Die skrywer van die satiriese "Kaatje Kekkelbek" (1838) word soms verwar
met die Suid-Afrikaanse skilder, Thomas Baines (1820- 1875). Hulle vanne
is wel gelykluidend, maar verder het hul slegs in gemeen dat albei se
lewensgang deeglik op rekord gestel is, en dat albei besonder aktiewe
mense in die vorige eeu in Suid-Afrika was. Baines het deur sy
olieverfskilderye en tekeninge 'n visuele rekord agtergelaat van
Suid-Afrikaanse mense en gebeure in die vorige eeu (sien Carruthers &
Arnold, The Life and Work of Thomas Baines 1995). Andrew Geddes Bain het
dagboeke gehou van die opspraakwekkendste gebeure in sy lewe, wat in
1949 deur Margaret Lister uitgegee is as Journals of Andrew Geddes Bain.
Trader, Explorer, Soldier, Road Engineer and Geologist.
Dié dagboek is boeiend en onderhoudend: deels om die ryk- geskakeerde en
opwindende lewe wat Bain gelei het, en deels as gevolg van sy humorsin
en fyn oog vir menslike eienaardighede wat hier weergegee word. Dis nie
bloot 'n relaas van dagboekaantekeninge nie: die tekstuur word verryk
met briewe, streek-beskrywings, dialoog en gedigte. In hierdie tye waar
die sogenaamde ego-dokument in die vorm van dagboeke, gepubliseerde
briewe en outobiografieë weer besonder in die brandpunt staan (dink maar
aan Jan Rabie se boeiende Paryse dagboek (1998), oor sy lewe in die
Franse hoofstad in die veertiger- en vyftigerjare, en Hennie Aucamp se
twee Kaapse dagboeke, Gekaapte tyd (1995) en Allersiele (1996), is Bain
se joernaal herlees deur en deur werd.
Bain is in 1797 in Thurso, Skotland gebore, die enigste kind van
eenvoudige plattelandse mense. Op 19 jarige ouderdom kom hy in Kaapstad
aan, en trou twee jaar later, in 1818, met Maria Elizabeth von
Backstrom, die dogter van 'n man wat as vertaler gewerk het aan die
Kaap, en Engels, Frans, Duits en Nederlands magtig was. Teen 1822 is
Bain gevestig in Graaff-Reinet, waar hy vir dertien jaar sou bly in sy
eie "handsome house in Napier street" (1949: XXiii). Hy is in dié dae
besonder geïnteresseerd in openbare sake, en skryf gereeld briewe,
dikwels met 'n satiriese inslag, in The South African Commercial
Advertiser en The Graham's Town Journal. Na verkryging van 'n
handelslisensie vertrek Bain en sy vennoot, John Biddulph, in 1829 na
Betsjoeanaland en kom terug met waens vol ivoor. Kort na sy terugkeer
maak Bain 'n pas teen die Oudeberg. Hy raak ook in die pers betrokke in
'n aantal lastersake. In die eerste saak het die Trekleier Gerrit Maritz
Bain gedreig, na Bain as volg oor hom geskryf het:
Defendant is of Herculean frame and has already distinguished himself in
the pugilistic annals of Graaff-Reinet by fighting in the streets with
another champion who blackened his eyes for him. Die Advertiser moes
Maritz 10pond betaal as skade-vergoeding. In 1833 publiseer sowel die
Zuid-Afrikaan as The Graham's Town Journal Bain se spottende verslag van
die komiese gebeure toe 'n Graaff- Reinet-kommando uitgegaan het om 'n
bende Koranna-rowers te gaan straf:
...there must have been at least 400 men, with three brass field pieces,
two of which were without carriages, that took the field against an
undisciplined band of savages, according to the highest accounts not
exceeding 100 (...) Each warrior was followed, sometimes at a distance
of 50 to 100 paces, by his 'squire', or 'aghter ryder' who carried his
musket for him in such a manner as to be entirely unprepared for any
sudden attack. Chaos breek uit as die Korannas skielik begin skiet:
Many were thrown from their horses while others were lustily
vociferating to their squires, Klaas, Piet or Kees, as the case might
be, 'Bring myn roer! Bring myn roer! (...) they kept peppering away
until it was discovered that the enemy had fled and the Burghers had
been amusing themselves for some time by firing at one another (...)
Thus ended the 'glorious expedition' which is at present a jest even of
the women of this district
(Graham's Town Journal, 7 Feb 1833).
