Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Wys: Vandag se boodskappe :: Onbeantwoorde boodskappe :: Stemmings :: Navigasie
Hartlik welkom! Op hierdie webtuiste kan Afrikaanse mense lekker in hul eie taal kuier, lag en gesellig verkeer. Hier help ons mekaar, komplimenteer mekaar, trek mekaar se siele uit, vertel grappe en vang allerhande manewales aan. Lees asb ons aanhef en huisreëls om op dreef te kom.

Re: 3768

Vr., 19 Mei 2006 11:52

Torreke skryf:

> NS korreksie. Ek sou graag wou hoor wat Hessie self te sê het oor die
> aantyging dat sy 'n rassis is.

Man, Torreke. Ten eerste ontken iemand wat van
rassisme beskuldig word, mos maar altyd dat hy
'n rassis is. Dus moet jy nie anders van my
verwag nie.
Die mense wat my van rassisme beskuldig,
doen dit uit verskillende motiewe. Die een klomp
hou nie daarvan dat ek bietjie militant en onvergewend
is teenoor die mense wat ek die "apartheidvarke"
noem, en wat ek nog nie in my hart kon kry om te
vergewe van wat hulle my land aangedoen het nie.
'n Ander groep beskuldig my dat ek nog altyd
die ding in SA in swart en wit sien, en dus 'n rassis
is, en dit is seker waar. Miskien is dit die motief
agter Katryn se beskuldiging.( Katryn bly in die
VSA in Georgia, vir jou inligting.)
Van die os op die jas, die oorspronklike pos
in hierdie string is deur iemand in New Zealand
op soc.culture.south-africa.afrikaans gepos. Ek
het sopas ook alt.languages.afrikaans bygevoeg.
Dus behoort dit nou ook daar te verskyn.

Gloudina

Koeitjies & kalfies | 96 kommentare

Die storie van die kruispos

Do., 18 Mei 2006 11:40

Torreke, ek is amper seker jy verstaan "die storie van die
kruispos" beter as ek, maar ek antwoord jou nogtans. Jy
het daardie vraag gevra op 'n string wat na drie nuusgroepe
kruispos. Dus die klompie wat net soc.culture.south-africa
lees, lees dit op hulle Engelse nuusgroep. ( Die boodskap
is oorspronklik begin deur een van hulle groep, maar die
ou het gekruispos na soc.culture.south-africa afrikaans
omdat hy met Afrikaners wou praat.) Ek pos hierdie antwoord
nou op alt.languages.afrikaans, maar kruispos dit ook na
soc.culture.south-africa.afrikaans. Hopelik sal die gesprek
wat volg, net in Afrikaans plaasvind. Maar op die ander
string, wat ook na die Engelse nuusgroep pos, sal jy
heelwaarskynlik antwoorde in Engels kry, want 'n hele
klompie van hulle lyk my ken Afrikaans baie goed.

Gloudina

Koeitjies & kalfies | 2 kommentare

Goeie restaurant?

Do., 18 Mei 2006 02:16

Uit vandag se Globe and Mail travel section:

Die hoof van Hilton Canada, Armin Schroecker, word verskeie
vrae gevra. Een daarvan is "favourite out-of-town
restaurant."
Antwoord: The Butcher Shop & Grill in Johannesburg. "It
serves the best T-bone steak and allows me to drink my
favourite Pinotage red wine, a grape unique to South Africa."

Kos & resepte | 21 kommentare

Winternag en Guy Butler se vertaling daarvan

Di., 16 Mei 2006 15:04

WINTERNAG
Eugene Marais

O koud is die windjie
en skraal.
En blink in die dof-lig
en kaal,
so wyd as die Heer se genade,
lê die velde in sterlig en skade.
En hoog in die rande,
versprei in die brande,
is die grassaad aan roere
soos winkende hande.

O treurig die wysie
op die ooswind se maat,
soos die lied van 'n meisie
in haar liefde verlaat.
In elk' grashalm se vou
blink 'n druppel van dou,
en vinnig verbleek dit
tot ryp in die kou!

WINTER'S NIGHT (Translated by Guy Butler)
---------
O Cold is the slight wind
and sere.
And gleaming in dim light
and bare,
as vast as the mercy of God,
lie the plains in starlight and shade.
And high on the ridges,
among the burnt patches,
the seed grass is stirring
like beckoning fingers.

O tune grief-laden
on the east wind's pulse,
like the song of a maiden
whose lover proves false.
In each grass blade's fold
a dew drop gleams bold,
but quickly it bleaches
to frost in the cold!

Prosa & poësie | 5 kommentare

Bulle kraai koning

So., 14 Mei 2006 04:06

Naelskraap - maar nou gaan die Bulle Suid-Afrika verteenwoordig in die
semi's.
Ek hoop net hulle sal hulle land met dieselfde passie en venyn in
Christchurch kan verteenwoordig as teen hul plaaslike opponente.

(Maar ek is seker dat Hansie Cronje se spook die Stormers omgekoop het.
Ek weet net nie of dieselfde spook vir Jake White bygekom het om soveel
Stormer spelers in sy groep in te sluit nie. Die Stormers se spel is 'n
klad op SA rugby se naam.)

Sport & ontspanning | 1 kommentaar

" die posisie aan die einde van " deur GERT VLOK NEL

Sa., 13 Mei 2006 14:48

die posisie aan die einde van
Gert Vlok Nel

die gang was donker, gepriem.
die blokkiesvloer het peristaltiese bewegings gemaak.
maar net in my alewige verbeelding.
"kom saggies," het Ma gesê. "Pa slaap."
(op pad huis toe, oor die oop stukke veld,
het ons opgekyk: die berg was besig om noukeurig te brand.)

