" Kerskaartjies " deur JEANNE GOOSEN
Sat, 20 December 2003 02:05
Jeanne Goosen
Kerskaartjies
Jaarliks
vanaf 25 November tot 25 Desember
arriveer my familie per pos
Hulle is wiegende gesigte op stingels
Hulle papiermonde raas: geseënde Kersfees, geseënde Kersfees...
Bibberende Piet is 'n krom kitaar (hy sing gans te veel.)
My suster (sy het haar hande vir eierklitsers verruil)
is 'n brandende kers wat dor en droomloos drup.
My broer (o, hy is anders as ander mense)
is 'n boom wat reën en reën.
Maar die roos is my moeder
Die roos met die geslote mond is my moeder ja
Kersnag begin sy leef
reis sy 'n asemtog deur die heilige nag,
omvat sy my met al haar blare.
Sy kom staan voor my, 'n verslete kop
'n boetebos vol kinderverhale.
Sy is 'n roos my moeder
'n Kerskaartjie
wat taai gelewe is aan drome.
Prosa & poësie |
0 kommentare
Polisie moord
Fri, 19 December 2003 13:55
1955 Polisie beamptes is VERMOOR in SA sedert jaar 1994.
545 vermoor in KwaZulu Natal en 760 vermoor in Gauteng.
1955 / (( 2004-1994 ) * 365 + 2) = 0.535 per dag.
'n Halwe polisie beampte minder elke dag in SA!
Skokkend en hoe vergelyk dit met die wereld?
En wat van die families sonder broodwinner?
:-(
TJ
NS: Kersfees is nie net goeie nuus nie.
Koeitjies & kalfies |
3 kommentare
CF Misterie opgelos
Fri, 19 December 2003 12:04
Hier is dit nou, uit die perd se bek, omdat ek nie kon glo ons sit met
soveel gesteelde CF motors hier nie:))
Sedert Grahamstad EC registrasie is, kry Kuilsrivier nou die CF
registrasie - van no 30 000 en op.
Dus is net die CF motors met 'n nommer minder as 30 000 'n gesteelde
een.:)))
Almal ry egter ewe gevaarlik
--
Annette
Koeitjies & kalfies |
1 kommentaar
ZIM KAN SUID-AFRIKA HELP
Fri, 19 December 2003 09:24
Zimbabwe en Suid-Afrika het dieselfde probleme en Zimbabwe kan S.A. help om
syne op te los (Thabo Mbeki). Ons het dieselfde probleme van onderdrukking
gehad. Vandag deel ons ook dieselfde probleme en in werklikheid is dit
waarom ons hier is. (onder luide toejuiging van Zanu-PF- lede teenwoordig)
Die Volksblad
Koeitjies & kalfies |
2 kommentare
" kersdiens op Elim 1989 " deur ANTJIE KROG
Fri, 19 December 2003 04:38
Antjie Krog
kersdiens op Elim 1989
die woord word vlees in die bronsklokkie taai
oor tandverslete huisies en dekriet
lippetaal lieplapperig uit die populierbosdraai
vrouens diekant: ons en ons dogters
hoede lintjies vlegsellinge waaier uit die slape
oorkant mans en seuns stroewer in die bankies
die lam het oorwin - ons volg Hom
die kanselkleed plain op die issue af
in krismisbome voor roer skulpe aan toutjies
kastaaiings meerminbeursies belletjies
klokkies van die laaste heide
van soetanysberg waai seewind koel oor die panne
die woord het vlees geword en tussen ons kom woon
ons wat lewe in overkill en second strike
slagspreuke angst duurtes overbite wéét
dat in sy naam brandstapels ontwerp is
kruistogte oorloë vir hom mense gemartel is
generasies vernietig - sy grusame nalatenskap
verlore tol ons tot woord ons aan die aarde bind
onuitwisbaar deur soveel vergane tale gewrongel
tot vanoggend mirakelagtige woord op kersdag
asof alles meteens tot stilstand kom
bymekaar in ewewig hang
'n hele wanhopige land
verrafel sy laaste vernis gechip
