Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Wys: Vandag se boodskappe :: Onbeantwoorde boodskappe :: Stemmings :: Navigasie
Hartlik welkom! Op hierdie webtuiste kan Afrikaanse mense lekker in hul eie taal kuier, lag en gesellig verkeer. Hier help ons mekaar, komplimenteer mekaar, trek mekaar se siele uit, vertel grappe en vang allerhande manewales aan. Lees asb ons aanhef en huisreëls om op dreef te kom.

Ge Korsten se LIEFLING

So., 13 Maart 2005 14:31

Het iemand dit dalk in mp3 formaat?

Koeitjies & kalfies | 1 kommentaar

Pretoria of ... ?

Sa., 12 Maart 2005 19:56

Gelezen:

____________________________________________________
Nieuwe naam voor Pretoria: Tshwane

De administratieve hoofdstad van Zuid-Afrika, Pretoria, krijgt een
nieuwe naam. De keus is gevallen op Tshwane, de naam die een aantal
van de eerste Afrikaanse bewoners aan het gebied gaf en 'we zijn
hetzelfde' betekent. Dat heeft de gemeenteraad van Pretoria maandag
beslist, aldus het persbureau SAPA.

De naamsverandering is de laatste in een reeks en is bedoeld om te
breken met het verleden, waarin een blanke minderheid het land
bestuurde. Op deze manier maakt Zuid-Afrika een onderscheid tussen het
oude en het nieuwe, tussen het verleden en het heden, zei burgemeester
Smangaliso Mkhatshwa.

Naar verwachting keurt de Zuid-Afrikaanse Raad voor Plaatsnamen in
oktober het besluit van de gemeenteraad goed. Dan wordt begonnen met
het aanbrengen van de nieuwe naam op landkaarten.

Pretoria werd in 1855 gesticht en is genoemd naar kolonistenleider
Andries Pretorius. Het district waar Pretoria deel vanuit maakt, wordt
al jaren Tshwane genoemd.

Tegenstanders wezen erop dat de naamswijziging geldverspilling is en
mogelijk de spanningen tussen blanke en zwarte Zuid-Afrikanen doet
oplaaien.
______________________________________________________

Is dat "final"?

Nu de naam Suid-Afrika/South Africa zelf nog in de ban en er blijft
niets meer over van de geschiedenis. Ik heb me daar niet mee te
bemoeien maar ik vind dit erg. Heel erg.

--
Michel.

