Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Wys: Vandag se boodskappe :: Onbeantwoorde boodskappe :: Stemmings :: Navigasie
Hartlik welkom! Op hierdie webtuiste kan Afrikaanse mense lekker in hul eie taal kuier, lag en gesellig verkeer. Hier help ons mekaar, komplimenteer mekaar, trek mekaar se siele uit, vertel grappe en vang allerhande manewales aan. Lees asb ons aanhef en huisreëls om op dreef te kom.

Al le die berge so blou

Vr., 27 Februarie 2004 06:23

Weet julle waar ek die woorde kry van Al Le die Berge so Blou???

Koeitjies & kalfies | 3 kommentare

Uitbuiting of Oportunisties?

Vr., 27 Februarie 2004 05:39

Gister op die voorblad van Argus: Groot advertensie wat Dinsdag glo in
kleinadvertensies verskyn het. 'n Dame verkoop 'n produk vir R320 - vir mans
om hulle te help om nooit weer na 'n klein penis te kyk nie.
By navraag van die joernaliste, erken sy dat die pakkie 'n masseersalf bevat
wat onmiddelike maar geen blywende groei bewerkstellig nie, en 'n
vergrootglas.
--
Annette

Koeitjies & kalfies | 3 kommentare

Mel Gibson se Jesus

Do., 26 Februarie 2004 21:34

Hier kom 'n ding!

Dat die arme Joodse mensies wêreldwyd nou skierlik so bang is oor die
gevolge van 'n film?

Ek kan nie onthou nie dat die Duitsers gebewe het oor die moontlike gevolge
van 'Exodus', 'The third reich' of 'The Pianist' .

Het die Afrikaners betoog oor "Chaka Zulu?"
(Ekskuus doktor Mulder, ek het nie helder gedink nie :)

Ek het geen Amerikaner sien kla oor die Westerns waar derduisende 'native
americans' afgemaai is nie. Sê nou net daar is 'n "backlash" en al die
Indiane in die reservate begin blanke amerikaners vermoor? Wat maak die
Jode spesiaal? Ek het nog altyd geglo hulle is geneties predisponeer om te
leef volgens die reëls van geweldadige vergelding. Dit is volgens my die
groot krisis in die Midde Ooste. Nie die ouens met die lelike lippe en die
vadoeke oor hulle koppe nie.

Oom soois die klip-innie-bos-gooiende-duiwelsadvokaat

Geloof & kerksake | 33 kommentare

Suidwes-plase

Do., 26 Februarie 2004 05:12

Die onteiening van Suidwes-plase gaan nou glo vinniger geskied.
Kan ek vir jou 'n paar sonneblom- en mieliesade aanstuur Suidwester?:))

--
Annette

Koeitjies & kalfies | 4 kommentare

Re: Where is Koot?

Wo., 25 Februarie 2004 20:39

wat is jonas se stokken forie

"Jonas" skryf in boodskap news:c150ma$n9b$1@ctb-nnrp2.saix.net...
> Hi Puke Raider - is its truths 'bout your mother, Huh?
>

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

Rooibostee

Wo., 25 Februarie 2004 20:27

Ek het nou kort gelede uitgevind dat ons rooibostee
by ons naaste "health food store" kan koop, sommer
twee of drie verskillende maatskappye s'n. Verfris
asseblief my geheue oor hoekom dit nou so goed vir
mens veronderstel is om te wees? Ek sien op die
boksie dat dit sonder kaffeine is, en dat dit net soos
ander soorte tee anti-oksiderende elemente bevat.
Op een boksie is daar ook 'n analise van al die
minerale daarin. Maar hoekom sweer mense
nou so daarby?

Gloudina

Koeitjies & kalfies | 6 kommentare

Re: I'm Confused!

Wo., 25 Februarie 2004 12:31

As dit jou niet aanstaan ga dan op een ander kak verkoop,dit is een
Africaans nuusgroep en nie een Engelse nie,arrogante stuk pretensie!

"Nude Raider" skryf in boodskap news:QVOYSDIU38042.5347222222@anonymous.poster...
> What on earth would you want to promote the outdated afrikaans language for - the one that
> is associated with genocide and oppression - have you not done your homework?
>
> Oh I get it - it's to make money from the boers ... quite clever actually!!
>
> --
> Questo messaggio e' stato inoltrato automaticamente
> da un paio di anonymous remailer. Il mittente originale
> e' sconosciuto e non identificabile. Datevi pace.
>

Koeitjies & kalfies | 1 kommentaar

Afrikaans.be

Wo., 25 Februarie 2004 10:27

Afrikaans.be is 'n webblad vir die gebruik, bevordering en uitbreiding
van Afrikaans in België en Nederland. Die gemeenskaplike doel wat ons
skrywers, ontwerpers en tegniese versorgers saambind is 'n liefde vir
Afrikaans, en 'n behoefte om die wêreld deur Afrikaans te verken. Afrikaans
is 'n moderne taal, een van die mees moderne en uitgebreidste tale van die
Westerse wêreld, en ideaal aangepas om te funksioneer as wetenskapstaal,
literêre taal, gesprekstaal.

