Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Wys: Vandag se boodskappe :: Onbeantwoorde boodskappe :: Stemmings :: Navigasie
Hartlik welkom! Op hierdie webtuiste kan Afrikaanse mense lekker in hul eie taal kuier, lag en gesellig verkeer. Hier help ons mekaar, komplimenteer mekaar, trek mekaar se siele uit, vertel grappe en vang allerhande manewales aan. Lees asb ons aanhef en huisreëls om op dreef te kom.

Musiek aan't groei?

Do., 24 November 2005 08:54

Hoewel ek self nie vreeslik baie van meeste Afikaanse musiek hou nie, is dit
vir my verblydend om te sien hoeveel nuwe kunstenaars en style bygekom het.
Van "Stamp" tot Klipwerf tot Visvang treffers, geestelik en "mainstream" en
die ou-garde-musikante soos Koenie en Laurika. Selfs rap. So uiteenlopend!

Dit wys vir my dat
1. Afrikaans sprekendes is bereid om te eksperimenteer met hulle smake en
volg nie almal die trop nie. Dit is nou beide die kunstanaar en die
luisteraar.
2. Die mark gegroei het om die verskeidenheid te kan dra M.A.W. meer mense
is bereid om geld uit te haal daarvoor.
3. Afrikaanse kulture is besig om te splinter en in nuwe groepe te stol, en
dalk vorm nuwe kulture hieruit. Dalk is dit net die uitvloei van die
bestaande kulture? Koenie luisteraars gaan amper beslis nie ook Stamp
albums in hulle versameling hê nie, en die Muslim afrikaans sprekers gaan
dalk nie Grafsteen Sangers regting waardeer nie.
4. Afrikaanse musiek ding mee op sommige vlakke met oorseese musiek.
Suksesvol ook as die mark gegroei het, tensy dieselfde mense nou meer musiek
koop as van tevore.
5. Nie almal volg die SA Engelse se voorbeeld slaafs na nie. Hier in
Pretoria sien 'n mens dit baie - mense is skaam vir die Afrikaans en aap die
Engelse na. Die (stedelike) Engelse sien baie neer
op Afrikaanse musiek en Afrikaners.
6. Afrikaanse musiek word meer aanvaarbaar vir meer ouderdoms- en
sosio-ekonomiese groepe.

Musiek oor die algemeen in SA het ook baie verbeter en woord rug-aan-rug
gespeel saam met Amerikaanse, Britse an Australiese treffers en 'n mens sou
nooit raai nie. Ook die meer gewilde Kwaito sterre soos Mandoza het wereld
klas verwerking, videos en klankbane.

Die vlieg in hierdie salfie vir my is die ver-on-afrikaansing van die
lugwee:
Jakaranda is nou Jacaranda, met bitter min Afrikaanse musiek inhoud.
5FM speel glad geen afrikaanse kunstenare nie, selfs nie eers Karin Zoid se
engelse goed nie. Nou en dan 'n Arno Karstens. Hulle het ook vir my 'n sterk
anti-Afrikaanse boodskap (selfde neersiende houding van die Engels
sprekendes wat deurskyn, myns insiens).

Hierdie is my waarnemings. Wat is julle mening hieroor?

Danie van Pretoria

Musiek & liriek | 0 kommentare

Belgie, 'n land van pedofiele!...

Do., 24 November 2005 05:46

As Holbert kan veralgemeen dan kan ek ook seker!

Koeitjies & kalfies | 2 kommentare

Uitslag van die Idols op Sondag 20 Nov 2005

Wo., 23 November 2005 14:35

Enige commentaar?

Koeitjies & kalfies | 26 kommentare

Lui wurms en die geskiedenis

Wo., 23 November 2005 13:35

Vir die eerste keer vandag het ek op massa media hier in SA die volle berug
gehoor van dei Namibie massa grafte soos Suidwester dit vertel het. Dit is
nou te sê sonder die implisering van afmaai van SWAPO gevangenis of ander
mense regte vergrype.

Dit was tydens die "Chris Gibbons Midday report" op 702. Die gas was Peter
Stiff die outeur van 'The Covet War' en ander boeke oor die grensoorlog.
(dit behoort binnekort op
http://www.702.co.za/onair/heardonair/heardonair.asp te kry wees)

(Hierdie is aanvulend tot Suidwester se verhaling, wat ek ongelukkig nie
meer het nie.)

Die VN (UNTAG) het die SA Regering net mooi niks vertrou nie en het alles
dop gehou wat PW se maatjies aanvang. Hulle het egter die "vryheidsvegters"
glad nie dop gehou nie en SWAPO het daar op die grens gaan sit en wag vir
Sam se opdrag IPV om bo die 16e breedte graad te wees.

Toe die SWAPO die fên tref, het die VN die SA regerings magte terug geroep -
onder die VN vaendel. Dit was die VN wat versoek het dat al daardie dooie
vegters terug na basis gebring word, en het op elke lyk 'n post mortem
gedoen en gefotografeer om seker te maak dat hulle wel vegters was en wel in
konflik dood is. Die NY Times het wel gepubliseer dat die vegters "execution
style" gedood is, maar niemand anders het tot dieselfde slotsom gekom nie.

Alles is goed gedokumenteer en SWAPO en Sam was beslis die vark in die
verhaal.

Stiff se antwoord oor hoekom dit nou so verdraai word is dat geskiedenis
deur die oorwinnaar herskryf word. Hoekom die Vn nou so stil is oor die
aangellenheid is nog duister.

Danie van Pretoria

Koeitjies & kalfies | 68 kommentare

Belgie, 'n land van pedofiele!...

