Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Wys: Vandag se boodskappe :: Onbeantwoorde boodskappe :: Stemmings :: Navigasie
Hartlik welkom! Op hierdie webtuiste kan Afrikaanse mense lekker in hul eie taal kuier, lag en gesellig verkeer. Hier help ons mekaar, komplimenteer mekaar, trek mekaar se siele uit, vertel grappe en vang allerhande manewales aan. Lees asb ons aanhef en huisreëls om op dreef te kom.

Linux rules ok

So., 20 Julie 2003 22:44

Andries wrote:
> Lorinda, ek kan nie onthou of ek jou al gevra het nie. Gebruik jy Linux?
>
> Ek het op 'n baie oulike en kleurvolle "icon set" afgekom.
> Jy kan dit hier gaan aflaai:
>
> http://www.linuxcult.com
>
>

Ek gebruik dit (nog) nie, maar ek sal die link onthou. Ek sal dit een
van die dae installeer.

Lorinda

Rekenaars & selfone | 1 kommentaar

Fleur

So., 20 Julie 2003 21:45

Andries wrote:

>
> My hel Lorinda, hoe gaan dit? Lank laas van jou gehoor.

??? Ek is heeltyd hier rond...Jy neem nie deel aan gesprekke nie. Of
sien jy dalk nie al die pos nie?


> Ek het vir Fleur 'n mandjie en 'n kombersie gekoop. Ek wil hom vreeslik
> graag by my op die bed laat slaap..maar ek weet as hy groot is sal hy dit
> ook wil doen.

Fleur is 'n mooi naam... Laat hom op die bed slaap as jy wil. Maak dit
saak as hy dit doen as hy groot is? Kan dalk 'n probleem wees as jy
company het...:-)
Ek weet nie veel van honde af nie, ek hou van hulle en baie honde is
vreeslik oulik, maar ek sien nie kans om na een te moet omsien nie. Ek
dink hulle het baie aandag nodig.

Lorinda

Koeitjies & kalfies | 3 kommentare

Woonstel nuus?

So., 20 Julie 2003 21:00

Hoe gaan dit in die nuwe woonstel Andries? Is die hondjie al geleer om
voor die deur te slaap?

Lorinda

Koeitjies & kalfies | 1 kommentaar

ek se koebaai vir 'n rukkie

So., 20 Julie 2003 10:19

Vir almal hier

Ek sal vir 'n rukkie nie hier wees nie, so julle sal my moet gaan mis.

Oor so ongeveer 2 weke sal ek weer terug wees.

Baai vir almal en geniet dit en als ek terug is, ek wens die NG sal nog in
lewe wees :-)

GrRico

Koeitjies & kalfies | 1 kommentaar

Linuxcult

Sa., 19 Julie 2003 18:24

Ek het toe na die link gaan kyk Andries. Dit is baie interessant, maar
ek het gedink ek gaan op baie opwindende dinge afkom, soos Linux cult
members wat Microsoft saboteur en uitroei waar hulle ookal skuil:-))
Met 'n Battle plan en 'n little red book en die hele kaboedel. Is dit
wat julle regtig gaan doen maar julle kan dit net nie op hierdie
stadium bekend maak nie?:-)) Ag kom aan Andries, jy kan vir òns
vertel....:-)

Lorinda

Rekenaars & selfone | 2 kommentare

Dankie tog vir die aartappel

Sa., 19 Julie 2003 18:10

Katryn wrote:
> (Terloops as mens vir "chips" vra saam met jou fast food hier in
> Amerika, dan kry jy 'n pakkie potato chips en nie die french fries wat
> jy sou verwag nie) :-)
>

Hier is daar nie so 'n probleem nie. Chips is groot slap chips, French
Fries is die klein dunnetjies, en die in pakkies is "crisps".

Lorinda

Koeitjies & kalfies | 3 kommentare

Honey B's

Sa., 19 Julie 2003 18:05

Katryn wrote:
> Dink jy nie ook dis nogal vreemd dat 'n "liberaal" en 'n
> "konserwatief" so goed oor die weg kom soos Bush en Blair nie? Dit is
> wat nog altyd vir my die vreemdste van alles was.
>

O beslis. Dalk 'n goeie voorbeeld van common interests wat alles
oorheers. Ten minste was die Thatcher/Reagan ding meer logies, maar
die Bush&Blair venootskap lyk inderdaad vreemd. Blair is veronderstel
om die Labour party te verteenwoordig, nie eers die Liberals nie.

Lorinda

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

Trotse vertaling

Sa., 19 Julie 2003 12:10

Katryn, "sage" is salie. Ek kan nie eers sê:"O jaaa" nie, want ek dink
nie ek het dit ooit geweet nie:-). My woordeboek het uiteindelik
aangekom.

Lorinda

Koeitjies & kalfies | 7 kommentare

hallo

Vr., 18 Julie 2003 18:39

hallo

Koeitjies & kalfies | 5 kommentare

Re: Die weer en meer

Vr., 18 Julie 2003 14:50

"Katryn" wrote in message
news:rhvfhvk6pv0fgasg5ngn3qc4cppblv9vkb@4ax.com...
> "Rico" wrote:
>
>> Katryn ek weet daar is dit warmer, maar ons het nie baie van die daie nie en
>> die vogtigheid is so hoog, dis nie meer lekker nie en ons het nie
>> lugreeelings in onse huise nie.
>
> Ek onthou ook een jaar wat ek in Amsterdam was in die Somer en dit was
> HETIGLIK warm. (Nie seker of daar so woord is nie, maar dit was vrek
> warm en bedompig).
> Hoe lank bly weer die so bedompig en warm by julle?
> Ja, ons is baie bederf hier in Amerika met ons lugversorgde huise en
> motors.
> Jy het al my simpatie - ek verpes hitte. Eintlik kan ek warm weer
> soos in SA en CA nog hanteer, maar die hoë humiditeit soos wat julle
> ervaar, en ons hier in die Suide, is onhanteerbaar vir my - net plein
> yeeeughy! :-(.
> Durban in SA was mos altyd ook so muggy en sticky in die Somer?
>
>> Ons het nie 'ntafelbaai nie, nie bloustrande nie en nie 'n blousee nie.
>> Ek dink ons het niks, :-))))))))))))))
>
> Maar julle het kultuur en...en...wel....en.... - oulike
> Hollanders en kultuur en....wonderlike kase en gebak,,,,en kultuur,
> en......
> oulike bure?
> :-))))
>
Ag eintlik is julle maar ook net 'n bietjie ons, as die mans en vroumense
nie het vertrek nie, was jy dalk nog in Nederland gewees en
.......................

Ja ons het baie, ook die See, die Noordsee, strande en weet ek wat, ek is
baie happy in my landjie.
En ja ons het goeie bure, die Belge dan ne, die ander, die Duitsers, wel ek
se maar so ek se maar niks :-))))))))))

GrRico
>

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

Bladsye (1834): [ «    1708  1709  1710  1711  1712  1713  1714  1715  1716  1717  1718  1719  1720  1721  1722  1723    »]
Tyd nou: Ma. Jan. 19 13:32:44 UTC 2026