Die leier van die ekspedisie het aanvanklik vir Bain gedreig met 'n
lastersaak, in 'n poging om hom sy woorde te laat terugtrek, maar die
Hooggeregshof in Kaapstad het in sy guns beslis. In Augustus 1834
vertrek Bain weer op 'n laaste groot reis. Hy verloor al sy waens en
inhoud in 'n botsing met Moselekatse en die Matabele. In Desember 1834,
verlore gewaan deur sy familie, keer Bain terug na Graaff-Reinet en
berig oor die effek van die grensoorlog van 1834-5: "the whole country
from this to the Tarka (is) one scene of ruin and commotion".
In 1835 word hy aangestel as Kaptein van die Beaufort-troepe, 'n
Khoi-groep, gebaseer by die tydelike militêre pos te Fort Thomson, aan
die Tyumie-rivier (digby vandag se Alice, waar Fort Hare- universiteit
is). Bain word 'n plaas van 3000 morge toegeken, bou 'n kothuis, plant
gewasse en maak leivore. Nadat hoofman Tyali die dik stroom water gesien
het wat Bain oor sy grond lei vanuit die Tyumie-rivier, vra hy vir Bain
om hom te wys hoe om water te lei, want hy wat Tyali is wil ook ploeg.
Hy versoek Bain ook om 'n paar spanne van sy osse op te lei om te ploeg.
Intussen besluit Andries Stockenström dat die buffersone, beset deur
Bain en die militêre fort, teruggegee moet word aan die Xhosa. Bain
skryf as gevolg in sy joernaal:
I still urged Chief Tyali to commence his watercourse, telling him that
his oxen were trained and fit for ploughing, when he made this memorable
reply: "Tyali has altered his mind since he got his land back again.
Tyali is a Kafir, a son of Gachabie, and he is not going to spoil his
oxen with ploughing while he has plenty of wives to till the ground for
him." Tyali now addresssed me: "You must now pay me a cow for having had
my oxen so long in your plough." This rather surprised me but, finding
remonstrance vain, I told him I could not spare a cow but would give him
the value in money. "No," said he, "I don't want a cow that I can put in
my pocket but one that can walk on its legs." To make a long story short
I was obliged to pay him a cow for having trained his oxen!
(Bain 1949, 188-189)
In 1836, met die opheffing van die buffersone waarvan Bain se plaas deel
was, verloor hy dus alles. In 1837 word hy toesighouer van militêre
paaie, en hiervandaan begin sy loopbaan as self-geleerde geoloog:
Thus the loss of the farm was the cause of a complete change in the
pattern of his life, for Bain turned out to be a born road engineer and
he remained in that profession for the rest of his days. He has won
recognition and even world fame among geologists
(Bain 1949: xxiv)
Tussen 1837 en 1845 bou hy verskillende paaie, soos die Queenspad tussen
Grahamstad en Fort Beaufort, en Plutosdalpad tussen Grahamstad en
Brekfisvlei. In idilliese afgeleë passe soos Plutosdal en Bainskloof
staan sy handewerk vandag, meer as 'n eeu en 'n half later, nog stewig.
Terwyl hy paaie gemaak het, het hy fossiele ontdek en begin bestudeer.
In 1837 leen hy Lyell se Principles of Geology, en bestudeer as
outodidak die beginsels van geologie. In 1844 ontdek hy die Blinkwater
Monster, 'n nuwe fossiel genaamd dicynodon. Hy stuur fossiele en 'n
brief oor Oos-Kaapse geologie aan die Geologiese vereniging in Londen,
en ontvang in 1845 'n toekenning van 200pond van die Britse regering vir
sy besonderse navorsing:
This proof of the value of his researches must have convinced those who
doubted the importance of Bain's fossils and had refused his offer of a
collection for the proposed Graham's Town Museum
(Bain 1949: xxvi)
In 1845 word hy inspekteur van paaie in die Westelike Provinsie, waar hy
in 1848 Mitchellspas, en in 1854 Bainskloof bou deur die metode van
"drystone walling" wat hy sy bandiete-werkers leer:
So careful was he to insist upon only the best work that these stone
walls, many of them sixty to seventy feet high and running for long
distances, have remained intact to this day and excite the admiration
and surprise of modern engineers to whom drystone walling is becoming a
lost art, for it is seldom used in modern construction
(Bain 1949: xxix)
Hy ervaar 'n oomblik van verblindende insig as hy naby Beaufort- wes in
die Karoo op 'n tog is, en varswaterfossiele ontdek:
(Suddenly) a flood of light burst on my astonished imagination. Could
the immense space have formerly been a great lake?
