Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Wys: Vandag se boodskappe :: Onbeantwoorde boodskappe :: Stemmings :: Navigasie
Hartlik welkom! Op hierdie webtuiste kan Afrikaanse mense lekker in hul eie taal kuier, lag en gesellig verkeer. Hier help ons mekaar, komplimenteer mekaar, trek mekaar se siele uit, vertel grappe en vang allerhande manewales aan. Lees asb ons aanhef en huisreëls om op dreef te kom.

[AFRIKAANS:6128] Rachelle B in Holland

Vr., 16 Februarie 1996 00:00

Rachelle ek hoop jy sien die boodskap, ons het jou internet adr. verloor en
wil graag vir jou skryf, stuur asb vir ons dit weer aan.
Groete,
Paul

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

Katalogus van WINDE: die MISTRAL

Vr., 16 Februarie 1996 00:00

DIE MISTRAL
van die suide van Frankryk

In Provence word die warmte van die somer versteur
deur die mistrals wat in die herfs begin waai. Die winde
is nie so sterk waar dit begin in die Massif Central nie,
maar hulle word sterker en sterker soos hulle met die Rhone
vallei afwaai. Teen die tyd dat hulle by die meer suidelike
dorp Arles kom, kan hulle nie meer geignoreer word nie.
Lateraan moet die toeriste-winkeltjies hulle ware inbring
van buite af, waar hulle die hele somer uitgestal was.

Baie van die toeriste-ware in Arles het te doen met een
van hul mees beroemde inwoners : Vincent van Gogh.
En daar is diegene wat dink dat wanneer 'n mens na sekere
skilderye van Van Gogh kyk, jy altyd die teenwoordigheid
van die Mistral in aanmerking moet neem. Wanneer die
winde waai, word die mense in Arles effens "sauvage."
Dit kan dus die emosionele en artistieke uiterstes van
Van Gogh se lewe verklaar. En wanneer 'n mens na 'n
hele klomp van sy landskappe kyk, sien jy die effek van die
istral in die windverwaaide oppervlaktes gras en die
bewegende takke van die olyfbome.

Gelukkig het Vincent van Gogh nie net in die herfs en
onder die invloed van die Mistrals geskilder nie. Wanneer
jy in die Van Gogh Museum in Amsterdam op 'n hele saal
afkom met skilderye van boorde vol lentebloeisels, dan
weet jy in jou hart : Vincent was somtyds diep gelukkig
en glad nie "sauvage" nie.

Gloudina

Koeitjies & kalfies | 1 kommentaar

[AFRIKAANS:6123] Re: Private diskriminasie

Do., 15 Februarie 1996 00:00

arius skryf:

> Ek het tuis 'n goeie artikel oor hoe 'n vrou kompetisie by die
> werk ervaar. As iemand belangstel kan ek die presiese gegewens plaas.
> Dit stel dat vrouens graag almal in die werk plek as gelyk wil sien.
> Daarom sal sy nie graag meriete voordeel aanvaar wat aan haar
> toegeken word. Of andersins bitter omgekrap word as iemand anders dit
> kry. Dit is merkwaardig dat die groot beweging vir gelykheid in die
> politiek saam val met die vrou se toetrede tot die politiek. Is dit
> dalk so dat dit juis vir die vrou moeilik is om die andersheid in die
> rol van die man en die vrou te aanvaar?

Een van die dinge wat Kendall noem, is die verskillende patrone waarop
manlik-oorheersde organisasies en vroulik-oorheersde sosiale strukture
ontwikkel. Manlike organisasies toon gewoonlik 'n sterk hiërargiese
struktuur, terwyl vroulike organisasies 'n platter, netwerk-tipe
struktuur het. Selfs die feministiese organisasies was geneig om op
klein, ondersteuningsgroepstrukture gebaseer te wees met geen bepaalde
leiersfiguur nie, en het nie die hiërargiese strukture van manlike
organisasies ontwikkel nie.

