Jare terug het ek 'n Coenie de Villiers CD besit wat hy opgeneem het terwyl
hy op 'n Griekse eiland was (sowat 15? jare gelede). Intussen het ek die CD
verloor, en kan gladnie die naam daarvan onthou nie. Ek het al Kalahari
probeer, hulle het 'n lang lys van CD's vir my gestuur, maar daar is geen
teken van die Griekse CD nie. Amazon weet ook niks nie. Die www toon nie 'n
tuisblad vir Coenie nie. Waartoe nou?
My radeloosheid het my laat dink dat ek miskien die kunstenaar verkeerd
het.... is dit miskien Jannie du Toit? Dit voel nie vir my reg nie.Ek kan
nie onthou dat Jannie ooit op 'n Griekse eiland 'n album gemaak het nie.
Coenie voel vir my baie 'reg' as ek na die prentjie op die voorblad kyk in
my 'herinnering' - krul hare, effe 'vierkantige' gesig, en die sagte oë!
Mens sal maar seker 'n bietjie moet wag vir die regte storie uiteindelik -
maar vanoggend se nuusberig wil laat blyk dat dit 'n moordaanval kon wees.
Miskien was dit die SARS ouens wat nie meer geweet het hoe om hul
verleentheid aangaande hom verder te kon hanteer nie.
--
Groetnis
Annette
ja jy moet trek hoekom moet ander mense skade ly as jy nie kan betaal nie
"kaalbaster" wrote in message
news:1127481630.088771.76590@g14g2000cwa.googlegroups.com...
> Need some advice please. I rent a townhouse and experience a problem
> last month in paying the rent. Only 1 month in arrears and the agent
> handed me over to the layers - received a summons, try to negotiate to
> pay the bill either in full, depending on money coming in, or at least
> half of the arrears. Can they summons me with evacuation papers?
>
Ons tennis is nou al so ver agteruit ontwikkel, dat ons teen Marokko verloor
het - en hul twee beste spelers het nie deelgeneem nie.
--
Groetnis
Annette
S.J. du Toit
Hoe di Hollanders di Kaap ingeneem het
Myn liwe basiis, glo fer my,
So waar as waar di waarhyd is;
Ons Grikwas het toen nog gebly
Dáár waar di grote water is,
Ja, ons wat Grikwas is.
Een dag sit ons by di Plat Kop, -
Jul Duusfolk roep hom nou di Kaap,
'n Ding kom uit di water op,
Daar waar di son al aand gaan slaap,
'n Wit ding, nes 'n skaap.
Hy kom op uit diselfde gat,
Waar saans di son steek weg syn kop,
Eers was hy klyn en laag en plat;
Ons kyk en kyk; hy rys syn kop
En rys al hoger op.
Di ding kom nader, hy word groot;
Ons Grikwas kom toen by makaar;
Ons raak al sutjiis in di nood;
Di ding di lyk mos reg-reg naar;
Ja, basiis, dis so waar.
Ons hou toen raad, en ons hou raad;
Party flug bang bang na di krans;
En hy wat Kiwiit was word kwaad,
En sê: "Jul's gek! Dit is 'n gans!
'n Grote watergans!"
Ons sê toen: "Ja," want hy is mos,
Kaptyn mos, hy wat Kiwiit is;
Hy roer syn kop nes 'n foor-os,
Toen hy ons sê wat dat dit is,
Ja, hy wat Kiwiit is.
En ons wat Grikwas was, ons kyk,
Ons kyk, di ding word banja groot;
En altyd leliker hy lyk;
Ons word nou reg-reg in di nood;
Ons denk ons moet nou dood.
Toen fou di ding syn flerke op,
En hy gé klyntjiis af een kant;
En ons hou toen fer hom mar dop,
Hy gé meer klyntjiis, ander kant,
Hul sak af o'er di rant.
Ons kyk, ons kyk, wat Grikwas was,
Ons siin di klyntjiis, en ons beef;
Ons weet nou nog ni wat dit was;
Dit lyk fer ons di ding di leef,
Wat somar klyntjiis geef.
Di klyntjiis kom, hul kom nou an,
En ons wat Grikwas was, ons kyk,
En in di klyntjiis sit Duusman,
Wat naar en aardig fer ons lyk,
Toen ons hul reg bekyk.
Di Duusfolk kom, hul waai di doek,
Hul waai, en wys di koperdraad;
Hul wys di koper, waai di doek;
Maak tekens, plek fan praat;
Hul wys di koperdraad.
En ons wat Grikwas was breng fet,
Tamaai fet skaap en bok en bees:
Hul gé ons klyn stuk koper net,
Ons gé tamaai fet skaap en bees;
Ons was nog dom gewees.
