Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Wys: Vandag se boodskappe :: Onbeantwoorde boodskappe :: Stemmings :: Navigasie
Hartlik welkom! Op hierdie webtuiste kan Afrikaanse mense lekker in hul eie taal kuier, lag en gesellig verkeer. Hier help ons mekaar, komplimenteer mekaar, trek mekaar se siele uit, vertel grappe en vang allerhande manewales aan. Lees asb ons aanhef en huisreëls om op dreef te kom.

Koeie en ooie

So., 11 Januarie 2004 21:23

Wat bepaal dat die wyfies van sekere diere 'n koei genoem word ( soos
elandkoei) en ander ooie ( soos springbokooi)
?
--
Annette

Koeitjies & kalfies | 14 kommentare

" Winnie " deur LOUIS ESTERHUIZEN

So., 11 Januarie 2004 03:47

Louis Esterhuizen

Winnie

Daar is die handvol vryers:
die udf, azapo en ook nog cosatu;
dan is daar nog Young Comrades óók -
fyn gerook in swartgebrande sale
van liberation before education.
Maar terwyl kroonprinse opsit
en amper-prinse om haar kloek
en kattermaai, speel die vrou
in die drieverdieping-mansion
met haar laaste vuurhoutjies.
So nie pas sy die mantel aan;
traag
om wéér die droomkleed los te
torring: Oh, the endless undoing
of the endless doing, lispel sy.

En Penelope tree na vore, ongeduldig
en ongeskik omdat Ulysses op sy eiland
slegs klippe versit.

Prosa & poësie | 0 kommentare

Die Stalinistiese danke in regeringskringe dwing die land se bekwaamste mense om hul tasse te pak

Sa., 10 Januarie 2004 16:42

Die Stalinistiese danke in regeringskringe dwing die land se bekwaamste
mense om hul tasse te pak op soek na groener weivelde, skryf William
Saunderson-Meyer in sy weeklikse rubriek in Weekend Argus.

Suid-Afrikaners is hopeloos dubbelsinnig in hul gevoelens oor emigrasie en
'expatritates' - 'n woord wat deur baie van hulle 'ex-patriots' gespel word.

Op 'n sekere vlak is daar nog by geleentheid bravade-uitsprake van 'chicken
run' of 'taking the gap' - terminologie wat in Rhodesië gebruik was om
emigrasie te ontmoedig tydens die struggle. Dit is egter gekleur met
jaloesie vir die veronderstelde 'harde valuta' en 'n lotuslewe in
misdaadvrye Westerse paradyse.

Emosies word gekompliseer deur die feit dat daar onder wittes skaars 'n
gesin is wat nie 'n goeie vriend of geliefde het wat oorsee is nie; óf as
permanente emigrante óf as gastarbeiders met die voorneme om uiteindelik
terug te keer na die sonnige Suiderland.

In die geledere van arbeid is daar gereelde gal-uitsprake dat hoe meer
wittes en Indiërs - en toenemend ook kleurlinge - die pad vat, hoe meer
geleenthede sal daar wees vir swart Suid-Afrikaners. Dit is die stomp kant
van 'n ander onaantreklike vorm van werkersvakbonde se denke oor Europeërs,
d.w.s. blanke immigrasie na Suid-Afrika. Hulle redeneer dat dit ontmoedig
moet word omdat die werkloosheidsyfer reeds hoog is.

Dit is ondanks die ruim getuienis dat die meeste emigrante in beroepe is
waarvoor daar 'n akute tekort aan geskikte swart aansoekers bestaan, wat 'n
negatiewe ekonomiese uitwerking het en uiteindelik 'n remskoen is vir
werkskepping. Die mense wat emigreer is uiteindelik skeppers van
werksgeleenthede omdat hulle die ekonomie vinniger laat groei.

Ondanks sy besware is die arbeidsbeweging besmet met vreemdelingehaat. Hy
deel die regering se teenkanting teen swart immigrasie van ander
Afrika-lande op die veronderstelling dat daardie lande hul kundigheid moet
behou ten einde te groei.

