Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Wys: Vandag se boodskappe :: Onbeantwoorde boodskappe :: Stemmings :: Navigasie
Hartlik welkom! Op hierdie webtuiste kan Afrikaanse mense lekker in hul eie taal kuier, lag en gesellig verkeer. Hier help ons mekaar, komplimenteer mekaar, trek mekaar se siele uit, vertel grappe en vang allerhande manewales aan. Lees asb ons aanhef en huisreëls om op dreef te kom.

Re: AFRIKANER: KULTUUR ens

Do., 01 Augustus 1996 00:00

gal...@ibm.net wrote:
> Lou het geskryf: (lour...@hipsys.co.za )
> --------------------------------------------
>> Selfs die groot groep Afrikaners wat na Suid Amerika
>> verhuis het kon skaars hul taal vir die eerste geslag handhaaf in spyte daarvan dat hulle in 'n groep saamgeleef het en nog sterk familie
bande met Suid Afrika gehad het.
>
> Hier is veral baie immigrante wat so behep is oor hul nuutgevonde
> status as Australiers, of so hard probeer om aan te pas en in te pas,
> dat hul hul eie agtergrond wegsmyt en sonder kritiek aanvaar
> wat hier opgedis word. Dit vind ek jammer. 'n Europieer het my vertel hy vind dit eintlik pateties (gatkruiperig).
> Selfs baie Australiers vind dit vreemd dat nie-Australiers in sulke
> Australiese patriotte verander.
>>
> Ek bly egter in murg en been 'n Afrikaner, en wat my betref kan geen
> immigrant wat grootgeword het in 'n ander land, sommer die identiteit
> van 'n ander aanneem nie. (Sommige mense wissel wel identiteite soos
> klere, maar oor sulke ruggraatlose slapgatte het ek niks te seg nie)
> Immigrante se kinders kan wel Kanadesies ens. word, maar jyself nie.
> Mens kan egter ook nie jou kultuur in isolasie handhaaf nie.
> Miskien een geslag, nie meer nie. Ek dink ek en Lou stem saam hieroor.
> En dit is wat baie mense wat vra oor emmigreer vergeet.
> Mense in SA vra baie vrae oor emigrasie, (mense word ryk daaruit):
> Vrae oor salarisse en wisselkoerse, oor die prys van brood en vleis,
> huise,werksgeleenthede ens.
> Maar wat mense OOK vir HULSELF moet vra is of hul, in ruil
> vir minder geweld ens, bereid is om van hul kulturele waardes en
> identiteit af te sien, op die langtermyn. En dit is 'n moeilike vraag.
> En 'n vraag wat baie mense nie maklik kan of wil beantwoord nie.
>

Ek is in Nederland gebore, maar het in Suid-Afrika grootgeword. Kon
myself nooit as 'n Afrikaner beskou nie. (Dit help ook nie juis as die
kinders jou "kaaskop" noem nie) Altyd gedink dis beter in Holland.
(Veral as jou ouers hierdie standpunt inneem.)

Toe ek familie in Nederland besoek het, was ek baie geskok toe ek besef
dat hulle my as 'n Suid-Afrikaner beskou- selfs al praat ek Hollands(moet
seker die aksent gewees het)! My broer is in Suid-Afrika gebore en het
hierdie jaar vir die eerste keer familie in Nederland besoek. Hy kon toe
ook Nederlands praat! (Ek het hom in sy dertig jaar nog nooit hoor
Nederlans praat nie!) My Ma praat altyd Nederlands met ons en die
aangetroude kinders moes maar net leer.

Ons kinders, veral die oudste een hou ook van die gedagte dat hy van
Afrika is. (kinders noem hom "monkey") Al probeer ek hoe hard om hom te
laat inpas, op die ou end hang dit van jou eie houding af.(op hierdie
stadium klim hy in 'n boom, hang onderste bo, krap onder sy oksel en
se:"hoe-hoe-hoe", soos apies in die dieretuin maak!)