Koeitjies & kalfies | 11 kommentare

Die nuwe hoofregter

Sa., 12 Maart 2005 16:13

Ek sien dat Mbeki aanbeveel dat Pius Langa die
volgende hoofregter van Suid-Afrika sal word. Hy sal dus
hoofregter Chakalson opvolg.
Vyftig jaar gelede was Pius Langa in my Afrikaanse
klas in Standerd 8 op Adams College. Ek onthou hom as 'n
stil intelligente ou, wat nie 'n voet verkeerd kon sit nie, altyd
sy werk konsensieus gedoen het. Maar ek het altyd die gevoel
gehad dat hy my sit en dophou en nie daarvan sal hou as ek
'n voet verkeerd sit nie.
En die klas was nogal nie 'n maklike klas nie. Daar
was veral twee ander studente wat my aandag baie meer gevang
het. Die een student se naam was Sameul Zondi. Hy was 'n
wiskundige whiz kid wat in sy eerste ses maande op hoërskool
in standerd sewe die hele Junior Sertifikaat sillabus bemeester
het. Vanaf die helfte van standerd 7 tot in die helfte van standerd
8 het hy die hele Senior Sertifikaat ( Cambridge Matriculation)
sillabus deurgewerk. Teen die einde van standerd ag het sekere
onderwysers vir hom universiteits-wiskunde gegee om hom
besig te hou. Ek neem aan dat alhoewel Pius Langa seker baie
goed in wiskunde gedoen het, hy nie maklik kon kers vashou
by Sameul Zondi nie. Ek dink selfs dat Sameul se Afrikaans
beter was as dié van Pius. ( Dit het afgehang van waar die
studente afkom, hoe goed hulle Afrikaans was. )
Dan was daar 'n ander seun in my klas wat veel van
my aandag geverg het. Sy naam was Lynwood Mehlomakulu.
( Dis die Zoeloe vir "groot oë " ) Lynwood was baie mooi
van aansien. Fyn gelaatstrekke. Altyd goed en gesofistikeerd
aangetrek. Baie populêr onder die meisies, selfs die Matriek
meisies. Nie te dom nie. Maar hy het in die eerste maand of so
van die klas dit sy roeping gemaak om die aandag te trek deur
my op subtiele maniere te ondermyn deur te praat in die klas,
of vrae te vra wat die ander studente laat lag of irriteer het.
Ek het dit vir 'n maand of so gevat. Maar eendag toe speel
Lynwood sy kaarte verkeerd. Ek vra hom 'n vraag, en hy
hy antwoord nie, maar maak sy oë oorkruis. Dis toe net daar
dat ek vir die klas sê om iets te vind om te doen, en ek marsjeer
vir Lynwood af na die prinsipaal se kantoor toe. Dit was in die
dae toe prinsipale nog lyfstraf kon toedien. Ek sê toe vir Mr.
Grant ( op sy dae krieketspeler vir Cambridge) dat ek nie vir
hom gaan sê wat Lynwood gedoen het nie, maar dat hy maar
vir hom 'n pak slae moet gee. En ek marsjeer weer by die
deur uit.
Van daardie dag af het daardie standerd ag klas uit
my hande ge-eet. Hulle was al lank moeg vir Lynwood, en ek
was hulle heldin. Ek weet verseker dat Sameul vir die res
van die jaar op my verlief was. Elke keer as ek met hom praat,
kon ek sweer hy bloos. Ek is ook seker dat wat ek met Lynwood
gedoen het, Pius se goedkeuring weggedra het.
Ek weet wat van Pius en Sameul geword het.
Laasgenoemde, die laaste keer toe ek iets van hom gehoor het,
was hoof van 'n kollege in Pietermaritzburg. Maar nou wonder
ek wat van Lynwood geword het. Ek hoop sy jeugdige moeds-
willigheid het hom nie op verkeerde paaie laat beland nie. Ek
is bly dat hy in die geslag was wat uiteindelik in hulle eie land
goeie geleenthede kon kry. Maar mens wonder maar altyd as
jy aan jou vorige studente dink. Hoeveel van hulle het onbeskadig
deur die sewentiger- en tagtigerjare gekom? Hoeveel van hulle
het hulle lewens verloor, nie net teen die outoriteite nie, maar
ook in die gevegte tussen die politieke faksies in Natal.

Gloudina

Koeitjies & kalfies | 7 kommentare

Jamina

Sa., 12 Maart 2005 11:08

As daar nou 'n ding is waarhaan ek 'n kleintjie dood het, is dit as 'n swart
man of vrou vir my loop en Mies of Miesies. Ek het sommer al vroeg 'n
afkeur aan die woord gekry. Ek was seker so tien toe Ma ou Jamina daar by
ons huis aangebring het, en ons die buitekamer vir haar reggemaak het. Sy
was ons eerste inbly bediende gewees.

So twee weke later, toe ek nou goed oor my skaamgeid vir Jamina was, kon ek
vir haar sê wat my pla. Ek corner haar daar by haar kamer, "Jamina, ek wil
nie hê jy moet meer vir my Kleinmies sê nie. Noem my Elize. En die oudste
een noem jy Stella, die jongste se naam is Karly."

