Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Wys: Vandag se boodskappe :: Onbeantwoorde boodskappe :: Stemmings :: Navigasie
Hartlik welkom! Op hierdie webtuiste kan Afrikaanse mense lekker in hul eie taal kuier, lag en gesellig verkeer. Hier help ons mekaar, komplimenteer mekaar, trek mekaar se siele uit, vertel grappe en vang allerhande manewales aan. Lees asb ons aanhef en huisreëls om op dreef te kom.

Jan Pohl Komponis

Vr., 03 Desember 2004 11:22

Onder andere het Jan Pohl geskryf....

DIE MANNETJIE

Woorde: JAN POHL
Musiek: JAN POHL; verwerk: DIRKIE DE VILLIERS

Daar onder in die vlei stap 'n mannetjie;
hy is so klein en so skraal.
Hy swaai 'n ou klein koffiekannetjie
en stap na sy werk vir die honderdste maal.
Langs die bome en blink watervore
sing hy so ver as hy gaan,
want gister is 'n baba gebore,
en hy is die vader daarvan.
Sy naam is Bart Kasper de Kompaan;
hy dink aan 'n naam vir sy seun.
Freek Jasper en Sarel kan dalk gaan,
maar Gotliep Antonie staan hom beter aan.
Ongelukkig verwag sy ou vader
dat die kind na sy oupa moet heet:
Jan Donderdag van Gorrelberg van Staden
en daarby Kasparus Bart Keet.

Ek wil graag weet waar ek opnames van die en ander werke sowel as die
woorde van Pohl kan kry? Is daar miskien iewers 'n biografie?

Colin

Musiek & liriek | 7 kommentare

Wit bloed vs swart bloed

Do., 02 Desember 2004 08:34

Interessant om te lees vna die bloed bank in SA dat wit bloed 'n hoër
gradering het as swart bloed en dat swart bloed nie algemeen gebruik word
vir bloedoortappings nie weens die groot risiko van Vigs en die feit dat
hulle nie 100% kan seker maak die bloed is virusvry nie. Nou wonder ek
net: As 'n ou in sy eie bloed lê en roggel langs 'n pad weens 'n ongeluk
en hulle moet vir hom bloed gee, gaan daar steeds dié voorkeur geld? Wat
is die ergste? Onmiddellike dood of Aids?

Koeitjies & kalfies | 9 kommentare

" Vir N wat op Mosselbaai agtergebly het" deur FERDI GREYLING

Wo., 01 Desember 2004 16:11

Vir N wat op Mosselbaai agtergebly het

Hier op die Hoëveld

stoot die wind soms

soos 'n brander voor die reën uit,

slaan oor boomtoppe

met blare wat spat soos skuim

en ruis met stof en papiere

in die pad af.

En net soos die strande deesdae by julle

lê die strate hier ook met rommel bestrooi.

Die reste van geleefde tye. Dinge eens

waardevol, maar nou verloor of weggegooi.

(N.S. My herinneringe is soos berge wat brand

maar ek leef hier in vrede met myself.)

Prosa & poësie | 0 kommentare

Gee die hond wind

Wo., 01 Desember 2004 09:37

Ik heb een CD gekocht van Worsie Visser, hij heet
Gee die Hond Wind.

Ik heb geen idee wat dat betekent.
Kan iemand mij helpen?

Bij voorbaat dank.

Henk

Musiek & liriek | 3 kommentare

Vlaamse zangers naar Zuid-Africa

Wo., 01 Desember 2004 07:50

Tal van Vlaamse muzikanten kwamen afgezakt naar Zuid-Afrika zo hadden
we begin deze maand onderandere de Internationals, zij verzamelden in
Vlaanderen muziekinstrumenten, die ze tijdens hun tournee uitdeelden in
de townships rond Johannesburg en Kaapstad. Hun optreden werd een
schitterend succes, lees meer?

Ook Dana Winner was weer eens in het land met optredens in Witbank,
Nelspruit, Port Elizabeth, Kaapstad en Sun City, dit naar aanleiding
van de lancering van haar nieuwste CD, 10 jaar in Concert, lees meer?

Wie er ook bij was, Willy Sommers, weliswaar niet voor een optreden
maar wel om te genieten van een heerlijke reis met zijn fans, lees
meer?
http://www.gozuidafrika.com/nieuwsbrief.php

--
Dit is een automatische handtekening van MesNews.
Site : http://mesnews.no-ip.com

Musiek & liriek | 0 kommentare

Sussie en Sannie mag nou trou

Wo., 01 Desember 2004 06:30

Sodra die huwelikswet verander is.

