Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Wys: Vandag se boodskappe :: Onbeantwoorde boodskappe :: Stemmings :: Navigasie
Hartlik welkom! Op hierdie webtuiste kan Afrikaanse mense lekker in hul eie taal kuier, lag en gesellig verkeer. Hier help ons mekaar, komplimenteer mekaar, trek mekaar se siele uit, vertel grappe en vang allerhande manewales aan. Lees asb ons aanhef en huisreëls om op dreef te kom.

Trustees van pensioenfonds 'kruip weg'

Ma., 15 Desember 2003 08:59

Trustees van pensioenfonds 'kruip weg'

Terwyl almal nou soek na sondebokke om die skuld te gee vir die
finansiële dilemma waarin die Gemeenskaplike Munisipale Pensioenfonds
(GMP) hom bevind, het die fonds se trustees die afgelope week ver uit
die openbare oog gebly. Wetgewing bepaal dat die trustees van 'n
pensioenfonds persoonlik aanspreeklik gehou kan word as bevind word
hulle was nalatig in die bestuur van só 'n fonds se geld.

Nóg die fonds nóg die registrateur van pensioenfondse in die Raad op
Finansiële Dienste (RFD) wou bekend maak wié die trustees is. "Daar
is 'n goeie rede waarom ons nie nou die name wil gee nie. Dit sal
later duidelik word waarom ons dit nie kon doen nie," sê mev. Hettie
Joubert, uitvoerende hoof van die GMP.

Die enigste van die trustees wat wel bekend is, is mnr. Pieter
Bennett, bestuurder van korporatiewe en regsake in die munisipaliteit
van Nigel.

Trustees van 'n pensioenfonds word deur die lede verkies en is
gewoonlik óf lede óf mense met spesialis-kennis van pensioenfonds-
bestuur.

Vakbonde het die afgelope week hul ernstige kommer uitgespreek oor
hoe die fonds in die verlede bestuur is.

"Dit is net die jongste in 'n reeks kommerwekkende aangeleenthede by
die GMP. Verlede jaar het hulle sowat R1,4 miljard verloor in die
termynmark en meer onlangs was daar vrae oor uitspattige pakkette wat
aan lede van die raad van trustees betaal is," het Dale Forbes van
die South African Municipal Workers' Union (Samwu) gesê.

Die ander groot munisipale vakbond, Imatu, het 'n onafhanklike
ondersoek geëis na die GMP se sake en sy steun toegesê aan die RFD se
pogings om die fonds in kuratorskap te laat plaas. Imatu het gesê hy
sal enige optrede ondersteun "teen die trustees en administrateurs as
hulle nie hul pligte teenoor die fonds nagekom het nie".

"Die wet vereis meer as redelike omsigtigheid wanneer dit kom by die
bestuur van pensioenfondsgeld. Die trustees is in hul persoonlike
hoedanigheid verantwoordelik vir skade aan die fonds of sy lede weens
nalatigheid of wangedrag," sê mnr. Simon Riekert, streekbestuurder
van Imatu.

Pensioenfondse vergeet dat die geld wat deur die jare gespaar is die
geld van die bydraers is, het adv. Kate Prinsloo, woordvoerder oor
maatskaplike dienste van die Demokratiese Alliansie, gesê.

"Hulle is slegs die trustees van sulke fondse en kan nie na willekeur
daarmee handel nie."

Die RFD wou die afgelope week nie kommentaar lewer nie, maar dit is
bekend dat die raad reeds 'n ondersoek na die fonds se sake
afgehandel het. Mnr. Dube Tshidi, adjunkregistrateur van
pensioenfondse in die RFD, sê die RFD oorweeg tans hoe hy in die saak
sal optree en sal binnekort 'n aankondiging hieroor doen.

Nadat die RFD vroeër misluk het met 'n dringende aansoek om die fonds
in kuratorskap te laat plaas, het Tshidi gesê die reuse-verliese in
die fonds regverdig só 'n stap. Regter J. Bertelsmann het egter die
aansoek van die hand gewys omdat hy bevind het die trustees het reeds
stappe gedoen om sake by die GMP reg te stel.

