Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Wys: Vandag se boodskappe :: Onbeantwoorde boodskappe :: Stemmings :: Navigasie
Hartlik welkom! Op hierdie webtuiste kan Afrikaanse mense lekker in hul eie taal kuier, lag en gesellig verkeer. Hier help ons mekaar, komplimenteer mekaar, trek mekaar se siele uit, vertel grappe en vang allerhande manewales aan. Lees asb ons aanhef en huisreëls om op dreef te kom.

Re: --o0o--

Vr., 20 Junie 2003 20:31

On Fri, 20 Jun 2003 21:10:56 -0700, "Andries Kriel"
wrote:

> Het die server alweer in vlamme opgegaan??

Nee, Andries, die server serve nog lekka

Speedy

Powered By Windows XP

Koeitjies & kalfies | 4 kommentare

oops

Do., 19 Junie 2003 05:59

Ek sien ek het van ,y "signiture" vergeet.
Jammer daaroor.

--
Powered By Linux Mandrake 9.0

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

Iemand om meet te praat!!!

Do., 19 Junie 2003 05:52

Ek sit en luister nou na iets rustigs...U2, Top gun se "soundtrack", en
Bach, Beethoven..en so aan.

Dit werk so: 'n planter het 'n ronde "disk" of "opener" wat 'n vlak tipe van
slootjie in die grond maak. dan kom die planteendheid agterna en laat van
die saad in die voorafegemaakte "slootjie" Dan kom daar weer krappers
agterna wat die saad toekrap. Die doel van die drukwielle is om die grond
wat die krappers oor die daad gegooi het weer vas te trap.

Koeitjies & kalfies | 8 kommentare

Slegte tyding....

Do., 19 Junie 2003 05:38

Dit is Donderdagaand. (hier in SA) Ons het verneem dat my moeder kanker het.
Waar die kanker is, en hoe ver dit al gevorder het weet ons nog nie. My pa
neem haar more Pretoria toe vir die nodige toetse. Ons is almal onder
spanning. Niemand in ons huis praat nie..ek sit die hele aand nog in my
kamer en luister na musiek.

Die telefoon hou nie op met lui nie..dit begin my gruwelooslik irriteer, al
weet ek die gemeenskap gee om, sê almal dieselfde eentonige ou rympie op. Ek
het my oorfone opgesit sodat ek 'n verskoning het om nie die elendige ding
te gaan antwoord nie...

Ek was nie gisteraand lus om te gesêls nie. Ek het gisteraand so 08h00 by
die huis gekom. Ek het gaan drukwielle haal vir die John Deere 450
koringplanter.
Ek was die hele dag op die pad en was 'n bietjie moeg.

Verder het ek nie veel nuus nie, behalwe dat dit taamlik aan die koue kant
is, dan waai die wind ook nog op hierdie oomblik.

Sal julle laat weet hoe dit met my ma gaan.

Groete,
Andries.

Koeitjies & kalfies | 13 kommentare

Re: oops

Do., 19 Junie 2003 02:42

"Andries Kriel" skryf in boodskap news:bcqjrl$k2t$1@ctb-nnrp2.saix.net...
> Ek sien ek het van ,y "signiture" vergeet.
> Jammer daaroor.
>
> --
> Powered By Linux Mandrake 9.0
>
O beslis. Die signature is hoe ons jou herken Andries!:-)

Lorinda

Koeitjies & kalfies | 1 kommentaar

Re: Iemand om meet te praat!!!

Do., 19 Junie 2003 02:41

"Andries Kriel" skryf in boodskap news:bcqje8$jum$1@ctb-nnrp2.saix.net...
> Ek sit en luister nou na iets rustigs...U2, Top gun se "soundtrack", en
> Bach, Beethoven..en so aan.
>
> Dit werk so: 'n planter het 'n ronde "disk" of "opener" wat 'n vlak tipe van
> slootjie in die grond maak. dan kom die planteendheid agterna en laat van
> die saad in die voorafegemaakte "slootjie" Dan kom daar weer krappers
> agterna wat die saad toekrap. Die doel van die drukwielle is om die grond
> wat die krappers oor die daad gegooi het weer vas te trap.
>
Plant julle meesal koring, of mielies ook?

Lorinda

Koeitjies & kalfies | 1 kommentaar

Letterkunde

Do., 19 Junie 2003 05:42

Lyk vir my hierdie is nou 'n Afrikaanse/Nederlandse letterkundige groep ook
:-))

Ik vind dit erg leuk. (of so iets) :-0

Koeitjies & kalfies | 4 kommentare

Re: Slegte tyding....

Wo., 18 Junie 2003 20:49

"Andries Kriel" skryf in boodskap news:bcqil6$jer$1@ctb-nnrp2.saix.net...

> Niemand in ons huis praat nie..ek sit die hele aand nog in my
> kamer en luister na musiek.
>

Na watse musiek luister jy? En wat is 'n drukwiel?

Lorinda

Koeitjies & kalfies | 2 kommentare

Waar is die Afrikaners vanaand??

Di., 17 Junie 2003 21:37

Wonder maar net.

Rico :-)

Koeitjies & kalfies | 2 kommentare

Waar is die Nederlanders vanaand?

Ma., 16 Junie 2003 15:58

Wonder maar net..

Koeitjies & kalfies | 48 kommentare

Bladsye (1834): [ «    1717  1718  1719  1720  1721  1722  1723  1724  1725  1726  1727  1728  1729  1730  1731  1732    »]
Tyd nou: Ma. Jan. 19 10:53:01 UTC 2026