Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Wys: Vandag se boodskappe :: Onbeantwoorde boodskappe :: Stemmings :: Navigasie
Hartlik welkom! Op hierdie webtuiste kan Afrikaanse mense lekker in hul eie taal kuier, lag en gesellig verkeer. Hier help ons mekaar, komplimenteer mekaar, trek mekaar se siele uit, vertel grappe en vang allerhande manewales aan. Lees asb ons aanhef en huisreëls om op dreef te kom.

Die Dolfenarium - Dolsprong.zip (0/1)

Vr., 01 Oktober 2004 18:37

Ek heg 'n zip aan as verduideliking
waarvan ek gepraat het. Om dit af
te laai, sal ietwat geduld kos, want
dit is sowat 2.2MB. Dit is in PDF
vorm maar ek aanvaar dat jy
acrobat reader op jou rekenaar het :-)

DD

Koeitjies & kalfies | 1 kommentaar

hi

Ma., 06 September 2004 18:19

Hallo almal en nuwe mense.

Koeitjies & kalfies | 4 kommentare

english and spanish courses

Do., 26 Augustus 2004 19:12

I just found a new resource for finding English and Spanish courses in the
UK, Ireland and Spain. That website also provides online advisors to help
people find the best match of courses for their needs.

http://www.next-language.com/

If you have some other good resources please let me know. Thanks.
I am also looking for good education portals.

John Cuteaux

Koeitjies & kalfies | 6 kommentare

Will Ferrel skets

Wo., 25 Augustus 2004 03:11

Will Ferrel as "W" tydens die verfliming van 'n politieke ad - kyk
gerus: http://whitehousewest.com/

Koeitjies & kalfies | 3 kommentare

Springbokplesier.

Sa., 21 Augustus 2004 09:31

Wat seg julle mensies oor die bokke?

Koeitjies & kalfies | 3 kommentare

Ai, die klassestryd...

Do., 29 Julie 2004 21:01

Katryn wrote:

>
> Giegie....julle moet nou nie begin dink ek is 'n Reaganite nie, hoor.
> Dit sal vreeslik wees! ;-))

Nee, so ver sal ons nou nie gaan nie :-) Jammer dat ek van thread
verander, nuusleser probleem is nog nie opgelos nie. Baie dankie vir
al die skakels, ek sal na alles gaan kyk.

> ;-)
> Giegie...so gepraat daarvan. Een van my gunsteling TV stasies (en
> dalk een van die enigstes wat ek nogal moeite mee doen om te kyk), is
> Jon Stewart se Daily Show. Dit is so satiriese nuus show in die
> aande. Gisteraand het hy gespot oor die feit dat al die Dems so
> daarvan hou om die mense te vertel van hulle "humble origins".
> Edwards is die seun van 'n "millworker", en die een dit en daardie een
> dat, en so aan - net om aan te dui hoe arm hulle groot geword het,
> ens.

Ek skryf natuurlik uit 'n plek waar klas nog 'n groot rol speel, maar
van "humble origins" gepraat, hier is dit al vir 'n lang tyd mode vir
"rock stars" om met 'n werkersklas aksent te praat, so sterre en
aspirant sterre leer gou om die aksent te affekteer... Dit kan egter
nie van die politici gesê word nie, veral in byvoorbeeld die Tory
parrty. Ek lees juis gister in Guardian oor Thatcher:

"Even in the early 1980s, toff Tories, alarmed by the perceived
vulgarity of their party's new leader, consoled themselves by
spreading the quixotic rumour that Margaret Thatcher's mother might
have dallied with the 10th Duke of Grafton. ("There's blood there,"
Tory grandee Julian Amery insisted sagely to Alan Clark in April 1984.
The only "blood" mattering to people such as Amery, of course, being
blue.)"

