Die Koningin van Engeland is nou op besoek in die
suidelike VSA vir die vierhonderd-jaar viering van
die ontstaan van Jamestown, die eerste Engelse
kolonisering van die Noord-Amerikaanse vasteland.
Daar is mense wat vra dat sy verskoning moet
maak vir die invoer en gebruik van slawe in
Jamestown, maar alhoewel sy baie waarhede kwyt
geraak het, het sy nie formeel apologie aangeteken
nie. Seker te bang dat Engeland dan oor die hele
wêreld sal moet begin verskoning maak. Insluitend
SA.
Mens het as gevolg van die viering allerhande
stukke in die koerante gelees in verband met die
Engelse kolonisasie in dié tyd. Wat my die meeste
geskok het, was die volgende. Aanvanklik is die
slawe uit Afrika, wat in Jamestown ingevoer was,
nogal goed behandel, en kon hulle hul vryheid koop.
Voordat die slawe daar aangeland het, was die
lande bewerk deur "indentured labour" wat van
Engeland ingevoer is. Hierdie Engelse werkers
en die slawe het ondertrou en goed met mekaar
saamgeleef. Dit het die groot landeienaars bang
gemaak dat daar opstand sou kom van hierdie
werkers, en toe het hulle begin om sake so te
bewerk dat die wit werkers beter behandel is en
superieur begin voel het teenoor die swart werkers.
Dit is die begin van die gevoel van rasse-superioriteit
wat daar uiteindelik so intens in die suidelike VSA
posgevat het.
Ek het hierdie naweek 'n ou vrees oorwin - ek het oor die Swartbergpas
gery. Prins Albert had 'n olyffees, toe gaan kampeer ons by die
Stompdriftdam naby De Rust en vandaar het ons rondgery.
Wat 'n wonderlike wêreld! Daar is letterlik 'n horde besoekpunte in
die area - klowe, valleie, dorpies, grotte, snaakse heuwels - ek sal
weer moet gaan! En weer, en weer...
Moenie, soos ek, oor die pas ry as die kruin in wolke is nie. Scary.
Moenie dink jy gaan rustig kampeer tussen 'n klomp viriele Boerklonge
en -niggies nie. Vat genoeg drank saam om dit stil te drink.
Weet ook dat dit nooit daar reën nie, tensy dit presies op die oomblik
is wat jy moet tent opslaan. En, dat die reën daarna sal ophou.
Is hier van die mense wat hier skryf wat al Gamkaskloof in was? Lekker
afval uit Die Hel geëet op Prins Albert.