Wel, óns het hulle ook nodig om te kan groei. En as hulle nie na Suid-Afrika
kom nie, word hulle afgestaan aan ontwikkelde lande met minder beginsels en
beter oorlewingsinstinkte.

Stemreg vir expats
In die regering self is daar ook vlakke van dubbelslagtigheid. Die ANC maak
gereeld mooi geluide oor die belangrikheid van expats wat moet terugkeer om
die land te help ontwikkel; of dan minstens hul gewig in die vreemde agter
die Republiek moet ingooi, pleks van om die land by elke geleentheid sleg te
sê, soos die gewoonte is.

En tog wil die regering nie hierdie gewaande waardevolle expats toelaat om -
anders as wat die gebruik in die meeste lande is - in volgende jaar se
algemene verkiesing te stem nie. Dit is ook in teenstelling met die gees wat
met die eerste demokratiese verkiesing geheers het. Toe het duisende oorsese
Suid-Afrikaners - en toevallig was die meeste van hulle ANC uitgewekenes -
tou gestaan om by die ambassades te stem.

'n Terloopse opmerking oor die verskillende etos wat onder die
Mandela-administrasie gegeld het, word weerspieël deur die feit dat burgers
van Lesotho en Mosambiek, wat meestal as trekarbeiders in Suid-Afrika was,
toegelaat was om te stem.

Ek erken dat die situasie sedertdien verander het. As buitelandse burgers in
Suid-Afrika nou toegelaat word om te stem - soos wat die geval is met
Statebondsburgers wat in die VK woon - sal die ANC in die volgende
verkiesing dalk ernstig uitgedaag word deur die Zimbabwiese Beweging vir
Demokratiese Verandering!

Tweeslagtige denke in die regering, hoewel dit waarskynlik niks meer is nie
as onvoorbedagte onbekwaamheid, kan gesien word in die verklarings wat
gelaai is met sentimente oor die noodsaaklikheid om gesondheidswerkers en
opvoeders vir die land te behou - onderwyl daar in die praktyk alles gedoen
word om hul vertrek te verhaas.

Die uittog van onderwysers en verpleegsters het epidemiese afmetinge
aangeneem. Maar pleks van hul omstandighede te verbeter - dinge soos swak
salarisse, swak werksomstandighede en 'n burokratiese geboelie - vra die
regering die oorsese lande om dit vir hulle moeilik te maak om te immigreer.

Hieride soort Stalinistiese denke is soortgelyk aan die Departement van
Gesondheid se planne om te wil bepaal waar dokters mag praktiseer. Sulke
verregaande diktatoriale gedrag is waarskynlik ongrondwetlik, maar die
boodskap aan ons slimstes en bekwaamstes is dat as hulle 'n waarborg soek
vir die vryheid van individuele besluitneming, hulle dalk maar hul tasse
moet pak en na groener weivelde moet vertrek.

Hierdie rubriek deur word geplaas met erkenning aan Weekend Argus en
Independent Newspapers.

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

Skaap woorde

Sa., 10 Januarie 2004 16:18

Daar sit ek toe nou mos op Riversdal met 'n kwadroplegiese
oud-veekoper en gesels en hy gebruik toe woorde wat betrekking op
skaapboerdery het en wat ek ek jarrrre laas gehoor het. Hier is drie
van hulle:

Gusooi
Koggelram
Konkelooi

Enige van julle stadsjapies 'n idee wat die woorde beteken? Eerste
prys een week op Fochville, tweede prys drie weke op Fochville. Dis
nou te sê as my aansoek om 'n borgskap by Anglo American slaag :-)

Drom

Landbou & veeteelt | 20 kommentare

Re: joint venture

Sa., 10 Januarie 2004 14:46

As jy nie ophou spam op die nuusgroep nie gaan jy meer vyande maak as geld.

U R A Moron!!!!!!!!!!