--
Groetnis
Annette

Koeitjies & kalfies | 2 kommentare

Re: Tutu. En toe . - Rhapsody.jpg (0/1)

Wo., 01 Desember 2004 03:50

On Wed, 1 Dec 2004 04:31:38 -0800, "Jonas" wrote:

> Hi DD.
>
> Man daai ene van die dik heupe gaan ek raam - treffend!
>
> Bly om te hoor van Thirsty's - die plekkie is bepaald 'n sosiale ligtoring
> op op die noord-pier.
> As student 'n stoker oorkant (suid-pier) die hawe by West's - duskant van
> die walvisfabriek - wat toe reeds gesluit was. Mens kan net daar kom met die
> veerboot of trein - na 11 in die aande was deur geen vervoer soontoe of
> terug nie - dan was dit net matrose, hoere en spoorwegwerkers - tot so 5 die
> volgende oggend. Baie stories ...
> Ek moet in Durban uitkom - sal jou op hoogte hou.
>

Ek is bly jy het smaak vir kuns, Jonas:-)

Soos reeds gesê, gaan Thirsty's nie lank meer dorstige kele les nie.
Die ingang word (beginnende vroeg nuwe jaar, teen 'n koste van sowat
1.5 biljoen rand) met 'n honderd meter breër gemaak.

> As student 'n stoker oorkant (suid-pier) die hawe by West's - duskant van
> die walvisfabriek - wat toe reeds gesluit was. Mens kan net daar kom met die
> veerboot of trein - na 11 in die aande was deur geen vervoer soontoe of
> terug nie - dan was dit net matrose, hoere en spoorwegwerkers - tot so 5 die
> volgende oggend. Baie stories ...

Die matrose en spoorwegwerkers is nou minder:-)

Ek heg 'n foto wat ek Vrydag geneem het, aan om vir jou te wys wie
kuier nou hier by ons.

DD

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

Botsing tussen die ANC en COSATU

Wo., 01 Desember 2004 12:26

Tot op hede toe het die ANC daarin kon slaag om COSATU leierloos te laat
deur goed besoldigde regeringsposte en sakegeleenthede aan die COSATU
leierskap te gee. Mense soos Jay Naidoo, Tities Mbolweni ens.

COSATU is natuurlik keelvol vir die ANC aangesien hulle sien hoe lekker die
ANC-manne hulself verryk. COSATU bied natuurlik nie dieselfde geleenthede
vir selfverryking nie - en nou raak COSATU ietwat gefrustreerd.

Koeitjies & kalfies | 4 kommentare

Rubriek uit Beeld - deur Ferdi Greyling

Di., 30 November 2004 13:55

Tussen kwotas en transformasie moet 'n mens probeer aflei hoe die ANC oor
ras en rugby dink.

Dit is nie in die aard van dié regering om sy gedagtes bekend te maak nie en
boonop vermoed 'n mens die ANC sal om taktiese redes nie sê wat sy planne
presies is nie.

Dit is omdat hy waarskynlik reken hy moet die rugby-gemeenskap (lees "wit en
Afrikaans") met 'n wortel-en-lat-speletjie oorreed om sy rasse-visie vir die
land binne te stap.

In die proses is die kans natuurlik daar dat die ANC nie besef nie dat die
rugbygemeenskap grootliks reeds in die land van funksionele nie-rassigheid
gearriveer het.

By gebrek aan inligting (en sulke eksotiese dinge soos deursigtigheid en
verantwoordbaarheid) is 'n mens vandag wat dié kwessie betref oorgelaat aan
afleidings en raaiskote en dit lyk asof die ANC inderdaad die
wortel-en-lat-speletjie speel.

Die wortel is die herhaalde aankondigings dat daar nie meer kwotas is nie en
dat meriete al is wat op topvlak tel. Dit word versoet deur periodieke
positiewe uitsprake en glimlaggende gelukwensings, veral wanneer die
Springbokke gewen het.

Die lat is die parlementêre sportkomitee en die ANC se jeugliga.

Die speletjie werk dan so: Daar word duidelik gesê daar is nie meer kwotas
nie. Daar is net transformasie, maar transformasie word nie verduidelik nie.
Die implikasie is egter dat transformasie meer 'n proses as 'n syfer is. Dus
sal dit genoeg wees as mense se houding verander het en hulle funksioneel
nie-rassig optree.

Daarvan hou die rugby-gemeenskap want dit is 'n ander manier om "meriete" te
sê. Hulle verloor dan hul bitterheid en gooi weer hul gewig agter ons
rugbyspanne. Die sport lyk of hy weer floreer.

Maar dan kies Jake White weens omstandighede net een nie-wit speler in die
Bok-span en die "lat" tree in werking.