En hul wat Duusfolk is, hul sê, -
Dis waar wat Danster jul fertel, -
Hul wys toen hul wil grond ook hê,
So klyn mar nes 'n beestefel, -
Dis waar wat ek fertel.
Hoor nou hoe skelm di Duusfolk is,
Hul sny di fel in riimpiis rond.
En net so lank as di riim is
Sê hulle toen: dis hulle grond!
Hul meet al in di rond.
En ons wat Grikwas was loop weg,
En ons hou raad, en ons hou raad;
Ons maak toen plan ons wil nou feg:
Want ons was nes 'n slang so kwaad,
En ons hou lang tyd raad.
Mar foor ons met bakly begin,
Daar laat di Duusfolk fat en loop;
Hul kruip weer in di klyntjiis in;
Di groot ding maak syn flerke oop
Daar laat di Duusfolk loop.
En ons wat Grikwas was ons sê:
"Duusmanners! jul het ons gepirr!"
En ons hou raad en ons o'erlê
"Kom jul ooit in ons land weer hiir,
Dan frek jul almal hiir!"
En ons wat Grikwas was maak plan,
Ons maak toen reg ons boog en pyl,
Ons smeer di slang syn gif daaran,
Ons slyp toen skerp di fuurklip byl,
Wi Grikwa is, het pyl.
En hy wat Duusman is bly weg!
Di nuwe maan kom twaalfmaal weer;
En ons wat Grikwas is wil feg;
Mar Duusman hy kom nou ni weer;
Hy weet glo, hy kry seer.
En ons wat Grikwas was, ons wag,
Ons kyk, en kyk, di ding moet kom;
En wrintig, ja, ons kyk een dag,
Ons siin hom uit di gat uit kom;
Dis hy! ons ken fer hom.
Ons sê: "Duusman! jy frek fan dag!
Jou harslag, lewer, long moet waai!
Hiir in di sand sal ons jou slag,
En op di fuur jou fet uitbraai!
Jou harslag moet nou waai!"
Di ding fou weer syn flerke op,
Hy gé weer klyntjiis af, een kant:
En ons hou toen fer hom weer dop,
Hy gé weer klyntjiis, ander kant,
Hul sak af o'er di rant.
Di klyntjiis kom, hul kom nou in.
Di Duusfolk waai, hul waai di flag;
Ons siin groot koper lê daar in;
Ons Grikwas was toen bly, ons lag,
En dog ons sal nou wag.
En ons wat Grikwas was maak plan,
Ons wil eers di groot koper kry;
En dan frek jy net gou Duusman!
Dan sal ons jou an riimpiis sny;
Di Duiwel sal jou ry!
Di Duusfolk maak toen tekens weer:
Hul waai di doek, hul swaai di hand;
Hul wys ons moet hul help di keer
Groot koper uitsleep op di land,
Daar op di droge sand.
En hy wat wit mens is breng tou;
Hy span ons in en skré toen: "Trek!
En dan sal ons mooi handel nou!"
En ons trap fas dat ons wou frek;
Dis bo ons fuurmaakplek.
Di Duusfolk skré, hul maak lawaai;
Ons trek; hul steek fuur agter an; -
Di Koper hoes; - di derrems waai;
En in di lug di laaste man!
Wat leef di hardloop wat hy kan.
En hy wat Danster was en ek,
Ons merk toen eers ons is gepiir;
Ons hol tot hiirso by di plek;
En fan di tyd af boer ons hiir,
Hiir by di Grootrifiir.
Wit sokkies word NOOIT by werksklere gedra nie, net pedofiele doen dit.
Jou sokkies se kleur moet by jou broek se kleur pas, donkerblou of
donkergrys sokkies pas nie by 'n swart broek en swart skoene nie.
Van skoene gepraat; jy dra nie skoene met sole van meer as 1cm by 'n
pakbroek nie. Onthou, hoe hoër jy staan hoe harder val jy. En as die skoen
enige gekroomde metaal aanhet, dra jy dit glad nie (behalwe as jy navorsing
oor magneetvelde doen).
'n Das by 'n kortmouhemp lyk moer kommin en das wat te kort is, lyk nog
erger.
Effekleurige dashemde met wit krae is dood, brand of begrawe dit. Moet
nooit 'n geel das dra nie, dit lyk of 'n heks op jou gebraak het. Moet ook
nooit 'n das met Disney-karakters dra nie, as jy ernstig opgeneem wil word,
moet jy soos CNN lyk, nie soos Cartoon Network nie. Colour-code beteken NIE
dat jou Disney-karakter kouse en das bymekaar moet pas nie.
Informeel:
Swart belde of skoene word nie by blou jeans gedra nie.
'n Beltbuckle wat groter is as jou kop word slegs gedra as jy op vakansie is
in Texas of Vereeniging.