In Kanada is daar soveel mense van immigrante afkoms dat ek in die
alledaagse lewe nie juis "uit" voel nie. As ek tuis voel in drie lande
is dit dalk 'n nuwe definisie vir multikultureel! Dit het al gebeur dat
ek iemand na haar afkoms gevra het, toe blyk dit dat al vier grootouers
van verskillende lande af kom! Dan is dit moeilik om iemand in 'n hokkie
te druk op grond van sy kultuur!

Van die ou mense hier het as kinders uit Nederland uit gekom en kan nog
Nedelands praat. Hulle kinders kan dit verstaan en met moeite praat en
hulle kinders verstaan geen enkele woord meer nie, beskou hulleself as
Kanadese en verstaan nie die ou mense se sentimente nie. Vertel selfs
aan hulle dat hulle Kanadese is.

Groete,

Griet

Koeitjies & kalfies | 1 kommentaar

VOERTSEK MAN, VOERTSEK !!!

Do., 01 Augustus 1996 00:00

Kan al die mense wat aanmekaar gemors hier in engels
en ander tale neerplak nie VOERTSEK nie.

Ek dog die skryfgroep het iets in belang met SA of Afrikaans
of kultuur. Veral Afrikaans.

Hulle maak net die skryfgroep vol, en mens moet hier en daar
rondpik vir die goed wat hier hoort.

Is daar nie iemand aangestel wat sulke gemors
kan DOODveeg nie???

Jammer dat ek so ongeskik moet wees.
Maar my magtie !!

Koeitjies & kalfies | 4 kommentare

Re: B-B-Q

Do., 01 Augustus 1996 00:00

Koeitjies & kalfies | 2 kommentare

VERTEL TOG 'N GRAPPIE !!!

Wo., 31 Julie 1996 00:00

Hoe gaan dit met humor in die Nuwe Suid Afrika ????
Die laaste keer wat ek 'n VannerMerwe grap gehoor het was van iemand
op reis hier in Australie:

Gehoor Vannermerwe het emigreer na Australie toe ?
Ja, toe hy in Australie aankom het die gemiddelde I.K. van altwee lande
onmiddelik gestyg.

Wil julle nie dalk 'n egte (Suid) Afrikaanse grappie pos nie?
'n Van der Merwe grap, 'n sêding of so, 'n wilde definisie...
Ek sal dit baie waardeer, en ek is seker ander ook.

Toevallig val een my by wat ek jare gelede gehoor het.
Dis een wat Fanus Rautenbach blykbaar oor die radio vertel het:
Hy is toe daaroor geskors. (of dit nou waar is weet ek nie):
Van der Merwe en sy pasgetroude vrou ry teen Sir Lowry's pas uit.
Halfpad teen die pas op gaan hul kar staan.
Hulle klim toe uit om te stoot.
Toe hulle terugkom is die kar weg...

Toe ek in die weermag was, was daar baie slim sêgoed (skeltaal)
Bv: "TROEP:Ek steek my R1 deur jou ore en ry jou soos
'n Harley Davidson rond!"
"TROEP:Skud jou kop dat jou ore jou kan wakkerklap!"
ens.
Kan julle nog sulkes onthou?
(Ek het die bestes vergeet). Die meeste was natuurlik uiters kru.

Daar is baie goeie grappe waar die Afrikaanse taal ter sprake kom.
('n misinterpretasie van Afr/Eng of so, Tok-tok grappies)

Tok-tok. Wie is daar?
Fanta. "Fanta" wie?
Dis van-te veel eet dat jy so lyk...

Ander oor die Transvaals/Kaapse provinsialisme?
(is daar nou nuwe grappies oor Gauteng?)
Of Matie/Tukkie grappies. Boer,skot,engelsman grappies ?
Iets wat die unieke Suid Afrikaanse situasie goed vasvang ? oor Madiba?

Vriendelike groete.

Humor & grappe | 2 kommentare

Afrikaners is te suurgat

Wo., 31 Julie 1996 00:00

Ek werk by 'n Tegniese Kollege waar ek wetenskap doseer, maar ek kan
dit nie meer hou nie! Al die Afrikaners is permanent suurgat.
Niemand lag nie. Almal lyk net neerslagtig.
Komplimente vir goeie werk? Moenie my laat lag nie.
Ons TV moet weer begin met programme soos biltong & pot roast
of enigiets waar die regte malles ons kan vermaak.
Ek het 'n behoefte daaraan om te lag.

