Kan iemand help asb?
Vr., 13 Mei 2005 08:58
Ek soek webblaaie waar inligting verkry kan word re karakoelboerdery in SA,
waarheen ons uitvoer, en wat word met die pelse gedoen.
Iemand in NZ wil weet.
--
Groetnis
Annette
Landbou & veeteelt |
3 kommentare
Manto se kanto
Vr., 13 Mei 2005 06:46
Manto Tshabalala Msimang
is vir VIGS en die virus nie bang.
"Smeer knoffel en olie
op die tietmantolie -
en eet beet - dit verwyder die drang."
(Gaan Jonas my nou vervolg?)
Koeitjies & kalfies |
6 kommentare
Rugby
Vr., 13 Mei 2005 06:41
Iemand van julle na gisteraand se Boots and All se skeidsregterdinee gekyk?
Hoe kan Mallett nog steeds sê dis net 'n verskoning van die vlugflouheid -
terwyl daag nog geen SA span in 'n eerste wedstryd daar oorkant in die
kompetisie kon wen in al die jare nie. Moet daar nie maar na ander maniere
gekyk word om dit teen te werk as om dit maar net af te maak as 'n
verskoning nie?
Op Naas se voorstel dat ons eintlik net 3 spanne in die Super 14 moet hê,
kom Jake White toe met die voorstel dat as ons sie Super 14 wil wen, ons net
1 span moet hê.
Sal dit nou 'n ander span as die Springbokspan wees?
Miskien sien ons 'n paar interessante insluitings ef weglatings by die
aankondiging van die bokspan die naweek.
Sport & ontspanning |
10 kommentare
Kyk of julle miskien kan help
Do., 12 Mei 2005 15:58
Ek het nie gaan kyk nie, omdat almal wat ek moontlik kon van die tsunami
veilig is.
Subject: Tsunami Victim,do you know him?
Subject: Have a quick look
Please pass this on. You never know who we may know that has some
information concerning this child.
Nobody knows who this boy belongs to! Please send this to all - we mean
all! - the people in your entire network. Looking for his family. The boy
about 2 years, vacationing in Khoa Lak is missing his parents.
Nobody knows what country he comes from. If anybody knows him please contact
us by phone 076-249400-4 ext. 1336, 1339 or e-mail :
in...@phuket-inter-hospital.co.th
Koeitjies & kalfies |
2 kommentare
" Lied van die Lente " deur Anna-Maria CONRADIE
Wo., 11 Mei 2005 12:00
LIED VAN DIE LENTE
Anna-Marie Conradie
Ek wou jou al vertel het:
die lente het sy intrek
in my pophuisklein tuintjie kom neem
die spinnekop (getroue ekowerker)
speel osoonlaagvriendelik insekdoder.
Ek wou jou al vertel het,
maar my verkluimde winterhart hou my
nog in diep oorwintering;
my breindendriete gestol tot yskristal
lê nog vergete op Pluto.
Ek wou jou al gevra het:
speel vir my die klaviersonates van Mozart;
die allegro's sal die winterys smelt
kabbelend laat vloei in andanteriviere -
onbevange bevry uit die winterkokon met rondodanse.
Speel tog vir my Mozart
dat die Namakwalandgeel
weer oordadig wulps
in my hart oopkelk en blom.
Prosa & poësie |
2 kommentare
Vader Tyd
Ma., 09 Mei 2005 10:09
Die grootste steen sontydsaanwyser in Afrika?
Ons het die naweek 'n "sundial" in The Wilds vervang.
Die "sundial" is van Naboomspruit (Limpopo) se sandsteen met 'n deursnee
van 800mm.
Hulle praat van 'n grote by Graaf-Reinet, maar die is blykbaar van metaal en
nie steen nie.
Wie weet - het ons nou die grootste een in Afrika?
TJ
www.artslink.co.za/wildswalk
en sien ook: www.sundials.co.za
Koeitjies & kalfies |
34 kommentare
Twee aparte wêrelde
Ma., 09 Mei 2005 07:10
Gister lees ek twee berigte wat op 'n eienaardige manier wel verbind is.
Eerstens is daar nou sprake dat die Texas wetgewer 'n beperking wil plaas op
die uitlokende klere en bewegings van juigmeisies en drompoppies tydens
optredes en komprtisies.
Tweedens is daar uitspraak gegee in 'n hof in Noorweë dat ontkleedans wel 'n
kunsvorm is, gelykstaande aan drama en opera.
Alhoewel ek kan saamstem dat ontkleedans wel 'n kunsvorm is, is dit vir my
nogal erg dat 'n wetgewer, en nie die ouers of die gemeenskap, kan besluit
wat moreel aanvaarbaar is in die gedrag van hul dogters nie.
--
Groetnis
Annette
Koeitjies & kalfies |
8 kommentare