Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Wys: Vandag se boodskappe :: Onbeantwoorde boodskappe :: Stemmings :: Navigasie
Hartlik welkom! Op hierdie webtuiste kan Afrikaanse mense lekker in hul eie taal kuier, lag en gesellig verkeer. Hier help ons mekaar, komplimenteer mekaar, trek mekaar se siele uit, vertel grappe en vang allerhande manewales aan. Lees asb ons aanhef en huisreëls om op dreef te kom.

Kleinboer se Kontrei

Ma., 21 Junie 2004 17:56

Dit het glo die Rabieboekprys gewen. Volgens die skrywer gaan die boek
hoofsaaklik oor sy eie ervarings wat hy die meeste geniet, nl seks met swart
dames.( hetsy sy vaste vriendin of prostitute) Hy vind hul lippe wat eindig
waar hul neuse begin hoogs sensueel, en blanke dames met smal tiklippies
staan hom glad nie aan nie.
--
Groetnis
Annette

Koeitjies & kalfies | 14 kommentare

Geluk Suid Afrika!

Ma., 21 Junie 2004 16:00

Nie alleen het "Goose" die US open gewen nie, maar vandag het nog 'n
Suid Afrikaner geskiedenis gemaak toe Michael Melvill, die piloot vir
die eerste privaat ruimtevliegtuig, SpaceShipOne, 'n projek gesponsor
deur Paul Allen van Microsoft faam, 'n historiese ruimtevlug suksesvol
voltooi het.

(Sjoe, na daai lang sin is ek skoon uitasem)

Koeitjies & kalfies | 31 kommentare

10:4

Ma., 21 Junie 2004 09:23

Onthou jul nog van "CB" BurgerBand radios? Het jul nog een in die kas
iewers - gebruik iemand nog daardie kanale (19 - 27)?

Hierdie nuusgroep laat my baie dink aan BB radio snert gesels, maar mammie
kannie vir pappie vra om brood en melk huistoe te bring na werk via die
Internet nie - ek neem aan ons gebruik nou selfoon en SMS - maar dit kos
geld en BB was/is gratis ...

Wat het geword van al daai elektronika en "police whip" antennas endiesmeer?

Dit was gawe dae van gawe mense ("Good Buddies") wat mekaar help ...

:-)

TJ
"Alpha Lima" van Durbanville
wat tot by Katima Mulilo kon praat ...
met 'n Royce 639 en 1/2 Wave wip op 'n mas.

Koeitjies & kalfies | 8 kommentare

Geluk Retief!!

Ma., 21 Junie 2004 08:10

Nog een wat die VSA Ope twee keer gewen het.
Hy het voorwaar senuwees van staal.
--
Groetnis
Annette

Sport & ontspanning | 0 kommentare

Geo se Baard

Ma., 21 Junie 2004 08:09

Het julle gesien dit is toe Saterdag afgeskeer?
Was dit: 1) Omdat White wou hê hy moet behoorlik slaap en nie wonder of hy
met die baard bo of onder die kombers moet lê nie?
2) Omdat hy so jonk wou lyk as wat hy is?
3) Omdat Pappie vir hom gesê het hy mag maar nou sy baard afskeer?
4) Omdat die baard hom nie gehelp het om bo Davids gekies te word nie?
--
Groetnis
Annette
Life is uncertain - eat dessert first

Koeitjies & kalfies | 6 kommentare

Rugby weer wonderlik!

Ma., 21 Junie 2004 07:51

Mens moet dankie sê vir enige Springbokspan wat deesdae goed speel....ons
het sê gewoond geraak aan half lustelose spelers. Saterdag egter, het
bewys dat Jake White op die regte pad is. Sy span speel met oorgawe en
alhoewel daar nog heelwat probleme en en hulle 'n paar foute gemaak het, dis
elkker om te sien dat die span wel probeer. Ek self dink daar moet egter
op die een of ander manier 'n werklike losskakel gevind word.....Jaco is 'n
derde senter en intimideer nie die spel soos wat 'n losskakel behoort te
doen nie. Maar, fantasties Bokke!

Sport & ontspanning | 21 kommentare

SA Landdroste.....

Ma., 21 Junie 2004 07:44

Nogal interessant om te lees van die streekslanddroste wat twee
leke-assessore mee 'opgesaal' word. Bo en behalwe die praktiese probleme
wat dit kan veroorsaak, soos dat die saak net kan voortgaan as beide
assessore teenwoordig is en/of as een te sterwe sou kom, dan moet die saak
weer van voor af begin word, is daar ook nog die moontlikheid dat hierdie
mense in die gemeenskappe geïntimideer kan word.
Hierdie demonstreer vir my dat niks is permanent nie en dit wat vir die
gemeenskap onaantasbaar lyk, soos die regstelsel, kón verander word. Hier
by ons sê die Swapo politici al hoeka dat daar te veel wit regters op die
regbanke is. Maak nie saak dat daar nie geskikte, gekwalifiseerde, swart
regters beskikbaar is nie!

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

Ons Sokkerskelms

Ma., 21 Junie 2004 07:37

Gaan ons die eerste land word waarvan die bodtoekenning ontneem word omdat
die amtenary so vol skelms is en mekaar probeer onderkruip?
--
Groetnis
Annette
Life is uncertain - eat dessert first

Sport & ontspanning | 6 kommentare

" die miskruier " deur BREYTEN BREYTENBACH

Sa., 19 Junie 2004 18:39

die miskruier
Breyten Breytenbach

Het een van u al ooit 'n wit tor gesien?

Ek ook nie

Maar dis 'n verskriklike dier
Soos 'n sendeling in Afrika
Met sonhelm en donkerbril

Wit torre woon in ligte kamers: kamoeflage
En skarrel klonte son teen die muur
Op,
Oppas die wit tor dra sy angel/flessie gif

Hou my dop, kyk ook
Elke aand sorgvuldig onder u bed

Prosa & poësie | 3 kommentare

Nuwe Olipiese sport

Vr., 18 Junie 2004 17:48

Kan iemand aub die volgende in Afrikaans vertaal en op die NG pos?

Vele dank,

Johannes Kantelberg.

---------------------------------news----------------------- ------------

The business case for making drunken street brawling an Olympic sport is
overwhelming. Consider this:

It is highly competitive.
It emulates what the ancient Greeks were doing most of the time in any case.
It has no problem with venues. It can take place virtually anywhere, as long as
there is a pub nearby. No special stadia are required.
It has a huge popular following.
It is highly photogenic and televisiogenic.
It encourages competitors to achieve their personal bests.
It is the only sport that enables individual and team efforts to be merged
seamlessly.
It has no complicated fixed time frames. Its performance can be measured in
seconds, minutes or hours. Days even. No stop watches are required. Indeed,
competitors will be carrying their own starting pistols.
Its commercial potential on television is limitless.
Host countries of the Olympics can use this new sport as an invaluable police
training opportunity.
Unlike any other sport, this would be the only "politician-friendly" sport in
that it can be used very effectively by politician's to justify their pet
initiatives such as banning alcohol, tobacco, hamburgers, firearms, tattoos,
shaven heads, travelling abroad etc.

Why this sport has not been granted Olympic status yet is a mystery.

Koeitjies & kalfies | 21 kommentare

Bladsye (1835): [ «    397  398  399  400  401  402  403  404  405  406  407  408  409  410  411  412    »]
Tyd nou: Vr. Mei 08 00:10:05 UTC 2026