... en terstond, als hij nog sprak,
kraaide de haan.
toe beenbek hy se vlerke klap
en bovenaardliks kraai
had peterots geskrik
en vennag van die misvuur
weggedraai
hy had loop lê na boeitekant
met altwee hy se hand
sy borsbeen séér geslaat
oorlat an beenbek oor verloon se ding
met hom staat loop lê praat
More open die Parlement ( weer).
Op RSG gaan 'n span kenners glo 'n VOORskou hou en bespreek van die
toespraak wat Onse Prez gaan maak.
Is dit nou omdat die meeste van ons hom nie kan verstaan as hy Engels praat
nie?
die bergtonteldoosbos
maak lyflattige dinge
uut jou hart uut los
as jy sy droog-
word blare vat
geselstwak met jou
maters rook
dan wil jy graafbeen
van die bok se
bladlyf vat
en net soos simson
tontel uut'ie
slegman
slaat
Het julle die nuwe rysadvertensie gesien met die worshond ?
Ek verkneukel my behoorlik aan sy/haar uitdrukkingsvolle gesig.
Nou hoor ek die betotteldes kla ( daar was glo 7 klagtes) en eis dat die
advertensie verwyder moet word - dit moedig glo dieremishandeling aan,
volgens hulle.
Ek moet toegee: jou verskyning hier op die nuusgroep verwek telkens
weer die nodig onrus..
Maar, soos ek die Afrikaners al 'n bietjie ken (ek is self nie 'n
Afrikaner nie), dink ek jou missie sal nie baie suksesryk word nie.
Wat jy doen is hopeloos. Jy sou beter 'n koei leer in die bome klim
dan om van 'n Afrikaner sy "settings" te verander.
Tog baie sukses maar moet ook nie vergeet nie: hoe meer 'n mens in die
kak roer hoe meer hy self gaan stink. (Ek het nie gesê Afrikaners is
kak nie maar jy verstaan die beeldspraak, nè?). My mening is dat as jy
so gaan verder doen dan gaan jy hier jou ongeluk vind.
Groete uit Vlaandere,
Norbert
------------------------------------------------------------ -----------------------------------------------------------
On 4 Feb 2004 12:14:24 -0000, Anonymous
wrote:
> Well bugger me ...
>
> I leave you silly people for one day and what happens ... you
> start getting all sentimental and longing for the old days
> again. What is the matter with you all?
>
> Now you start talking about ouma se snoek (sies) but you are a
> sick lot! Can't you try and look AHEAD rather than in the dark
> past. You won't get those days back again I can assure you of
> that so why not stop being in denial and focus on the positive?
> You may even find that things improve for you in youre miserable
> lot.
>
> Here are a few things that will help you cope:
>
> 1. Start speaking English, wherever you go. To many of you in
> your new homes overseas this will be easy because it is an
> international language (unlike your own). Now that you have run
> away and become sout piele yourselves, why not enbrace this
> wonderful new language and start to learn it's mystical ways.
>
> 2. Dump your silly customs and the funny language you speak. No
> one in the rest of the world understands it (perhaps to a few
> Dutc and Belgians its a sort of pigin language). Encourage your
> children to hug and hold the wonderful English language - and
> see how it will open doors for you.
>
> 3. Stop writing poetry that harks back to aparheid - snoek,
> bokkeveld, malmesbury etc are old basions of plankdom - don't
> try and get it back - this will never happen.
>
> 4. Open this silly newsgroup up to non boers - they will help
> you mend your errant ways and help you move forward. These are
> normally services that you would have to pay for, but because
> there are generous people out there willing to help you, why not
> heed their knowledgeable ways and change your approach.
>
> Seek help all ye heather bretherin, for you can be healed.
>
> The only real requirement is to toss the plankdom.
>
> Dr. Grambar
> PhD, Psychology
>
FW ondersteun nou die samewerking tussen die NNP en die ANC. Een van sy
hoofmotiverings is dat die NNP sy eie standpunte handhaaf - wat verskil met
die van die ANC (!).
'n Enkel vraag - wat is die voordele wat die NNP in hierdie proses beding
het - behalwe vir sekere minderwaardige toegewings wat beperk is tot die
Wes-Kaap. As die ANC dit erns gehad het met samewerking tussen swart/wit en
bruin - dan sou regstellende-aksies lankal reeds begrawe gewees het.
