Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Wys: Vandag se boodskappe :: Onbeantwoorde boodskappe :: Stemmings :: Navigasie
Hartlik welkom! Op hierdie webtuiste kan Afrikaanse mense lekker in hul eie taal kuier, lag en gesellig verkeer. Hier help ons mekaar, komplimenteer mekaar, trek mekaar se siele uit, vertel grappe en vang allerhande manewales aan. Lees asb ons aanhef en huisreëls om op dreef te kom.

DSTV

Vr., 10 Junie 2005 08:32

'n Ruk gelede was daar mos 'n bohaai oor die wat jy nou 'n volwasse knap
kaart in jou DSTV dekodeerder kan sit wat jou toegang gee tot 'n 24 uur blou
film kanaal. Nou wonder ek of die ouens werklik tou gestaan het om dit in
te laat sit of was dit maar net 'n bohaai oor niks? Ek sien op Bid or Buy
adverteer hulle 'n thingmajig wat jy by jou pc install wat jou ook toelaat
om internasionale stasies op te vang gratis, for you for niet, maar jy het
internet toegang nodig. Ek wou dit 'n try gee maar bang ek tel net sneeu
op! Het enige een ondervinding met die thingmajig?

TV, flieks & vermaak | 10 kommentare

Sogenaamde Leiers

Vr., 10 Junie 2005 06:49

Nog nie 'n dooie woord deur die hoofregter, aangewese hoofregter,
Vise-president ( Onse Prez is landuit), Minister van Justisie, Hoof van
Polisie, of enige " verantwoordelike" minister in die kabinet om die
rassistiese en lasterlike uitsprake deur sg. " jeugleiers" tov regter H.
Squires aan te spreek nie.
--
Groetnis
Annette

Koeitjies & kalfies | 2 kommentare

" Diereriem " deur D.J. OPPERMAN

Do., 09 Junie 2005 22:48

Diereriem
D. J. Opperman

Pan
Opeens het piet-my-vrou gefluit
toe skrik erdwurms in die kluit,
en orals in die vlei steek
bolle hul groen peesters uit.

Bul
Hy snuif en snuif, nog eers verward
oor watter geur sy drif uittart,
dan kies sy horing snel één
van twee paaie na die hart.

Tweelinge
Daar is twee pole wat die gang verstoor
As teengesteldes wat gelyk bekoor,
en tussen hulle hou die hart en son
diep in die dop 'n dubbeldoor.

Krap
Ek kyk uit pantsers deur 'n kier
en flikker in die sonlig skêr en spier,
verberg die fyn en tere - agter
die stroewe skild op 'n skarnier.

Leeu
Hy gloei voor my uit die braambos
en vlam op vlam skud Hy Sy maanhaar los,
die koninklike vuur van die heelal
wat my van bloed en vlees verlos.

Maagd
Sy laat die uitverkore saad ontwaak,
die sakaboela nes in biesies maak -
Sy baar die eier, vrug en Knaap; maar gaan
van hierdie aarde self onaangeraak.

Weegskaal
Die nag en dag sal ek soms bring
deur wik en weeg tot ewening;
maar altyd roer tussen die twee
die wyser van die skemering.

Skerpioen
Onder die swart klip van die nag stoot
onverwags sy angel in my skoot;
ek worstel .. gee my oor aan die vergif,
aan die bedwelming van die dood.

Skutter
Ons sien 'n eland stadig nader kom
maar wei as trop rustig met hom;
dan tref 'n pyl en weet ons weer
die dood wei tussen ons vermom.

Steenbok
Ek het haar fyn en skugter teen die more
eens gesien, maar koersverlore
soek ek sedertdien oor stof en ryp
die paadjie van haar spore.

Waterman
Hy skep die waters weer byeen
en sonder ag op bid of ween,
kantel Hy na eie spel
dit deur die gieter weer uiteen.

Visse
Agter ysvlakke van 'n ander ryk
hang wesens wat liggies roei en wyk,
terugkeer, en met verstilde hartstog
na 'n afgestolpte wêreld kyk.

Prosa & poësie | 0 kommentare

Nie marsmannetjies nie

Wo., 08 Junie 2005 18:43

Vir die wat Engels kan lees:)

A NY teacher, going home at 10.40am to fetch lunch, found a leg and lower
torso in her garden.
According to Argus:
" The foot of the leg was broken, clad in a red Adidas sneaker and a Nike
sock.
She called the police, who identified the body parts as human remains."
--
Groetnis
Annette
Life is uncertain - eat dessert first
ann...@ctnet.co.za

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

Arms en bene val uit die lug!

Wo., 08 Junie 2005 11:47

http://www.nytimes.com/2005/06/08/nyregion/08parts.html

Aanhaling:

A man's leg and part of his spine came crashing onto the roof of a woman's home in Nassau County near Kennedy International Airport yesterday morning, and a short while later the man himself was found dead in the wheel well of a South African Airways jetliner that had just landed.

Koeitjies & kalfies | 2 kommentare

Die Derde Mag.

Wo., 08 Junie 2005 10:55

Ronnie Kasrils het mos nou die NIA opdrag gegee om uit te vind of daar 'n
derde mag bestaan wat agter die optogte en betogings van die afgelopie
rukkie sit.
Ek, as 'n doodgewone landsburger, kan hom en die staat baie geld spaar.
Ek sal sommer gratis vir hom laat weet hy moet die rede gaan soek by die
Eerste Mag.:)
--
Groetnis
Annette

Koeitjies & kalfies | 1 kommentaar

Noodvoedsel in Afrika

Wo., 08 Junie 2005 09:43

Hier by ons in die Caprivi, is 'n groot ontdekking gemaak: 230 ton se
noodvoedsel is verrot en ongeskik in 'n stoor gevind in 'n gebied waar die
mense groot nood ondervind. Dié voedsel, geskenk uit die buiteland om
behoeftiges deur die moeilike tye te help, is nie uitgedeel nie omdat die
mense wat dit moes doen, nie oortyd betaal word deur die staat nie! Afrika
se gierigheid is sy eie grootste vyand...

Koeitjies & kalfies | 7 kommentare

Skadelike advertensies

Wo., 08 Junie 2005 06:43

Met vandag se mense wat nie meer lees nie, en al hul kennis opdoen deur
televisie te kyk, behoort programme en advertensies tog so te wees om
opvoedkundig te wees, ipv om verkeerde idees in mense se koppe te plaas.
Die nuwe petroladvertensie van die jong seuntjie by die troue is van
toepassing. Ek kry die arme slapende oupas jammer.

Die ander advertensie wat my naar maak is die een van KFM ( ek dink) van die
dameslawe op die rowerskip.
--
Groetnis
Annette

Koeitjies & kalfies | 11 kommentare

Selfde as die ou dae

Wo., 08 Junie 2005 06:02

Ons word vertel dat Mbeki en Zuma nog geen woord met mekaar gepraat het nie.
Intussen is daar glo 'n berig in 'n groot Sjinese dagblad dat Zuma oor drie
dae afgedank sal word.

Nou weet die Sjinese meer as ons wat hier bly...
--
Groetnis
Annette

Koeitjies & kalfies | 1 kommentaar

brief by die Engelse ng

Di., 07 Junie 2005 18:31

Gisteraand (06-06-2005 / 9:57 pm)
is daar 'n brief gepos deur 'joe'
met die titel ' Come tour South Africa'
by soc.culture.south-africa

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

Bladsye (1834): [ «    292  293  294  295  296  297  298  299  300  301  302  303  304  305  306  307    »]
Tyd nou: Di. Mrt. 03 00:23:57 UTC 2026