Deur die afwesigheid van "Wagenaar-pos" op die
Afrikaanse nuusgroep neem ek aan dat die e-pos
lys nou weer 'n onafhanklike bestaan gaan voer
weg van die nuusgroep af. (Hoekom laat dit my
dink aan 'n mini-groot trek, 'n apartheid in die
kleine, 'n poging om maar net weer in 'n laertjie
in te gaan?) Izak en ek gaan beslis nie op die
lys inskryf nie. Ons moet ons e-pos ruimte bewaar
vir ander dinge : ons belangstelling in die digter
William Blake en die skrywers van Japannese haiku.
Dis jammer as die skeiding nou gekom het. Ek het
byna altyd die besprekings geniet, veral oor die
ekonomie en dies meer. Maar nou ja, so is die lewe.
Leendert, as jy my nog kan lees, totsiens.. totsiens.
Ek voel 'n behoefte om te lees oor plekke. Kom ons
pos beskrywings van plekke uit ons verlede
waarna ons nou heimwee het, of mooi plekke wat
ons onlangs besoek het en met ander wil deel. Dit
hoef nie noodsaaklik in Suid-Afrika te wees nie. En
ons kan byvoorbeeld versoeke aanvra. Ek sou by-
voorbeeld dankbaar wees as iemand in Stellenbosch
taamlik gereeld rapporteer hoe daardie mooi ou dorp
daar uitsien in verskillende seisoene. Dit sal vir
aties versprei oor die land en die buiteland so lekker
wees om te weet die loekwarte is nou weer daar in die
tuine, ryp en reg om oor die muur gesteel te word. Ek
het nog 'n ander versoek : dat iemand vir my die Seder-
berge moet beskryf. Ek was nog nooit daar nie, en sal
ook seker nooit daar uitkom nie, maar dis asof daar 'n
hunkering in my is om van die streek te hoor.
Ek begin die ketting van herinneringe deur te praat
oor 'n plek in die heuwels bokant Pietermaritzburg. Die
naam van die plek is Hilton Road en daar groei die azaleas
so groot soos bome in sulke lang lanings. (As ek dit hier in
Kanada vir mense vertel, kyk hulle my net ongelowig aan.
Vir hulle is 'n azalea iets wat in 'n pot groei en waarvoor
jy duur betaal.) Hilton Road is in die misbelt. As dit dus
baie warm word onder in Pietermaritzburg, dan sak daar 'n
digte mis oor alles, so dig dat 'n mens letterlik kan verdwaal
tussen een gebou en 'n ander. As gevolg van die vog van die
mis groei daar egter in Hilton Road allerlei Engelse soort
blomme : regte "primroses" en "columbines" tussen al die
weelde van subtropiese plante wat ook daar groei. As jy in
die rigting van Pietermaritzburg stap met 'n sekere pad, dan
kom jy by 'n plek waar hulle se die Voortrekkers se waens
diep kepe in die klippe gemaak het soos hulle gerem het om
die waens stadig die heuwel te laat afgaan na Pietermaritzburg
toe. In 'n onbewoonde tuin daar naby het ons eenkeer 'n
regte silwerboom ontdek, iets wat net veronderstel was om in
die Boland te groei.
As 'n mens op sekere plekke staan, kan jy een van die
pieke van die Drakensberg ook sien, vol sneeu in die winter.
Ek dink die piek se naam is Giants Castle. As jy met die
trein na Pietermaritzburg toe gaan, ry jy deur 'n tonnel onder
Hilton Road. As jy met die hoofpad gaan, ry jy dit ook mis.
Dis egter die moeite werd om die draai te ry en Hilton Road
te besoek. Ek wonder of die klein treintjie nog loop teen die
heuwel uit. Om met daardie klein treintjie wanneer dit donker
is uit Pietermaritzburg na Hilton Road te ry en al die liggies
van die stad nou aan die een kant van die trein en dan aan die
anderkant te sien, is een van die beste herinnerings wat ek
het. Gloudina Bouwer
Soos julle gemerk het, het ek die artikels die laatste dae nie
doorgestuur nie. Ek het dit tot nu toe handmatig gedoen, en dit
kos my eenvoudig te veel tyd.
Voorlopig sal daar nu dus geen koppeling wees, maar ek hoop wel
dat die voorstel van Dana Murray uitgevoer kan word:
'n outamatiese koppeling, waarby jy op die poslys kan sien dat 'n
artikel van die nuusgroep kom (en wie die oorspronkelike skrywer is)
en andersom ook.
> I'am a scuba diver and I will visit CR sometime in the summer.
> Salu2
Ek weet nou nie van julle ander nie, maar ek begin nou redelik g*tvol word
vir die penfriendjies wat hulle boodskappe met die haelgeweer versprei. Ek
het nou al twee keer e-pos vir die "Earth Friends", wat elke keer weer die
ding aan die gang sit, gestuur om hulle aan die verstand te probeer bring
waaroor hierdie groep gaan en baie mooi en beleefd gevra dat hulle moet
ophou om na die groep te pos. Lyk nie of dit help nie.