Die RFD se appèl teen Bertelsmann se beslissing is hangende.

Nadat die GMP se verliese in die termynmark bekend geword het, het
die JSE Sekuriteitebeurs voorstelle aan die RFD gedoen om beperkings
te plaas op die blootstelling wat beleggers in die termynmark kan
aanvaar ten einde sulke groot verliese te beperk.

http://www.news24.com/Rapport/Nuus/0,,752-795_1459313,00.htm l

Ekonomie & geldsake | 0 kommentare

**SO DAAL ONS STANDAARDE **

Ma., 15 Desember 2003 08:59

**SO DAAL ONS STANDAARDE **

'Walglike, vieslike' seks-fliek skok SA
THEUNIS ENGELBRECHT

"Een van die skokkendste en walglikste flieks wat al ooit in Suid-
Afrika vertoon is!"

Dít is die reaksie van sommige fliekliefhebbers op die omstrede
rolprent Ken Park, wat eergister in Suid-Afrika uitgereik is. Die
fliek handel oor 'n groep skaatsryers van Kalifornië, hul
wanfunksionele gesinne, dwelmgebruik en losbandige tienerseks.

Die rolprent begin waar die karakter Ken Park op 'n sonskyndag in 'n
park sy brein wegblaas terwyl sy selfmoord op 'n videokamera vasgelê
word. Daarna is daar eksplisiete tonele waar 'n tienerseun seks het
met sy meisie se ma. 'n Ander karakter, die dogter van 'n man wat
streng volgens die Bybel leef, is 'n nimfomaan met 'n voorliefde vir
bondage-seks.

In 'n ander toneel word naby skote gewys van 'n tienerseun wat
masturbeer voordat hy sy oupa en ouma in hul bed vermoor. In nog 'n
toneel molesteer 'n dronk pa sy slapende seun. Daar is ook tonele van
fellatio, cunnilingus en bloedskande.

Die plakkaat van die fliek bevat die volgende waarskuwing: The film
contains prolonged sex scenes of an extremely explicit nature and
scenes of graphic violence which some viewers may find shocking and
disturbing.

Ken Park is in Australië verbied. In Suid-Afrika is die hoogs
moontlike beperking daaraan opgelê deur die Suid-Afrikaanse Rolprent-
en Publikasieraad: 18SNGTV (seks, naaktheid, geweld, taal en
vooroordeel).

Die regisseur en vervaardiger van Ken Park is Larry Clark (60), wat
voorheen ook verantwoordelik was vir omstrede rolprente soos Kids en
Bully. Bully handel oor 'n tienermoord en is deur kritici as grusaam
bestempel. Kids, 'n rou verhaal oor tienerseks wat hom in New York
afspeel, het in 1995 skokgolwe veroorsaak op die Cannes-rolprentfees
in Frankryk.

"Wanneer jy 'n kind is, dink jy heeltyd aan seks en geweld," het
Clark ná 'n vertoning op 'n nuuskonferensie gesê. "En hulle gebruik
nie kondome nie. Ek hoop die prent dien as waarskuwing."

Oorsese kritici verskil oor die meriete van Ken Park. "Dis
weersinwekkend en vieslik," skryf Laura Clifford van Reeling Reviews.
Talle ander resensente stem met haar saam, maar daar is ook ander wat
die prent aanprys, soos Ryan Cracknell van Movie View.

"Al kan 'n mens Larry Clark 'n pervert noem, hy is 'n rolprentmaker
wat altyd iets te sê het," skryf Cracknell. "Hy is 'n kragtige
storieverteller. Ken Park fokus op voorstedelike tienerangs. Die
prent gee 'n stem aan 'n groot deel van vandag se jeug. Dis 'n stem
wat gehoor móét word."

Ander kritici meen daar moet eerder gevra word wat die oorsaak is van
die morele verval wat in die rolprent uitgebeeld word as om bloot die
prent te verdoem.

