Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Wys: Vandag se boodskappe :: Onbeantwoorde boodskappe :: Stemmings :: Navigasie
Hartlik welkom! Op hierdie webtuiste kan Afrikaanse mense lekker in hul eie taal kuier, lag en gesellig verkeer. Hier help ons mekaar, komplimenteer mekaar, trek mekaar se siele uit, vertel grappe en vang allerhande manewales aan. Lees asb ons aanhef en huisreëls om op dreef te kom.

Fr. Franz Claerhout

Di., 04 Julie 2006 13:52

Die beroemde en beminde skilder en katolieke priester van Thaba N'chu is
vandag op 87 oorlede.
Hy sal dmv sy skilderwerk lank onthou word.
--
Groetnis
Annette

Koeitjies & kalfies | 2 kommentare

Universiteitskoshuise en lyfstraf

Di., 04 Julie 2006 13:14

Ek is nou 'n eerstejaar by 'n Afrikaanse universiteit, en in 'n
koshuis. Alle interne disipline op ons gang is lyfstraf, maar dit word
sommer ligtelik as 'n grap gedoen. Daar is 'n plank met 'n handle in
die recroom, en as jy droogmaak, brand jou gat. Die reel is dat net
seniors regtig mag slaan, en dis jou eie keuse of jy wil pak kry of
eerder telefoondiens of skottelgoed of wasgoed wil doen. Ons moet dit
anyway doen, maar ons kies eerder die plank as om NOG meer te moet
doen. Die tradisie kom al van die 70's af, en almal is OK daarmee, maar
ek is nuuskierig oor hoeveel ander mans (ouer as ek), en van my
generasie dieselfde deurgemaak het.
Eerstejaars kry nie regtig hard pak nie, dis meer die humiliation om
voor die ander manne in die recroom te moet buk. Met gangpartytjies
dare die ouens mekaar en dit raak soms rof, veral as die broeke begin
waai, en blykbaar is die tweedejaarsontheffing 'n MOERSE pak slae op
jou kaal gat. Moet se ek het al 'n paar snaakse blou kolle in die store
gesien, so ek glo dis die waarheid. Enigiemand anders wat dieselfde ken
?

Ek het op Skopbeen afgekom op 'n Afrikaanse ou se website wat dieselfde
vrae vra, en toe ek so bietjie soek, sien ek die Amerikaners het ook 'n
sterk tradisie van lyfstraf as deel van ontgroening en mans se
universiteitslewe. Die eerste link is na die SA ou se site, die tweede
is na 'n foto van hoe dit soms in Amerika gaan.

Interessant, en nogals in Afrikaans :
http://lyfstraf.sa.googlepages.com/home

Waarskuwing, die volgende link kan sensitiewe kykers ontstel, maar ek
voel tog dit is nodig, want ek het al in SA koshuise PRESIES dieselfde
gesien, en wil weet hoe algemeen dit is :

http://www.collegehumor.com/pictures/1635469/

Het gedink dis net in my koshuis waar dit nog gebeur, maar blykbaar
nie. Laat weet wat julle dink !

Onderwys & opvoeding | 10 kommentare

The Da Vinci Code

Di., 04 Julie 2006 12:49

Ek het toe nou die dag vir Da Vinci Code gaan kyk, amper
per abuis. Ons was eintlik van plan om The Devil wears
Prada te kyk, maar toe moet ons te lank daarvoor wag,
en Da Vinci Code speel vroeër. Ek geniet dit toe terdeë.
Goeie fotografie van goeie argitektuur. En solank mens
onthou dat dit 'n "thriller" is en nie "gebaseer" op enige
"waarheid" nie, werk dit goed. Ek kan dit aanbeveel as
lekker entertainment.

Gloudina

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

Die Website waaroor almal praat

Di., 04 Julie 2006 08:20

Die website wat deesdae op almal se lippe is sal van vandag af (21H00)
beskikbaar wees.

www.crimebarometersouthafrica.co.za

Manne dit gaan 'n lekker plek wes om vanaf besprekings punte te loods.

Gloudina jy sal nou daar in Kanada kan sit en met jou eie oe sien dat
die hoof kleur in die reenboognasie rooi is. Rooi van al die bloed van
mense wat sterf as gevolg van 'n regering wat korrup en onbevoeg is

En voor jy nou op die rassisme wa spring, die site gaan oor crime
teenoor ALLE rasse.

