Daar was 'n koerantberig van 'n vrou wat 'n selfoon in 'n staatsgebou in
Pietermaritzburg gesteel het. Sy is gesien, ook toe sy die selfoon in haar
rok indruk. Die veiligheidswag by die ingang keer haar voor en nadat sy
ontken het dat die selfoon in haar besit is, deel hy haar mee dat 'n
vroulike wag op pad is om haar te deursoek.
Dis toe dat die vrou al haar klere daar en dan uittrek! Alles. Poedelkaal
staan sy daar en vra: "Sien julle enige selfoon?" Iemand bemerk toe ietsie
by haar boude - die selfoon was tussen haar boude versteek!
Vir die afgelope paar jaar, vind die 'Desert Run' motorfietstoer plaas waar
meestal motorfietsryers vanuit die RSA deur die woestyn toer om uiteindelik
by Swakopmund te eindig. Die toer word gereël deur Simon Fourie aan die
spits en hierdie jaar was dit ongeveer 800 ryers wat deelgeneem het. Dit
is nie net motorfietse nie, maar ook ondersteuningsvoertuie asook mense wat
met 4x4'e gekom het waaragter sleepwaens gehaak is met 'quad bikes' agterop.
Die getalle mense en voertuie is om dit eenvoudig te stel, een moerse lot en
watter lekker besigheid is dit nie vir sommige van die plaaslike handelaars,
veral die petrolverskaffers, asook die kosmense. Volgens die meeste van
die mense waarmee ons gesles het wat die toer meegemaak het, was dit een
fantastiese ondervinding en definitief iets wat hulle volgende jaar weer wil
doen.
Daar is egter 'n angel in die hele storie. Die plaaslike
bewaringsorganisasies het hul bes gedoen deur literatuur beskikbaar te stel
aan die ryers om hulle in te lig oor die sensitiewe dele van die Namib
waaruit hulle moet bly. Meestal het dit gewerk, maar daar was ook die wat
hulle nou nie eintlik daaraan gesteur het nie. Die grondpad deur die
Naukluft Park is gemerk om die padgebruiker te waarsku dat hulle in 'n
sensitiewe gebeid is en dat jy glad nie van die pad af mag gaan nie. Dis
in hierdie deel van die woestyn waar steeds ossewaspore gesien kan word wat
meer as 100 jaar gelede getrap is. Dis hoe lank dit vat vir die woestyn om
homself te herstel van spore. Oral langs die pad was spore van 'bikers'
wat langs die pad gery het.
Teen die kus is daar die duinegordel en daaragter die gruisvlaktes wat
uiters sensitiewe areas is waar niemand mag ry nie. Na van die 'bikers'
daardeur is en hulle 'doughnuts' gemaak het, lyk van die plekke aaklig.
Dooie verkleurmannetjies en voëls is gevind wat die manne gejaag en
vrekgetrap het. Dit is eenvoudig aaklig en mens staan verstom oor die
moedswillige onnoselheid van die mens om vir sy eie plesier alles rondom hom
te vernietig. Net om 'n idee te gee, een van die flieks [Mel Gibson en die
die vliegtuig]wat in die Namib agter die duinegordel geskiet is, se
vervaardigers moes miljoen dollars bestee aan werk om plekke wat hulle
gebruik het tot die bevrediging van Natuurbewaring reg te stel.
Sover ek weet, is reeds met die heer Fourie kontak gemaak en hy reken
Namibië moet dankbaar wees vir die kontantinspuiting wat sy toer vir die
land bring. Mens kry die idee dat hy dink dat ons moet dankbaar wees en
ons bekke hou, dis nie so erg nie. Hulle 'betaal' 'n groot toegangsfooi en
sekerlik moet ons 'n sekere mate van skade aanvaar aangesien mens nie so 'n
groot groep altyd onder beheer kan hou nie? Ons het nuus vir hom, nie al
die geld in die wêreld is die gemors wat hulle in die Namib gelos het, werd
nie. Plaaslik is die mense nou reeds besig om planne te maak vir �lle
motorfietsryers. Hulle mag dalk volgende jaar vind dat die wette so 'n
bietjie aagepas is en dat jy dalk vir 'n 'doughnut' die prys van jou fiets
plus een moerse kontantboete sal moet betaal. Die organiseerders kan dalk
vind dat hulle verantwoordelik gehou gaan word vir alle skade en dit sal uit
eie sak moet regmaak vóór hulle weer die land mag verlaat. En ons tronke is
juis nie van die lekkerste nie!
Dié blye dag kan vir die kusbewoners van Namibië en alle natuurbewuste
persone nie vinnig genoeg kom nie...............
>
> What team first used the hooker to throw the ball into the line out?
Ferdi, my seun.
Vandag voel Tant Hessie darem billik ontstoke met
jou. Hoekom pos jy nou hierdie vraag IN ENGELS op
die Afrikaanse nuusgroep? En as Tant Hessie nou nie
vir jou op jou vingers tik hieroor nie, moet jy nou weer
die kattekoor hoor uit al die verskillende hoeke van die
aardbol. Saterdag gaan Tant Hessie 'n bietjie weg van
die nuusgroep af vir twee weke ( all the way to San Jose)
en terwyl die kat nou weg is, kan die muise dan
maar speel. Maar tot dan, pasop vir jou. Tant Hessie
hou jou dop.