"Dit is 'n belangrike prent wat grense afbreek," skryf die resensent
William Pretorius. "Maar die prent is g'n goedkoop sensasie nie. Dit
gaan om die woordeskat, die vorme van uitdrukking wat vir die
karakters beskikbaar is.

"Op die agtergrond sien ons die Jerry Springer Show op televisie. Hy
het seks in 'n vernederende, vulgêre skouspel verander, die
woordeskat van liefde weggeneem. Vir die jong mense (in Ken Parker)
is seks steeds mooi, plesierig, die teenoorgestelde van Ken Park se
daad. Vir die volwassenes is dit vuil, nes in Springer se program

http://www.news24.com/Rapport/Nuus/0,,752-795_1459300,00.htm l

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

Droogte in Vrystaat woed nou al hoe feller

Ma., 15 Desember 2003 08:59

Droogte in Vrystaat woed nou al hoe feller
LIESL PRETORIUS

DIE hulpkreet van boere weerklink al hoe dringender in groot dele van
die Vrystaat waar vee op 'n streep vrek en die mielie-oes dreig om te
misluk nog voordat baie kon plant.

Die boereverenigings van Excelsior en Verkeerdevlei het versoek dat
dié plekke tot rampgebied verklaar word om "die distrik en sy
inwoners van algehele ondergang te red".

Vrystaat Landbou het die regering gevra om die droogte te ondersoek
en hulpmaatreëls te oorweeg. Mnr. Lullu de Jager, bestuurder van
organisasie en ontwikkeling, sê dit "stuur op 'n ramp af".

Die droogte veroorsaak swak veldtoestande en 'n "drastiese" afname in
die kondisie van vee. Dit het 'n ondergemiddelde koringoes meegebring
en veroorsaak dat baie boere nog nie somergewasse (veral mielies) kon
plant nie.

Boere sukkel reeds weens hoë insetkoste en wisselende pryse van vee
en graan. 'n Misoes en hoë voerkoste bedreig nou baie se oorlewing.

Mnr. Corné Pienaar, voorsitter van die boerevereniging in
Verkeerdevlei, sê 40 stuks grootvee het weens die droogte gevrek. In
die woonbuurt Tshepong vrek "bykans vyf beeste per week".

Stygende lusernpryse maak dit "onekonomies" om vee te voer. Die
daling in veepryse maak dit moeilik om te verkoop.

Volgens Pienaar veroorsaak dié toestand kontantvloeiprobleme wat
boere dwing om plaaswerkers te verminder. In Excelsior vrees boere
ook dat hulle werkers moet afdank.

Mnr. Deryck Holmes, sekretaris van die boerevereniging, sê party
boere het glad nie mielies geplant nie. Dit kan in die winter
probleme veroorsaak, omdat vee op mieliereste oorwinter.

Die sonneblomme wat in September geplant is, verdroog "by die dag".
Dié wat nie voor 15 Januarie sonneblomme plant nie, moet tot Desember
2004 wag vir 'n inkomste wanneer die koring gestroop word.

Weiding in die distrik het verdroog.

Op die meentgrond waar inwoners van die woonbuurt Mahlatswetsa se
beeste wei, is weiding vir "nog net 'n paar dae oor". Dié kleinboere
se beeste vrek "teen 'n spoed".

Die Dierebeskermingsvereniging (DBV) moes op 'n keer sewe beeste van
kant maak.

Holmes sê die laaste goeie reën (124 mm) het in Maart geval. In die 8
maande sedertdien moes boere klaarkom met 77 mm. In Tweespruit is die
besproeiingsdamme leeg. Boorgatwater verswak.

Volgens De Jager is reënbuie van minstens 50 mm tot 75 mm nodig om 'n
verskil te maak. ) Die kans op normale reënval in die Vrystaat tot 5
Januarie is volgens die Suid-Afrikaanse Weerdiens 50%. Die kans op
donderbuie Woensdag in die Sentraal-Vrystaat is 20%.

http://www.news24.com/Die_Volksblad/Nuus/0,,5-83_1459730,00. html

Koeitjies & kalfies | 3 kommentare

Saddam gevang

Ma., 15 Desember 2003 05:45

Hoor mens politiese dankbare sugte uit beide die VSA en Soutieland dat
Saddam uiteindelik gevang is?

