Stille nag, heilige nag.
Alles rus, eensaam wag
slegs Maria, geseënde vrou,
by haar kindjie met Josef so trou;
Soete, hemelse rus!
Soete, hemelse rus!
Stille nag, heilige nag.
Oor die veld, lief en sag,
klink die lied van die engelekoor,
eers deur herders, dan verder gehoor.
Juig die Redder is daar!
Juig die Redder is daar!
Stille nag, heilige nag.
Jesuskind, vriend'lik lag,
liefde teer uit u god'like mond;
tans daag heerlik die vrywordingstond:
Heer, gebore vir ons!
Heer, gebore vir ons!
Daar's diewe in die driveway, daar's gangsters in die pad
daar's ouens by die traffic light wat jou kar wil vat
hulle steur hulle nie aan heinings nie, burglar bars is nutteloos
die hele land is vol Satan, die hele land is boos
Bele jy geld in Masterbond, verloor jy dit te gou
pos 'n brief by Telkom dan verdwyn dit in die blou
die regering gee nie om nie, die ministers bly stil
selfs die Matie-rektor het sy vingers in die till
Blameer dit op apartheid, blameer dit op De Klerk
blameer dit op ou Satan, of blameer dit op die kerk
die hele land vol onrus, fokkol werk en fokkol geld
die Here is op holiday en die duiwel is nou los
Verkeerskonstabels kyk maar weg as minibussies wette breek
hulle doel is net om tickets op geel strepe aan te steek
jy kan maar raas en toeter, jy kan maar vloek en rape
moet net nie dat die twintigsent in jou parkeermeter verstryk
Alex Borraine stel nie belang nie, Mbeki is oorsee
Trevor Manuel is gou gym toe en Zuma roer haar rooibostee
Blameer dit maar op Vlakplaas, blameer dit op De Kock
Blameer dit op die army en die polisiemag wat als opfok
Daar gebeur so baie skandes in elke blerrie taal
Daar verdwyn so baie skoolkinders, hulle prentjies pryk op elke paal
daar's diewe in jou driveway wat jou BMW wil steel
daar's plakkers in die pastorie met messe teen jou keel
------------------------------------------------------------ --------------------
Mijn Postvak In wordt beschermd door SPAMfighter
182 spam-mails zijn er tot op heden geblokkeerd.
Download de gratis SPAMfighter vandaag nog!
Metropolisiebeamptes van Ekurhuleni het glo omstanders met vuurwapens
gedreig nadat mnr. Robert McBride, hul bevelvoerder, gisteraand sy
motor op die R511-pad by Centurion gerol het.
Verskeie ooggetuies op die toneel het beweer McBride was erg onder die
invloed van drank.
Drie ander Ekurhuleni-metropolisie-beamptes wat kort ná die ongeluk by
die toneel opgedaag het, het na bewering ooggetuies op die toneel met
gewere gedreig en aangerand in 'n poging om hul "chief" te
beskerm.
Supt. Wilfred Kgasago, woordvoerder van die Ekurhuleni-metropolisie,
het gisteraand bevestig McBride was gisteraand tussen 19:00 en 20:00 in
'n ongeluk in die Erasmia-omgewing.
McBride was op pad huis toe.
Oor die dronkbestuur-bewerings het hy gesê: "Enigiemand kan enigiets
sê. Ek het geen kommentaar oor dit nie."
'n Beeld-leser van Centurion wat die ongeluk gesien gebeur het, het
gesê: "Ek was op die R511 onderweg na Hartbeespoortdam toe 'n
motorband - nog met skokbreker en al - skielik op my motor afgepyl
het. Daarna het 'n blou Chev-motor uit 'n groot stofwolk verskyn en
op sy wiele te lande gekom.
"Ek het stilgehou en na die motor gehardloop. Die bestuurder wat
snywonde op sy kop gehad het, het oorgeval na die passasierskant.
"Ek het omgehardloop en 'n klomp haelgeweerpatrone op die grond
gesien lê wat uit die motor geval het. Toe herken ek die bestuurder as
metropolisiehoof Robert McBride," het hy gesê.
"Hy was stormdronk toe ek met hom probeer praat het."
Mnr. Nico Engelbrecht, nóg 'n ooggetuie van Pretoria, het gisteraand
vertel: "Ons het van Brits se kant af gekom toe 'n blou Chev teen
'n hengse spoed op 'n baie gevaarlike plek by 'n sperstreep verby
ons gejaag het."
