Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Wys: Vandag se boodskappe :: Onbeantwoorde boodskappe :: Stemmings :: Navigasie
Hartlik welkom! Op hierdie webtuiste kan Afrikaanse mense lekker in hul eie taal kuier, lag en gesellig verkeer. Hier help ons mekaar, komplimenteer mekaar, trek mekaar se siele uit, vertel grappe en vang allerhande manewales aan. Lees asb ons aanhef en huisreëls om op dreef te kom.

Pouslike oplegging

Ma., 11 April 2005 07:33

Vanaf 'n ander kol:

Die outjie kom sit by die haarkapper vir 'n haarsny en dié merk op dat sy
hare eintlik nog nie so lank is nie en wil weet of hy op pad is iewers
heen.

Ja, sê hy, hy gaan Rome toe.

Wil die haarkapper weet wat hy daar wil loop soek.

Nee, sê hy, hy gaan die pous sien sodat lg. hom kan seën.

Weet die haarkapper te vertel dat hy sy tyd mors, want eerstens sal die
pous hom nie verwerdig om hom te sien nie en boonop het hy gehoor die pous
is nie baie vriendelik met Suid-Afrikaners nie. En baai-de-whei, hoe
beplan jy om in Rome te kom?

Hy gaan met Alitalia vlieg, sê die outjie. Fout, sê die haarkapper. Dis
die swakste redery in die wêreld. Hulle vlugte is altyd laat en hulle
verlê omtrent almal se bagasie. En hulle het die lelikste lugwaardinne wat
jy kan indink, met sulke bosse swart hare wat onder hulle kieliebakke
uithang. En boonop is hulle kos aaklig. En waar beplan jy om te bly en hoe
gaan jy by die Vatikaan uitkom?

Sommer 'n hotelletjie daar neffens die Colosseum, vanwaar ek te voet
Vatikaan toe sal gaan.

Nog 'n groter fout! Italiaanse hotelle is almal hole waar hulle jou te
veel laat betaal en jy besteel word. En nooit as te nimmer moet jy dit te
voet waag Vatikaan toe nie. Daar is sakkerollers op straat en die verkeer
is iets verskrikliks. Daai Italianers met hulle Fiats en Maserati's voel
vere vir voetgangers, jy soek jou dood.

Ses weke later is die outjie terug by die haarkapper. En toe, hoe was jou
trip?

Wonderlik, sê die outjie. Alitalia was stiptelik op tyd, hulle
lugwaardinne is van die mooiste meisies wat ek nog gesien het, daai
pastadisse was uit die boonste rakke, en my bagasie het ek in 'n japtrap
gekry.

En die hotel?

Fantasties! Hulle het my op die hande gedra en aan absoluut al my
behoeftes voldoen.

En het jy toe by die Vatikaan uitgekom?

Ja, die verkeer was nogal druk, maar die Italiaanse bestuurders is
ongelooflik bedagsaam teenoor voetgangers - een ou het my sommer opgelaai
en daar langs St. Pietersplein gaan aflaai.

En het jy die pous te siene gekry?

Ja, hy het afgekom van daai balkonnetjie af en met ons in die skare kom
gesels. Hoogs beïndruk gewees om vir 'n slag 'n Suid-Afrikaner daar raak
te loop.

En het hy jou geseën?

Ja, hy het my laat kniel en altwee sy hande so bo-op my kop gesit.

Wat sê hy toe?

"Onse liewe vader, wie de donner het jou hare so opgeneuk?!"

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

C&C vertoning

Ma., 11 April 2005 07:26

Niemand hier wat na dit gekyk het of kommentaar wil lewer nie?
--
Groetnis
Annette

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

Goeie Vraag

Ma., 11 April 2005 07:25

Iemand meld in een van die koerante gister dat Onse Prez sedert Januarie nog
nie sy voet landuit gesit het nie.
Waar hy voorheen goedsmoeds vir elke krisis wêreldwyd op sy vliegtuig geklim
het om te gaan help, moes die hulpsoekendes die afgelope 2 maande SA toe kom
vir oplossings. Selfs Zuma moes in sy plek na die lyk van die pous gaan kyk
het.
Die skrywer vra of daar iets verkeerd is met sy vliegtuig.

--
Groetnis
Annette

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

Die Wêreld

Ma., 11 April 2005 06:38

Iemand van julle dit gister gelees?
Wat is julle menings daaromtrent?
--
Groetnis
Annette

Koeitjies & kalfies | 6 kommentare

Wat het gebeur?

So., 10 April 2005 10:23

Riaan skryf:
So paar maande gelede het ek gesê, ek wonder hoe lank die NG nog gaan
bestaan aangesien dit op daai staduim gemiddeld 5 plasings per dag gehad
het, en nou ewe skielik is hier 'n klomp nuwe mense (of is dit 'n klomp oues
met nuwe name)
Groete
Riaan
............................................................ ............................................................ ........................

Ek het verdwyn vir 'n jaar. Eergister het ek besluit om gou weer te loer.
Toe vloek ek vir klaar weer vir Max. Ek verwyt niemand hier nie, maar die ng
werk vreeslik negatief in op my. Ek's nie hiervoor gebou nie. Ek weet nie
hoe Dave, Gloudina, Ferdi, Max, Annette en nog ander so ure kan deurbring op
die groep nie. Waar kry julle die tyd en die krag?
My lewe het verander vandat ek van die vervlakste rekenaar afgeklim het. Ek
kom selfs voor 22:00 in die kooi.

Groete
Spencer (sien julle volgende jaar)

Koeitjies & kalfies | 9 kommentare

Renosters

Sa., 09 April 2005 18:18

6 uur nuus. Wilbewaring(!) wil dit wettig dat tot 5 swart renosters
per jaar geskiet mag word. Daar word geld raak gesien daarin:-(

DD

Troeteldiere | 0 kommentare

Rugby

Sa., 09 April 2005 17:31

Vanaand huil ons net met een oog:))
Die Bulle en Stormers moet maar vliegtuie vol ondersteuners saamvat as hulle
daar oorkant gaan speel.
--
Groetnis
Annette
Life is uncertain - eat dessert first
ann...@ctnet.co.za

Sport & ontspanning | 2 kommentare

genealogie van die misdaad

Sa., 09 April 2005 03:23

Ek is lid van die Henning-familiebond en ontvan elke maand 'n nuusbrief
waarin die prestasies van die Hennings en hulle talentvolle kinders van tyd
tot tyd besing word.

Ek sal egter graag 'n studie wil maak van die lede van hierdie familie wat
met die gereg gebots het (van hulle hoor 'n mens mos nooit nie).

Is dit moontlik om sulke name en die aard van hulle misdade van iewers af te
kry? Iets soos 'n sentrale misdaadregister? Weet iemand?

Genealogie & famieliesake | 0 kommentare

Help

Vr., 08 April 2005 13:22

Hi DD

Ek verstaan jy is 'n man wat jou kameras goed ken, kan jy my asb help.

As ek kameras met karre vergelyk, wat sal jy sê is die Merc, en BMW van
kameras

Groete

Riaan

Stokperdjies & kunsvlyt | 46 kommentare

Souttert.

Vr., 08 April 2005 10:35

Annette, het jy nie 'n lekker (maklike) korslose souttertresep nie?

bvd
Max

Kos & resepte | 9 kommentare

Bladsye (1835): [ «    311  312  313  314  315  316  317  318  319  320  321  322  323  324  325  326    »]
Tyd nou: Ma. Mei 04 21:05:59 UTC 2026