Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Wys: Vandag se boodskappe :: Onbeantwoorde boodskappe :: Stemmings :: Navigasie
Hartlik welkom! Op hierdie webtuiste kan Afrikaanse mense lekker in hul eie taal kuier, lag en gesellig verkeer. Hier help ons mekaar, komplimenteer mekaar, trek mekaar se siele uit, vertel grappe en vang allerhande manewales aan. Lees asb ons aanhef en huisreëls om op dreef te kom.

Gloudina 2

Mon, 29 October 2007 09:39

Gloudina, hier's nog 'n obeantwoorde vraag.

"Hessie" < wrote

> en die manier
> waarop Torreke nog die ou bestel probeer
> regverdig.

1) Waar het ek die ou bestel regverdig?

2) Ek het gewoon jou daarop gewys dat ek lankal op die ng op rekord is dat
ek gesê het dat ek geen fout met die tuislandgedagte kan vind nie - Dan sou
daar ook fout wees met die bestaan van Lesotho en Swaziland! - maar baie
groot fout met die paternalistiese wyse waarop die wittes alleen daaroor wou
besluit - en al die kleinlikhede waarmee apartheid gepaard gegaan het. - ek
het dit 'n misdaad teen GOD genoem! - baie sterker gestel as bloot 'n
misdaad teen die mensdom!

3) Ek het jou daarop gewys dat die ANC die tuislandgedagte verwerp en
geweier het om daaraan deel te neem omdat hulle met die SAKP en die
Sowjet-Unie hand om die lyf gestaan het en 'n Marxisties-Leninistiese
eenpartystaat tot stand wou bring. Dit het vir hulle nie gegaan oor
apartheid nie - apartheid was net 'n baie gerieflike stok! - dit het vir
hulle gegaag oor MAG!!!

(Terloops, Mbeki en Zuma se huidige stryd om MAG, kan maar gerus vir 'n
slag teen daardie agtergrond beoordeel word!!! - want dis waar dit
oorspronklik vandaan kom!!!)

4) Ek het jou genooi om my verkeerd te bewys. Jy het nie, WANT JY KAN NIE!

5) Nou maak jy bostaande stelling so in die wind na Ferdi toe, klaarblyklik
in die hoop dat jy hierin onderstenuning van hom gaan kry. Hy kan jou gerus
ondersteun, as hy sou wou, maar dan gaan hy ook voor my uitdaging te staan
kom:

*** Bewys my verkeerd?!?!?! ****

Koeitjies & kalfies | 8 kommentare

Gloudina, hier's een van die baie vrae...

Mon, 29 October 2007 09:37

Hi Gloudina,

Ek sien jy sê vir Dave jy't nie geweet jy het 'n vraag van my onbeantwoord
gelaat nie. Jy't nie net een onbeantwoord gelaat nie, jy't sommer 'n klomp
ongemaklike vrae onbeantwoord gelaat toe jy vir "thanksgiving"na jou dogter
toe is.

Hier's een van hulle:

"Hessie" < wrote

> Ja, Torreke, ek bedoel dit is dieselfde Jesus. Jesus
> was cool. Hy het geen doekies omgedraai nie.
> Wie dink jy het hy uitgewys as Fariseers. Wie
> dink jy het hy as witgepleisterde grafte uitgewys.

> Die Anglikaanse kerk met sy biskoplike kerkregeringstelsel lyk
>> nie soos die kerk wat Christus op aarde ingestel het nie.
>
> Sien, Torreke, hier wys jy jouself in dieselfde
> kamp as die Fariseers.

Dis natuurlik gladnie veroordelend as jy my "in dieselfde kamp as die
Fariseers" plaas en 'n witgepleisterde graf noem nie, dus: iemand wat deur
Christus verwerp word!!!

Jy mag dit maar doen, of hoe?

Koeitjies & kalfies | 3 kommentare

Berading. Hulp in Afrikaans word die meeste aangevra.