--
Reinier de Vos Internet: de...@aqua.ccwr.ac.za
Computing Centre for Water Research Tel: Int+27 331 260-5179
c/o University of Natal, P/Bag X01 Fax: Int+27 331 61896
Scottsville, South Africa, 3200 http://www.ccwr.ac.za/
#include
------------------------------------------------------------ -----------
Ons spaar die duiwel baie moeite
- C J Langenhoven

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

Afikaanse Kultuur: 'n VSA universiteit Afikaanse klass navorsing

Do., 15 Februarie 1996 00:00

Ek is 'n verdwaalde boeremeisie wat baie lank laas in Afikaans geskryf
het. Ek is agt jaar gelede vir 'n jaar Europa toe, en 'n verkeerede
draai gevat het en op die ou einde in Amerika beland het, na 'n jaar en
'n half in die Ooste. Die rondlopery van my maak my familie mal, maar
hulle is maar net te bly om van my te hoor.

Die rede hoekom ek skryf is om te smeek vir hulp. Ek draf klass by die
enigste univesiteit in Amerika wat Afikaans offer. Dit is wonderlik om
Afikaans te praat met Suid-Afikaaners, en Amerikaaners wat vir 'n paar
jaar in Suid-Afrika gebly het. Daar is 35 studente van Suid Afrika hier
en ons is redelik georganiseer. Ons het 'n familie wat boerewors,
biltong en droewors maak. Ons maak land en sand melktert, en daar is 'n
winkel wat Vegemite en Horlicks invoer van Australie af. BYU het een van
die beste rugby spanne in Amerika en dit is heerlik om bietjie te gaan
kyk hoe die manne speel. (Ek hoe baie van Amerikaanse Voetball nou
dat ek dit verstaan maar ek dink hulle is te veel beskermed in
vergelyking met rugby).

Om weer terug te kom oor hoekom ek skryf. Ek neem nou 'n Afikaanse klass
waarin ons 'n 8 blaadsy papier moet skryf oor een of ander opsig van
Afikaanse kultuur. Ek is al so lank laas uit Suid-Afirka weg dat ek het
nie 'n baie goeie idea oor wat alles aan gaan nie. Ek sal EENIGE opinies
waardeer.

Jul kan anwoorde hier pos, of my kontak by de...@cougarnet.byu.edu.
Baie dankie vir die moeite.

Liefies,
Amanda de Lange

Onderwys & opvoeding | 0 kommentare

Re: [AFRIKAANS:6114] Re: Private diskriminasie

Do., 15 Februarie 1996 00:00

> On 14 Feb 96 at 11:26, Reinier de Vos wrote:
>

>>
>> Ons kan ons ook gerus afvra of die aftakeling van ons gesinslewe en
>> waardestelsels, wat jy so goed uitgebeeld het, nie ook sterk verband
>> hou met die Nasionaliste se staatsideologie nie. Kyk hoe het die
>> trekarbeiderstelsel en Bantoe-Onderwys swartmense se gesinslewe en
>> morele standaarde afgetakel - hulle reg tot vrye assosiasie, en die
>> private diskriminasie wat dit behels, is ernstig aangetas.
>> Afrikaners is ook onderwerp aan die "volksideologie" wat ons
>> vertroue van gesin na staat/volk verplaas het. Individuele
>> verantwoordelikheid teenoor die oues en kinders in die gesin is
>> stelselmatig afgebreek - die staat sal mos vir hulle sorg.
>
> Ek dink jy behoort kennis te neem dat "die Nasionaliste" hoofsaaklik
> deur "die Afrikaner" aan bewind gebring en gehou is. Dit sou dus
> redelik wees om te aanvaar dat "die Afrikaner" hom die
> "volksideologie" laat welgeval het. Soos jy ook aantoon is die
> betrokke verskuiwing van verantwoordelikheid vanaf die gesin na die
> staat nie tot die Afrikaner beperk nie. Dit was 'n redelik algemene
> verskynsel in die gei"ndustrialiseerde gemeenskappe.
>
>
>>
>> Sal private diskriminasie beteken dat mense keuses uitoefen waarmee
>> ek nie saamstem nie? Natuurlik. Maar as ek my vryheid wil he, moet
>> ek dit aan andere gun. Die feit dat mense dwase keuses maak, of dat
>> daar armes en rykes is, dien, soos Hayek ook al gese het, 'n
>> belangrike sosiale funksie. Dit verskaf voorbeelde van wat ons nie
>> moet doen nie, of wat ons wel moet doen, en so maak die samelewing
>> vordering. Die tragiese lot van ons oues van dae en kleuters moet
>> as aansporing dien om ons waardestelsels in hero"enskou te neem.
>
> AMEN!
>
>> Enige poging deur die staat om dit namens ons te doen, sal sekerlik
>> nie sake verbeter nie. Dit ontneem ons maar net weer ons
>> verantwoordelikhede
>