Dit sal dalk help as hulle meer sulke versoeke kry, sommer baie meer.
> En dit is daarom, Julius, dat jy nie bekommer oor Afrikaans moet wees nie.
>
> (Gloudina)
Ek merk op in hierdie nuusgroep dat daar in Suid Afrika groot kommer
is oor die status van Afrikaans as voertaal in skole sowel as
Afrikaans op TV.
Afrikaans sal nie vergaan nie, meskien sal dit oplos in die kookpot
van die We^reld Dorpie (wel, dit is wat ek raai die Afrikaans is vir
"global village"). Die engelse sit op die "stoep" en kyk oor die
"velt" hoe die "wildebeest" "trek".
Bill Gates se bydrae tot die verspryding van die Amerikaanse kultuur
is niks in vergelyking met Holliwood se dominansie van popkultuur nie.
Die Franse is die sigbaarste teenstem.
Engels het nou so baie flavours dat jou woordverwerker wil weet of jy
US English of UK English will installeer. Hier in OZ het jy nog die
keuse van die Macquarie Dictionary.
Ek weet baie mense is gesteld op die gebruik van Afrikaanse leestekens. In
die ou dae het ons Afrikaanse tikmasjiene gehad, maar nou te midde van die
rekenaareeu het dit regtig 'n probleem geword.
Ek gaan my kop in 'n bynes steek en voorstel dat ons geheel en al wegdoen
met deeltekens, kappies ens.
Ons het Afrikaanse karakters hier by die werk (ALT+TAB), maar daar is ook 'n
(ALT+TAB) funksie wat jou hele dokument uitwis. Ek kan nie altyd onthou of
'n deelteken op die "e" ALT 134, ALT 145, of ALT 77 is nie (dit help nie om
'n lys op te stel nie, die Afrikaase leestekens is begrawe tussen Japanese,
Russiese en Duitse karakters).
As jy dan tog die regte een kry, en jy stuur dit as 'n e-mail-boodskap, dan
verander die karakters in die proses, soos ons dit in hierdie nuusgroep
waarneem: KwAEvoAEl, of so iets.
Ek sien sommige mense skryf so: kwe^voe"l. Maar dit lyk baie snaaks.
Ek is nie 'n rekenaarkundige nie, en dalk is daar 'n tegniese oplossing vir
die probleem. Maar as ons demokraties wil wees, moet ons die meerderheid
NIE-rekenaarkundiges, wat op Amerikaanse masjiene moet werk, in ag neem.
Kom ons werk aan 'n nuwe rekenaarskryfwyse vir Afrikaans.
Ek lees vanoggend weer oor die nuwe skilderye wat nou in die parlement hang. Dit is
nou die koerant berigte wat op die Independant se web-site is (Wat is web-site in
Afrikaans ?????)
As ek moet gaan op die beskrywings in die artikel van die Independant, klink dit of
niemand regtig kon verstaan wat die skilderye probeer uitbeeld nie - dis nou die wat
nie toegemaak was nie. Twee van die beskrywings "tickle" my nogal. Ek gee dit net
weer :
"..haloed knight killing a grimacing white ape" en "...men in Nazi-style helmets and
gas masks pulling the intestines out of a corpse".
Ek kan aan 'n paar dinge dink wat die skilderye probeer uitbeeld, of waarmee hulle
ooreenkom, maar netnou word ek van links en regs as 'n rasis beskryf - en in die
nuwe SA is so iets mos uit. Iemand 'n idee wat die skilderye probeer uitbeeld???
Ek is op soek na 'n ou vriend van my. Ons was 'n hele klompie jare terug saam op
Tuks gewees. Hy het vir predikant geswot (Vir die wat nie weet nie, dis nou vir 'n
Pastorale Ingenieur). Later het hy meer sielkunde in beweeg. Sy naam is Arnold
Muller en sy vrou se naam Lianti. Ons het 'n klompie jare terug kontak verloor, en
ek kon hom nog nie weer opspoor nie. Ken iemand hom dalk ?
Valentine's Day is just around the corner and you certainly have that
special somebody. If you want me to send them a poem or just a "be my
valentine" card send me her/his details, and whether you want to appear
anonymously or not.
Give Cupid a chance...
--
o-----o E-Mail: b0go...@rks.harz.ni.schule.de o-----o
/ | / | Web : http://www.rks.harz.ni.schule.de/~b0goosse | \ | \
o-----o | Post : Braunlager str. 28, 37444 St. Andreasberg | o-----o
| o-|---o Deutschland o---|-o |
| / | / Tel. : (05582) 801-181 \ | \ |
o-----o ____________________________________________________________ _ o-----o
Eat, drink and merry for tomorrow we croak.
-"ALF" Gordon Shamway