Mon, 29 October 2007 00:23

Meeste mense soek nog hulp in Afrikaans. Mense wat hul webbladsye net
in Engels skryf, kan dit gerus oorweeg om 'n Afrikaanse skakel ook op
hul bladsy te sit.
http://www.counsellingsolution.co.za/afrikaans.html

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

"hulle wat nooit van moord aangekla word nie " deur JOHAN VAN WYK

Sun, 28 October 2007 00:56

hulle wat nooit van moord aangekla word nie
hulle wat nooit van aanranding aangekla word nie
hulle wat professioneel die werk verrig
hulle wat die maskers van die staat dra
die heersers van die gulag-argipel
hulle wat naamloses se nommers vergeet
hulle wat die bevele gee
hulle sit spekvet saam met ons in die kerk

ons het nooit die gevangenis besoek nie

Johan van Wyk

Prosa & poësie | 0 kommentare

20 - 18

Sat, 27 October 2007 17:18

maar wat 'n irriterende vol van homself kommentator
vir wie daar net Cheetahs op die veld was:-(
Hy kon dit nie hanteer dat die Lions byna gewen het nie.

Sport & ontspanning | 4 kommentare

" Waai hoog nou " deur S.J. du Toit

Sat, 27 October 2007 14:18

Waai hoog nou in ons heldre lug,
Transvaalse Vryheidsvlag!
Ons vyand is weggevlug,
Nou blink 'n blyer dag.

Bestorm deur Kaffers, Leeus en Brit,
Waai jy steeds oor hul kop;
En tot hul spyt aanskou hul dit.
Ons hys jou hoër op.

S. J. du Toit

Prosa & poësie | 0 kommentare

Toets

Fri, 26 October 2007 21:42

Ek wil net sê dat ek die kappie en die ümlaut verloor
het, en nou kom toets het of ek dit weer terug het.
Dit lyk of dit gebeur het. Ek het die vermoë op een
of ander stadium verloor, en nou eers die bevele
om dit terug te kry, opgespoor. Die hele tyd wat
ek die vermoë verloor het, het ek probeer om alle
woorde met kappies te vermy. Dit laat mens nogal
deur hoepels spring om dit in Afrikaans te doen.
Dis nie dat daar seker so baie woorde in Afrikaans
met kappies is nie, maar die feit dat mens sulke
sleutelwoorde soos sê, hê en lê, ensovoorts so
baie gebruik.

Gloudina

Koeitjies & kalfies | 3 kommentare

Koalisie Regering(s) met (Mev. en) President (God) om te verhoog ? Finesse aan Inter-godsdienstige Aangename uitkomste (Organisasie(s) en/of) Sentrum(s) om te verhoog ? en/of Die einde van (Mev. en) President P & T Leon / T Mboweni / J Cronin, om te v

Thu, 25 October 2007 20:15

Koalisie Regering(s) met (Mev. en) President (God) om te verhoog ?
Finesse aan Inter-godsdienstige Aangename uitkomste (Organisasie(s) en/
of) Sentrum(s) om te verhoog ?
en/of
Die einde van (Mev. en) President P & T Leon / T Mboweni / J Cronin,
om te verhoog ?
Vorentoe vervorming (aansluiting) voorstel (Inisiatief)


Vry en/of regverdig, gee my aub. die naam,
van 'n Grondvlak(ke) Adviseur(s) (ondersteunde) -
Finansiele Instelling,
en/of
(ondersteun) (Magiese) Aangename uitkomste (Organisasie en/of)
Sentrum,
(asook kontak besonderhede).

Met wie in vertroue gesprek(ke) gevoer kan word,
(by Tak, en/of Hoof kantoor vlak(ke) ),
aangaande die toekoms van (Suid Afrika, (SAOG, AU)), (onder andere).

Om by aansoek te doen.
Om (Inisiatiew(e)) te kan versoek, terug gee en/of ontvang,
asook fonds(e), (ens. ),
om nodige uitgawe(s) te kan aangaan.