Koeitjies & kalfies | 9 kommentare

" Die boodskap aan Maria " deur NP van Wyk LOUW

So., 14 Desember 2003 16:30

N.P. van Wyk Louw

Die boodskap aan Maria

Sy 't deur die skaduwee gegaan
in die soet lentenag,
skraal-wit en skemerig en nog sku
van naamlose verwag;
soos 'n groot nagblom oop
waaroor die motte bewend hang,
so was sy onder die sterre, in haar
onwetende verlang.
Maar toe Hy kom, het sy geweet.
Geen stem was daar,
net enkele sterre donkerder
en blydskap soos 'n tent óm haar;
en alle verlange buitekant
het trug- en tuisgekeer
tot innigheid, en rus gekry
soos waters in 'n donker meer,
en huiswaarts oor die paaie het sy
gepeins dat vreugde sê kon wees:
vervuld en woordeloos, en stil
geglimlag oor haar verre vrees.

Prosa & poësie | 0 kommentare

VS Senator

So., 14 Desember 2003 11:19

'Senator Strom had een zwarte dochter'

Uitgegeven: 14 december 2003 09:23

WASHINGTON - De onlangs overleden Amerikaanse senator Strom Thurmond, die
zich lang sterk heeft gemaakt voor de scheiding van blank en zwart, bleek
zelf een dochter van een zwarte vrouw te hebben. Dat meldde The Washington
Post zondag op zijn interneteditie.

De krant had een interview met de inmiddels 78-jarige Essie Mae
Washington-Williams. Daarin vertelt ze dat haar moeder, een dienstmeid, in
de jaren twintig van de vorige eeuw een seksuele verhouding had met
Thurmond, en dat zij daaruit is geboren. Vanaf 1941, toen Williams zestien
werd, zou Thurmond haar een maandelijkse toelage hebben gegeven en had hij
in het geheim contact met haar.

Thurmond overleed in juni van dit jaar op 100-jarige leeftijd

Koeitjies & kalfies | 9 kommentare

Toets

So., 14 Desember 2003 06:29

'n Toets, want dit is onmoontlik dat niemand
iets te sê het hier nie.

DD

Koeitjies & kalfies | 2 kommentare

Re: Miss Belgie - missantw2[1].jpg (1/1)

So., 14 Desember 2003 03:21

Besonder mooi, Paul. Gesond sal ek se, baie gesond. Gelukkig hoef hulle nie
engele met toebroodjies te vergelyk in Belgie nie.

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

Zoek contact mer vogelringers in SA

Sa., 13 Desember 2003 17:07

Wil graag in contact komen met vogelringers in SA Bij voorkeur ringers die
belangstelling hebben voor oeverzwaluwen (riparia riparia)
Op onze website is meer te vinden over het ringen van vogels en in het
bijzonder van de oeverzwaluw.
Indien u iemand kent dan hoor ik dat graag. Bij voorbaat dank.

Hartelijk groet,

Peter (Friesland)

www.vogelringgroep.nl

Bij beantwoording via e-mail dan " zooi" uit e-mailadres verwijderen

Koeitjies & kalfies | 2 kommentare

Miss Belgie - missantw2[1].jpg (0/1)

Sa., 13 Desember 2003 12:35

Dit is die nuwe miss Belgie,Ellen Petri
Links is die tweede eredame,Leen Hens van myn gemeente Dilbeek
Vir meer http://members.lycos.nl/ellenpetri/

Koeitjies & kalfies | 1 kommentaar

Bladsye (1835): [ «    477  478  479  480  481  482  483  484  485  486  487  488  489  490  491  492    »]
Tyd nou: Do. Jan. 15 02:46:07 UTC 2026