(Bain 1949: xxix)
Hy formuleer die Lacustrine teorie (lacus = meer) - dat die Karoo eers
'n meer was. Hierdie teorie het lank standgehou, maar daar word nou
algemeen aanvaar dat die Karoo eerder uit groot moerasse, afgewissel met
mere, bestaan het. In 1851 publiseer Bain The Geology of South Africa in
Londen, en in 1857 Reminiscences and Anecdotes connected with the
History of Geology in South Africa, asook Geology of the Western
Province en Geology of the Eastern Province. In 1860 begin hy met die
Katbergpas tussen Fort Beaufort en Queenstown, maar word siek en sterf
in 1864 in Kaapstad.
Kliek vir Kaatje
Die volledige teks
van "Kaatje Kekkelbek"
Vir die letterkunde is Bain veral ook memorabel deur sy vormgewing aan
die raserige en wulps-banale figuur van Kaatje Kekkelbek, wie se stem in
1838 op die Grahamstad se amateurtoneel gehoor is:
My name is Kaatje Kekkelbek,
I come from Katrivier,
Daar is van water geen gebrek,
But scarce of wine and beer.
Myn A B C at Ph'lipes school
I learnt a kleine beetje,
But left it just as great a fool
As gekke Tante Meitje.
SPOKEN: - Regt dat's amper waar wat ouw Moses in the Kaap zegt van Dr
Ph'lipes zyn school. Hy zegt: "Das ist alles flausen en homboggery".
Met myn Tol de rol, enz.
Die vroegste manuskrip met Bain se handskrif dateer uit 1835 - ongeveer
die tyd net voor hy ophou boer het, en begin paaie maak het. Grahamstad
was indertyd die naaste groot dorp aan die militêre fort waar hy gewerk
het, en dis duidelik dat hy daar aan die sosiale lewe deelgeneem het,
aangesien die stuk in 1838 daar opgevoer is.
Vanuit literêre perspektief is hierdie vroeë teks uit 1838 'n besonder
lewendige en treffende uitbeelding van 'n Khoi- vrouekarakter, Kaatje
Kekkelbek. Haar teenhanger in die realiteit sou mens kon sien in Saartje
Baartman, wie se lewe op 21 jaar in 1815 so ongelukkig geëindig het as
sirkus-freak in Europa en Engeland, en wie se geraamte en liggaamsdele
in die Paryse "Musée de'l Homme" bewaar word op versterkwater. Saartje
is dood aan "inflammasie", maar onlangse navorsing beweer dat sy twee
kinders gehad, verskeie tale bemagtig het - Engels, en 'n bietjie Frans,
naas haar kennis van Nederlands en haar eie Khoi-taal. Sy was
klaarblyklik dus 'n intelligente vrou, hoewel die slagoffer van
uitbuiting en valse voorwendsels (die man wat haar na Engeland geneem
het om daar op straathoeke ten toon te stel vir haar steatopygia of
groot fisiese agterstewe, sou aan haar gesê het dat sy as aktrise
soontoe gaan).
Kaatje word deur Bain in sy dramatiese stuk gebruik as mondstuk om te
spot met die sendelinge, en spesifiek met Dr. Read en die sendeling John
Philip se liberale beleid met die Khoi-nedersetting by Katberg. Dit was
vir die setlaars 'n steen des aanstoots, omdat die Katberg-nedersetting
'n veilige hawe was vir die verstrooide Khoi, en omdat hulle daarom nie
meer vir die boere en Britse setlaars (waaronder Pringle en sy familie)
beskikbaar was as goedkoop bron van arbeid nie.
Bain se gedig is waarskynlik ook ingegee deur die afvaardiging van die
sendelinge Philip en Read, die Khoi Andreas Stoffels, en die swartman
Jan Tzatzoe na Londen, om daar te kla oor die "wicked Christians" wat
die inheemse mense onderdruk. Hulle het voor die "Aborigines Committee"
van die Parlement getuig. Bain lê Kaatje woorde in die mond waarby sy
fantaseer oor hoe aantreklik die Engelse haar sou vind, volgens Oom
Stoffels, veral weens haar "face or back":
Oom Andries Stoffels in England told
(Fine compliments he paid us,)
Dat Engels dame was juist de same
As our sweet Hotnot ladies.
When drest up in my voersits pak
What hearts will then be undone,
Should I but show my face or back
(Kaatje here turns round)
Among the beaux of London.
