Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Wys: Vandag se boodskappe :: Onbeantwoorde boodskappe :: Stemmings :: Navigasie
Hartlik welkom! Op hierdie webtuiste kan Afrikaanse mense lekker in hul eie taal kuier, lag en gesellig verkeer. Hier help ons mekaar, komplimenteer mekaar, trek mekaar se siele uit, vertel grappe en vang allerhande manewales aan. Lees asb ons aanhef en huisreëls om op dreef te kom.

Geluk Suid Afrika!

Ma., 21 Junie 2004 16:00

Nie alleen het "Goose" die US open gewen nie, maar vandag het nog 'n
Suid Afrikaner geskiedenis gemaak toe Michael Melvill, die piloot vir
die eerste privaat ruimtevliegtuig, SpaceShipOne, 'n projek gesponsor
deur Paul Allen van Microsoft faam, 'n historiese ruimtevlug suksesvol
voltooi het.

(Sjoe, na daai lang sin is ek skoon uitasem)

Koeitjies & kalfies | 31 kommentare

10:4

Ma., 21 Junie 2004 09:23

Onthou jul nog van "CB" BurgerBand radios? Het jul nog een in die kas
iewers - gebruik iemand nog daardie kanale (19 - 27)?

Hierdie nuusgroep laat my baie dink aan BB radio snert gesels, maar mammie
kannie vir pappie vra om brood en melk huistoe te bring na werk via die
Internet nie - ek neem aan ons gebruik nou selfoon en SMS - maar dit kos
geld en BB was/is gratis ...

Wat het geword van al daai elektronika en "police whip" antennas endiesmeer?

Dit was gawe dae van gawe mense ("Good Buddies") wat mekaar help ...

:-)

TJ
"Alpha Lima" van Durbanville
wat tot by Katima Mulilo kon praat ...
met 'n Royce 639 en 1/2 Wave wip op 'n mas.

Koeitjies & kalfies | 8 kommentare

Geluk Retief!!

Ma., 21 Junie 2004 08:10

Nog een wat die VSA Ope twee keer gewen het.
Hy het voorwaar senuwees van staal.
--
Groetnis
Annette

Sport & ontspanning | 0 kommentare

Geo se Baard

Ma., 21 Junie 2004 08:09

Het julle gesien dit is toe Saterdag afgeskeer?
Was dit: 1) Omdat White wou hê hy moet behoorlik slaap en nie wonder of hy
met die baard bo of onder die kombers moet lê nie?
2) Omdat hy so jonk wou lyk as wat hy is?
3) Omdat Pappie vir hom gesê het hy mag maar nou sy baard afskeer?
4) Omdat die baard hom nie gehelp het om bo Davids gekies te word nie?
--
Groetnis
Annette
Life is uncertain - eat dessert first

Koeitjies & kalfies | 6 kommentare

Rugby weer wonderlik!

Ma., 21 Junie 2004 07:51

Mens moet dankie sê vir enige Springbokspan wat deesdae goed speel....ons
het sê gewoond geraak aan half lustelose spelers. Saterdag egter, het
bewys dat Jake White op die regte pad is. Sy span speel met oorgawe en
alhoewel daar nog heelwat probleme en en hulle 'n paar foute gemaak het, dis
elkker om te sien dat die span wel probeer. Ek self dink daar moet egter
op die een of ander manier 'n werklike losskakel gevind word.....Jaco is 'n
derde senter en intimideer nie die spel soos wat 'n losskakel behoort te
doen nie. Maar, fantasties Bokke!

Sport & ontspanning | 21 kommentare

SA Landdroste.....

Ma., 21 Junie 2004 07:44

Nogal interessant om te lees van die streekslanddroste wat twee
leke-assessore mee 'opgesaal' word. Bo en behalwe die praktiese probleme
wat dit kan veroorsaak, soos dat die saak net kan voortgaan as beide
assessore teenwoordig is en/of as een te sterwe sou kom, dan moet die saak
weer van voor af begin word, is daar ook nog die moontlikheid dat hierdie
mense in die gemeenskappe geïntimideer kan word.
Hierdie demonstreer vir my dat niks is permanent nie en dit wat vir die
gemeenskap onaantasbaar lyk, soos die regstelsel, kón verander word. Hier
by ons sê die Swapo politici al hoeka dat daar te veel wit regters op die
regbanke is. Maak nie saak dat daar nie geskikte, gekwalifiseerde, swart
regters beskikbaar is nie!

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

Ons Sokkerskelms

Ma., 21 Junie 2004 07:37

Gaan ons die eerste land word waarvan die bodtoekenning ontneem word omdat
die amtenary so vol skelms is en mekaar probeer onderkruip?
--
Groetnis
Annette
Life is uncertain - eat dessert first

Sport & ontspanning | 6 kommentare

" die miskruier " deur BREYTEN BREYTENBACH

Sa., 19 Junie 2004 18:39

die miskruier
Breyten Breytenbach

Het een van u al ooit 'n wit tor gesien?

