Ek lees gister dat 'n boer vertel van die boereverenigingvergadering waarop
hulle die vergadering oopmaak vir algemene bespreking. Die een vraag wat
aan hulle gevra was, was as hulle nou R20 miljoen moet kry om te maak
daarmee wat hulle wil, sou hulle grond koop en gaan boer? Blykbaar kon
daar onder die 150-sterk vergadering nie 'n enkele boer gevind word wat kon
se dat hy weer sal gaan boer nie.
Op die oog af mag dit na niks klink nie, maar die landbou....kommersiele
landbou, is die ruggraat van enige suksesvolle ekonomie en as jou produsente
nie meer wil nie, dan het jy groot probleme.
Janee, dis alweer die week waarop ons Trots op SA moet wees:)))
Waarop is ek trots?
Dat ek nog steeds daagliks om my mense sien wat met 'n breë glimlag
rondloop.
Dat ek nog steeds met mense in 'n hysbak kan gesels.
Dat ek nie bang hoef te wees om my sê te sê nie.
Dat onse Prez en die eks-waais Pres, hand op mekaar se niere, so duidelik
lieg dat almal dit kan sien en weet.
Dat nie almal hoef te dink dat homoseksualiteit sonde is nie.
Dat ons Pinotage lekker en uniek is.
Dat ons nog steeds lekker kan braaivleis hou.
Dat ons nou weet dat blanke Afrikaanse mans die gesinsmoordenaars is, maar
die jong Indiër mans mense ontvoer en vermoor.
Dat ek nie hoef hoed te dra as ek parade toe gaan nie.
Dat dit ons nie meer vreeslik ontstel as ons sportspan verloor nie.
Dat daar nog steeds baie vrugte en groente, in groot verskeidenheid,
beskikbaar is.
Dat ons toerismebedryf begin ontwikkel.
Dat daar nog steeds nuwe koerante verskyn en verdwyn - slegs op grond van
normale ekonomiese beginsels, en nie agv die inmenging van die staat nie.
Dat daar nou 'n nuwe Engelse reeks op TV is, waar die oorgrote meerderheid
akteurs en aktrises Afrikaans is. Sodoende sal die Afrikaanse Engelse aksent
nooit uitsterf nie;)))
Dat dokters in die briewekolomme van koerante die minister van Gesondheid en
mediese fondse kan aanvat.
Dat onse Prez vir die mense van die VN gaan uitvreet het, stanende met 'n
gebakte hand ter wille van Afrika:))
Dat ons nog voëls in die bome kan hoor sing.
Dat ons nog boeretroos kan drink.
Dat boere nog steeds 'n plan kan maak.
Wie weet waar DD is?
Is "friend" nie 'n skuilnaam van DD nie?
En, waar is die Reisiger?
Wat is 'n mooi woord vir 'n "sleuth" in Afrikaans. (Seker een van Michael
Cane se beste flieke - die "Sleuth" ...)
Die TAC rapporteer dat meer as 40 mense reeds dood is aan maagkoors in die
Delmas-omgewing. Die Departement van Gesondheid ontken dit - sê daar slegs 4
mense dood aan maagkoors.
Iemand het vergeet om chloor in die drinkwater te gooi. (Daardie ou is
bepaald nie 'n wit manlike persoon nie - "hulle" het van hulle ontslae
geraak...)
'n Dokter wat al 11 jaar praktiseer op Douglas, is in hegtenis geneem
omdat hy gevaarlike dwelms vervaardig en verkoop het, tesame met sy
trawante. Is dit nie skokkend dat 'n persoon wat onder eed gesweer het
dat hy lewens sal red, dit op so 'n manier wil neem nie. Ek is van
mening dat hierdie "dokter" baie swaar gestraf moet word.
Suidwester wrote:
> Is dit dan nie julle president wat laasweek soort van erken het dat die
> munisipaliteite 'n boggerop is nie, juis omdat die ANC-politici hul
> 'vriende' aanstel in poste waarvoor hulle geen ervaring of bevoegdheid het
> nie? Dat regstellende aksie 'n boggerop was? Dat die wysheid hulle nou
> moet tref na amper 15 jaar! Die ergste is dat dit nie herstelbaar is
> nie....die ervare persone vir die werk is of nou te oud of verdien soveel
> geld as konsultante vir onbevoegde amptenare, dat hulle nie sal belangstel
> nie!
> "Jonas" wrote in message
> news:dgo1sr$e82$1@ctb-nnrp2.saix.net...
>> Die TAC rapporteer dat meer as 40 mense reeds dood is aan maagkoors in die
>> Delmas-omgewing. Die Departement van Gesondheid ontken dit - sê daar slegs
>> 4
>> mense dood aan maagkoors.
>> Iemand het vergeet om chloor in die drinkwater te gooi. (Daardie ou is
>> bepaald nie 'n wit manlike persoon nie - "hulle" het van hulle ontslae
>> geraak...)
Nee Jonas, die groot koppe in die munisipaliteit het nie die kennis
gehad om te kon onderskei tussen chloor en arseen. Of, die
burgemeester het die geld gesteel en kon hulle nie chloor in die water
gooi nie!
>>
>>
>>
>>
>>
>>
So lê u spore diep in my. U het my bitter
denke bekeer, my bitsig-bose tong
geleer om soet te buig, eers tot u eer,
toe ook met ander lof. 'n Duister, jong,
verstokte vasteland het u laat skitter
met kenbaarhede; heidense kontrei
het u welluidender vernoem - gedoop
in 'n nuwe taal wat oor die landkaart sprei
(waardeur ek groei, maar wat deur my ook groei)
- pleknaam tot pleknaam Kaap die Goeie Hoop.