Pan
Opeens het piet-my-vrou gefluit
toe skrik erdwurms in die kluit,
en orals in die vlei steek
bolle hul groen peesters uit.
Bul
Hy snuif en snuif, nog eers verward
oor watter geur sy drif uittart,
dan kies sy horing snel één
van twee paaie na die hart.
Tweelinge
Daar is twee pole wat die gang verstoor
As teengesteldes wat gelyk bekoor,
en tussen hulle hou die hart en son
diep in die dop 'n dubbeldoor.
Krap
Ek kyk uit pantsers deur 'n kier
en flikker in die sonlig skêr en spier,
verberg die fyn en tere - agter
die stroewe skild op 'n skarnier.
Leeu
Hy gloei voor my uit die braambos
en vlam op vlam skud Hy Sy maanhaar los,
die koninklike vuur van die heelal
wat my van bloed en vlees verlos.
Maagd
Sy laat die uitverkore saad ontwaak,
die sakaboela nes in biesies maak -
Sy baar die eier, vrug en Knaap; maar gaan
van hierdie aarde self onaangeraak.
Weegskaal
Die nag en dag sal ek soms bring
deur wik en weeg tot ewening;
maar altyd roer tussen die twee
die wyser van die skemering.
Skerpioen
Onder die swart klip van die nag stoot
onverwags sy angel in my skoot;
ek worstel .. gee my oor aan die vergif,
aan die bedwelming van die dood.
Skutter
Ons sien 'n eland stadig nader kom
maar wei as trop rustig met hom;
dan tref 'n pyl en weet ons weer
die dood wei tussen ons vermom.
Steenbok
Ek het haar fyn en skugter teen die more
eens gesien, maar koersverlore
soek ek sedertdien oor stof en ryp
die paadjie van haar spore.
Waterman
Hy skep die waters weer byeen
en sonder ag op bid of ween,
kantel Hy na eie spel
dit deur die gieter weer uiteen.
Visse
Agter ysvlakke van 'n ander ryk
hang wesens wat liggies roei en wyk,
terugkeer, en met verstilde hartstog
na 'n afgestolpte wêreld kyk.
A NY teacher, going home at 10.40am to fetch lunch, found a leg and lower
torso in her garden.
According to Argus:
" The foot of the leg was broken, clad in a red Adidas sneaker and a Nike
sock.
She called the police, who identified the body parts as human remains."
--
Groetnis
Annette
Life is uncertain - eat dessert first
ann...@ctnet.co.za
A man's leg and part of his spine came crashing onto the roof of a woman's home in Nassau County near Kennedy International Airport yesterday morning, and a short while later the man himself was found dead in the wheel well of a South African Airways jetliner that had just landed.
Ronnie Kasrils het mos nou die NIA opdrag gegee om uit te vind of daar 'n
derde mag bestaan wat agter die optogte en betogings van die afgelopie
rukkie sit.
Ek, as 'n doodgewone landsburger, kan hom en die staat baie geld spaar.
Ek sal sommer gratis vir hom laat weet hy moet die rede gaan soek by die
Eerste Mag.:)
--
Groetnis
Annette
Hier by ons in die Caprivi, is 'n groot ontdekking gemaak: 230 ton se
noodvoedsel is verrot en ongeskik in 'n stoor gevind in 'n gebied waar die
mense groot nood ondervind. Dié voedsel, geskenk uit die buiteland om
behoeftiges deur die moeilike tye te help, is nie uitgedeel nie omdat die
mense wat dit moes doen, nie oortyd betaal word deur die staat nie! Afrika
se gierigheid is sy eie grootste vyand...
Met vandag se mense wat nie meer lees nie, en al hul kennis opdoen deur
televisie te kyk, behoort programme en advertensies tog so te wees om
opvoedkundig te wees, ipv om verkeerde idees in mense se koppe te plaas.
Die nuwe petroladvertensie van die jong seuntjie by die troue is van
toepassing. Ek kry die arme slapende oupas jammer.
Die ander advertensie wat my naar maak is die een van KFM ( ek dink) van die
dameslawe op die rowerskip.
--
Groetnis
Annette
Ons word vertel dat Mbeki en Zuma nog geen woord met mekaar gepraat het nie.
Intussen is daar glo 'n berig in 'n groot Sjinese dagblad dat Zuma oor drie
dae afgedank sal word.
Nou weet die Sjinese meer as ons wat hier bly...
--
Groetnis
Annette
Ek hoor die naam van een van ons proteas behoort nou aan Yank maatskappy.
Veral in California teel hulle nou hul eie proteas en verkoop dit baie
suksesvol op die wereld mark. Is die naam boegoe nog ons s'n of behoort ook
nou al aan 'n Yank maatskappy? Ek wonder hoe gebeur dit of wie gee die
regte oor aan maatskappye om so 'n naam te patenteer as hulle eie. Ons kon
ook met die naam protea gemaak het soos hulle gemaak het met die naam "Port"
en "Champagne". Soos die regte van daai plant wat die San uitgewys het as
die wonder dieet kuur verryk nou 'n Yank maatskappy!
Clover en SAB Miller het gister bekend gemaak dat hulle 'n gesamentlike
onderneming (joint venture) begin om 'n nuwe bruisdrankie te vervaardig.
Dit bestaan uit 'n mengsel van bier en suiwel en die verwagting is dat dit,
met 'n eg Suid-Afrikaanse karakter, groot byval by die meeste sektore van
die bevolking sal vind.
Die drankie sal onder die handelsmerk Sabier Shake bemark word.