In die vrye en/of regverdige gebruik daarvan,
om Vorentoe vervorming (oorloop) Advies in te handig,
(om verder vervorm te word), (en/of slegs (Alliansie(s)) voorgestel),
om groter swaai te kan (ontvang en/of) behou,
voor, tydens en/of na,
die word van die (Mede-)President,
en/of
die bewusmaking / implementeering, daarvan.

Om 'n inkomste te kan verdien,
en/of asook,
talent(e) na hoër vlak(ke) te vervorm.

Voor, tydens en/of na,
die gee van die blou-groen lig,
aan (Argus / Saan / Naspers ((Inisiatief) Ouditeure) ((Lede en/of)
Leiers)),
vir die aanwysing van (Beter en/of) Nuwe Advies,
in die vervorming,
van, (verder as), en/of na,
(a)
Die maklike verkryging van fonds(e),
voor, tydens en/of na,
die lewering van Aangename uitkoms (Inisiatiew(e)),
(b)
'n (Beter en/of) Nuwe Zimbabwe / Burundi,
in die aanwysing van 'n werk skedule,
asook aantal swoeg en/of sweet (tyd) benodig,
om 'n (goue) handskud te ontvang,
voor, tydens en/of na,
die terug-roep en/of versoek aan Vennot(e),
om langer in Burundi te bly,
om na (Saog / AU) (Gesamentlike) vakansie tuiste(s) vervorm te word,
(onder andere),
,
die ((skep, vervorming, bewusmaking en/of) ondersteuning,
van 'n (SAOG / AU) Hawe-Wes(kus)-Oos(kus)-Hawe,
pyplyn / kanaal / trein / pad vervoer stelsel,
(indien wel meer bekostigbaar sal wees),
,
die ((skep, vervorming, bewusmaking en/of) ondersteuning,
van 'n (Sub-Tropiese en/of Tropiese),
24/7/365 Groent(e) en Vrug(te) Beskikbaarheid Industrie, (onder
andere),
(indien wel nodig en/of profytvol sal wees),
((SAOG / AU) en/of Planeet (Inisiatief)),
,
en/of
(c)
'n (Beter en/of) Nuwe (Suid Afrika, (SAOG / AU)), (en/of elders),
in die vrye en/of regverdige versoek,
van die plaas van (Koalisie en/of) (Teokrasie),
(Begin, Middel en/of) Eind Bestemming formule(s),
asook (beter en/of) nuwe Loopban(e) om na te vervorm,
om debatteer te word,
voor, tydens en/of na,
(die plaas van die Derde Demokratiese Verkiesing,
en/of 'n (Beter en/of) Nuwe (God) se Skepping (Inisiatiew(e)),
en/of
implementeering daarvan.
-
Om net soveeel (koerant) eksemplar(e) te druk,
as wat deur (Gemeenskap) (Lede en/of) Leiers,
op lamppal(e) gelees word,
,
(op die astrale-simboliese vlak(ke), en/of elders),
,
(voor, tydens en/of na,
die begin, middel en/of einde / kontinuïteit,
van Ekn (Nuusgroep en/of E-pos) deelname).


(By voorbaat baie dankie. )
(U ondersteuning, (in die verband), sal inniglik waardeer word. )

(Ontwikkel en/of gestuur,
voor, tydens en/of na die lees van,
die ((huidige), huidige, beter en/of) nuwe,
Upanishads en/of Vedas,
Bagavad Gita,
Dhammapada,
Heilige Koran,
Send-Avesta,
(Torah),
en/of
(Christelike) Bybel. )