afwagtend sing ons die stille nag tablo
sing ons die woord los uit sy kribbetjie
uit sy stal sleep hom los uit sy lull en nappies
laat waai wyd oor die stil strandveld
met breiende oop vokale
meedoënloos
tot die woord mens word
en regop staan
en hy's lankal nie meer wit nie
ook nie sodanig regverdig nie
(soos 'n kameraad eintlik aan die mans se kant)
maar van sy vingers blits nou onse waarheid
onverbiddelik teen die whitewash
sing sing
hoe onversier lyk hy nie
ja hy staan tussen ons
:agter in sy oë eiesoortig
vermy ons
die plunderende genadigheid
Prosa & poësie |
1 kommentaar
Skenk jou tyd
Fri, 19 December 2003 01:50
Almal weet dat al wat 'n liefdadigheidsorganisasie daar buite altyd
vrywilligers nodig het. Elkeen van ons het 'n organisasie wat ons graag
ondersteun en party van ons help met geld, ander help met tyd. 'n Nuwe
konsep van die VN is om "virtual volunteers" bymekaar te maak om uit te help
met navorsing, fondsinsameling, kennis, ens. Alles vind plaas via die
Internet.
As jy 'n bietjie tyd het, en jy wil graag 'n verskil maak of iets bydrae,
maar jy kan of wil nie jou gat voor die rekenaar lig nie of jy sit dalk vas
in jou land/huis, gaan kyk asb by http://www.netaid.org daar is 'n hele lys
van organisasies wat hulp nodig het. Jy kan self besluit hoeveel uur 'n
week jy kan afstaan aan jou gekose projek.
Groete
Elaine
Koeitjies & kalfies |
0 kommentare
Ek kan brêg
Thu, 18 December 2003 13:26
So nou en dan moet ek ook bietjie brêg met die web sites wat ons doen.
Vandag brêg ek met die ene http://www.dawnaymusic.com ons het Dawnay (U
Touch Me) deur 'n vriend ontmoet.
Ek kan nie al die krediet neem vir www.dawnaymusic.com nie, 'n outjie wat
vir ons kontrakteur het die site ontwerp. Ek is nie so bright met flash
nie - maar gelukkig ken ons mense wat goed is daarmee.
Okay, klaar gebrêg, tyd om weer aarde toe te kom :))
Elaine
Koeitjies & kalfies |
53 kommentare
Waar van Toepassing
Thu, 18 December 2003 05:56
Die advertensie vir die veilige seisoen vra dat bestuurders met hul
hoofligte aan moet ry te alle tye EN vyf km/u stadiger as die voorgeskrewe
maksimum spoed.
Nou kry ons die volgende - die meeste mense wat op hul gewone roetes ry, ry
nog met hul ligte af, en binne die spoedgrens.
Dan kry mens motors op die N1 wat met hul hoofligte aan ry, en hulle het
gewoonlik registrasienommers van anderkant die berge - maar wat baie
opmerklik is, is dat nie een met ligte aan op die N1 hul naastenby binne die
spoedgrens hou nie.
--
Annette
Koeitjies & kalfies |
42 kommentare
Sneeu in die Kaap
Thu, 18 December 2003 05:52
Sondag was daar toe extreme snowboarding op Dolphin Beach -dis nou naby
Blouberg. 'n Helse sneeuvlak is opgerig en tonne sneeu is vervaardig. 20 000
toeskouers het die geleentheid bygebring. Ongelukkig het die organiseerders
hulle nie vergewis met die logistieke van die verkeer nie. Sou hulle dit
bietjie verder met die weskus op aangebied het, sou daar waarskynlik meer
toeskouers gewees het. Verkeer het opgedam tot by Melkbos aan die een kant
en tot diep in Milnerton aan die ander kant. Mense het tot 2 uur lank
gesukkel om te beweeg.
Geen ernstige ongelukke is aangemeld nie.
--
Annette
Koeitjies & kalfies |
1 kommentaar