"ericon"  skryf in boodskap news:oVKLb.70502$dP1.187746@newsc.telia.net...
>  Hi, my name is Conny Ericsson.
>
>  I have a proposal for all List-owners,promoters and webmasters.
>  I'm searching for partners(Sub-Associates).
>  First, you should take a look at this http://www.freeadguru.com/cgi-bin/i.pl?c=a&i=18525
>  It sells like hot cakes.
>  Here is what you need to do to make a lot of money NOW:
>  Sign up at http://www.freeadguru.com/cgi-bin/i.pl?c=r&i=18525
>  Then you'll immediately be allowed to send the FreeAdGuru's audio ebook access to your entire list.
>  They will love it.
>
>  Conny Ericsson
>  eric...@aweber.com
>  Amg-store-owner
>  http://www.store-owner.com/owner/cemall
>

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

Absolute tevredenheid.

Sa., 10 Januarie 2004 06:58

OP vandag se Argus se voorblad is daar 'n kiekie van 'n koei wat se oë so
half toe is van pure lekkerkry omdat haar kop gelrap word.
Daisy ( die koei) het gister glo besluit om so bietjie verder te stap as
gewoonlik, en het verkeer ontwrig in Breëstraat.
Sy is nie in hegtenis geneem of beseer nie.
--
Annette

Koeitjies & kalfies | 4 kommentare

Dagsê...

Sa., 10 Januarie 2004 04:22

...aan almal van julle, en al is die nuwe jaar nou al 'n paar dae oud
wil ek graag almal alles van die beste toewens vir 2004.

Ons het Woensdag eers van Riversdal terug gekom, daar van ons
rolstoelmensies af. Dit gaan goed met hulle dankie. Ook met Tobie. Ek
het hom so paar keer gesien. Sy seun is al 'n rukkie terug van Angola
en was gelukkig genoeg om 'n goeie werk (by die Langeberg
Munisipaliteit as ek reg onthou) te kry.

Ek was die laaste ruk maar bra skaars op die ng, seker maar omdat ek
niks te sê hehad het nie. en sien 'n hele klomp nuwe name hier. Wat
dit beteref het ek net een versoek; wil iemand nie asseblief hierdie
Kaalgat Plunderaar laat fusilleer nie?

Groete, Drom

Koeitjies & kalfies | 2 kommentare

Boentjies - deur Z.T. Niemand

Vr., 09 Januarie 2004 19:54

Z.T. Niemand 1903

Hierdie versie kan gesing word aan die
wysie 'Die Donkie is 'n wonderlike ding'.

Die boentjie, O die boentjie
die boentjie is 'n wonderlike ding...
(bullshit! 'n Dingus is 'n wonderliKKe ding).
Hy's groot en hy's groen en soos 'n pampoon -
hy sa-al jou poephol laat sing!

(Herhaal x 2)

Prosa & poësie | 2 kommentare

" Sonnet - uit Malvern " deur S.J. PRETORIUS

Vr., 09 Januarie 2004 19:47

S.J. Pretorius

Sonnet - Uit Malvern

Hul stap hier deur die skemerstrate saans
die groot figure, baarde dae-oud,
met krae opgeslaan, die wind is koud
en mompel oor die weer in Afrikaans;

die koppe stug asof haas suf gedink,
kosblikke in die growwe werkershande;
onder ou gryspet en slap hoederande
oë wat vinnig uitloer, bang en blink.

Eens voor die eeu was hul grootland-besitters,
met sluheid nou uit vadersgrond onterf,
is hul van rooidag tot die laatlig sterf,
asryers, pikslaners en vuilvoor-spitters.

Die mboulas dans en laat die skadu's spook -
hul raak verlore tussen huise en rook .

Prosa & poësie | 0 kommentare

Help die mense in S.A.

Vr., 09 Januarie 2004 14:28

Gee hom 'n vis en hy eet vir 'n dag
leer hom om vis te vang en hy eet vir altyd
http://www.members.optusnet.com.au/~fredels_fredels
Help jouself ook

Koeitjies & kalfies | 6 kommentare

Bladsye (1835): [ «    463  464  465  466  467  468  469  470  471  472  473  474  475  476  477  478    »]
Tyd nou: Vr. Des. 19 01:31:05 UTC 2025