Dalk kan iemand hier my inligting gee oor die SA posdiens. Ons het onlangs
twee pakkies SA toe gestuur vanuit die VSA - ons woon in Pennsylvania. Een
pakkie is na die Vrystaat gestuur en was redelik klein - ongeveer 30cm x
27cm x 15cm, en het sowat 2 kg geweeg. Ek het die inhoud as geskenke
aangegee, en verseker teen $100. Die posgeld was $38, versekering ingesluit.
Dit het lugpos gegaan. Die ander pakkie was groter - ongeveer 44cm x 30cm x
15cm, en het 4 kg geweeg. Dis nie verseker nie, die inhoud is aangegee as
geskenke, en het ook lugpos gegaan. Posgeld was heelwat meer - ek dink in
die omgewing van $50. Dis na Pretoria gepos.
Albei pakkies het baie, baie vinnig daar aangekom - net 'n raps oor 'n week.
Ons was baie in ons skik met sulke flink diens.
Maar hier is die probleem: die (kleiner, ligter) pakkie Vrystaat toe het by
aflewering R25 gekos. Daaraan is ons al gewoond. Dis nie te erg nie, hoewel
ek nie kan begryp hoekom die ontvanger van 'n pakkie wat as 'n geskenk
gestuur is, hoegenaamd enigiets moet betaal vir die aflewering daarvan nie.
Ons het immers reeds die posgeld betaal. Maar met R25 kan 'n mens saamleef.
Die ander (groter en swaarder) pakkie Pretoria toe het by aflewering R248 en
kleingeld gekos.
Kan iemand my dalk sê hoekom? Ons het op die Internet probeer vasstel, en
het self verskeie oproepe na die SA Posdiens gemaak om te probeer uitvind,
maar niemand kon enige inligting verskaf nie.
Het iemand anders dalk soortgelyke ervarings? Stuur ander ook pakkies SA toe
waarvoor die ontvanger moet betaal? Wat moet hulle betaal?
Dit word weer Kersfees en 'n mens wil graag weer geskenke stuur, maar nie as
dit die ontvanger by aflewering soveel gaan kos nie. Die posgeld hiervandaan
af is ook alreeds duur genoeg.
Baie dankie vir enige inligting wat iemand anders dalk het.
En hoor jy die magtige dreuning
Oor die veld kom dit wyd gesweef;
Van Kaapstad tot bo in die Noorde,
Rys dawerend luid die akkoorde:
Dit is die LIED van Jonk Suid Afrika,
Die lied van 'n volk se ontwakening,
Wat harte laat sidder en beef.
Die klop van ons ossewawiele
Het die eeue se rus verstoor,
Die klank van ons voorlaaierskote
Het in klowe en kranse gehoor.
Die diere het stil staan en luister,
Die bome het bewenend gefluister:
Dit is die KOMS van jonk Suid Afrika!
Waar glorie van songloed die berge
Oor hul fronsende voorhoof streel,
Waar winde oor golwende vlaktes
Met grassaad kejakker en speel,
Die land wat ons vaders gekoop het,
Met bloed tot ons eie gedoop het:
Dit is die LAND van jonk Suid Afrika
Die golwende veld is ons woning,
En ons dak is die hemelblou;
Die Vryheid alleen is ons koning,
Sy wagwoord is: "Handhaaf en BOU"
Die stryd wat ons vaders begin het,
Sal woed tot ons sterf of gewin het:
Dit is die EED van jonk Suid Afrika
Jy wou nie die verhaal glo van die bestuurder wat uiters suksesvol was omdat
hy geweier het om vir sy ondergeskiktes te besluit nie en hulle gedwing en
bemagtig het om vir hulleself te besluit... Dis nie my storie nie en ek
staan nie vir hom pa nie; ek het jou die teksverwysing gegee. Hierdie is
jóú storie en net joune - ek glo hom nie!
Waarom?
Dit sou moeilik vir 'n professionele aktrise wees om met 'n pruik op die
kop, 'n kort en lae-halsrokkie, haar stem, stembuigings, en kenmerkende
liggaamstaal
sê goed te verbloem dat sy deur 'n hele onderhoud met iemand wat daagliks
met haar saamwerk kan gaan sonder dat die persoon dit agterkom, wat staan
nog 'n "blonde" biblioteekaressetjie 'n personnelbestuurder wat opgelei is
om met mense te werk, op dié manier bluf!!