Koeitjies & kalfies | 5 kommentare

Vir Torreke

Di., 04 Julie 2006 06:03

Soos met Soois probeer ek net vir so rukkie van die politieke wa
afklim, want dit begin so bietjie afgesaag raak.

Jy is duidelik iemand wat Teologie studeer het, en ek het gewonder wat
is jou siening van die Harry Potter boeke.

Koeitjies & kalfies | 5 kommentare

Vir Soois

Di., 04 Julie 2006 05:37

Ek sien nou vir die eerste keer dat jy 'n Noot vir Noot wenner was.
Tensy ek nou die verkeerde Soois hier beet het natuurlik. In elk geval,
ek glo jy is dus 'n man wat sy musiek ken en uit die aard dit ook
geniet.

Wat dink jy van die plan om "piracy" te probeer bekamp.

Musiek moet soos 'n kar behandel word. Indien dit 'n 2006 model is dan
is die song vir arguments onthalwe R20 werd. Hoe ouer die song hoe
goedkoper word hy.

Net soos met karre is daar ook "limited edition's", dit is soos die
"one hit wonders" wat natuurlik bietjie duurder kan wees. Ou songs
afhangende van hoe beskikbaar hulle is kan na 'n sekere tyd weer
bietjie duurder word, net soos wat 'n kar 'n "vintage" word na ek
dink 30 jaar.

Musiek & liriek | 1 kommentaar

AARDKLOPBEHUISING 2006

So., 02 Julie 2006 18:23

AARDKLOPBEHUISING 2006

Behuising beskikbaar
Dinsdag 26 September tot Saterdag 30 September

a. Een slaapkamer met dubbelbed

b. Een slaapkamer met twee enkelbeddens

Skakel Ina by 018 290 6782 vir meer inligting.

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

Hoe laag is die IK?

Vr., 30 Junie 2006 11:36

Hungry Aids, TB patients shun treatment

Johannesburg, South Africa

30 June 2006 07:22

Some HIV/Aids and tuberculosis (TB) patients in the Eastern Cape are
refusing treatment because they fear losing their disability grants,
the Treatment Action Campaign (TAC) in the province said on Thursday.

TAC coordinator Philip Mokoena said the number of people refusing
treatment is growing, especially in the deep rural areas like
Lusikisiki.

"At first we only saw one or two people, but in the rural areas,
especially Lusikisiki, it is getting worse," Mokoena said.

He said the people's refusal can be ascribed to the high levels of
unemployment and poverty in the province.

There are two types of disability grant: a permanent disability grant
and a six-month disability grant, which means that the patient's
condition is closely monitored. Most people living with HIV/Aids and TB
receive this temporary grant. As soon as they start treatment, they
have to go for regular medical assessments and if their condition
improves enough, they are taken off the grant.

"Aids sufferers get the grant only if their CD4 blood count is below
200, which means that their condition is almost critical.

"Anti-retrovirals push the CD4 count up and then the people get scared
that they will lose their grants."

CD4 cells are white blood cells that help fight infection. In general,
the CD4 count goes down as the HIV progresses.

At first it was only people living with Aids who refused treatment, but
recently the problem has spread to those diagnosed with TB.

Mokoena said the TAC has informed the social development department of
the situation and negotiations are under way to supply the patients
with more information regarding the grants and the importance of
treatment for their illnesses.

"These people don't put their health first. When you ask them why they
don't want to take the medicine, they say they're hungry and need
food."

Mokoena said the Civil Society Organisation, of which the TAC is part,
has proposed that all unemployed people be given a basic income grant.

"Then they won't fear losing their money when they get better. They
will still have an income, even if they take their medicine."

People who qualify for the disability grant receive R820 a month. --

Koeitjies & kalfies | 89 kommentare

Mustangs

Wo., 28 Junie 2006 12:23

Anglo-Boereoorlog duik op in Yanks se Western-minireeks
Charles Smith

Washington. - 'n Volbloed-Western-minireeks met die veteraan-akteur
Robert Duvall in die saal wat nou in die VSA op televisie wys, het 'n
verwysing na die Anglo-Boereoorlog (ABO) in.