Wo., 23 November 2005 10:36

As Holbert kan veralgemeen dan kan ek ook seker!

Koeitjies & kalfies | 5 kommentare

baie swart mense en baie geld?

Di., 22 November 2005 16:37

Eienaardig tog!

Date: Tue, 22 Nov 2005 18:31:57 +0200
From: mrs.jan...@e-apollo.lv
Subject: From Mrs Jane
To: mrs.jan...@apollo.lv

My Dear,

In a brief I am Mrs Jane Mupesa,wife to Ndoga Mupesa of Chiweshe ward Muzarabani, Mashonaland Central province, who was allegedly killed in cold blood on 5th April 2001 by alleged Zanu PF militias and war veterans for supporting the (Mr
Morgan Tsvangirai) Movement for Democratic Change, an opposition party to the tyranny government of President Robert Mugabe.I have been thrown into a state of utter confusion, frustration and hopelessness by the present civilian administr
ation; I have been subjected to physical and psychological torture by the security agents in the country.

As a widow that is so traumatized, I have lost confidence with anybody within the country. You must have heard over the media reports and the internet on the recovery of various huge sums of money deposited by my husband in different secu
rity firms abroad, some companies willingly give up their secrets and disclosed our money confidently lodged there and many out rightly blackmail us. When my husband was alive I used to move funds running into millions of United States Do
llars to Brazil/Lebanon and other Arab Countries.

However, on the eve of my husband's death on 5th April 2001, he gave me the sum of US$39m(million) in cash to move to Lebanon ,but immediately my husband died I moved the funds to a Security Firm through a diplomatic courier service wher
e the fund is right now.

The funds have been in the Finance Firm since 2001.Because of the restriction placed on my family by the Zimbabwean Government, I Simply cannot travel to secure the funds from the Security Firm where this said amount was deposited, all yo
u need to do is to furnish me with the requested information's bellow immediately;

1. Full names
2. Contact address
3. Telephone and fax numbers
4. Location

Please contact me immediately so that I will give you the contact of my Lawyer for more details and to expedite action.
For more information kindly contact me Via E-Mail address:-mrs_jan...@caramail.com

Mrs Jane Mupesa
Muzaraban-Zimbabwe

Ekonomie & geldsake | 5 kommentare

Adam & Eva

Di., 22 November 2005 14:43

Ek sien National Geographic is besig met 'n hengse projek waar jy 'n lab
pakkie by hulle koop (dink is $90+, geld gaan vir 'n charity)om jou dna vas
te stel, jy stuur dan jou resultate vir hulle om te ontleed en sodoende wil
hulle ons Adam en Eva gene kry want soos hulle noem is daar 'n stukkie van
Adam en Eva se dna in ons almal.

Koeitjies & kalfies | 1 kommentaar

Wapensmokkelary in SA

Di., 22 November 2005 07:52

Dit blyk dat wapensmokkelary drasties aan't toeneem is in SA agv van die
strenger beheermaatreëls oor vuurwapens. Weinig aansoeke om nuwe
vuurwapens slaag en dan wag die aansoeker ook maande voor hy weet of sy
aansoek geslaag het of nie. Mense wat dringend wapens nodig het vir
selfverdediging in die misdaadgolf, koop nou sommer lekker goedkoop
gesteelde en gesmokkelde vuurwapens op die swartmark. Dit verhoog die
getal onwettige wapens in die land, maar die polisie reken glo hulle het 'n
klomp wapens uit privaatbesit gekry met die nuwe maatreëls en daarom is dit
'n groot sukses. Duh! Miskien moet iemand vir hulle saggies en mooi
vertel dat jy die wapens by die verkeerde ouens wegvat?
Ook in lyn hiermee sien ek vanoggend op Sky in e-pos van die een of
ander muntu uit SA wat reken dat as die polisie nie wapens dra nie en daarom
nie op die kriminele skiet nie, dan sal die kriminele nie verplig wees om
terug te skiet nie! Hel, dis net in Afrika [en een PC in Kanada] waar
iemand so iets kan uitredeneer!

Veiligheid & wapens | 11 kommentare

Re: Rugby Wereld Beker - 2011

Di., 22 November 2005 05:22

NZ
--
Groetnis
Annette
"Dawie Snyman" wrote
in message
news:4f24745debdce462a2ff5cd068d4ac6d@msgid.frell.theremaile r.net...
> Wie het hom gekry?
>

Sport & ontspanning | 2 kommentare

Suid-Afrika, 'n land van diewe!..

Ma., 21 November 2005 23:21

Geagte iedereen,

Ek het in Augustus vir my noontjie in Suid-Afrika 'n polshorlosie
toegestuur, vir sy verjaardag..
Nou het hierdie dingetjie nog steeds nie aangekom nie. Ek neem aan dis
gesteel..
Hierdie polshorlosie was nie 'n Cartier en ook geen Rolex nie. Ek het
dus daarvoor geen broodjie minder moet eet nie. Maar ek voel me eie
gebete. Dis 'n skande!
Ek weet Suid-Afrika het nog baie posdiewe. Daardie land kan die
diewery in die posdienste nog steeds nie bedwing nie.
Ek sal maar vir my mense hier in Vlaandere sê Suid-Afrika is 'n land
van diewe en moordenaars, wat beter die Apartheid sou herinvoer.
Watter probleemland is dit? Ek voel niks anders as minagting.

Groete

Norbert die strandkruier (uit Vlaandere)
www.strandkruier.tk

Koeitjies & kalfies | 68 kommentare

Bladsye (1834): [ «    248  249  250  251  252  253  254  255  256  257  258  259  260  261  262  263    »]
Tyd nou: Ma. Mrt. 02 13:57:10 UTC 2026