Daar word gesinspeel op die seksuele aantrekkingskrag wat die
vreemdsoortige inheemse vroue van die kolonies vir die metropoolse mense
gehad het. (Hieroor skryf Robert Young uitgebreid in Colonial Desire.
Hybridity in Theory, Culture and Race, 1995.)
Kaatje se fantasie oor hoe aantreklik die Engelse haar sou vind, kry
Bain waarskynlik uit die realiteit van die tragiese verloop van Saartje
Baartman se lewe. Sy is tussen 1810 en 1815 (met haar vroeë dood) naak
ten toongestel in Londen en Parys as menslike rariteit ("die Ander",
"anders" as die wit westerse Engelse), maar seksuele titillasie het
sekerlik ook 'n rol in hierdie makabere skouspel gespeel.
Oor "Kaatje Kekkelbek" bestaan daar uiteenlopende menings: die mees
afwysende is seker Chapman se opinie. Aanvanklik prys hy Bain aan vir sy
gebruik van 'eg Suid-Afrikaanse' dialoog:
Andrew Geddes Bain is a poet who, though he lacked Pringle's 'high
seriousness' was from the start aware of the need for speech rhythms
that would strike an audience as distinctly 'South African' rather than
'British colonial'. In 'Kaatje Kekkelbek' he (...) employ(ed) the figure
of the Hottentot temptress
(Chapman 1984:41-42)
'n Dekade later, in sy literêre geskiedenis van 1996, lyk dit asof
Chapman van opinie verander het, as hy ironies opmerk:
Some commentators in their eagerness to find authentic speech have
delighted in Kaatje as a kind of mistress of anarchy bursting with
irrepressible energy beyond the bounds of middle-class respectability.
If his other writings are any guide, however, Bain's intention was
probably to jeer at the Hottentot Kaatje at the same time as he allows
her to debunk the humanitarian lobby as the bugbear of settler society.
With anger simmering after Xhosa attacks and missionary successes in
emacipationist debates, Bain's sketch in 1838 would have provided a
dubious cathartic release to a settler audience by confirming the
prejudices of the colony. In Bain's treatment of the frontier problem,
there is great delight in words, little delight in progressive ideas.
(Chapman 1996:101)
Chapman is nou polities korrek, en dit forseer hom om meer krities te
wees oor Bain se intensies.
Stephen Gray daarteenoor sien die belang en ideologiese intensie van die
stuk in veel positiewer lig:
Because the Hottentot Eve is a manifestation of the white man's feelings
about and interpretation of the interior, she changes her shape and her
effect with the differing pressures of the Hottenots as a political
factor in the course of South African history.
(Gray 1979:39)
.
..the linguistic bredie out of which Bain derives his theatre was
concocted with a strong strain of mutated English (...) it shows that it
is drawn from the market-place where Dutch, English and a host of
indigenous tongues interfuse once they deal with common concerns: land,
stock-theft, liquor, food and justice."
(Gray 1979:52-3)
...if one chooses to view Southern African English literature as a part
of a multilingual African literature, one has to hold up Andrew Geddes
Bain as a more appropriate transitional figure
(Gray 1979:57)
In Kaatje Kekkelbek het ons 'n literêre voorganger vir Lena in Atholl
Fugard se Boesman and Lena. Kaatje en Lena praat albei 'n hibridiese
vermenging van Afrikaans en Engels, wat nog steeds tipies is van
Oos-Kaap spreektaal.
Die invloed van hierdie "Hottentot Eva" figuur was merkwaardig, as mens
later werke vergelyk, soos Guy Butler se Cape Charade; or Kaatje
Kekkelbek (a play) (1968), Stephen Gray se digbundel en titelgedig,
Hottentot Venus and other Poems (1979), sowel as Athol Fugard se
skitterende drama oor mense wat op die "outers" van die samelewing 'n
bestaan probeer maak, Boesman and Lena.
Andrew Geddes Bain het nie net as reisiger, joernalis, pad- ingenieur en
geoloog naam gemaak, soos Lister se uitgawe van sy joernaal dit wil nie.
Hy het ook as satirikus en humoris 'n basis gelê vir die ontwikkeling
van die Suid-Afrikaanse letterkunde.
Andrew Geddes skryf op 23 April 1847 in ‘n brief aan C H Ginsbrook van
Graaff-Reinet van sy besoek aan die Karoo en die groot hoeveelheid
fossiele wat hy daar gevind het. Hy vertel daar hoedat hy van mening is
dat groot dele van die Karoo vroeër oordek was met vars water. Vandag is
dit ‘n bekende feit, maar in daardie dae is dié teorie soms skepties
ontvang.