Van daai dag af het ou Jamina 'n sagte plekkie in haar hart vir my gehad.
As Ma gesê het sy moenie my deurmekaar kamer skoonmaak nie, het sy net gewag
tot Ma haar rug gedraai het voor sy daar ingevloog het en vinnig skoongemaak
het. Wanneer Ma in een van haar buie was, en die kinders in die huis het so
een vir een afgetjop, kon ons altyd by Jamina gaan wegkruip. Partykeer, as
ons so by haar gaan wegkruip het, het sy vir ons van haar bon-bons gegee en
ons stukkende harte probeer heel maak. En ek onthou die baie dae na skool
wat ek by Jamina gaan tee drink het. Daar waar ons in die sonnetjie gesit en
bak het, kon ons skinder dat die buile huil.

Ek was baie lief vir Jamina. Nadat ek uit die huis getrek het, het sy altyd
by Ma gaan worry. Het ek darem genoeg kos en klere? Sorg die mansmens darem
vir my? Een dag, so ses maande voor my troue, gaan sit ek toe by Jamina en
stel haar ou hart gerus. Ek vertel haar die man is goed vir my, ek het 'n
mooi huis en klere, sy moenie op haar oudag so worry oor my nie. Ek gee
haar, haar uitnodiging na my troue toe, en die ou vrou raak skoon aangedaan.

Sy is happy vir my. Sy vertel my dat sy op amper tagtig nog steeds vir haar
kinders moet sorg. Ma wou haar al jare terug retire, maar sy kan nie, want
wie gaan vir haar kinders en kleinkinders sorg? Ek vra haar na die
staatspensieon, maar dis nie genoeg om eers vir haarself die basiese te koop
nie. Voor ek loop, laat sy my belowe dat ek vir Ma-hulle sal sorg as hulle
oud is.

Ek gaan vra vir Ma oor Jamina. Ma sê sy werk al jare nie meer nie. Was net
so bietjie skottelgoed in die oggende en die aande. Ma doen maar die res.
Ma is moes net so lief vir Jamina soos ek. Sy is familie, mens jaag nie
familie weg nie. Daai middag, voor ek moet terug stad toe, gaan ek dorp toe
en koop vir Jamina die mooiste rok wat ek kan kry. Ek koop vir haar 'n box
tjoklits en 'n paar blommetjies. Ek vra vir Ma om dit vir haar te gee.

Jamina het dit toe nooit gemaak tot by my troue nie. Twee maande voor ek
kansel toe is, is Jamina dood. Ek mis vir Jamina.

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

Onse ligte

Vr., 11 Maart 2005 19:14

Ons moet onse lig innie wêreld so laat skyn
dat hulle vir ons sal sê: "Nei man, dim djou lights!"
dan moet ons reply en sê: "Hey, dais my parkinglights,
jy moet check my brights!
"

Didi

http://www.ushakamarineworld.co.za/

Humor & grappe | 0 kommentare

" Pofadder " deur DONALD RIEKERT

Vr., 11 Maart 2005 12:33

POFADDER
Donald Riekert

Die pofadder lê
een tand mond oop
oor Boesmanland
sy lang tong
laat staan die son stil
rooi in die waas
van sy groot asem
sodat vir baie jare
die veld droog is
en niks wou groei
net brakbos blom

Prosa & poësie | 1 kommentaar

Bababloubulletjies

Vr., 11 Maart 2005 09:02

Kon toe vandag nie 'n enkele punt aanteken nie - en dit glo met 'n volle
sterkte span.
Dit gebeur as 'n span te lank eendimensionele rugby probeer speel.....
--
Groetnis
Annette

Sport & ontspanning | 4 kommentare

Egoli se Hospitale van Hel

Vr., 11 Maart 2005 08:59

Uit The Big Issue Maart 2005:
( vertaal)

