Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Wys: Vandag se boodskappe :: Onbeantwoorde boodskappe :: Stemmings :: Navigasie
Hartlik welkom! Op hierdie webtuiste kan Afrikaanse mense lekker in hul eie taal kuier, lag en gesellig verkeer. Hier help ons mekaar, komplimenteer mekaar, trek mekaar se siele uit, vertel grappe en vang allerhande manewales aan. Lees asb ons aanhef en huisreëls om op dreef te kom.

" Winternag " deur EUGENE MARAIS

Do., 19 Mei 2005 02:54

WINTERNAG
Eugene Marais

O koud is die windjie
en skraal.
En blink in die dof-lig
en kaal,
so wyd as die Heer se genade,
lê die velde in sterlig en skade.
En hoog in die rande,
versprei in die brande,
is die grassaad aan roere
soos winkende hande.

O treurig die wysie
op die ooswind se maat,
soos die lied van 'n meisie
in haar liefde verlaat.
In elk' grashalm se vou
blink 'n druppel van dou,
en vinnig verbleek dit
tot ryp in die kou!

WINTER'S NIGHT (Translated by Guy Butler)
---------
O Cold is the slight wind
and sere.
And gleaming in dim light
and bare,
as vast as the mercy of God,
lie the plains in starlight and shade.
And high on the ridges,
among the burnt patches,
the seed grass is stirring
like beckoning fingers.

O tune grief-laden
on the east wind's pulse,
like the song of a maiden
whose lover proves false.
In each grass blade's fold
a dew drop gleams bold,
but quickly it bleaches
to frost in the cold!

Prosa & poësie | 3 kommentare

Rex Trueform

Wo., 18 Mei 2005 21:12

Ja dis reg.
Rex Trueform se lewe is gered. Een van die Wereld se groetste BEE groepe het dit in die hande gekry.
Ons hoor die nuwe naam gaan miskien Boi Bigbum wees.
Ek dink die eerste ding wat die nuwe swaart baase sal doen is vir al die boeretjies in die maatskappy 'n sjambok pak gee en dan hulle uit skop met 'n groet skop in die gat.

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

Eiendom verkoop op internet.

Wo., 18 Mei 2005 15:38

Waar is die maklikste plek op die internet om (liefs gratis) jou huis te
koop aan te bied?

Is daar 'n mark in SA om op internet eiendom te verkoop? Hierdie is nie 'n
huis wat mens vir die buitelanders wil adverteer nie.

Ruil, koop & verkoop | 6 kommentare

Vermaak in Nederland

Wo., 18 Mei 2005 14:03

Hoeveel is die gemiddelde Nederlander bereid om te betaal vir vermaak?
Ek weet hulle betaal sommer baie vir blomme.
Sal etniese dansers met grasrompies, veerbene, tromme, ens wat 'n vertoning
lewer aftrek kry?
--
Groetnis
Annette

Koeitjies & kalfies | 6 kommentare

Internetbankbedrog

Wo., 18 Mei 2005 14:01

Alweer.
Glo grootskaals, en die keer is die beginpunt FNB.

--
Groetnis
Annette

Koeitjies & kalfies | 3 kommentare

Wie gaan

Wo., 18 Mei 2005 07:28

Die Super12 wenners wees?
--
Groetnis
Annette

Sport & ontspanning | 1 kommentaar

Rex Trueform

Wo., 18 Mei 2005 06:57

Ek hoor vanoggend dat die fabriek nou oorgeneem word deur 'n BEE groep....
--
Groetnis
Annette

Koeitjies & kalfies | 7 kommentare

Swart komedie

Wo., 18 Mei 2005 06:30

Het julle gelees Sondag van die lyk wat op pad graf toe uit die kis geval
het toe die bodem van die kis meegegee het?
Ek kan nie bepaal waaroor die familie die meeste ontsteld is nie - oor die
kis se bodem wat met krammetjies geheg was, ipv vasgespyker, of oor die lyk
wat kaal was toe dit uitval nie.
--
Groetnis
Annette

Humor & grappe | 0 kommentare

Oor invoere III

Di., 17 Mei 2005 20:39

DNIK - Suidwester ou seun, baie dankie dat jy in die slaggat geval het. Die
woord is juis so gespel sodat jy moet....raai......raai weer......DINK !!!

Verder, met die 60MHz storie- dink jy nou vir een oomblik mens kan nie die
radio invoer en dan die frekwensie module met 'n 35 MHz module vervang nie?
Daar is mense wat die plaaslike sowel as die ingevoerde radio's regmaak,
versien en modifiseer.

Verder wil ek net vir jou as histeriese handelaar en plaaslike mafia-lid
vertel: julle is juis die mense wat jou mede-burgers uitbuit en dan staan en
tjank as daar 'n ander opsie tot redding van die verbruiker kom. Ek sal my
vrye keuse as verbruiker uitoefen. Vertel eerder vir die mense op die
nuusgroep hoe jy waarskynlik die belastingstelsel bevark deur jou
kruideniersware maandeliks te koop as "entertainment" vir jou klante. Of is
jou bediende nie miskien ook op die besigheid se boeke nie? Wat van die
visvang trips by Henties vir jou broers, anties en ooms? Betaal jy of die
besigheid? Ry jy miskien 'n diesel voertuig? Hoekom het jou besigheid
onlangs bakstene, verf en sement aangekoop maar niks word op die perseel
gebou nie? Hoekom het die besigheid Suidwester familie in SA/ Engeland/ VSA
opgebel en vir ure aaneen geklets? Vra my al die goed ou boet, ek het ook
familie wat lid van hierdie tipe mafia is. Ek ken julle.

Bottomline: ek soek plaaslik rond en voer dan meestal in want die plaaslike
handelaars se pryse is mal en hulle diens pateties. Veral as jy die ding
terugbring onder waarborg.

"If you can't stand the heat then stay out of the kitchen".

Dames en here, hiermee sluit ek die onderwerp af. Ek bedank julle hartlik
vir die entoesiasme waarmee julle aan die gesprek deelgeneem het. En
Suidwester, moenie bek-af voel nie, laat ons die ding nou hier los en "agree
to disagree". Aangesien jy nou waarskynlik 'n bitterbek gevoel in jou
binneste het - sorry man!

Koeitjies & kalfies | 9 kommentare

Borstkanker treft popzangeres Kylie Minogue

Di., 17 Mei 2005 10:47

Kylie Minogue trad eind maart nog op in het Antwerpse Sportpaleis met haar
"Kylie showgirl - The greatest hits"- tour. De popzangeres moest woensdag
eigenlijk de aftrap geven van haar tour in Australië.

"Hopelijk draait alles goed uit en kan ik snel terugkomen", reageert
Minogue. Ze kreeg het slechte nieuws afgelopen week te horen. Ze verbleef
toen net bij haar familie in Melbourne.

Minogue betreurt het sterk dat ze niet kan optreden voor een thuispubliek en
verontschuldigt zich.

http://vrtnieuws.telenet-media.be/nieuwsnet_master/default/n ieuws/overzicht

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

Bladsye (1834): [ «    299  300  301  302  303  304  305  306  307  308  309  310  311  312  313  314    »]
Tyd nou: Di. Mrt. 03 01:44:08 UTC 2026