(Vir 'n (ondersteun), (vrye en/of regverdige), langer,
(ondersteun) Aangename uitkomste (ondersteunings en/of) Bereiking
(Inisiatief),
,
verwys (onder andere), na -
,
(ondersteun) Verkose vers(e) van -
www.Bahai.org, (www.bahai-education.org/ocean),
(gesamentlike) ((Handboek(e) )) (Inisiatief),
,
www.SriSathyaSai.org.In, (www.srisathyasai.org.in),
(gesamentlike) ((simbol(e) )) (Inisiatief),
,
www.Lcdbible.org,
en/of
www.Bibledatabase.org, (Inisiatief). )


(Die blou-groen lig word hiermee gegee.
Vir die betaling van skuld(e) en/of uitgawe(s).
Om makliker te kan Vorentoe gaan.
Om (ondersteun) magiese Aangename uitkomste,
vroeer te kan bereik.
Voor, tydens en/of na,
die hou van debat(te), menings peiling(e), referendum(s), en/of
verkiesing(e),
en/of
(indien wel so verkies word). )


(Indien hierdie 'n Vorentoe vervorming (aansluiting) voorstel
(Inisiatief) is,
lees aub. van bo na onder, links na regs. )

Koeitjies & kalfies | 1 kommentaar

Ferdi, Koot & kie

Wed, 24 October 2007 16:39

> Laat my weet wat jy van die Garmin dink wat jy koop. Ek wil ook - het
> te sleg daar in jou Durbs verdwaal.

> Ek het ook 'n E600. Gedag dis diep cool. Sies.

> Koot

Koot, hierdie is grooot nuus, maar tyd is te beperk om eers 'n review
en dan 'n aanbeveling te doen. Ferdi, jy het wel 'n mob. foon
gesofistikeerd genoeg om GPS te doen, maar jy het erken dat jy in die
nag wakker word met HIFI Corp drome. (Vergeet van HIFI Corp! Begin
Macro droom!)

Vanmôre kry ek so 'n bevlieging om vandag 'n GPS te gaan koop.
Dis was 'n heel van pas idee op die regte tyd, want gister se Daily
News het heelwat los bladsye SPAM in gehad, en as dit net vir lees is,
is ek enige adverteerder se droom. Veral wanneer ek niks beter het om
te doen nie, lief ek om te windowshop tussen die glans-advertensies:-)

Hier kom nou die nuus waarvoor julle in spanning sit en wag!
Ek blaai deur die ads, want ek gaan 'n GPS koop. En by MACRO sien ek
'n advertensie vir die Garmin Nüvi 200 en die Garmin Nüvi 300 vir
dieselfde prys!

Om 'n lang storie kort te maak, sy wou eers die 300 vir R3500 aan ons
adverteer, maar toe ek haar op die advertensie wys, het sy bevestig
dat die 200 & die 300 dieselfde kos.

Belangrik... hierdie koop is slegs beskikbaar by alle Macro takke tot
(en met?) Maandagoggend. As jy belangstel om 'n Nüvi 300 te kry vir
die prys van 'n Nüvi 200, moet jy kop voor die naweek om is.

Ek weet steeds niks van die goed af nie en en my vrou is op die
oomblik besig met die instelling. Volgens my huidige kennis is die
enigste verskil tussen die twee 'n MP3 speler en Audio Book speler in
die 300 wat nie in die 200 beskikbaar is nie. Albei wys spoedlkvalle
en Wimpy's...:-0)
http://www.gme.net.au/garmin/Nuvi300.php

Hier luister ek nou na 'n MP3 en die klank is goed..!

Engels en tyd - Amerikaans en Kairo.

Koeitjies & kalfies | 2 kommentare

Rugby toekoms

Wed, 24 October 2007 05:40

Enige voorspellings van julle kant af wat van volgende jaar met die Rugby in
SA gaan gebeur.

Persoonlik dink ek hier is probleme aan die kom agv die politiek

Sport & ontspanning | 26 kommentare

Bladsye (1839): [ «    155  156  157  158  159  160  161  162  163  164  165  166  167  168  169  170    »]
Tyd nou: Thu Jan 02 19:51:48 UTC 2025