Luister nou net na Jaluka, en weens die ongelukkige komposisie, kom die
frase ietwat verkeerd uit as dit gesing word.:))
Nietemin, ek weet nie hoe die beriggewing daar onder in die Noorde is van
wat hier aangaan nie, maar Sondag toe kry ons mos 'n kort maar hewige
haelstorm. Skoonsus sien toe die eerste keer in haar 40 jaar 'n haelstrorm.
Op pad in Kaap toe Sondagaand, het ek net 'n lekker stuk klassieke musiek
gekort vir die 40 minute lange donderweerblitsvertoning .
Gistermiddag toe ons op die Ou Paarlpad ry, ry ons verby 'n konkreetmuur
wat in die storm omgewaai of omgestorm is.
Dit was nou snaaks. Ek skryf die brief,
vergeet daarvan en begin al die nuusgroepe deursoek
vir iets oor dierelewe.
Maak die nuusleser toe en hier word die brief gepos
na een van hulle toe. Dit ek eers later agtergekom:-)
Ek is nie eens lus om te gaan kyk waarheen nie,
maar een of ander anderstalige groep het hierde Afrikaanse brief
ontvang:-)
****************************************************
Die tannie wat amper my buurvrou is, Geraldine,
bring sowat 'n week gelede vir ons 'n paar lekker
koekies. Heel groot koeies, en soos 'n 'TopDeck'
wit sjokolade bo, en donker sjokolade onder.
Heerlik.
Vanmôre het sy vertel waar sy dit vandaan gekry het.
10 Jaar gelede stap sy en Oom Piet in die water
hier by die waterfront. En by haar dryf 'n bottel verby.
Sy haal die bottel uit die water, en daar is toe name van
'n man en vrou, en 'n Hannover adres in.
Sy skryf toe 'n brief daarheen, en van toe af korrespondeer
sy en die vrou in Hannover met mekaar. Vanmôre het ek fotos gesien
en van die briewe gelees, en die mense besoek werklik lande oral in
die wêreld. Ook het ek die eerste brief gelees, waarin sy sê dat hulle
bottels pos oral in die wêreld, en dat tannie Geraldine s'n die
eerste reaksie daarop was.
Sedert toe stuur Heinrich & Christa Knopf -elke einde van die jaar,
uit Hannover in Duitsland, koek na haar en Oom Piet in Suid Afrika.
Kan iemand asseblief vir my die woorde vir "Ek sien 'n nuwe hemel kom" hier
plaas of vir my email? My pa word Donderdag begrawe en my ma wil vreeslik
graag hê ons moet die lied sing... ongelukkig is dit 'n NG lied, en die
vader weet ek kry die woorde nêrens nie. Die begrafnisbrief is my
verantwoordelikheid...
O sjoe en nou kom heilige koeie voor skoot! Kan enige iemand met die
van Mandela dan korrup wees? NOOIT!!!!!
Hier sal niks van kom nie. Ek dink egter die ou man is steeds THE
LESSER EVIL as ek moet kies tussen hom en Mbeki.
Vir Gloudina se senuwees plaas ek die stukkie in Engels.
------------------------------------------------
New twist in Ayob, Madiba case
11/04/2005 09:21 - (SA)
Related Articles
# 'Madiba art' causes trouble
Abigail Isaacs
Cape Town - In a new twist to the expected legal wrangle between Ismail
Ayob, erstwhile legal representative of former president Nelson
Mandela, and the ex-president it has come to light that Mandela's
children are shareholders in the company involved in the marketing of
the so-called Madiba Art.
Ayob is accused of misleading people by pretending that Madiba Art ?
works that sell for thousands of rand - were Mandela's own sketches.
It is further alleged that Ayob stole about R30m from the Nelson
Mandela Foundation.
Mandela's children, Makaziwe, Zenani and the late Makgatho Mandela, are
shareholders in Magnifique Investment and Holding. Reports claim Ayob
registered this company in 2000, and that he is the director.
The Nelson Mandela Trust and Nelson Mandela Children's Fund also have
shares in the company. The company apparently received millions of rand
to market Madiba Art.
Ayob said earlier that he had acted in the interest of the Mandela
family in marketing Madiba Art. He is still acting as legal
representative for Mandela's daughters.
However, the Mandela Children's Fund denied profiting in any way from
the sale of Madiba Art.
"The project was initially presented to us, but we rejected it. The
fund never received money from proceeds of the sale of the sketches,"
said Sibongile Mkhabela, executive chief of the fund.
George Bizos, Madela's advocate and confidante, did not want to comment
on the matter earlier as "a legal case is pending".
Dead trainee pilot failed exams
11/04/2005 07:26 - (SA)
Related Articles
# Trainee pilot dies in crash
Erika Gibson
Johannesburg - Who will accept responsibility for the death of a
trainee Air Force pilot at the weekend?