FW verwys nie eens na sy eie sieninge mbt die sg "sunset"-klousule nie.
Ek het baie respek vir FW - maar ek kan hierdie standpunt van hom nie lekker
verstaan nie.
Van 'n vriendin:
AFRIKAANS KAN JOU PROBLEME BESORG!
Anoniem
As "martel" dieselfde beteken as "folter", waarom is "martelaar" die
teenoorgestelde van "folteraar"?
Daadwerklike pogings is aan die gang om Afrikaans as amptelike taal uit te
werk in howe, raadsale en op TV. My gevoel is egter dat juis dít sal lei tot
die uitbou van ons pragtige taal.
Op die oog af lyk Afrikaans na 'n baie fonetiese taal, maar dit is
misleidend. Jy kan bv Spaans uit 'n boek leer, en vlot praat, sonder dat jy
dit vantevore gehoor het. Doen jy dit egter met Afrikaans, kan ek vir jou 'n
paar probleme waarborg.
As jy vertel dat blêr, ten spyte van die kappie, rym met ver, ignoreer jy
die uiterste belang van die deelteken op die e van hoërskool!
Ons taal is kleurryk, al het laasgenoemde niks met kleur te doen nie. Alles
is seker moontlik as mens blou kan raak van die koue, rooi van woede en
groen van jaloesie.
Daar heers juis verwarring op die boorde. Ek meen: 'n lemoentjie aan 'n boom
word 'n lemoen. Maar 'n nartjie kan nie uitsien na die dag wat hy 'n
volwasse nar word nie. 'n Pomelonartjie is 'n kruising tussen 'n pomelo en
'n nartjie, gelukkig vir die boere hoef mens net 'n boerpampoentjie te saai.
Mens kan gekoring raak en hoog in die takke wees maar niemand van ons het al
gehoor van iemand wat gemielie is nie.
Nou ja, die woordeboek bevat ook 'n hele paar ongewone diere. As 'n
weerhaan 'n haan is wat weer aandui, behoort 'n weerwolf nie ook dieselfde
te doen nie? Jy kan preseis sien hoe rooi 'n rooikat is, maar sover ek weet
het niemand nog sover gegaan om die diepte van 'n vlakvark te meet nie. Of
om van 'n ystervark te probeer staal maak nie.
In Engels is 'n verliefde meisie 'n blosende bruid, maar in Afrikaans word
haar hakskeentjies rooi sodat sy begin ogies maak.
Gelukkig is sommige van ons braaf genoeg om van hierdie verskynsels die hoof
te bied. Min ander mense het die moed om klippe te kou of hulle koppe te
breek oor 'n saak.
Dalk doen ons dinge soveel anders omdat ons anatomie so verskil van die res
van die mensdom. Daar is kere wat jou oë groter is as jou maag. Jy trek met
jou motor iewers heen , maar jou hart doen dit met 'n punt. In hoeveel ander
tale kan mens met jou siel onder jou arm loop? Meeste van ons sit op ons
boude, maar daar is tog van ons wat sit met voete wat ruik en neuse wat
loop. En as leerlinge nie ore aan hulle koppe het nie, moet die onderwysers
hare op hulle tande hê.
Binnne ons land is daar meer as genoeg verskynsels van woorde en
uitdrukkings om ons deurmekaar te maak. Jy stryk jou klere voor jy dit
aantrek, maar 'n vlag word eers na sy gebruik gestryk. Jy gebruik naellak
vir naels en seëllak vir seëls, maar vir 'n kakkerlak is daar geen nut nie.
'n Engelse "rose' word roos en "pose" word poos, maar dink net wat sal
gebeur as jy vir iemand ipv van 'n "dose of medicine" 'n doos medisyne gee.
Dalk het die jare van afsondering 'n groter uitwerking op ons gehad as wat
ons gedink het, of dalk het osn 'n uitsonderlike en unieke taal vol
uitdrukkings wat tot die rykdom daarvan bydra. Ek is daarvan oortuig dat 'n
tydperk van groei vir ons taal voorlê. Taalkleinode soos hierdie het in die
volksmond ontstaan en nie in raadsale of howe nie.