As Kersfees kom - geseënde tyd -
Dan word 'n droewe wêreld bly,
Gaan harte oop, staan deure wyd
Al waar die milde invloed sprei
Van vrede, vrindskap, goeie wil,
Wat meng in soete harmony -
Die boodskap laat ons harte tril ...
Maar môre gaan ons weer baklei!
As Kersfees kom en vrind'likheid
In goeie Sinter-Klaas-livrei,
Heers wyd en syd beminlikheid
In kerke en stande streng geskei.
Dan, blykbaar, is daar geen verskil,
Die Vredevors al toegewy:
Warm word 'n wêreld doods en kil ...
Maar môre gaan ons weer baklei!
As Kersfees kom, wyk kleinigheid;
Vergeet een ieder sy party;
Wyk wanguns en venynigheid
Wat broeders van malkander skei.
Dan swyg die dwarstrek-geeste stil
Voor vrede-engelesang en -rei -
Dié kom so graag as ons net wil ...
Maar môre gaan ons weer baklei!
l'Envoi
Die Kersfeesgees, die goeie wil,
Die spreek tot U, die spreek tot my:
Sy boodskap laat ons harte tril ...
Maar môre? - Gaan ons weer baklei?
Oupa vat elke oggend die 5-jarige Ansie skool toe.
Toe hy een oggend siek is, vat haar ouma haar.
Die aand vertel sy haar ma en pa dat die ryery saam met ouma baie anders was as saam met oupa.
"Hoekom?" vra hulle.
Ansie: "Ek en ouma het nie een flippen idioot, blinde of dom ou op die pad gesien nie."
Soos dit maar gaan met kerkbasaars, het tant Sarie se mooi koek wat sy bak platgeval.
Daar is nie tyd om 'n nuwe een te bak nie.
Sy prakseer toe 'n toiletrol in die middel van die koek om dit te ondersteun en vul dit toe op met versiersuiker.
Haar plan is toe om dit self te koop by die basaar.
Maar toe sy baie vroeg by die basaar kom, is die koek klaar verkoop!
Dis toe nie die einde van die storie nie.
Toe sy die Maandag by 'n vriendin gaan teedrink, staan die koek op die tafeltjie en wag!
"Wat 'n mooi koek" is al wat tant Sarie kan uitkry.
"Dankie," sê die vriendin, "Ek het dit gister gebak..."
Twee nonne ry per motor en gaan staan sonder brandstof.
By die naaste plaashuis vra hulle 'n bietjie petrol.
Die oom het nie 'n houer nie en gooi die petrol sommer in 'n ou koos (piepiepot).
Nou staan die nonne langs die pad en gooi die petrol uit die ongewone houer in die kar in.
Die dominee en die ouderling kom op daardie oomblik daar verby en dominee sê:
"Broer, sowat van geloof het ek lanklaas gesien!"
Belangrikheid om 'n kind toe te laat om kind te wees; Mon, 18 November 2019 00:13
Kinders
Daar is goud in die mond van die oggendstond,
saam met die wonder-wêreld van reënboogland.
As die son sy glimlag oor die doudruppels sprei,
kom dans hierdie kleure op elke grassie en plant.
In die ogies van ‘n kind kan jy hulle nog vind,
voor die grootmens-son al die prag kom steel.
Die onskuld sukkel maar met grootmens-reëls,
want antwoorde op betowering is reeds verseël.
Verwonderings verdwyn so met die tyd se stap,
as die wense van mense klein droompies oorneem.
Met die voorsê deur elkeen wat kamstig alles weet,
word ‘n ‘kindwees-wonder’ van kinders ontneem.
So bou ons klein mensies met fondasies van sand,
op grond wat ons geleen is, of wat ons iewers vat.
Die boompies wat ons buig om gelukkig te wees,
word sukkelende masjientjies op n sinkplaat pad.
Wanneer krake verskyn en ons handewerk bederf,
dan kom die waaroms en word die feite verwring.
Met oorsake vergete en die dringentheid wat vra;
“waarom hierdie dinge wat ongelukkigheid bring?”
Kom tog tot besinning, jy wat ‘n grootmens is,
en dink aan die dae toe jy ook ‘n kind nog was.
Deur jou reënboog-ogies het die Skepper gelag,
en met die werk van Sy hande, jou steeds verras.