"hoe was die fliek." die fliek was nie.
"i riller." (wanted: bybysitter.) "dit was goed."
goed. Ma maak koffie. in die kombuis.
halfeen. die gezoem van die yskas.
"oom Jakkie het..."
Pa geslaan.
sê Ma.
"hoekom Ma?" het Altus met gewaarmerkte pyn
geëkwisiteer. hy's nou i sendeling in outjo, namibië
niemand moer jou pa nie, Ma, was die strekking,
veral nie iemand soos oom Jakkie nie
relatief gesigloos in die kaap, hier in voldonge
sterre & wenteling, dorpsdronkaard.
"kak," het ek gesê vir die rekord.

moenie so vloek nie het Ma gesê "oom jakkie
is oom Jakkie." en Pa was Pa. "Pa is ons Pa, Ma."
het ons gesê dalk. oom Jakkie is my broer (Ma)
"maar Pa is jou man, Ma." ja
Ma was so oud, afgeskei, so 40.
"die berg brand, het julle gesien?" ja Ma.
die buitenste verband, het ek dit gesien?
"nee," skryf ek

oom Jakkie was al weg, af in die straat. "gaan slaap," sê Ma.
die huis sou ons insluk, ek kan nie meer onthou
nie, o.a. Pa was i tier in die huis
Ma dikwels i prooi. in die berg was tiere uitgewis.
ek onthou & ek onthou. oom Jakkie het gesterf
en Ma en Pa is op sylyne ingesjant
Ma mooi, Pa in sy mees godsverbitterde verband.
(die rym is vir Pa)

maar oom Jakkie het akuut gesterf, in 1978.
die voorbereide aarde het hom in deskant ingeneem
soos die wind die gesang, teer en koud nes die seisoen.
ek onthou, met deernis, die nag van gepriemde gange
hoedat ek en oom Jakkie na mekaar moes
kyk, vanuit ons unieke posisies van stilte
& verset, aan die eindpunte van die lang straat:
lampe, bome, huise die
volmaakte woede van die lug bo,
die huise, bome, lampe.

Prosa & poësie | 0 kommentare

Mark Twain

Sa., 13 Mei 2006 03:54

Ek loop die stukkie waarheid van Mark Twain raak - ek sal dit maar hier
op die witbord plak:

"I notice that you use plain, simple language, short words and brief
sentences. That is the way to write English -- it is the modern way and
the best way.
Stick to it; don't let fluff and flowers and verbosity creep in. When
you catch an adjective, kill it. No, I don't mean utterly, but kill
most of them -- then the rest will be valuable. They weaken when they
are close together. They give strength when they are wide apart.
An adjective habit, or a wordy, diffuse, flowery habit, once fastened
upon a person, is as hard to get rid of as any other vice."

Letter by Mark Twain to D. W. Bowser, 3/20/1880

Koeitjies & kalfies | 1 kommentaar

Survivor SA: Panama

Do., 11 Mei 2006 14:45

Ek sien hulle beplan 'n Survivor reeks met mededingers
uit Suid-Afrika. Maar hoekom sê dit aan die einde "Panama"?
Gaan hulle dit tog in Panama hê?
Dis die laaste week van Survivor Panama hier by ons.
Vanaand is daar een program, en dan sluit dit glo af op
Sondag. ( Daar is nou vier mededingers oor.)
Kry julle ook die reeks op datum. Of sien julle nog
die vorige een?
Ek kyk gewoonlik nie die soort TV programme nie.
Maar Survivor is vir ons nogal interessant en ek mis dit nie
maklik nie.

Gloudina

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

Angelina Jolie - waar in Namibië is sy?

Do., 11 Mei 2006 14:36

Hoekom is Suidwester so stil oor haar teenwoordigheid
in sy koninkryk?

Tant Hessie van die Nossob

Koeitjies & kalfies | 6 kommentare

Zuma vra verskoning

Wo., 10 Mei 2006 03:30

Zuma het het onvoordaardelik verskoning gevra dat hy onbeskermde seks
gehad het op 09 Mei 2006. Dit is natuurlik vanwee die feit dat die
media hom daarvoor veroordeel het.

Maar - beide die pers en Zuma slaan die bal mis. Zuma is 'n getroude
man. Om die waarheid te se, by die laaste telling had hy vyf (5)
vrouens. So - hy behoort eintlik verskoning te vra vir owerspel. Maar
sy moraliteit is so laag dat hy verskoning vra dat hy bloot nie 'n
kondoom gebruik het nie.

Wel - in lyn met protokolreels is ek een van vele ander wat nie sy
verskoning aanvaar nie.

Ek het, ongeveer twee-jaar terug 'n tv-onderhoud gesien waarin Zuma die
feit dat hy 5 vrouens het geregverdig deur vol te hou dat dit hom sou
weerhou om oor die tou te trap.

Om op 62-jaar oud van verkragting aangekla te word is nie 'n
persoonlike skande nie. Suid-Afrika se naam is beswadder.

Maar - wie het beter verwag van ANC-amptenary wat gedy in bedrog en
diefstal.

Van der Merwe, die regter, is een van 'n bedreigde spesies. Blanke
regter word uitgefasseer en vervang met onbevoegde regter - sommige wat
betaling ontvang van instansies oor wie hulle uitsprake moes lewer.
(Verwys na Kaapse Hoofregter Hlope en Oasis.) Eienaardig dat nie een
van die groepe 'n swart regter wou gehad het nie - 'n wit Afrikaner se
kredietwaardigheid was egter aanvaarbaar.

Koeitjies & kalfies | 1 kommentaar

Bladsye (1835): [ «    1671  1672  1673  1674  1675  1676  1677  1678  1679  1680  1681  1682  1683  1684  1685  1686    »]
Tyd nou: Wo. Jun. 03 23:09:56 UTC 2026