Swart adder
Wo., 24 Desember 2003 08:31
Nee - ek verwys nie na die Belg (vet of maer nie...)
Vanaand is daar op BBC Prime 'n spesiale "Black Adder" - iets soos "Black
Adder's Christmas...(?)" - dit sal op video geplaas word.
Ek sien die Britte beskou steeds Faulty T. as hulle beste program - die
dialoog tussen Mnr en Mev Faulty is sekerlik van die skerpste sarkasme
waarop mens kan hoop.
Steeds jammer dat die Britte nie meer rolprente vervaardig nie - hulle
regering behoort dit te borg. (Indien hulle dit nie reeds doen nie....)
Koeitjies & kalfies |
1 kommentaar
Gesënde Kersfees
Wo., 24 Desember 2003 04:35
Aan elk een hier,
'n Kersfees soo jy nog net van gedroom het
en nutuurlik sluit die wens in
'n Nuwe Jaar wat beter is as à l die voriges
en waar drome (die mooies natuurlik:-) bewaarheid word...
DD
Koeitjies & kalfies |
4 kommentare
Boek vir Jonas
Di., 23 Desember 2003 21:30
Vandag in 'n boekwinkel sien ek dat een van die gewilde boeke hierdie jaar
is "Muddied Oafs: The Last Days of Rugger" deur ene Richard Beard. Ek sê net
ingeval jy iets soek om op jou krismis lys te skryf! :-) - ek weet niks van
rugby af nie.
Lorinda
Boeke, tydskrifte & koerante |
5 kommentare
Poeding vir Katryn
So., 21 Desember 2003 15:35
Katryn en Roely, ons praat mos altyd oor nuwe of eienaardige poedings;
ek het nog een gevind. Laas week was ons Kersfees ete by die werk by
die Cafe Royale (Katryn as jy nou die verband tussen die CR en Anthony
Blunt wil uitwys, moenie - hoekom inkrimineer ek myself altyd so in
jou teenwoordigheid:-)) In elk geval, een van die poedings was
Lavender Creme Brulee!
Lorinda
Kos & resepte |
27 kommentare
Sonnekering
Do., 18 Desember 2003 20:32
Hallo, elkeen,
Dis vandag die 18de Desember. Nog slegs 'n paar dae en die sonnekering
kom. In Suid-Afrika is dit nou baie mooi weer, warm en lange dae. Hier
in Vlaandere is die dae nou baie kort en koud. Dis 'n wonder dat die
son nog wil skyn.
Ek het hier enige fotos gemaak van hoe dit gaan hier rond die huis.
Sien hier die eerste een:
http://users.skynet.be/norbert_van_damme/prentjes/Dagen_rond _solstitium.jpg
(166 kB)
Hierdie foto het ek geneem om 15.45 u in die namiddag. Julle sien
meteen hoe lang die skaduwees van die huise is en hoe swak die son
skyn. Dis slegs 4-5 grade Celsius buite.
Sien ook die ander een:
http://users.skynet.be/norbert_van_damme/prentjes/Lange_scha duw.jpg
(210 kB)
Ek staan hier naas 'n straatpaal van die kraglyn. Daardie paal is
slegs 5-6 meters hoog maar sy skaduwee is wel 100 meters lang! Hierdie
foto het ek ook geneem om 15.45u.
Nou hier die laaste een:
http://users.skynet.be/norbert_van_damme/prentjes/Fles_met_v ogelzaad.jpg
(177 kB)
Ek het in my tuin 'n spesiale voerbottel opgehang vir die klein
sangvoëls (vinke, musse, mese) wat in die winter hier bly. Daar gaan
ongeveer 'n halwe kilo saadjies in. Die laaste keer het ek hierdie
bottel opgevul Maandagnamiddag en soos julle sien (dis nou Donderdag)
is die bottel al bykans leeg!). My tuin is darem 'n egte voëltuin nou
maar hulle eet my arm. Ek hoop hulle sal bly as die lente terugkom;
dan kan hulle insekte en wurms eet in my groentetuin.
Baie groete vir julle almal daar in Suid-Afrika! Ek het gelees julle
smelt van die warmte! Hier staan agter die huis 'n emmer met reenwater
en daar het vanmôre nog 3 sentimeter ys op gestaan!
Norbert (uit Vlaandere)
Koeitjies & kalfies |
0 kommentare
Re: Sonnekering
Do., 18 Desember 2003 23:44
"Sterrenkijker" skryf in boodskap news:drv3uv4lcigjnvoqj8d7i83gqccmtu1soc@4ax.com...
> Hallo, elkeen,
>
> Dis vandag die 18de Desember. Nog slegs 'n paar dae en die sonnekering
> kom. In Suid-Afrika is dit nou baie mooi weer, warm en lange dae. Hier
>
Moet asseblief nie kruispos tussen die twee groepe nie Norbert!
Lorinda
Koeitjies & kalfies |
18 kommentare