Die kinders behoort nie, hulle is ons net geleen.
Daarom sê die Koning. “Hier is ‘n nuwe gebod:
Verhinder nooit die kinders wat na My toe kom.
Hulle is die reënboë in die koninkryk van God.”
Hallo...
Die TAAL wat ons praat, skryf en lees is nie Afrikaans nie. Afrikaans is 'n kriole taal wat deur die Afrikaner, Maleisiese slawe, Koi, San en die Korana's gepraat was.
In hierdie skakel - http://dbnl.org/tekst/scho120pros02_01/scho120pros02_01.pdf
Die prosa van die tweede Afrikaanse beweging
- Erken die Afrikaner dat hy nie 'n taal gehad het in 1875 nie
Die Boervolk se Republieke was toe alreeds 25 jaar tevore internasionaal erken as die land van die Boervolk in 1852 (Transvaal) en die Vrystaat in 1854 en dit was weer in die 1884 Londen Konvensie erken.
Die Boere se Taal heet Boers, net soos die Russe Russies praat, die Zulu's Zulu praat en die Duitsers praat Duits.
Waarom dink iemand die Boere moet Afrikaans praat ?
Die Afrikaner is na' die Oorlog (waarin hy teen die Boere geveg het as die National Scouts) as diktator aangestel om toe te sien dat die Boere nie weer hulle land kan terugkry nie, en dat die volksmoord gedurende die Oorlog deur die Afrikaner uitgevoer sal word waarvoor die Afrikaner die Boere se land sal kry.
Die Boere se taal is deur die Afrikaner hernoem, die geskiedenis is herskryf deur die Afrikaner sodat die Boer se se geskiedenis en prestasie nou die' van die Afrikaner moet wees.
Die taal is Boers, nie Afrikaans nie.
Ek pos hierdie na aanleiding van die aangehegte skakel wat die Boer identiteit noem.
Ná tien jaar kom die ma agter dat hul oudste kind nie soos sy jonger sussie lyk nie en gaan doen 'n DNS-toets om sekerheid te kry! Tot haar skok wys die toetse dat nie sy, of haar man aan die kind bloedverwant is nie!
Vrou aan haar man:
"Weet jy dat Kosie nie ons kind is nie?"
Koos gelykmatig:
"Ja!"
Vrou rasend van ontsteltenis:
"Goeie hemel, jy’t geweet, maar hoe het dit gebeur?"
Man:
"Onthou jy, voor ons die hospitaal verlaat het het die baba sy doek vuil gemaak en toe sê jy, gaan ruil hom om!"
Opsoek na die fonetiese alfabet; Wed, 11 September 2019 08:35
Ek is opsoek na die fonetiese alfabet. Die woordeboek help nie en Google nog minder. Ek moet 'n gedig oorskryf in Fonetiese skrif maar ek't geen idee hoe nie.
familielyne en grafte; Wed, 04 September 2019 10:55
Pieterse-lyn: Rhenosterhoek, Olifantspoort, Nooitgedacht Rustenburg Distrik. Baie grafte van Pieterse families is in die distrik van Boons tot Magaliesburg/Rustenburg R24 pad.
Enige familielede hier vanaf daardie omgewing. My naam Ria Pieterse (getroud Pieterse). Afstammelinge van Frederik Jacobus Pieterse van Rhenosterhoek-omgewing. Hy en sy vrou is begrawe op Rustenburg. Sy ouers is begrawe op 'n deel van Rhenosterhoek.
Piet haat sy vrou se kat en besluit op 'n dag om ontslae te raak van die kat.
Hy vat die kat en ry so 2 km ver en smyt hom uit die kar uit.
Toe hy by die huis kom, wag die kat vir hom.
Weer laai hy die kat in sy kar en ry so 5 km weg en smyt hom weer uit.
Hy kom by die huis en hier wag die kat weer vir hom.
Hy laai die kat weer in en ry 'n helse ent, draai links, draai regs, dan 'n ent terug, dan weer links en regs vir kilometers en gooi uiteindelik die kat weer uit.
Na 'n ruk bel Piet sy vrou en vra of die kat by die huis is.
"Ja," sê sy. "Hoekom vra jy?"
Piet antwoord:
"Gee die foon vir die kat. Ek het in my peetjie in verdwaal!"