Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Wys: Vandag se boodskappe :: Onbeantwoorde boodskappe :: Stemmings :: Navigasie
Hartlik welkom! Op hierdie webtuiste kan Afrikaanse mense lekker in hul eie taal kuier, lag en gesellig verkeer. Hier help ons mekaar, komplimenteer mekaar, trek mekaar se siele uit, vertel grappe en vang allerhande manewales aan. Lees asb ons aanhef en huisreëls om op dreef te kom.

Afrikaanse grammatika

Di., 02 September 2003 08:16

Somtyds (deur vaak die berigte te lees, kom ek meer te weet oor
Afrikaanse taal se uitdrukkings en grammatikale eieskappe) sien ek
vreemde konstruksies soos:

- Hy kon dit geweet het nie.

"Kon" is die persoonsvorm wat verander met die onderwerp (hy). Dit is
'n vorm van "kan" (onbepaalde wys). Mens sou verwag dat "het" die
onbepaalde wys se vorm sou hê.
Vergelyk dit met:
- Hy het dit geweet.

As mens die sinne in die Engels vertaal, kry mens:

- He could have known it.
- He has known it.

"Have" is Engelse onbepaalde wys en "has" is persoonsvorm.

So, my vraag is, waarom mens nie sê nie: Hy kon dit geweet hê nie.

Hans Kamp.

Afrikaans, ons taal | 14 kommentare

spam

So., 31 Augustus 2003 19:35

Ek haat span eposse! Ek het al soveel spamfilters dat dit by my ore
uitloop...!....maar dit hou nie op nie!

Enige raad, want al opsie wat ek het is om my eposadresse te verander.

Koeitjies & kalfies | 3 kommentare

Veel later...

So., 31 Augustus 2003 19:03

Speedy Gonzales wrote:
>>
>> Waarvoor staan W.R.F.?
>>
>> Lorinda
>
> 'Skuus, W.P.F. veronderstel om te wees
> 'World Physique Federation'
> (Weet nie hoe dit gekom het dat ek WRF geskryf het nie:-)
>
> DD


Dis te verstane dat jy bietjie deurmekaar was, die opgewondenheid en so aan...:-)
Sy het derde gekom in 'n internasionale kompetisie! Het jy 'n foto van haar?

Lorinda

Koeitjies & kalfies | 2 kommentare

Brood op die water

So., 31 Augustus 2003 18:57

"BF Computer Office" wrote:
> Jy weet jy mag nie brood vir voels gee nie !! ???
>
> Greetings
> Pieter
>

Die pigeons en seemeeue hier leef behoorlik op brood. Die meeue skeur
al die vuilgoedsakke oop om by stukke brood uit te kom, en hulle lyk
heel gesond (veels te gesond na die smaak van die inwoners .. :-)

Lorinda

Troeteldiere | 0 kommentare

MAC Rides Again 2

So., 31 Augustus 2003 11:14

"Tobie" wrote:

> Albei, hy weet dat die lekker lê tussen die 2 snye brood, nl. Gouestroop. Later
> sal hy vir hom 'n stukkie brood afbreek en dit in die tee wil doop, omdat die
> tee te warm is vir gaai bekkies, sal Elna dan die stukkie doop in die tee,
> koudblaas en dan vir hom gee.

Is hulle oor die algemeen lief vir soetgoed?


> Ns. Intussen sal die fopspeen sorg dat die babagaai nie huil nie ;-)
>

Wat maak hy regtig met die fopspeen?

Die fotos is pragtig. Dit klink na baie werk om die klein voeltjies te
voer, dis amper soos 'n voltydse werk!

Lorinda

Koeitjies & kalfies | 20 kommentare

Tot later

So., 31 Augustus 2003 10:59

Ek sal so rukkie van die groep af wees.
Die meisie wat gisteraand 3rde plek in
W.R.F. Lady's Bodybuilding Championships
gewen het, het haar trofee vir my kom wys.
Ons kuier saam vir die res van die middag.

Speedy

Sport & ontspanning | 2 kommentare

Ou sterke werkwoorde in Afrikaans

So., 31 Augustus 2003 08:48

Ek het hierdie nuusgroep 'n partykeer besoek, en ek sien 'n paar ou sterke
werkwoorde. Byv. "verbonde" van "verbind". In ander boekies het ek gesien:
"afgeskrewe" van "afskryf". Ek dink dat werkwoorde met 'n figuurlike
betekenis sterke voltooi deelwoorde het.

Ekself is 'n Nederlander, maar voordat ek reageer het, het ek hier die
Afrikaans bestudeer.

Hans Kamp.