This is what aviation experts asked on Sunday when it emerged that the
trainee pilot who crashed his Astra training aircraft this weekend
failed his exams on more than one occasion.
Oupa Jean-Claude Ramaiti, 24, from Pretoria died on Saturday afternoon
outside Lichtenburg while on a navigational training flight.
It is not yet clear what happened, but Ramaiti's body was found some
distance from the wreckage, leading to speculation that he either
activated the ejection seat too late or that it was activated by the
impact.
Having failed the first time, Ramaiti was undergoing his flying course
for a second time. Earlier, he failed his first solo control flight as
well as his first instrument flight test.
Ramaiti was then offered a second chance, although it is understood
that his instructors thought his performance was still not
satisfactory.
"The irony is that Oupa was a nice guy whom everyone got along with
well. He just did not have the necessary feel for flying," a colleague
said on Sunday.
"Now he is dead because someone thought he was one of those who had to
help the air force's transformation statistics look good.
"One cannot play with people's lives for the sake of being politically
correct.
"Everyone at the flying school new it was only a matter of time before
a fatal accident was going to prove the point," said the colleague.
Ramaiti was one of four trainee pilots from the air force's Central
Flying School at Langebaanweg who underwent navigation training out of
Bloemfontein during the past week.
It was expected that they would all be awarded their wings as pilots in
June this year. They only had to complete their formation-flight
training.
Aviation experts cautioned last year already that quality and flight
safety are not negotiable for the sake of representivity and
transformation.
It also emerged that another repeat-failure trainee recently tried to
land without lowering his plane's wheels.
The aircraft was badly damaged, but the student was not injured.
It is understood that the students will again continue their flight
training when the next intake of students commences theirs.
Following the incident, Defence Minister Mosiuoa Lekota implied that
racist instructors could be the real problem.
Air Force chief Carlo Gagiano recently said four or five instructors
from the Zimbabwean air force will be helping train South African
pilots soon.
It is understood that they will only be undergoing a short adjustment
period since they have not previously flown the Pilatus Astra aircraft.
Die outjie kom sit by die haarkapper vir 'n haarsny en dié merk op dat sy
hare eintlik nog nie so lank is nie en wil weet of hy op pad is iewers
heen.
Ja, sê hy, hy gaan Rome toe.
Wil die haarkapper weet wat hy daar wil loop soek.
Nee, sê hy, hy gaan die pous sien sodat lg. hom kan seën.
Weet die haarkapper te vertel dat hy sy tyd mors, want eerstens sal die
pous hom nie verwerdig om hom te sien nie en boonop het hy gehoor die pous
is nie baie vriendelik met Suid-Afrikaners nie. En baai-de-whei, hoe
beplan jy om in Rome te kom?
Hy gaan met Alitalia vlieg, sê die outjie. Fout, sê die haarkapper. Dis
die swakste redery in die wêreld. Hulle vlugte is altyd laat en hulle
verlê omtrent almal se bagasie. En hulle het die lelikste lugwaardinne wat
jy kan indink, met sulke bosse swart hare wat onder hulle kieliebakke
uithang. En boonop is hulle kos aaklig. En waar beplan jy om te bly en hoe
gaan jy by die Vatikaan uitkom?
Sommer 'n hotelletjie daar neffens die Colosseum, vanwaar ek te voet
Vatikaan toe sal gaan.
Nog 'n groter fout! Italiaanse hotelle is almal hole waar hulle jou te
veel laat betaal en jy besteel word. En nooit as te nimmer moet jy dit te
voet waag Vatikaan toe nie. Daar is sakkerollers op straat en die verkeer
is iets verskrikliks. Daai Italianers met hulle Fiats en Maserati's voel
vere vir voetgangers, jy soek jou dood.
Ses weke later is die outjie terug by die haarkapper. En toe, hoe was jou
trip?
Wonderlik, sê die outjie. Alitalia was stiptelik op tyd, hulle
lugwaardinne is van die mooiste meisies wat ek nog gesien het, daai
pastadisse was uit die boonste rakke, en my bagasie het ek in 'n japtrap
gekry.
En die hotel?
Fantasties! Hulle het my op die hande gedra en aan absoluut al my
behoeftes voldoen.
En het jy toe by die Vatikaan uitgekom?
Ja, die verkeer was nogal druk, maar die Italiaanse bestuurders is
ongelooflik bedagsaam teenoor voetgangers - een ou het my sommer opgelaai
en daar langs St. Pietersplein gaan aflaai.
En het jy die pous te siene gekry?
Ja, hy het afgekom van daai balkonnetjie af en met ons in die skare kom
gesels. Hoogs beïndruk gewees om vir 'n slag 'n Suid-Afrikaner daar raak
te loop.
En het hy jou geseën?
Ja, hy het my laat kniel en altwee sy hande so bo-op my kop gesit.
Wat sê hy toe?
"Onse liewe vader, wie de donner het jou hare so opgeneuk?!"