> Groete, Leendert

EK IS SO BLY JULLE IS TERUG!
Gloudina

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

[AFRIKAANS:6117] Re: Private diskriminasie

Do., 15 Februarie 1996 00:00

Reinier skryf

> Om nou na die ander kant oor te hel, sal jy dalk Francis Kendall se
> "The SeXY Factor" geniet. Sy som die nuutste navorsingsresultate op,
> wat wys wat ons maar altyd vermoed het :-). Die twee geslagte is so
> radikaal anders, dat hulle maar liewers as twee verskillende subspesies
> geklassifiseer moet word - 'n uiters polities onkorrekte
> gevolgtrekking. Om maar 'n enkele voorbeeld te gebruik - daar is
> ongeveer 15 manlike hotpote vir elke vroulike (ek is nou nie seker van
> die presiese syfers nie), en talle ander aanduidings dat die manlike en
> vroulike geslag die twee hemisfere van die brein verskillend benut.
> Dit het ook 'n effek op die verstandelike vermoeëns van die
> geslagte. En voordat ek deur feministe aangeval word - dit bepaal nie
> dat vrouens dom, en mans slim is nie (eerder andersom, volgens my
> ervaring :-)). Dit bepaal slegs dat hulle 'anders' is.

Ek het tuis 'n goeie artikel oor hoe 'n vrou kompetisie by die
werk ervaar. As iemand belangstel kan ek die presiese gegewens plaas.
Dit stel dat vrouens graag almal in die werk plek as gelyk wil sien.
Daarom sal sy nie graag meriete voordeel aanvaar wat aan haar
toegeken word. Of andersins bitter omgekrap word as iemand anders dit
kry. Dit is merkwaardig dat die groot beweging vir gelykheid in die
politiek saam val met die vrou se toetrede tot die politiek. Is dit
dalk so dat dit juis vir die vrou moeilik is om die andersheid in die
rol van die man en die vrou te aanvaar?

Groete
arius

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

Nuwe Afrikaanse links op www.xs4all.nl/~wagenaar

Do., 15 Februarie 1996 00:00

Daar is verskeidene nuwe Afrikaanse links op:

http://www.xs4all.nl/~wagenaar

onder andere:

- die eerste gedeelte van die Afrikaanse volkslied
- Christelik-Wetenskaplikes literatuur in Afrikaans
- Een blanke uit Zoeloeland (met dank aan Marco van het Hoog)
- die alternatiewe Afrikaanse woordeboek

__

Robert.

--

Robert se Afrikaanse bladsy: http://www.xs4all.nl/~wagenaar

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

[AFRIKAANS:6122] Re: Private diskriminasie

Do., 15 Februarie 1996 00:00

Leendert skryf:

> Ek deel jou besorgdheid. Ek sal net graag (wanneer ek kans kry :-) 'n
> bietjie die Sweedse grondwet met ons s'n vergelyk. Ek dink daar is
> nog veel wat ons kan doen om te kyk watter beskerming ons uit ons
> grondwet kan haal (onthou, dis gebaseer op die Kanadese - nie die
> Sweedse nie). 'n Voorbeeld:

Dit slaan my nog steeds dronk dat Kanada - 'n land wat gedurige
grondwetlike konflik ondervind - as model gebruik was. Daar was immers
veel beter modelle.

[knip]

>> Die arme Sweedse gesinne wat onder die staat se welsynspolisie
>> deurgeloop het, moes hulle na die Europese Hof vir Menseregte in Den
>> Haag wend, en dit nadat hul gesinslewens deur die staat verwoes was.
>
> Ek sal nog steeds graag 'n verwysing hierna in die hande kry - het
> die Readers Digest vir die afgelope vier jaar vergeefs deurgesoek. So
> 'n verwysing, in 'n vroee" stadium aangehaal, kan ons help om
> dieselfde situasie te voorkom. Jy kan egter gerus na die Amerikaanse
> literatuur kyk - dis daar ewe erg. In 'n onlangse hofsaak
> (Massachusetts, dink ek) is getuienis gelewer dat iets soos 60% van
> die gevalle waar kinders uit hul huise verwyder is onregmatig was.

