Rassisme en piesangs
___________________________________________________________
Dan Roodt
Die afgelope weke kook en borrel dit in Suid-Afrika rondom die begrip
"rassisme". Die ergste belediging wat mens enigiemand deesdae kan
toevoeg is om hom of haar 'n rassis te noem.
Ekself is onlangs hieraan blootgestel, maar so ook die liberale
regters Traverso en King van die Kaapse regbank. Die herrie rondom
rassisme op die regbank tier nog steeds en dit wil voorkom asof die
Kaapse hoofregter, John Hlophe, elke blanke regter of advokaat van
rassisme verdink. Selfs die praat van Afrikaans in sy teenwoordigheid
word blykbaar as rassisme geïnterpreteer.
Die beheptheid met rassisme is natuurlik iets wat ons van die
Amerikaners oorgeneem het. In die verlede het verdelingslyne in
Suid-Afrika langs etniese en taalgrense gestrek - hoewel ons vanuit
die buiteland egter volgens die Amerikaanse rassemodel gesien is.
Sedert die ANC-oorname word mense in Suid-Afrika egter streng in
rassekategorieë ingedeel, presies soos dit in die VSA gedoen word.
Daarom is dit gepas dat ons in Amerika moet gaan soek vir 'n definisie
van rassisme. Een van die onlangse omskrywings van rassisme wat ek op
die internet teëgekom het, is: "om 'n piesang te eet". Ja, u het reg
gelees, die eet van 'n piesang kan onder sekere omstandighede as
"rassisties" ervaar word.
So 'n geval het onlangs in die VSA voorgekom toe 'n optog in die stad
Columbus op 15 Januarie 2005, Martin Luther King-dag, gehou is. 'n
Onbekende swart vrou het agterna 'n klag van rassisme teen 'n
polisieman by die burgemeester, mnr. Bob Poydasheff, aanhangig gemaak.
Wat het die polisieman gedoen? Het hy een van die swart optoggangers
een of ander rassistiese skelwoord toegevoeg? Het hy gewelddadig
teenoor iemand opgetree? Nee, al wat die arme man gedoen het, was om
'n piesang te eet.
Die ergste van alles is dat die burgemeester dié "klag", as mens dit
so kan noem, ernstig opgeneem het. Trouens, hy het agterna die vrou om
verskoning gevra dat 'n polisieman in sy stad 'n piesang op Martin
Luther King-dag naby 'n optog geëet het. In sy woorde:
"Soos ek aan u tydens ons telefoongesprek genoem het, spyt dit my dat
u Columbus-polisiemanne teëgekom het wat besig was om op straat
piesangs te eet toe u in Columbus vir die betoging aangekom het. Ek
verseker u dat daar geen bedoeling was om aanstoot te gee nie. Die
konstabels het voeding nodig gehad ná hulle vele lang ure op straat
gestaan het en veral die potassium wat in piesangs en ander vrugte te
vinde is."
Die burgemeester gaan voort deur te sê: "Daar was geen gedagte om
enigiemand te beledig of aanstoot te gee nie en miskien was dit
onnadenkend aan ons kant. Laat my in elk geval opreg om verskoning vra
vir enigiets wat ons polisiemanne kon gedoen het wat aan u of
enigiemand anders aanstoot gegee het."
Nou voel ek skielik skuldig. Ek moet bely dat ek so pas 'n piesang
genuttig het. Trouens, dit maak deel uit van my daaglikse ontbyt,
waarskynlik omdat ek insgelyks 'n behoefte aan potassium en ander
voedingstowwe voel. Sou Max du Preez dit as 'n teken van my rassisme
en verbintenis tot "blanke suprematisme" kon interpreteer? Moet die
onskuldige piesang as 'n rassistiese simbool gesien word omdat dit
beelde van sjimpansees wat iewers in die oerwoud dolgelukkig dié
vrugte afskil en verorber, oproep? Beelde wat dan onwillekeurig met
swartes geassosieer sal word, of liewer, wat swartes en sommige linkse
wittes in hul hipersensitiwiteit vir rassistiese simboliek of
toespelings geredelik op hulself van toepassing sal maak?
Enkele jare gelede was daar 'n geval van 'n blanke vrou wat 'n swart
kollega se fout met die onskuldige Afrikaanse uitroep "hoe kan jy nou
so 'n bobbejaan wees?" begroet het, en ook sy het haar 'n aanklag van
"rassisme" op die hals gehaal.
Oor die begrip "ras" kan daar heelwat gesê word (sien my vorige
rubriek Bloed, ras en genetika hieroor). Maar "rassisme" raak
toenemend 'n baie vae en al hoe meer belaglike begrip.
Dink gerus twee keer daaroor as u weer lus kry om 'n piesang te eet.
En maak tog seker dat daar geen swart persoon, of iemand soos Max du
Preez, in die omgewing is as u die geel vruggie begin afskil nie.
Daar was op TV nou die dag 'n prent oor hom en sy natuurrolprente wat hy
gemaak het. Interessante mens hy.( ons het hom ontmoet eenkeer)
Gematigd en vredevol soos wat hy is, het hy effe emosioneel geraak toe hy
verklaar het dat hy honderde briewe van mense kry wat wil hê hy moet die
grootheid en wonderlikheid van God besing, terwyl hy al die wonderlike en
natuurskone plekke wys. Hy sê toe hy kan dit nie doen nie, en dit is vir
elkeen om te besluit hoe wonderlik God is, want dan sal hy ook die
wonderlikheid en goedheid moet sien in die wurm wat hy gesien het wat in die
oog van 'n kind in WesAfrika boor, om permanente blindheid te veroorsaak.