Jy dra nie 'n afmou hemp in die publiek nie, die cherries spek jou wel
meer, maar dis slegs uit skok, jy fire nie hulle jets nie. PT-broeke met
die "slit" aan die kant lyk, en is, ongemaklik, moenie dit dra behalwe as
jy ander gay mense opgewonde wil maak nie.
Die hele doel van 'n pet, is om die son uit jou oë te hou, nie uit jou ore
of agterkop nie, dra die afdakkie na voor en as jy onder dak inloop, haal
dit af.
Jou broek se bokant moet op jou heupbene sit nie onder jou gat of onder jou
arms nie. Niemand stel belang hoe jou boxer lyk of watse snaakse vorme jou
genetalië onder druk aanneem nie.
Bykomstighede:
'n Sonbril hoort op jou oë, in sy sakkie, of in jou hand, nie op jou kop,
om jou nek, of voor aan jou kraag nie. En haal tog jou sonbril af as jy met
iemand praat, behalwe as jy nou net iets gesteel het.
'n Selfoon moet nie aan jou belt gedra word nie, dis 'n Nokia, nie 'n
Beretta nie.
'n Belt is gemaak om jou broek bo te hou, nie vir jou selfoon, knipmes,
Leatherman, toolbox, Beretta, Beretta se laserscope, Beretta se ekstra
petrone, bottletjie haarolie, kondome ens. nie.
Jou kam hoort in die badkamer, nie in jou kouse nie, maak nie
saak wat jou pa gesê het nie! En haarolie is iets wat deur die Natzi's
uitgedink is
om vroue reg oor die wêreld te pynig, hulle noem dit massa marteling.
Wenke aan die dames:
Daar is niks so mooi soos 'n kant boudeflossie wat net so effens
uitsteek nie. Maar met die klem op 'net so effens'. Ek kry trane in my oë as ek van
agter vir vrou loer en dit lyk of haar boude besig is om haar g-string op te
eet.
As jy 'n rolletjie (of twee of drie...) het, moet asseblief nie 'n
"boob-tube" met 'n oop maagie dra nie, 'n stukkie suurdeeg wat oor 'n belt
borrel is verkeerd in enige boek.
Alhoewel jy baie trots voel daarop, wil ons asb. nie jou nuwe naeltjie ring
sien nie, vernaam nie as jy die rolletjies eers moet oopvou terwyl jy met
die ander hand 'n metaalverklikker gebruik om die dingetjie te probeer
opspoor nie.
Onthou tog asb. om in die spieël te kyk voordat jy uit die huis gaan in die
oggend, dit mag dalk vir jou lyk asof die mensdom jou bates wat uitpeul
bewonder, maar wees verseker dat hulle jou in skok en verbasing aanstaar,
nie bewondering nie.
Wees asb. versigtig wanner 'n broek gemaak uit die nuwe rek materiaal gedra
word - vernaam in wit/beige - dit lê beslis klem op alle bewegende dele
asook haelduike - die term "twee varkies in 'n nat streepsak" is hier goed
van toepassing
ONTHOU DIT IS SATERDAG 24 SEPTEMBER 2005 NASIONALE BRAAIDAG!
HOU DIE VOLGENDE IN GEDAGTE WANNEER JY DIE DAG VIER:
Vleisbraai is die enigste tipe kosmaak wat 'n ware man sal doen.
Wanneer 'n man besluit om te braai, word die volgende ketting-reaksie
aan die gang gesit:
1) Die vrou gaan koop die kos.
2) Die vrou maak die slaai, pap en sous.
3) Die vrou gooi speserye op die vleis, sit dit in 'n bak saam met die
nodige braai-gereedskap en souse en vat dit na die man wat langs die
braaier met 'n dop in sy hand.
4) Belangrik: DIE MAN PLAAS DIE VLEIS OP DIE ROOSTER...
5) Die vrou gaan na binne om die borde en eetgerei reg te kry.
6) Die vrou kom uit om die man te vertel dat die vleis besig is om te
verbrand. Hy bedank haar en vra of sy nog 'n dop sal gooi terwyl hy die
situasie onder beheer bring.
7) Weer belangrik: DIE MAN VERWYDER DIE VLEIS VAN DIE ROOSTER EN GEE DIT
VIR DIE VROU AAN.
8) Die vrou sit al die kos gereed op die tafel.
9) Na ete dek die vrou die tafel af en was al die skottelgoed.
10) Almal bedank die MAN vir die heerlike braai-poging. Later vra die
man of sy vrou darem haar "aandjie af" geniet het. Wanneer hy die
reaksie op haar gesig sien, besluit hy daar is ook niks wat sommige
vrouens tevrede sal stel nie!