Ek sal kyk of ek die oorspronklike artikel kan opspoor. Laas het ek
dit nog - van alle plekke - in my tandarts se spreekkamer gelees :-(
Ek is amper oortuig dit was 'n September uitgawe, maar ek kan nie die
jaar onthou nie. Dit kan selfs so ver terug as 1989 wees. Die artikel
se titel was "The country that tried to buy happiness". National
Geographic het ook 'n paar jaar gelede 'n artikel oor Swede gehad.

[knip]

>> Sal
>> die Suid-Afrikaanse regering hom aan die hof se uitsprake steur?
>
> Menseregte is 'n kwesbare punt vir die regering - hy het hom
> internasionaal groot daaroor uitgelaat, en dit die "hoeksteen van sy
> buitelandse beleid" gemaak.

Onthou, die Sweedse regering het ook hoog opgegaan oor hoe hy 'n
internasionale speler is rakende besorgdheid oor menseregte.
Dit is immers ook die land van Wallenberg, die Nobelpryse, ens., ens.
*Hulle* sal nie menseregte skend nie. Gmmmf!

>> Ondervinding het gewys dat ons nie te optimisties hieroor moet wees
>> nie.
>
> Watter ondervinding?

As ek reg onthou, het die vorige regering hom nie juis veel aan
internasionale hofuitsprake gesteur nie.

[knip]

>> Hmmm - 'n soort 'reductio ad absurdum'. Miskien het jy gelyk - as
>> ons voldoende onderdruk word, sal ons in opstand kom. Nie juis 'n
>> goeie resep vir regverdige regering nie - eerder 'n resep vir
>> revolusie. :-)
>
> Nee verset is nie noodwendig gewapend of revolusione^r nie. Verset
> deur ongehoorsaamheid aan onregmatige wetgewing, en deur uitdagings
> aan die regering in die howe kan geweldig vrugbaar wees om die
> ontwikkeling van die regstaat en die "common South African culture"
> te bevorder. En dis lekker maklik om internasionale simpatie op te
> wek vir onderdrukte menseregte :-)))

Ek stem saam - ek het doelbewus oordryf :-) Lees gerus Jill
Wentzel se "The Liberal Slideaway" rakende die wyse waarop die
geleidelike benadering tot die aftakeling van apartheid deur die
bevrydingsbewegings en die intellektueles by sommige universiteite in
die jare tagtig afgewys is, en die tragiese gevolge vir ons land,
waarmee ons nou nog moet saamleef.

--
Reinier de Vos Internet: de...@aqua.ccwr.ac.za
Computing Centre for Water Research Tel: Int+27 331 260-5179
c/o University of Natal, P/Bag X01 Fax: Int+27 331 61896
Scottsville, South Africa, 3200 http://www.ccwr.ac.za/
#include
------------------------------------------------------------ -----------
Ons spaar die duiwel baie moeite
- C J Langenhoven

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

boring

Wo., 14 Februarie 1996 00:00

net omdat jy aangekom het...

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

PADANG -- C. Louis Leipoldt

Wo., 14 Februarie 1996 00:00

PADANG
C. Louis Leipoldt

Dis Padang hier. Waar die hibiskus ophou,
daar word die veld 'n wilde wereld, vol
met fyn-geblaarde bossies, vyf duim hoog,
die hele helling van die berge op
tot boontoe. Snaakse bossies, hierdie, snaaks --
want as jy net 'n blaartjie aanraak, tril’t
die hele helling van die berge op,
en elke blaartjie vou hom toe en slaap,
om na 'n rukkie wakker weer te word
en weerom toe te gaan as jy hom raak.
Ek wonder, is dit net so met die land
en met sy mense? Moet jy vrinde maak
versigtig en geduldig -- nie te stoor
die fyngevoeligheid van elke vent
voordat jy hom kan hand gee as 'n vrind?
Dis Padang hier, en kruidjie-roer-my-nie
die hele helling van die berge op.

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

Bladsye (1834): [ «    1644  1645  1646  1647  1648  1649  1650  1651  1652  1653  1654  1655  1656  1657  1658  1659    »]
Tyd nou: Ma. Jan. 19 01:59:29 UTC 2026