Hy noem ook daarin dat die kruine van Tafelberg, Bainskloof en
Mostertshoek almal van dieselfde gesteente was. Hy was juis besig om in
dié tyd die pad deur die Skurweberg by Mostertshoek te bou. Dit is nou
die Michelspas wat deesdae by Ceres deur die berg herbou word.
Bain het sy eerste pas, die Oubergpas, in Graaff-Reinet se wêreld gebou.
Ander bedrywe wat hy beoefen het, was dié van skrywer,
ontdekkingsreisiger, saalmaker, boer en soldaat.
Ook sy geologiese kaart van Suider-Afrika was ‘n merkwaardige
nalatenskap. Hy vertel ook in die brief aan Ginsbrook dat daardie kaart
die grootste bydrae van ‘n ongesubsideerde individu tot die fisiese
wetenskap in Suid-Afrika is. Die kaart is in 1852 voltooi.
Stories oor Bain is daar heelwat. Wat vir ons hier plaaslik van belang
is, is dat die Bainskloofpas na amper 140 jaar se gebruik nog net so is
soos wat die Bains dit in 1853 voltooi het.
Die bou van die pas is ‘n storie op sy eie. Sommige Wellingtonners
vertel vandag nog hoedat Bain die berg eers te voet verken het, toe eers
‘n voetpad deur die berg laat bou het en selfs probeer het om twee
tonnels daar te bou. Die harde arbeid is deur bandiete gedoen. Daar is
natuurlik baie min oor dié mense bekend, maar hulle stories lê versteek
tussen die weeklikse verslae van die pasbouers en in die uitgawes van
"The South African Commercial Advertiser and Cape Town Mail", wat in die
Kaapse Argiefbewaarplek lê. As jy dié bronne gaan lees, ontvou ‘n storie
van sy eie voor jou.
Die superintendente wat onder toesig van Bain gewerk het, moes gereeld
verslae en statistieke byhou. Thomas Bain was superintendent by die
Wolwekloof bandietstasie. Dit is nou waar die Tweede Tol kampeerterrein
vandag is. Vandag nog word vertel hoedat die berugte perdedief van
daardie tyd, Scotty Smith, daar by Tweede Tol aan ‘n klip vasgeketting
moes word.
Ek glo nie dit was Scotty nie, maar wel Kwaai Smit, wat volgens die
verslae juis tydens die opening van die pas ook ‘n spreekbeurt probeer
kry het. Daar is vooraf aan dié wat aan die pas gewerk het belowe dat
hulle afslag van hulle vonnis sou kry en Kwaai Smit wou toe daardie dag
maar net hoor of die afslag nou sou realiseer.
Dit is juis Tweede Tol wat vandag nog vir my ‘n onopgeloste raaisel
inhou. Reg bokant die bruggie wat daar oor die rivier loop het daar eens
op ‘n tyd ‘n groot houtgebou gestaan. Ek vermoed dat daar iewers ook
vroeër ‘n hotel moes gestaan het. Was dit nie juis daardie houtgebou
nie? Die bekende hotel op Die Nek by Eerste Tol is tog eers in 1926 gebou.
Met die druk verkeer na en van die diamant- en goudvelde in die
binneland moes Bainskloof sy glorietyd rondom 1880/1890 beleef het. Die
transportryers van destyds sou dus ‘n uitspanplek ná of voor die
moordende tog deur die berg gesoek het. Die idee van ‘n hotel in die
omgewing van Tweede Tol klink dan glad nie te vergesog nie.
Al my navrae en ondersoeke oor daardie vraag het egter nog niks
opgelewer nie. Ek het nog steeds net ‘n enkele sinnetjie uit ‘n koerant
van 1915 wat die enigste leidraad is. Miskien is dit een van die geheime
wat Bainskloof vir altyd van my gaan weerhou.
Vroeër (September?) het Gloudina gevra of die beroemde pad en pas
bouer van doe 19de eeu Sir Thomas Baine was. Lyk my dis 'n algemene
fout, want hierdie afgelope naweek se Rapport sê ook dit was hy.
Thomas Baine was bekend as skilder van Wes-Kaapse en veral Oos-Kaapse
tonele en mense, defnitief geen pas bouer nie.
Iets wat ek nie van Andrew Geddes Bain genoem het nie was dat hy ook
deur sy pas bouery SA se eerste Geoloog was.