Die jeugliga reik woedende en rasgelaaide verklarings uit. Die parlementêre
sportkomitee gooi speelgoed dat dit van die mure hop en dreig met wetgewing
en ignoreer uitsprake dat wetgewing dalk nie 'n slegte plan is nie, want dit
sal helderheid bring.

White kies onder druk weer vir Breyton Paulse, die jeugliga doen wat dit ook
al is wat jeugligas in aftye doen en die parlementêre komitee dreun sag soos
'n yskas in die nag voort oor ander kwessies.

Hulle dink waarskynlik hulle "speel" die rugby-wittes in die proses soos 'n
banjo.

Maar hulle moet miskien weer dink. Dalk is hulle nie heeltemal so op hoogte
van wat op grondvlak aangaan nie.

Dit is dalk net die geval dat rugbyondersteuners (lees wit en Afrikaans) 'n
tyd gelede reeds die nuwe Suid-Afrika omarm het - kort nadat Nelson Mandela
die no. 6-trui gedra, Chester Williams mooi drieë gedruk en Louis Luyt die
aftog geblaas het.

Neem byvoorbeeld Gcobani Bobo. Verlede seisoen was hy op vorm en sy grootste
aanhangers in Gauteng was hardebaard-ondersteuners met wit velle. Party
selfs met boeppense ook. Hulle hou van spoed en talent - mits dit die regte
kleur trui dra.

Vanjaar was hulle teen Bobo se insluiting in die Bok-span bokant Ettienne
Botha, nie omdat Bobo swart en Botha wit is nie, maar omdat Botha op
briljante vorm en Bobo totaal van vorm af was.

Dieselfde Johannesburgers was Bryan Habana-ondersteuners. Hulle gaan hom nou
egter bietjie met die nek aankyk, want hy is Pretoria toe.

Maar kyk watter held gaan hy onder die manne met die horinghoede raak.

Dit het nie met hulle velkleur te doen nie, gaan vra maar vir die
Paulse-ondersteuners in die Kaap; dit het met die kleur trui wat hulle dra
te doen en met spoed en 'n swenk.

Wit, Afrikaanse rugby-ondersteuners is opgewonde oor die soort talent wat
Habana verteenwoordig.

Hulle is baie nuuskierig oor Jonghi Nokwe. Hulle het gekraai van die plesier
toe Tonderai Chavanga vir Joe Rokocoko ore aangesit het en hulle volg
Chavanga se vordering met sy been-probleem en Suid-Afrikaanse burgerskap
sedertdien noukeurig.

Met rede, want hulle kan nie wag dat dié spelers drieë vir die Bokke druk
nie. Hulle is natuurlik ewe opgewonde oor Botha, Jean de Villiers en Schalk
Burger. Hulle is reeds in werklikheid nie-rassige voorstanders van meriete.

Om met hulle die wortel-en-latspeletjies te speel, gaan dalk 'n ongewenste
uitwerking hê, veral as hulle deur die speletjie begin sien.

Deur ras in hulle gesig te vryf, word hulle dalk net weer oorbewus van ras
gemaak, en deur anti-wit te wees, of so voor te kom, word hulle dalk net
pro-wit gemaak. Dan is hulle uit nie-rassigheid gelei terug na die plek wat
hulle verlaat het.

Prosa & poësie | 0 kommentare

Juffrou en die kamerafoon

Di., 30 November 2004 09:52

Ek lees gister 'n interessante berig van 'n skoolseun wat met sy kamerafoon
'n foto onder sy sexy juffrou se rok in geneem het en haar 'beeld' wat glo
heel stunning is, in gedrukte vorm aan sy pelle verkoop.......tot hy
uitgevang is en nou so effe diep in die stront is. Interessant is dat sy
blykbaar met haar een been op 'n trap gestaan het wat die ou in staat gestel
het om die foto te neem, maar nou kom so 'n paar vragies by my op:
1. As die wind haar rokkie opgewaai het en hy neem 'n foto van haar in
haar deurskynende onderklere, mag hy dan die foto verkoop?
2. Die jongetjies dra deesdae hierdie lae halse en as 'n vrou buk en 'n ou
sien meer as wat sy bedoel [of dalk wel bedoel!] en hy neem 'n foto van wat
hy sien, mag hy dit vir andere wys? Of 'n uitdruk verkoop?
Weet iemand wat sê die wet? Met al die kameraselfone in omloop raak
dit een moerse probleem!

Koeitjies & kalfies | 2 kommentare

Bladsye (1834): [ «    339  340  341  342  343  344  345  346  347  348  349  350  351  352  353  354    »]
Tyd nou: Sa. Apr. 04 13:08:19 UTC 2026