Lorinda

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

Idaho

So., 18 Julie 2004 19:56

Hi daar,

Wel, ek is terug van Idao. The scenery is asemrowend. Ons is via Hell's
Canyon na Yellow Pine Idaho, waar ons 4 dag trippie na Noordelike Idaho
being het. Bietjie trivia - Hell's Canyon, op die Idaho Oregon grens, is
net noord van die Snake River Canyon, wat Evil Knievel met sy motorfiets
oorgespring het. Yellow Pine het twee pubs, en een klein winkeltjie -
dis dit. Almal in Yellow Pine dra gewere, blykbaar as beskerming teen
die bere en mountain lions?

Die staat is pragtig. My prentjie van Idaho was nog altyd groot oop
velde gevul met aartappel plase, en ek kon nie verder van die
werklikheid gewees het nie. Die Sawtooth mountains is pargig en ons
roete het ons via twee spoor kronkelpaadjies deur die berge en oor
pragtige heldeskoon forel strome geneem.

Ons het nie in baie dorpies gekom nie, maar die waarin ons was was klein
plekkies in die backwaters. By een winkel was daar 'n groot plakaat
"Earth Firsters not welcome in this establishment". 'n Standaard
dekorasie was ook die kitch American Eagle wat 'n traan stort teen die
brandende WTC torings in agtergrond, met die onderskrif "We shall not
forget". Ek kan nie help om aan Tretchikoff te dink as ek daai poster
sien nie. Hierdie dekorasie is in baie gevalle aangevul met 'n
veskeidenheid "We support our troops" plakate.

Die mense in die dorpies is vreeslik vriendelik, en was altyd
hulpvaardig as ons aanwysings gevra het. Dis veral goed om te weet
inaggenome hoe stowwerig en vuil ons baie kere was as ons by die dorpies
se uithangplek ingestrompel het.

Ek hoop om volgende jaar weer bietjie "exploring" in daardie wereld te
gaan doen.

Eugene

Koeitjies & kalfies | 3 kommentare

Afrikaans is too difficult

Do., 15 Julie 2004 04:29

For my IQ of 23.

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

Muskiet stories

Do., 08 Julie 2004 06:28

Katryn wrote:
>
> (dit alles terwyl die muskiete my opgevreet het)
> Gepraat van muskiete. Het een van julle dalk al die fliek "The Snow
> Walker" gesien? Wat 'n uitstekende fliek gebaseer op 'n holruggeryde
> tema). Die muskiete daarin....daardie bleddie muskiete...
> Elkgeval...
> ;-)
>

Ek het die fliek nie gesien nie, vertel van die muskiete........ Jy moes 'n
bietjie van jou pennyroyal saamgeneem het, muskiete hou nie daarvan nie.

Lorinda

Koeitjies & kalfies | 4 kommentare

Sint Johannes blomme

Do., 08 Julie 2004 06:25

Katryn wrote:
> Lorinda, hoe kom daardie potion van jou aan?
> Terloops, ek het vandag St John's Wort gekoop om te plant, want dit
> lyk na so mooi groundcover. Wat moet ek weet daarvan? Behalwe
> natuurlik dat my plantjies my nou gaan beskerm van die alle iewils.
> ;-)
> Kan jy dit gebruik in jou potion? Hoop nie jy het die pietersielie
> vergeet nie?
> ;-))

Jammer dat ek so laat antwoord, en 'n nuwe thread begin, ek het jou
boodskappe nou eers gesien, my nuusleser het om een of ander rede geen
boodskappe van die groep afgelaai nie.

St John's Wort soos jy weet word as a alternatief vir Prozac gesien, dit was
nogal gewild vir die doel hier in Engleland die laast paar jaar. Daarom sal
dit 'n baie interesssante uitwerking hê as ons dit in die potion gebruik....
Ek dink ons moet eers oor die implikasies dink voordat ons so 'n stap
neem....:-)).


Lorinda

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

Bladsye (1835): [ «    1677  1678  1679  1680  1681  1682  1683  1684  1685  1686  1687  1688  1689  1690  1691  1692    »]
Tyd nou: Do. Jun. 04 05:35:09 UTC 2026