Die Ecca pas is so 10 Km noord van Grahamstown. Dit vorm deel van die
pad tussen lg. en Fort Beaufort, wat oorspronklik as "The Queen'S
Road" bekend was ondat die Queen (was dit Vicky?) opdrag gegee het vir
die bou daarvan sodat haar soldate ens. makliker toegang tot British
Kaffraria (spel?) kon hê. Die pad gaan deur 'n baie ruwe terrein en
daar is uigrawings wat skrik vir niks. Eers die Ecca pas, dan so
halfpad die "Koonab (eintlik Quanabe) Cuttings" en dan so 10 Km van
Fort Beaufort af "The Towers," so genoem omdat hulle van diep onder in
die vallei soos die ruïnes van ou torings lyk.
Dis moes toentertyd nogal 'n prestasie gewees het om die pad te bou.
Ek glo nie Alfie het toe al dinamiet uigevind nie, dus was dit seker
maar meestal pik en graaf. Woes!
langs die swembad het die palm blom gemaak
en in sy lang geel stringe oopgeval
nat en taai van nektar en van saad.
die vinke wat nesmaak teen die palmpunte
die duiwe in die groot kameelpoot
die mossies uit die geut moes almal padgee
toe die klein bruin bye aanstreep
en om die tros beginne draai
met hulle voetjies vastrap in die waterval.
nou sien die spreeus as hul verbyvlieg
hoe die knoppies swel
en niemand waag dit tussen die korwe
of naby die palm nie
maar kyk tjoepstil verwonderd
na die fyn berekenings in God se spel.
Ek het twee rekenaars: kinders/ma, en myne. Ma se rekenaar gebruik XP 2002,
en myne is betroubare ou '98! Beide gebruik IE vers. 6, en deel 'n LAN
konneksie (my rekenaar is die 'server).
Probleem: Ek probeer my banksake per internet doen, en moet op 'n bepaalde
punt op my bank se tuisblad kliek op 'n knoppie (Personal Banking), wat my
behoort te neem na die bladsy waar ek my PIN nommer moet in tik. Op Ma se
rekenaar is die knoppie 'dood' - geen kliekery het 'n reaksie nie, nie eens
regs-kliek nie! (Dit het egter in die verlede gewerk). Op my rekenaar werk
al soos dit hoort. Hoe nou? Ek het al die 'cookies' en 'temp files' op haar
rekenaar verwyder. Ek het self Mozilla Firebird gebruik, met dieselfde
'geen' reaksie! So ver gegaan om IE6 te 'delete' dmv. "Remove/Add
Programmes", met die hoop dat 'n 'nuwe' installasie sal help - wonderlike
XP: na die "Remove" aksie sorgvuldig gedoen is, pronk dit steeds net soos
voor die tyd, het geensins verdwyn nie!
Kan enige iemand help asseblief, ek is desperaat gesukkel.
Dankie,
Daniel Jan
IBICF.
dan...@thelerouxs.com
This email has been virus-checked utilising the latest update of Norton
Anti-Virus.
Een kindje, Geoffrey, zit in de auto met zijn vader en ze rijden voorbij
enkele hoertjes langs de kant van de weg.
Nieuwsgierig als Geoffrey is, vraagt hij z'n vader: ,"Papa, wat
doen die mevrouwen daar? "
Z'n vader, blozend: "Niets speciaal, kijk daar, een speelgoedwinkel!"
"Ja, ik heb het al gezien, maar wat doen die vrouwen daar?"
"Het zijn... het zijn...vrouwen die op straat verkopen!"
"En wat verkopen ze dan?"
"Ze verkopen...euhm...ze verkopen plezier!"
Geoffrey vindt het antwoord wel bevredigend en enkele dagen later ziet hij
de vrouwen opnieuw zonder dat z'n vader erbij is en stapt er zelfverzekerd
naartoe.
"Mevrouw? Kan ik voor 5 Euro plezier krijgen a.u.b.?"
Het hoertje twijfelt even, maar aanvaardt de 5 Euro omdat ze nogal
krap bij kas zit en neemt de jongen mee naar binnen.
Ze smeert hem drie mega-grote boterhammen met choco.
's Avonds komt Geoffrey thuis en vertelt z'n vader dat hij voor 5 Euro
plezier
heeft gekregen bij de mevrouwen die op straat verkopen.
Zijn vader verbleekt en vraagt:
"En...euhm...hoe...hoe...was het?"
"Goed, goed, met de eerste twee had ik geen probleem maar de derde heb ik
gewoon afgelikt!"