Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Wys: Vandag se boodskappe :: Onbeantwoorde boodskappe :: Stemmings :: Navigasie
Hartlik welkom! Op hierdie webtuiste kan Afrikaanse mense lekker in hul eie taal kuier, lag en gesellig verkeer. Hier help ons mekaar, komplimenteer mekaar, trek mekaar se siele uit, vertel grappe en vang allerhande manewales aan. Lees asb ons aanhef en huisreëls om op dreef te kom.

Krieket

Di., 25 Januarie 2005 05:34

Ek het nie eintlik veel van 'n probleem om te aanvaar dat ons die toetsreeks
gaan verloor nie.
Wat my egter kwel is dat die hele wêreld se boulers weet wat om te doen
omSmith uit te haal, en hy besef glo ook wat sy probleem is, maar ooglopend
lyk dit nie of hy enige werk daarvan maak om iets daaraan te doen nie.
Ons Krieketkaptein is blykbaar nie 'n genie nie:))
--
Groetnis
Annette

Sport & ontspanning | 0 kommentare

" Die bok het my gestoot " ( volkskwatryn)

Ma., 24 Januarie 2005 23:30

Die bok het my gestoot
(volkskwatryn)

Die misbank op die see,
die misbank op die see.
Toe vry ek mos my bokkie
dat sy: Eina gotta! skree.

(Pieter W Grobbelaar: Die rooi lappieskombers: Volkskwatryne, 1997)

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

DD - waar is jy?

Ma., 24 Januarie 2005 14:27

Wie weet waar DD hom bevind?

Koeitjies & kalfies | 2 kommentare

wellig 'n lange skot?

So., 23 Januarie 2005 16:44

Hallo NG lesers!
Ons soek na die kinders van 'n sekere JOHANNES SMIT,
hy sal omstreek 1912 of in Nederlandsch Indie, of
in Den Haag Nederland gebore wees.
In die jare 1930 het hy na Durban gekom, hy het daar
in die huwelik getree met 'n vrou van Durban.
Sy beroep in Durban was "Hawemeester"
Wie verskaf ons meer informasie oor hom en sy familie?
Baie dankies vir julle antwoorde.
Patrick

Koeitjies & kalfies | 14 kommentare

En hier is die nuwe jaar

Do., 20 Januarie 2005 21:12

So groet ek julle

En lang vakansie, een Noot-vir-noot program, een nuwe hardeskyf, en een
nuwejaar later.

Seën vir julle almal

Mag 2005 ook vir julle so goed wees soos julle net kon droom in 2004

Soois (Moerfie)
--
Using M2, Opera's revolutionary e-mail client: http://www.opera.com/m2/

Koeitjies & kalfies | 1 kommentaar

Hallo

Do., 20 Januarie 2005 18:14

Is daar enige pyprookers hier?

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

bush

Do., 20 Januarie 2005 18:04

geluk pres. bush

Koeitjies & kalfies | 1 kommentaar

Wille Lewe in die Sederberg

Do., 20 Januarie 2005 05:51

Navorsers het kameras, wat amper soos die infrarooi spoedkameras werk in die
sederberg installer, om die hoeveelheid, verskillende soorte, en
trekgewoontes van die wil daar waar te neem.
'n Vreeslike oulike foto van 'n nuuskierige klein luiperdjie het gister in
Argus verskyn.
Gaan kyk by www.capeleopard.org.za

--
Groetnis
Annette

Troeteldiere | 2 kommentare

Anette gepraat van Afrika films...

Wo., 19 Januarie 2005 12:30

Ek sal daarvan hou as Charlize, Arnold en miskien Embeth Davids, Alice
Krige, Marius Weyers 'n goeie Afrikaanse storie kan skiet. Darrel Roodt kan
die regiseur wees want hy was uitstekend agter die skerms van Shaka Zulu wat
op TV was en nou met Yesterday. Het hy ook nie 'n hand in Jock of the
Bushfeld gehad nie? Anant Singh kan ook hand by sit.

TV, flieks & vermaak | 3 kommentare

Hallo Koot!!

Wo., 19 Januarie 2005 07:30

Hoe gaan dit deesdae daar in die OosKaap noudat Stofile nie meer daar is om
sake deurmekaar te krap nie?:))
--
Groetnis
Annette
Life is uncertain - eat dessert first
ann...@ctnet.co.za

Koeitjies & kalfies | 1 kommentaar

Bladsye (1834): [ «    330  331  332  333  334  335  336  337  338  339  340  341  342  343  344  345    »]
Tyd nou: So. Apr. 05 19:19:47 UTC 2026