frieskoeie. Dit is 'n uiters gespesialiseerde koei-ras wat konstante
toesig en bykomende voeding vereis.

"Hierdie koeie het groot gestelle om te vul. Hulle kan, anders as
vleisbeeste, nie bloot op veldgras alleen oorleef nie en die nuwe
boere kan dit nie insien nie," sê 'n ontstelde me. Meryl Harrison,
hoofinspekteur van die ZNSPCA.

Sy meen die situasie word verder versleg deur die tekort aan en hoë
koste van veevoer, saam met die feit dat honderde hektaar goeie
weidingsland in bosbrande vernietig is. Baie van hierdie brande is
deur nuwe setlaars begin.

Die bestuurders van die troppe het in baie gevalle glo geen formele
opleiding gehad nie.

in baie gevalle waar beeste gevrek het of in die nood was, geen
formele opleiding gehad het nie en dat die eienaars self nie eers op
die plase gewoon het nie.

"Hierdie selfoonboere woon in Harare en dink hulle kan die plase van
daar bedryf," sê Harrison.

Die ZNSPCA sal die boere, waar melkbeeste in groot getalle gevrek
het, vervolg.

Zimbabwe se melkplase het voorheen onder die beste in die streek
getel met van die beste toerusting in hul melkkamers.

Vandag staan baie van die plase leeg en verlate, grootliks weens die
ontwrigting wat deur van die regering se grondherverdelingsprogram.

http://www.news24.com/Beeld/Wereld/0,,3-71_1456281,00.html

Koeitjies & kalfies | 2 kommentare

Heuning

Ma., 08 Desember 2003 17:19

Vir die fees van die Nuwejaar kry al my Afrikaanse vriende van my 'n
pot heuning!
..Maar hulle sal wel 'n bietjie moet wag want ek het maar een by!

Groete uit Vlaandere,

Norbert

Koeitjies & kalfies | 3 kommentare

Bladsye (1834): [ «    481  482  483  484  485  486  487  488  489  490  491  492  493  494  495  496    »]
Tyd nou: Ma. Apr. 06 02:07:57 UTC 2026