Ek sê nie jy't alles uit jou duim gesuig nie. Dis moontlik dat julle dit
probeer het... Dis moontlik dat sy wel die afspraak gekry het, dat die ou se
oë byna uit sy oogkaste "gepop" het (ek sou waarskynlik ook moeite gehad het
om oogkontak te behou), en 'n ent met die onderhoud gevorder het voordat sy
uitgevang is... Dis moontlik dat julle agterna lekker gelag het oor die
grappie, dat hy daarop afgekom en 'n opperste gek gevoel het... Méér as
dit, glê ek, is aangedik! - te dik vir 'n daalder om te glo!
Mense dink hulle kan die predikant, maatskaplike werker, sielkundige,
landdros, regter ens, 'n rat voor die oë draai en besef gewoonlik nie
voordat dit te laat is dat die persoon dwarsdeur die kluitjie gesien het
nie. Netsoos kinders nie kan verstaan hoe pa of ma weet hulle het die hand
in die koekieblik gehad nie!
"Suidwester" wrote in message
news:eerj5e$hb8$1@ctb-nnrp2.saix.net...
> Die string hierbo het te lank geraak. Waarom ek dink jy is in
> personeelbestuur, is uit ondervinding van 'n kollega wat saam met my
> gewerk het so 'n klompie jare gelede. Sy naam en van was beide vanne
> gewees.
> Hierdie man was net so hoogheilig soos jy en het amper met die Bybel
> onder die arm rondgeloop. Hy was die groot stem van vermaning by die
> fasiliteit wat probeer keer het dat ons nie die plek geestelik afbreek
> nie. As 'n werker te hard gestraf word oor hy drooggemaak het, dan kon jy
> hom in jou kantoor verwag [hy kon my nie na sy kantoor toe laat roep nie,
> aangesien hy vir my junior was] en dan het hy vir jou gepreek oor
> menseverhoudinge en hoe die baas eintlik eers 'n werklike volwaardige baas
> word as hy sy werkers ken en hulle behoeftes verstaan...en so aan.
> Die ou het so 'n gewoonte gehad dat, as hy lekker preek, dan maak hy sy
> oë toe soos 'n ou wat 'n lekker stuk vet rib eet. Een van my adjudante
> het met sy preek stilletjies opgestaan en sag verby die ou geloop en agter
> hom gaan staan. Toe die ou uiteindelik sy oë opmaak, toe is sy slagoffer
> weg! Toe die adjudant vir sy konsternasie lag, toe beskyt hy hom!
> Ewenwel, het jy in die algemeen met die man gepraat dan was hy so
> hoogheilig dat jy kon toor met hom. Voor 'n ordergroepvergadering sit ons
> en twak praat en die een ou reken toe dat 'n vrou, as sy slim is en haar
> vroulike voordele aanwend, dan is daar geen man wat sal kan staande bly
> nie. Ons personeelbeampte reken toe dat dit net ons sondige klomp is wat
> kwesbaar is. Dat dit natuurlik 'n slapende hond wakker gemaak het, sou
> hy later tot sy spyt uitvind.
> Daar was 'n bibliotekaresse by ons wat hierdie droommeisie was.
> Blond, lang bene, dun middeltjie en 'n paar, uhm..... wat die manne laat
> drome droom het. Sy het ingestem om saam te werk. Ons het besluit om
> die skynheilige personeelbeampte 'n les te leer. Sy het hom gebel en 'n
> afspraak gemaak vir 'n werksonderhoud as 'n werkswinkel-dame
> [soldeerwerk].
> Die volgende oggend, toe trek sy haarself by die werk ander klere aan.
> 'n Swart pruik, 'n uiters lae hals en 'n uiterse kort rokkie en
> swaai-swaai die gang af na sy kantoor toe. Toe ons man haar sien,
> sekerlik die eerste keer in die geskiedenis, toe storm hy om sy lessenaar
> en trek vir haar 'n stoel nader. Sy gaan sit en sy gaan sit en sy oë kan
> nie wegbly van haar myle bene en die lekkerhede bokant nie. Hulle voer
> die onderhoud en ten spyte van die feit dat sy geen kwalifikasies het om
> in 'n werkswinkel te werk nie, stel hy haar aan 'n posvlak hoër as wat die
> pos in elk geval regverdig en teen veel meer geld as wat vir die pos
> begroot is!