Twee gesondheidsbeamptes van 'n hospitaal in Springs, buite Johannesburg,
word beskuldig dat hulle hospitaalfondse misbruik het vir eie gewin, terwyl
pasiënte in skokkende toestande en sonder noodsaaklike mediese toerusting
moes klaarkom.
Hierdie optrede kom slegs maande nadat dieselfde gevind is by 'n ander
hospitaal in Johannesburg,
Die Gauteng Dept van gesondheid het die CEO van Far East Rand hospitaal,
Leonore Pretorius, en die administratiewe bestuurder, Thea Botha, na
beskuldigings dat hulle duisende spandeer het om hul kantore te laat opknap,
herontplooi.
Die ondersoek het gevolg op 'n anonieme brief van 'n personeellid.
Sommige van die " numerous irregularities" wat deur die ondersoekspan bevind
is was:
Tussen 12 en 15 pasiënte was nie na omgesien vir dae in die noodeenheid nie.
Babas in broeikaste wat nie funksioneel was nie.
Intensiewe sorgeenheid het geen gekontroleerde ingang en uitgangpunte nie.
Pasiënte was onversorg gelos, terwyl die personeel TV kyk in die
personeelarea.
Die Buitepasiënte-afdeling was oorvol met pasiënte, omdat daar net een
dokter aan diens was.
Geen behoorlike wagarea nie, of vensters by die dispensieafdeling nie.
Oprigting van 'n "inexplicably large" nuwe kraamafdeling sonder toestemming
van die streekskantoor, of konsultasie met geneeshere of
verpleegpersoneel.
Senior vakante sorgpersoneelposte
Geen fondse vir anti-retrovirale programme nie.
Slegs dokters was toegelaat in die personeelkamer. Die ander
verpleegpersoneel moes 'n maandelikse fooi van R300 betaal om van die
fasiliteite gebruik te maak.
Die departement sê hulle het 'n tussentydse bestuurspan aangestel by die
Far East Rand hospitaal, en dat Pretorius en Brand na ander hospitale
verplaas is terwyl die ondersoek nog aan die gang is.
Hierdie nuus kom na berigte in November van die dood van 76 kinders in 4
maande by die nabygeleë Natalspruit hospitaal, wat genoem word " the
hospital from hell".
Hierdie afsterwes was ook gekoppel aan ernstige tekorte aan dokters,
verpleegpersoneel en mediese toerusting.
--
Groetnis
Annette

Koeitjies & kalfies | 4 kommentare

Ons Sorgsame Kliniekpersoneel

Vr., 11 Maart 2005 08:38

Ek gaan nou nie die hele ding vertaal nie:

From The Argus: 10/3/2005:

Four city clinic staf face disciplinary charges for stealing more than 2000
tins of baby milk formula meant for newborn babies of HIV positive mothers.
A 6 month supply of milk formula is given to HIV pos. mothers to prevent
them from infecting their newborns through breast-feeding.
But it is alleged that the 4 city clinic staff decided to try to make some
extra money from the sale of the formula on the black market.
The four officials, whose names have not been disclosed by the City of CT,
have not been suspended.
The City of CT also declined to say where this happened, but the Argus found
out it was at Gugulethu.
The investigation started in December, and the four guilty staff has been
pointed out.
The city pays for this formula, and in the investigation it was found that
delivery notes were also falsified.

Health clinics in the Western Cape provide the following services for
HIV/aids patients:
1) Freely available condoms to minimise the spread of HIV
2) Counseling and testing of HIV
3) Treatment of associated opportunistic infections and monitoring of people
suffering from it.
4) Prevention of the dpread of HIV from HIV-pos. mothers to their babies.
The mother to child prevention programme includes the treatment of HIV pos.
mothers with a cocktail of anti-retroviral drugs.

--
Groetnis
Annette

Koeitjies & kalfies | 2 kommentare

Wat gee?

Vr., 11 Maart 2005 05:48

Die juffrou vra: "Klas, se vir my wat gee hoenders?"

Marietjie antwoord: "Eiers juffrou"

"Nou wie kan vir my se wat gee boerbokke?"

Sannie se "Bokmelk juffrou"

"En wat gee 'n koei ons?"

Jannie antwoord "Wiskunde en huiswerk juffrou!"

Humor & grappe | 0 kommentare

Bladsye (1834): [ «    318  319  320  321  322  323  324  325  326  327  328  329  330  331  332  333    »]
Tyd nou: Ma. Apr. 06 10:55:31 UTC 2026