Koeitjies & kalfies | 9 kommentare

'n Nuwe kietergeftie

Sa., 30 Augustus 2003 19:53

Ek gaan koop toe vandag in Rosebank
'n werklik handige stukkie hardeware, na aanleiding
van 'n 'JunkMail' advertensie, en een wat ek op
kantoor gesien het.

USB Flash Disk word dit genoem, en dit word
ook geadverteer as Flash Memory. Een winkel
wat ek geskakel het, het dit selfs 'n
Microsoft Memory Stick genoem.
Op die houer staan egter 'USB Flash Disk'.

Vir diè wat nie weet wat dit is nie, dit is 'n ekstra
hardeskyf, so lank soos my duim, en ietwat dikker.
Dit pas by die USB port in, en onmiddelik het jy 'n
nuwe hardeskyf, waarop jy data kan bêre.
Verskillende groottes, 128 MB is die een wat ek
gekoop het.

Prop dit in die USB port, laai wat jy op 'n ander masjien
wil hê, trek dit uit, en hang dit om jou nek met die
spesiale toutjie daarvoor voorsien:-)

Wanneer by die ander rekenaar, prop dit in die USB port,
indien WIN 200/ME of XP hoef nie eens 'n drywer
geinstalleer word nie. Skakel jou masjien aan, en jy het
'n ekstra dryf, wat weg is wanneer dit weer uitgehaal is.

Gaan koop dit gerus, dit is werklik handig.

Aan die Gautengers, vra vir my waar om dit te koop.
Incredible Connection vra R600 - 'n winkel in Pretoria
vra R399 wat baie goed geklink het, tot ek dit in
Rosebank vir R299 gekoop het.

'Kay o'aky, ek weet ek is die enigste Gautenger hier,
maar vind pryse by 'n paar winkels uit eer jy koop.

Ek gaan nou na die website kyk (vanaf scsaa gaan
kyk jy na die webwerf:-) en sal die url nou vir julle deurgee.


Die Uwe

Speedy Gonzales

Koeitjies & kalfies | 10 kommentare

Lekker naweek aan almal

Vr., 29 Augustus 2003 21:38

Ek gaan bietjie "berge" toe saam met 3 van my vriendinne tot Sondag
aand. My notebook gaan saam, maar ek glo nie ek sal 'n kansie kry om
in te loer nie. So, ek groet vir eers. Julle moet lekker kuier en 'n
lekker naweek hê.

Reis & vakansie | 1 kommentaar

Re: Re:My emails...

Vr., 29 Augustus 2003 21:26

Is dit 'n uitnodiging vir SPAM mail

Greetings
Pieter
Tel : +27-(0)-12-3337112
Fax :+27-(0)-12-3337107
Cell :+27-(0)-83-4553016
BF Computer Office cc
Your One Stop Office & Computer Supplier
http://www.bfco.co.za
Suppliers of : Complete Computer Systems, Computer Components, Notebooks,
Printers, Networking, Servers, Web Hosting, Web Design, PBX Telephone
Systems, Lightning Protection Products, Original & Refilled Cartridges,
Office Equipment, Corporate Gifts and Stationary. We also do Designing of
Networks and IT Project Management.


"Gina" skryf in boodskap news:dsP3b.26628$w8.15059@news.edisontel.com...
>>
>>
>>
>>
> gina...@libero.it
> pier...@tiscali.it
> maria...@tiscali.it
> lilian...@tiscali.it
> gina...@tiscali.it
> cinziaf...@tiscali.it
> silvia...@tiscali.it
> silvio...@tiscali.it
> mario...@tiscali.it
> pinor...@tiscali.it
> pier...@tiscali.it
> maria...@infinito.it
> lilian...@infinito.it
> gina...@infinito.it
> cinziaf...@infinito.it
> silvia...@infinito.it
> silvio...@infinito.it
> mario...@infinito.it
> pinor...@infinito.it
> foto...@infinito.it
> maria...@libero.it
> lilian...@libero.it
> cinziaf...@libero.it
> silvia...@libero.it
> silvio...@libero.it
> mario...@libero.it
> ginoa...@libero.it
> pinor...@libero.it
> piero...@libero.it
> maria...@virgilio.it
> lilian...@virgilio.it
> gina...@virgilio.it
> cinziaf...@virgilio.it
> silvia...@virgilio.it
> silvio...@virgilio.it
> mario...@virgilio.it
> ginoa...@virgilio.it
> pinor...@virgilio.it
> piero...@virgilio.it
>

Koeitjies & kalfies | 3 kommentare

Bladsye (1835): [ «    1697  1698  1699  1700  1701  1702  1703  1704  1705  1706  1707  1708  1709  1710  1711  1712    »]
Tyd nou: Vr. Jun. 05 02:08:57 UTC 2026