Kangogrotte haal toedie hoofnuus gister omdat iemand 10 ure lank vasgesit
het, en uiteindelik moes daar, na al die jare, 'n stuk rots weggekap word om
die persoon te bevry.
Sal seker van nou af bekend staan as ( Koos) se Gat:))
Ek hoor juis dat Weighless nou 'n satelietlokaal in 'n karavaan langs die
ingang gaan vestig:))
Dit gaan my verstand effe te bowe dat die mense van die Kangogrotte nog nie
sommer daar langs die die kaartjiekantoor 'n replika van die gleufie kan hê
sodat mense kan toets of hul wel daardeur kan gaan nie.
Blykbaar moes 'n stuk van die rots, na al die jare, weggekap word sodat die
persoon verlos kon word.
Dis die ergste geval van ontkenning van jou groote wat ek nog ooit van
gehoor het.:))
Hier op ons kus is hierdie jaar nogal 'n slagting aan die gang in
padongelukke. Die ergste egter was die twee vrouens wat in 'n bakkie gery
het en by 'n afdraai regs wou draai toe hierdie ou met 'n Mercedes wat hulle
probeer verbygaan, die bakkie op die skuins agterkant slaan en maak dat die
bakkie rol. Die bakkie lê op sy dak en die vrouens kan nie uit nie. Hul
goedere lê op die dak van die voertuig versprei.
Terwyl hulle wag en hoop op hulp, sien hulle die een na die ander swart
arm al hulle goedere bymekaarmaak en vat. Onder andere 'n beursie met baie
geld en tot die een vrou se nuwe, duur horlosie wat sy as Kersgeskenk pas
gekry het, word van haar arm afgesteel!
'n Warm storie doer in julle se Kaap is mos die witdood haaie wat so vanuit
die hokke besigtig word op die oop see. Dis glo die vinnigs-groeinde
sport? Nou kry jy die besorgdes wat reken dit lok meer haaie na die
kusgebied en maak dit minder veilig vir strandgebruikers, terwyl die
operateurs wat hierdie ding aanbied, reken dis bog want daar was
haaiaanvalle op die kus lank voor hulle die haaie in die hokke gaan kyk het.
Wat sê logika? Kom ons bou 'n sterk hok in die middel van die
leeuwêreld waarin 'n mens veilig kan sit en lok dan die leeus met aas nader
sodat die mense in die hok die leeus van nader af kan beleef. Die eerste
ding wat gaan gebeur, is dat die leeus die reuk van die aas met die mens se
reuk gaan vereenselwig en die volgende keer wat hy 'n mens se reuk gaan kry,
gaan sy alarm af en dit sê net een ding: Kos!
Nou, dieselfde ding gebeur met die haaie. Hy assosieer kos met die
reuk van die mens........
Sit en kyk die naweek na die Royal Variety Show op TV en sien vir ou Barry
Manilow. Die ou is so ge-'face lift' dat hy skoon snaaks lyk. Mens sien
dit nou al meer en meer by veral die ouer garde wat probeer om jonger te
lyk. Die gwalle onder die keel word weggesny en dan vergeet hulle dat die
hele gesig met ouderdom ook swaarder geword het en dan kry jy iets soos
Manilow. Dan is daar natuurlik die aktrises wat dikker lippe wil hê en
uiteindelik kan hulle skaars praat van al die Botox wat in die lippe gespuit
is. Die heel ergste is natuurlik dat so 'n gespuite gesig uitgepof en
uitdrukkingloos is.
Die paranoies-skisofreniese psigopaat en scientologist Nude Raider het
ons weereens met sy
fabelagtige humorsin en persoonlikheid vereer met 'n possie:
> (sleg drek als uitgelaat)
Hoe gay van jou! Voel jy nou beter? Poef wat jy is.
Die afgelope paar weke het die Ottawa-rivier, wat ons
uit ons vensters kan sien, probeer om te vries.( Dit maak
sulke skifsels van ys teen sy walle en die meeue is
vreeslik bly daaroor, want dis 'n gemaklike plek vir hulle
om te sit en kyk waar die visse is wat hulle nog so laat
in die seisoen kan vang.) Gewoonlik is die rivier vas
gevries hierdie tyd van die jaar, sodat mense daarop
kan loop na die anderkant en die ysvistermanne gate
in die ys kan maak en dan sit en visvang.
Maar vanoggend merk ek dat daar geen teken
van ys op die rivier is nie. Dis omdat die temperature
gedurende die nag weer bo vriespunt gegaan het en
al die ys in die rivier gesmelt het. Ek weet nie of dit
globale verwarming is of nie, maar vanjaar gaan ons
wintertemperature nooit ver onder vriespunt nie, en
is baie maklik vir dae bo vriespunt.
Dis rede vir kla in hierdie klimaat. Want sulke
temperature veroorsaak dat die paaie baie gevaarlik
word. Ons wil liewer in die winter die temperature
goed benede vriespunt hê. Sodat alle vog neerkom
in die vorm van sneeu. Niemand gee om om 'n paar
duim sneeu op jou kar te verwyder nie. Maar dis 'n
tragedie as die kar vol ys is, wat jy soms moet breek
voordat jy dit van die kar kan afskraap. Soos gister-
aand, toe ons na twaalfuur moes terugry van 'n
partytjie. Die sypaaie was glibberig, en die ingang
na ons ondergrondse garage was so glad soos 'n
spieël. Dit was 'n wonder dat my man die kar onderdak
kon kry.
Ons kan egter nie kla nie. Die westelike deel
van Noord-Amerika word getref deur die een storm
na die ander, meestal tesaam met baie hoë winde.
Ek dink Vancouver het tot dusver meer sneeu gekry
as Ottawa.
Ons sal maar moet sien wat 2007 verder bring.
Hoop nie weer 'n ysstorm nie.
Ek kan help. By die verkeerslig op de Bellville ingang, verkoop die venters
pyle en boë. Effektiewe maar stil wapens.
Annette
"Dave" skryf in boodskap news:9JOY55C139074.4764236111@anonymous.poster...
> Vriende - kontak my direk as jy belang stel in hierdie
> besigheid. Daar is taamlik baie geld hier te maak. Opleiding sal
> gereël word, maar as jy iets weet van gewere of ander wapens
> weet sal dit 'n bonus wees.
>
> Dave
> http://home.intekom.com/davesplace/kjkdeedee.jpg
>
Jesse Jackson herinner die Amerikaanse burgers daaraan
dat Saddam Hussein die "ally of the United States" was
terwyl hy al die dinge gedoen het waarvoor hy nou om die
lewe gebring is. Ek wonder hoeveel Amerikaners weet of
wil weet dat Saddam Hussein die kreasie van die VSA
was. Dat hulle hom in stand gehou het as 'n wapen teen
Iran. Nou wonder ek hoeveel Amerikaners besef dat die
inval in Irak die hand van Iran in die Middel-Ooste tien-
voudig versterk het. Ek wonder ook hoeveel Amerikaners,
selfs hoeveel Republikeine, terugdink aan die verkiesing
van 2000, en wens dat die Amerikaanse Hoërhof liewers
vir Al Gore as president verklaar het as die dom stupid
George Bush. Selfs uit die graf verklaar Gerald Ford,
'n Republikein, hoe stupid George Bush is.