Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Wys: Vandag se boodskappe :: Onbeantwoorde boodskappe :: Stemmings :: Navigasie
Hartlik welkom! Op hierdie webtuiste kan Afrikaanse mense lekker in hul eie taal kuier, lag en gesellig verkeer. Hier help ons mekaar, komplimenteer mekaar, trek mekaar se siele uit, vertel grappe en vang allerhande manewales aan. Lees asb ons aanhef en huisreëls om op dreef te kom.

Wat sou jy antwoord?

Vr., 16 Januarie 2004 12:01

In M&G vandag vra Zack Taylor (7) wat se kleur is God.
--
Annette

Koeitjies & kalfies | 2 kommentare

Hoeveel kos 'n labarint?

Vr., 16 Januarie 2004 08:06

Daar het nounet op RSG 'n dame gepraat oor labarinte.
Daar is verskeie labarinte in SA, en die oudste een hier is 'n
laventel-labarint in Barrydale.
Daar is 'n riet-labarint in Velddrif
Volgens die dame word al jou probleme opgelos as jy 'n labarint loop, en in
gemeenskappe waar daar 'n labarint is, is daar glo minder misdaad.
Ek dink ek wil 'n labarint in Manenberg gaan bou:)
--
Annette

Koeitjies & kalfies | 3 kommentare

Reën in Namibië

Vr., 16 Januarie 2004 07:22

Die wonderlikste ding in ons deel van die land is water en dit reën op die
oomblik dat die sop spat oor groot dele van die land. Dis die wonderlikste
ding om 'n droë rivier in 'n dor woestyn te sien lewe kry.......

Koeitjies & kalfies | 19 kommentare

Baie dankie -- Nog 'n versoek

Vr., 16 Januarie 2004 05:56

Baie dankie Spencer vir die meisie meisie.mp3

Daar is egter nog 'n liedjie wat ek bitter graag in die hande sal wil kry as
iemand dit dalk het, of weet waar ek dit kan gaan aftrek van die net. Die
liedjie se naam is "save youre kisses for me" en as ek dit reg het is dit
ook gesing deur 'n SA rock groep van die jare laat 70 vroeg 80's.

Groete

Koeitjies & kalfies | 20 kommentare

Urban legend

Vr., 16 Januarie 2004 04:32

Hieronder in'n ander draad word die uitdrukking "urban legend"
gebruik. Ek het al baie gewonder of daar 'n Afrikaanse ekwivalent
hiervoor is. Weet iwmand dalk?
En waarvoor nou eintlik "urban?" Sommige van hierdie stories kom tog
sekerlik van "non-urban" gebiede.

Koeitjies & kalfies | 3 kommentare

Waarskuwing

Do., 15 Januarie 2004 17:15

Ek het per e-pos, en vandag ook op twee aparte groepe, waarskuwings ontvang
van een of ander ver-regse gemors.
Dat die Trotse Boerewillewragtags hulle nou tot spam moet wend moet seker
gesien word as hulle powere pogings om by die twintigste eeu ( nie een-en
twintigste nie - hulle is nog te bekrompe daarvoor) toe te tree.
Al die "waarskuwings" is geskryf deur mense met meisiename.
Sal dit die Meisiemag wees wat so kaalbors-bre�bors op die Noy the M&G
verskyn het?:))
--
Annette

Koeitjies & kalfies | 5 kommentare

Re: Sies You Exploiter

Do., 15 Januarie 2004 17:10

Met wie praat jy in die wind kind?
--
Annette

"WindPomp" skryf in boodskap news:FPDHQJVD38001.4360300926@anonymous.poster...
> Listening to your paternalistic crap makes me realise just how
> far in the past you are really living. I don't know how you can
> sleep at night knowing that you are short-changing the farm
> workers with their wages. And NO, giving them a few handouts
> does NOT compensate for your stingyness and self centred leaning
> towards their exploitation.
>
> This behaviour illustrates that you are a old order boer that
> still thinks he owns the country. My friend - HELLO! Wake up
> will you ... and see reality. The more you do that "ek is baas"
> thing to farm workers, the sweeter their revenge is going to be
> when they take your plaas and send you packing.
>
> Ga! you are the worst kind!
>
> WindPomp
>
> BTW do you still march up and down in your boerevolk clothes -
> showing that you are superior to the other groups in the
> country. You will get your just deserts VERY SOON NOW!
>

Koeitjies & kalfies | 3 kommentare

Koning bouwt negen paleizen

Do., 15 Januarie 2004 11:49

Lozitha - Koning Mswati III van Swaziland, de laatste absolute monarch
van Afrika, heeft de bouw van negen paleizen bevolen. Daarin komen zijn
twaalf vrouwen en verloofdes te wonen. De optrekjes kosten samen naar
schatting 11,4 miljoen euro. De koning trekt het geld voor zijn vrouwen uit,
hoewel zijn land diep in de schulden zit en zijn onderdanen honger lijden.
De Limburger * NL

Koeitjies & kalfies | 16 kommentare

" Eilandgroep " deur D.J. OPPERMAN

Wo., 14 Januarie 2004 23:24

D.J. Opperman

Eilandgroep

Dit is maar enkel waan
dat ons 'n eenheid was;
groot stromings van die oseaan

het ons geëiland tot 'n argipel
van enkelinge waar ons briewe rou en skel
van strand tot strand soos meeue fladder
en van mekaar se eensaamheid vertel.

Wild staan die palms bo die water,
palms, bamboes en die gras,
maar in onbewuste dieptes êrens ...
êrens is ons aan mekaar nog vas.

Prosa & poësie | 0 kommentare

Weduwee en Wewenaar

Wo., 14 Januarie 2004 14:32

Hoekom word dit so genoem?
Wil die weduwee weer
en bly die wewenaar naar?
--
Annette

Koeitjies & kalfies | 3 kommentare

Bladsye (1835): [ «    460  461  462  463  464  465  466  467  468  469  470  471  472  473  474  475    »]
Tyd nou: So. Des. 21 19:03:33 UTC 2025