Afrikaans.be is doelbewus nie met enige politieke groep of kulturele
organisasie geaffilieer nie. Advertensies op hierdie webwerf impliseer nie
ons direkte of indirekte steun aan die ideologieë of produkte van die
adverteerders nie, skakels na ander webwerwe beteken slegs dat ons gereelde
lesers moontlik in daardie webwerwe mag belangstel, en skrywers se menings
is hul eie.

Daarby glo ons in vrye spraak en die vrye verspreiding van inligting:
dis enige mens se reg om te sê hoe hy voel en te verkondig waarin hy glo.
Solank hy dit net nie met ander mense se geld en tyd doen nie. As jy graag
iets wil sê wat nie op Afrikaans.be staan nie, stuur dit aan
kon...@afrikaans.be. Dalk publiseer ons dit. Indien nie, kan ons altyd
iemand aanbeveel wat dit vir jou kan publiseer teen billike tariewe

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

Afrikaners in Engeland

Wo., 25 Februarie 2004 09:27

Ek praat nou so rukkie terug met my chom wat die laaste paar jaar in
Engeland bly en werk, en word toe so paar interresante brokkies inligting
wyser. Hy sê hy sweer daar's meer Afrikaanse mense in London as Ingelse.
Die Afrikaners het hulle eie koerant (Die Springbok), hulle eie winkels wat
biltong, boerewors en Pro'Nutro verkoop en hulle eie pubs (gewoonlik "Die
Springbok), klim jy op 'n underground hoor jy Afrikaans so ver soos jy gaan.
Daar is so baie Afrikaanse mense in London dat die Engelse al soos ons begin
praat - dis net "No k*k it's lekke my bru", en "Bliksem! What's that dude
doing?" Leer die vloekwoord eerste julle sien.

Dis ook net soos wat 'n Afrikaner is, ons het hierdie "attitude" van "jy pas
aan by my kultuur jou donner, ek pas nie aan by joune nie - al is ek in jou
land." Hy vertel as jy, as Suid Afrikaner, daar op Heathrow land sal jy nie
langer as 'n paar uur daar hoef te wag voordat 'n ander Suid Afrikaner jou
kom groet en vra of hy kan help nie. Ons staan darem saam en help mekaar
uit daar in die vreemde. Net een ding pla my so bietjie - my vriend vertel
die Afrikaners is vuil bl*ks*ms. Sê jy kan altyd sien as 'n Afrikaner êrens
was, want al sy vuilgoed bly daar agter - te gewoond iemand maak agter ons
skoon.

Die Suid-Afrikaners sukkel ookie om werk te kry nie - dis jammer dit klink
asof ons die brood uit die Engelse se bekke steel, maar baie maatskappye
verkies 'n SA'er bo 'n Engelsman. Hulle werk hard, moan nie as hulle ietsie
moet doen wat nie in hulle "job description" staan nie, en is altyd bereid
om 'n paar uur 'n week ekstra te werk.

Ek reken ek moet vir so paar weke vir my pel gaan kuier en gaan kyk of dit
regtig so gaan in Engeland. Miskien besluit ek ook maar om sommer daar
tussen my mense te bly.

Groete
Elaine

Emigrasie & buiteland | 19 kommentare

Straatnamen

Di., 24 Februarie 2004 14:30

In Antwerpen zijn er zestien straatnamen die geïnspireerd werden door
Zuid-Afrika en de Anglo-Boerenoorlogen. De meeste namen zullen jullie
wel heel bekend in de oren klinken:

Bothastraat, Cronjéstraat, Delareystraat (sic), Generaal de Wetstraat,
Julius de Geyterstraat, Krugerbrug, Krugerplein, Krugerstraat, Pol de
Montstraat, Pretoriastraat, Steynstraat en Transvaalstraat. Het zijn
er hier maar twaalf maar dat komt omdat enkele straatnamen meer dan
eens voorkomen in de stad.

Er staan twee niet-Afrikaners bij, namelijk Pol de Mont en Julius de
Geyter. Zij waren vooraanstaande figuren in een paar comités die
opgericht werden ter ondersteuning van de Boeren in hun strijd tegen
de Engelsen. Die comités kwamen er omdat er een vloedgolf van
sympathie loskwam voor de Boeren, vooral nadat president Paul Kruger
zijn zaak persoonlijk was komen bepleiten in Antwerpen en Brussel.

Ik vond het wel leuk om dat even te laten weten.

--
Groeten,
Michel.

Koeitjies & kalfies | 18 kommentare

Bladsye (1835): [ «    442  443  444  445  446  447  448  449  450  451  452  453  454  455  456  457    »]
Tyd nou: So. Des. 21 10:48:11 UTC 2025