Ek lees gister Ds Jannie Pelser het versoek dat geen Christen gedurende
Junie na TV of rolprente gaan kyk nie.
Nou gaan ons weet wie van die sepiesverslaafdes is heidene:)))
--
Groetnis
Annette
Waarom fokus Pieter Dirk-Uys na 10 jaar steeds op die persoonlikhede van die
vorige regime? Is dit vanweë 'n gebrek aan vindingrykheid of is dit bloot
weens 'n gebrek aan politieke "manmoedigheid"?
Vat as voorbeeld die vise-President. Hy roem hom op 5 vrouens - maar kan nie
vir hulle sorg nie.
Duikbote wat ten duurste aangekoop word, en dan per vragskip hierheen
ge-abba word.
'n Minister van Sport wat aankondig dat regstellende aksies voorrang bo
oorwinning sal geld. Atletiek spanne en andere sal, volgens hom, nie op
meriete gekies word nie. (Is hy so dom om te dink dat verloorspanne sal
bydrae tot rasseharmonie?)
Mens kan voortgaan om voorbeelde aan te haal wat op 'n daaglikse grondslag
op 'n skinkbord aangeloop word.
Maar - wat is vir jou die snaakste? Lewer 'n bydrae. Of, is dit eintlik nie
snaaks nie, maar baie tragies?
(Miskien kan iemand dan die voorstelle aan liewe Pieter gee. Miskien sal
Ferdietjiekie die rol wil vertolk ...)
Jy kan in scene twee op kom as armsalige Jonas wat ingesluk is deur die
swart walvis!
"Jonas" skryf in boodskap news:d07dkn$8gc$1@ctb-nnrp2.saix.net...
> Waarom fokus Pieter Dirk-Uys na 10 jaar steeds op die persoonlikhede van die
> vorige regime? Is dit vanweë 'n gebrek aan vindingrykheid of is dit bloot
> weens 'n gebrek aan politieke "manmoedigheid"?
> Vat as voorbeeld die vise-President. Hy roem hom op 5 vrouens - maar kan nie
> vir hulle sorg nie.
> Duikbote wat ten duurste aangekoop word, en dan per vragskip hierheen
> ge-abba word.
> 'n Minister van Sport wat aankondig dat regstellende aksies voorrang bo
> oorwinning sal geld. Atletiek spanne en andere sal, volgens hom, nie op
> meriete gekies word nie. (Is hy so dom om te dink dat verloorspanne sal
> bydrae tot rasseharmonie?)
> Mens kan voortgaan om voorbeelde aan te haal wat op 'n daaglikse grondslag
> op 'n skinkbord aangeloop word.
> Maar - wat is vir jou die snaakste? Lewer 'n bydrae. Of, is dit eintlik nie
> snaaks nie, maar baie tragies?
>
> (Miskien kan iemand dan die voorstelle aan liewe Pieter gee. Miskien sal
> Ferdietjiekie die rol wil vertolk ...)
>
Die departement van waterwese gaan die watersuiweringswerke in
Bronkhorstspruit, oos van Pretoria, opgradeer nadat drinkwater wat met
ontlasting besmet was, vermoedelik veroorsaak het dat sowat 1 450 mense in
Mpumalanga en Gauteng onlangs deur 'n maagepidemie platgetrek is.
Volgens mnr. Paul Britz, direkteur van distriksgesondheid, was daar 'n skerp
styging in die voorkoms van diarree onder inwoners nadat die chlorineerder
by die suiweringswerke in die laaste week van Januarie oor 'n naweek onklaar
geraak het.
Die chloor was glo op en dit is eers die Maandag besef.
Een van die watermonsters wat getoets is, het besmetting met ontlasting
getoon, maar 'n paar ander monsters was skoon.
Luidens 'n voorlopige verslag deur die Nasionale Instituut vir Oordraagbare
Siektes (Nios) het 1 342 mense in Mpumalanga sedert 22 Ja nuarie en 110 in
Gauteng sedert 25 Februarie siek geword. Die simptome was waterige diarree,
braking en maagkrampe.
Stoelgangmonsters het verskeie patogene bevat, insluitend rotavirus,
Shigella (veroorsaak disenterie) en E.coli.
Dokters en epidemoloë het glo aan die owerhede gesê hulle vermoed daar was
net 'n buitengewone styging in 'n oordraagbare maagvirus of -organisme, maar
die departement het eerder veilig gespeel en begin met ekstra chlorinering.
Die riviere waaruit die water kom vir die Bronkhorstspruit-reservoir is met
ontlasting besoedel.
Volgens Britz is tenks waarheen water van die suiweringswerke aangery word,
behoorlik skoongemaak.
Die water is vir 'n tweede keer in die tenks gechlorineer en die tenks wat
nie bedek was nie, is van deksels voorsien.
Daar is intussen ook met gesondheidsvoorligting in die gemeenskap begin.
Gaan mos nou per vragskip afgelewer word.
Volgens die koerant is dit omdat die 90 bemanningslede wat 2 jaar in
Duitsland opleiding ontvang het ( saamgestel streng volgens die
bevolkingsamestelling) nie in staat is om dit op eie stoom hier te kry nie.
Volgens 'n politikus vanoggend, omdat al die ander bote glo so afgelewer is.
Feit is, is dat die fregatte wat so afgelewer was net leë doppe was, en eers
hier toegerus is. Die duikbote is ten volle toegerus, en heeltemal in staat
om op eie stoom hier te kom met 'n opgeleide bemanning.....
Wonder net hoe lank neem dit om 90 bemanningslede op te lei, as twee jaar in
die vreemde nie genoeg is nie...
--
Groetnis
Annette