Nadat McBride verbygesteek het, het hy op die randsteen afgepyl, die
motor probeer terugruk en die motor aan die rol gesit, het Engelbrecht
beweer.
"Ons het stilgehou om die bestuurder te gaan help. Toe ons by hom kom
was dit duidelik hy is p **pdronk," het Engelbrecht gesê.
"Hy het nie geweet waar hy is nie en het onmiddellik vir homself
probeer cover deur te sê daar was ander insittendes in die motor."
Albei ooggetuies het gesê McBride was alleen in die motor. Drie ander
beamptes van Ekurhuleni se metropolisie het kort daarna in 'n wit
Golf, registrasienommer JRV 488 GP, met blou ligte onder die
sierrooster op die toneel opgedaag.
Een van dié beamptes het volgens die ooggetuie onmiddellik uitgespring
en geskree: "O, donner! Dis ons chief wat verongeluk het!"
Engelbrecht het gesê: "Die metropolisie-beampte het sy kollegas
beveel om McBride in die Golf te laai om hom hospitaal toe te neem.
"Hulle het ons ook beveel om nie die polisie of nooddienste te kontak
nie.
"Hulle het die haelgeweerpatrone begin optel en al McBride se
dokumentasie en ook sy baadjie uit die motor uitgehaal.
"Ek het gesien hulle probeer vir McBride cover. Ek sê toe hulle mag
nie ry voordat die polisie nie daar was nie. Ek het die Golf se
sleutels uitgetrek.
"Dis tóé wat hulle my aan die keel gegryp en gedreig het dat hulle
ons sal skiet as ons nie saamwerk nie."
Die ander ooggetuie het bevestig dat die metropolisielede vir
Engelbrecht aan die keel gegryp het.
Een metropolisielid het telkens gesê: "Moet net nie dat hulle vir
chief sien nie."
Hy het vertel dat 'n vrou op die toneel met haar selfoon 'n foto
van die toneel wou neem. Sy is ook glo deur een van die beamptes
geklap.
"Hierna het hulle vuurwapens - onder meer 'n AK-47 - uit die
Golf se kattebak gehaal en gedreig om te skiet as ons nie vir McBride
uitlos nie. Ons kon nie naby hom kom nie," het die ooggetuie vertel.
Geseende Kersfees en 'n voorspoedige nuwe jaar aan almal van julle. Ek gaan
so bietjie vakansie hou ( Ek dink ek het dit nodig. Dit was 'n kak jaar vir
my )
Sien julle hopenlik almal weer volgende jaar ! - Lekker debateer verder
> Ek is nog op vakansie maar het die geleentheid gekry om my
> vriend se PC te gebruik om hier in te loer.
>
> Ek sien suidwester is nog besig om oor my te praat.
>
> Luister nou mooi suidwester, ek is moeg vir jou stront. Ek het
> van my vriende in Namibia gereel om jou te kom besoek. Nou sal
> ons sien hoe anoniem jy is.
>
> Dave
Soos Maria haar Seun vertroetel het
druk ek my kindjie aan my bors.
O Inkosi Jesu, o Inkosi Jesu.
Ek voel sy lewe en sy krag
en sy asemhaling stil en sag,
O Inkosi Jesu, o inkosi Jesu.
Ek hoor my mense sing hul lied,
O inkosi Jesu, o Inkosi Jesu.
Die ruising van die vaal ou gras
wieg Hom sag in lieflike drome,
O inkosi Jesu, o inkosi Jesu.
Die kafferboom hef sy arms omhoog,
vol van lof vir U alleen,
O inkosi Jesu, o inkosi Jesu.
O gee ons krag, o gee ons hoop,
maar boweal U liefde,
O inkosi Jesu, o inkosi Jesu.
Natuurlik is hierdie aanklag teen die sg. Boer 'n grap indien vergelyk
work met die handewerk van sommige slagters: Mengistu, Amin, Tsjaka,
Mugabe, Kabila, noem maar op.
Sorrie vir jou, ou, ek voel glad nie sleg nie.
Hoe lank dink jy sou Mandela in die tronk oorleef het as Boere hom nie
opgepas het nie? Hoe lank het Ken Saro Wiwa in Nigeriese tronk oorleef?
Ek dog so ja. Vra nou mooi verskoning vir die omies en tannies voor
hulle
vir jou vies raak en Staal Burger oorstuur.