Ek ook nie

Maar dis 'n verskriklike dier
Soos 'n sendeling in Afrika
Met sonhelm en donkerbril

Wit torre woon in ligte kamers: kamoeflage
En skarrel klonte son teen die muur
Op,
Oppas die wit tor dra sy angel/flessie gif

Hou my dop, kyk ook
Elke aand sorgvuldig onder u bed

Prosa & poësie | 3 kommentare

Nuwe Olipiese sport

Vr., 18 Junie 2004 17:48

Kan iemand aub die volgende in Afrikaans vertaal en op die NG pos?

Vele dank,

Johannes Kantelberg.

---------------------------------news----------------------- ------------

The business case for making drunken street brawling an Olympic sport is
overwhelming. Consider this:

It is highly competitive.
It emulates what the ancient Greeks were doing most of the time in any case.
It has no problem with venues. It can take place virtually anywhere, as long as
there is a pub nearby. No special stadia are required.
It has a huge popular following.
It is highly photogenic and televisiogenic.
It encourages competitors to achieve their personal bests.
It is the only sport that enables individual and team efforts to be merged
seamlessly.
It has no complicated fixed time frames. Its performance can be measured in
seconds, minutes or hours. Days even. No stop watches are required. Indeed,
competitors will be carrying their own starting pistols.
Its commercial potential on television is limitless.
Host countries of the Olympics can use this new sport as an invaluable police
training opportunity.
Unlike any other sport, this would be the only "politician-friendly" sport in
that it can be used very effectively by politician's to justify their pet
initiatives such as banning alcohol, tobacco, hamburgers, firearms, tattoos,
shaven heads, travelling abroad etc.

Why this sport has not been granted Olympic status yet is a mystery.

Koeitjies & kalfies | 21 kommentare

Reakies op die PRESIDENT OF THE REPUBLIC OF

Vr., 18 Junie 2004 13:01

Reakies op die PRESIDENT OF THE REPUBLIC OF
NAMIBIA, ON THE LAND QUESTION
CoD vol moed vir land se toekoms
. Theo Gurirab

DIE president van die Congress of Democrats (CoD), mnr. Ben Ulenga, het sy
tevredenheid met die party se vertoning in die afgelope streekverkiesings
uitgespreek.
Hy het onlangs in Windhoek die uitslag van die veldtog ondanks beperkte
bronne
geloof, en CoD-lede op Gibeon, Keetmanshoop, Usakos, Opuwo, Gochas,
Oshakati,
Aroab, in Windhoek en op Karibib geprys vir hul puik vertoning om
verteenwoordiging in die plaaslike rade te kon kry.
"Ons politieke opponente is geskok. Hulle bewe steeds," het hy gesê.
Hy het gepraat op die CoD se nasionale uitvoerende komitee-vergadering waar
die
organisasie se hoofbestuurslede vanoor die hele land byeen was om die
afgelope
streekverkiesings in oënskou te neem en die pad tot die Novemberverkiesings
aan
te dui.
Mnr. Ulenga het vanjaar uitgesonder as die skeidingsjaar in Namibië se
politieke
ontwikkeling, 'n jaar waarin die Namibiërs weer eens stembus toe gaan om die
politieke span te kies wat hulle uit die huidige ellende gaan verlos en na
die
spreekwoordelike "land van melk en heuning" gaan lei.
Dit is voorts sy wens dat die land op die gebied van nasionale versoening,
ekonomiese vooruitgang, werkskepping, rykdom en opleiding voorspoed geniet.
Namibiërs gaan in November vir die vierde keer kans kry om vir 'n beter
toekoms
te stem.
"Ons moet ook in gedagte hou dat vandag se Namibiërs, ongeag hul kleur, nie
beskuldig moet word vir die onregverdige koloniale grondonteiening in die
verlede nie. Dit is die toedoen van verskeie voormalige en huidige
regerings,
vandag se Swapo-regering inkluis.
"Dit is nie die fout van vandag se plaasboere nie, die fout lê by voormalige
regerings wat rassepolitiek en rasseverskille in die ekonomie toegepas het.
Dit
is dus die dringende plig van elke Namibiese politikus om die verlede en
bestaande onregverdighede aan te spreek sonder om Namibiërs te straf. Dit
moet
gedoen word sonder om politieke-, ekonomiese- en maatskaplike wanpraktyke
toe te
pas en ook sonder om 'n nuwe vlaag van stamgebaseerde politieke en
ekonomiese
onregverdighede en vervolging te veroorsaak," het mnr. Ulenga gesê.
Die jaarlikse kongres van die CoD gaan van 29 Junie tot 1 Julie in Windhoek
gehou word. Tydens die kongres gaan die kandidatelyste vir die verkiesings
opgestel word.

Koeitjies & kalfies | 1 kommentaar

Bladsye (1834): [ «    397  398  399  400  401  402  403  404  405  406  407  408  409  410  411  412    »]
Tyd nou: Ma. Apr. 06 03:05:55 UTC 2026