> Sy is daar by hom weg en ons het vir haar in die bib gewag. Ons het
> verskriklik gelag toe sy ons vertel dat hy nie in 'n enkele een van sy
> 'bidsessies' ingegaan het nie. Sy oë was wawyd oop die hele tyd. Toe
> gaan die bib se deur oop en daar staan die man wat die gelag gehoor het.
> Die meisie het klaar die pruik afgehaal en toe kliek die ou hy's vir 'n
> gat gevang......vir die volgende drie jaar wat hy by ons gewerk het, het
> hy nooit weer 'n vrywillige woord met ons gewissel nie.....nie dat dit
> eintlik 'n verlies was nie.
> Die skynheilige se val is verskriklik hard want niemand kan hom help as
> hy val nie.....dis die kern van die storie.
>
Waar kan ek Afrikaanse musiek aflaai? Ek wil nie pirate nie. Ek sal
betaal daarvoor. Soek veral na "Stoutgat treffers". Of as iemand vir my
kan aanstuur.
Is this a dialect or a language? Is it taught is school? Do the professors
teach in Afrikaans?
--
"People who treat other people as less than human must not be surprised when
the bread they have cast on the waters comes floating back to them,
poisoned." ~James Baldwin
'God kan enigeen in SA só gebruik'
Sep 13 2006 11:09:28:800PM - (SA)
Neels Jackson
"As die Here vir Adriaan Vlok kan vergewe en gebruik, dan is daar
niemand in Suid-Afrika wat Hy nié kan gebruik nie."
Dit was gisteraand die laaste minister van wet en orde in die ou
bedeling se getuienis toe Vlok die jaarlikse konferensie van die
Apostoliese Geloofsending (AGS) in Boksburg toegespreek het.
Vlok het aan 'n paar duisend konferensiegangers vertel hoe dit gekom
het dat hy eers die voete van eerw. Frank Chikane en toe dié van nege
vroue in Mamelodi gewas het in wat dr. Isak Burger, president van die
AGS, gisteraand as 'n "onkonvensionele inisiatief" bestempel het.
Vlok het gesê hy is nie in direkte telefoniese verbinding met die Here
nie, daarom maak hy staat op rigtingwysers wat hy kry.
Die eerste hiervan was dr. Stephan Joubert se bydrae op 3 Julie in
Beeld se rubriek Godsdiens-aktueel waarin hy vertel het van 'n gewese
vegvlieënier wat sy huishulp van 30 jaar se voete in Mamelodi gaan was
het.
Die tweede was 'n boek oor die lewe van die apostel Petrus wat hy
gelees het waarin die simboliek van die voetewas duidelik uitgestippel
is.
Die derde was 'n oordenking oor Radiosondergrense waarin ds. Willie
Goosen van die NG gemeente Aasvoëlkop gelees het dat Jesus, nadat hy
sy dissipels se voete voor die instelling van die Nagmaal gewas het,
vir hulle gesê het om ook só te gaan doen.
Vlok het vertel van die huiwering in sy gemoed om voort te gaan met die
voetwassing, selfs toe hy al by Chikane in die kantoor gesit het.
Hy het egter besluit om gehoorsaam te wees aan die Here en deur te druk
met sy planne.
Hy het gesê pres. Thabo Mbeki se reaksie op sy voetewassery het hom
geraak. Mbeki het hom reg gehoor: apartheid was boos en verkeerd.
Hy is ook geraak daardeur dat Mbeki nog na sy vermiste geliefdes soek.
Iets moet daaraan gedoen word, het hy gesê.
Hy is met staande applous begroet toe hy afgesluit het deur te sê dat
hy g'n nuwe boodskap vir die AGS het nie, net die ou boodskap om God
bo alles lief te hê, jou naaste soos jouself en om God dan te
gehoorsaam.
Burger het gesê Vlok se spontane daad het miskien meer vir versoening
in Suid-Afrika beteken as enigiets anders.
Hy het Chikane en die AGS se nasionale ampsdraers gevra om hul hande op
Vlok te lê, terwyl past. George Mahlobo, hoofsekretaris van die AGS,
vir hom gebid het.
Mahlobo het in sy gebed gevra dat dit nie net by Vlok en Chikane sal
bly nie, maar dat God vir baie Suid-Afrikaners die kapasiteit sal gee
om om vergifnis te vra en die land en plekke soos Rwanda, Burundi en
die Midde-Ooste ook met 'n gees van vergifnis sal seën.