Min Suid-Afrikaners weet dat die Britte hulle met duisende mustangs -
wilde perde wat deur cowboys ingebreek is - uit die VSA gepak het.
Én dat die Boere natuurlik van hierdie wilde perde gebuit en op die
Vrystaatse en Transvaalse vlaktes ingespan het.

Die minireeks Broken trail wat op die AMC-kanaal wys, is die verhaal
van twee cowboys wat in 1898 500 mustangs in die VSA aanjaag vir 'n
veiling waar koningin Victoria se agent hulle vir die Engelse soldate
in die ABO koop.

Die verhaal is deur Alan Geoffrion geskryf, 'n vriend en buurman van
Duvall in die The Plains-perdestreek in die deelstaat Virginië. Albei
is perdeboere. Sy storie is op die waarheid gegrond.

Die Rooibaadjies het meer as net 'n paar mustangs in VSA kom koop om
sy weermag in Suid-Afrika aan die beweeg te hou.

Mnr. Johan Wolfaardt, navorser aan die Oorlogsmuseum vir die
Boere-Republieke in Bloemfontein, sê duisende perde is uit die VSA na
Suid-Afrika ingevoer. Die Britte alleen het tussen 80 000 en 90 000
perde in die driejarige oorlog ingespan.

"Dié perde het nie so lekker geaard hier nie. Die voer is uit
Argentinië ingevoer omdat hulle nie gebyt het aan die gras in
Suid-Afrika nie. Dit is waar die plante kosmos (Cosmos pinnata) en
kakiebos (verskeie Tagetes-spesies) vandaan kom - dié saad was in
die perdevoer. En ook die klein, swart Argentynse suikermiere wat die
land ingeneem het."

Die perdevoer se invoerkoste was egter so hoog en het so lank geneem om
in Suid-Afrika te kry, dat baie perde gevrek het van die honger.

"Roland Schickerling skryf in sy boek Commando courageous hy het so
'n perd gebuit. Dit het hom baie lank geneem om die dier te leer en
te voer. Andersins was hy orraait gewees," vertel Wolfaardt.

"Ja, daar is definitief van die Amerikaanse perde se bloed in die
perde in Suid-Afrika. Daar het van die perde ná die oorlog hier
agtergebly en is hier opgeveil."

Broken trail gaan egter nie net oor perde nie. Die twee cowboys kom op
hul trek van Oos-Oregon na Sheridan, Wyoming, op 'n wa af met vyf
Chinese meisies - van die tienduisende wat in China geroof is en as
prostitute na die Wilde Weste gebring is.

Wolfaardt sê dít het ook in Suid-Afrika gebeur. Die meisies is veral
van die Oos-Europese lande gelok met beloftes van goeie werk en
betaling, maar moes veral in Johannesburg as prostitute werk.

"Dit was 'n morsige storie. Dit is veral die Engelse en die Russe
wat die meisies hierheen gebring het. Oom Paul (Kruger, president van
ZAR) het hulle huis toe gestuur."

Koeitjies & kalfies | 15 kommentare

Ken jully wyn?

Wo., 28 Junie 2006 10:43

Ek is 'n 750ml bottel "Kanonkop Estate Wine Paul Sauer 1991" gegee vir 'n
fondsinsameling vir die families van die Wes-Randse SAPD honde-eenheid.

"This wine won winemaker Beyers Truter the PICHON LONGUEVILLE COMTESSE DE
LELANDE TROPHY for the best blended red wine in the world at the 1994
International Wine and Spirit Competition held in London"

Is dit 'n besonderse bottel wyn? Hoeveel is so bottel werd - reserwe prys -
enige aanbiedinge?

:-)

TJ

NS: Jammer, maar ek is lief vir Coke en koffie en ken glad niks van
druiwesap nie, alhoewel ek groot geword het op 'n wynplaas en ook 'n tyd by
die Romansrivier Kelders gebly het.

Koeitjies & kalfies | 1 kommentaar

Bladsye (1835): [ «    212  213  214  215  216  217  218  219  220  221  222  223  224  225  226  227    »]
Tyd nou: Di. Des. 16 22:22:19 UTC 2025