Koeitjies & kalfies | 1 kommentaar

Re: Afrikaanse radio (was Platteland)

Wo., 31 Julie 1996 00:00

> pigf...@icon.co.za wrote:
>
> (ek hou van hierdie ou se adres, pig farmer. Is jy 'n mielieboer?)
>
>> land se simbole. ek het myself nou al vir 'n ruk besig gehou met die
>> aktiwiteit om Pepsi advertensies te skryf vir die New Generation.
>>
>> Ek werk aan Pepsi ads vir die boere.
>
> Wat my de moer in maak is die afrikaanse advertensies op radiostasies
> waar die dj's te grênt is om afrikaans te praat. Luister na Radio 5, of
> wat hulle hulself ookal nou noem. HOekom is daar afrikaanse advertensies,
> maar niks afrikaanse musiek nie?
>
> Hoop iemand van sabc.co.za lees hierdie nuusgroep.
>
> As jy nou wil weet wie is die afrikaner luister "iets vir iets" so
> middeloggend op Afrikaanse stereo. Dis 'n inbelradioprogram waar mense
> goed te ruil aanbied. Karavane, nissan bakkie enjins, elvis
> plateversamelings, and stukkies grond naby Hermanus.
>
> werda, charl.

"Hoor, Hoor" vir Iets vir Iets. Die beste program op die lug. Al wat ek wil
weet is hoekom die program laas Saterdag kort geknip was weens die rugby. Kon
die SAUK nie eerder die program oor kaas gelos het nie? Of hoe se ek nou.

Leon.

Koeitjies & kalfies | 1 kommentaar

Boikot SABC en trawante. Ons het REEDS betaal.

Wo., 31 Julie 1996 00:00

m...@hca.co.za (Mike Erasmus) wrote:

<<>Ek doen 'n beroep op my mede volksgenote,
>Moenie jul TV lisensie betaal nie.....>>>>>

Een of twee punte:
1. Ek glo alle Suid-Afrikaners (dus ook die mense in die townships)
moet hul dienstegelde betaal.
2. Ek glo alle Suid-Afrikaners moet hulle belasting betaal.
3. Ek glo as jy TV kyk, onderwerp jy jou aan die struktuur wat die
staat daarvoor stel. As dit beteken jy moet lisensie-geld betaal,
moet jy dit betaal of van jou TV ontslae raak.
Ek betaal my lisensiegeld.
4. Die nuwe SABC is beter as die ou SAUK.
Daar is minder Afrikaans, maar die goeie Afrikaanse reekse het in
die jare tagtig al begin verdwyn.
Oorgeklankte twak het ek nog nooit gekyk nie.
Daar is deesdae baie wat ek op SABC se dienste kyk. Van uitstekende
Britse reekse, tot goeie flieks en die week nog die Olimpiese
Spele.
Ek kyk. Ek betaal.

(Anders as jy en jou sielsgenote in die townships wat nie wil
dienstegelde betaal nie.)

TV, flieks & vermaak | 0 kommentare

Nuwe simbole

Di., 30 Julie 1996 00:00

lour...@hipsys.co.za wrote:

> Die Rainbow vlag.
> Selulere telefone.
> Ingevoerde bier.
> Oorsee besoeke ( veral as dit per ongeluk saamval met die olimpiese spele :)
> ).
> BMW's.
> Pespsi (he he he).
> 'Spring Water' in 'n bottel.

Jy weet dis die nuwe sa want:

** Jou tuinjong praat Frans.
** Daar's mense met cardboard signs wat geld by verkeersligte vra.
** Jy word nie meer vir kampe opgeroep nie. (Dis nou die mans).
** Daar's meer curios op die vlooimarkte van Ghana en Senegal af as van Zoeland en Venda.
** Daar's meer swart gesinne in die Hypermarket op 'n Saterdagoggend as wittes.
** Alle motorradios is die "slip in" soort, of het 'n verwyderbare gesig.
** Daar's nou 'n casino in elke voorstad.
** SABC wys 'n movie waarin iemand sê shit en dit word nie gebliep nie.
** Coca Cola het kompetisie.

Charl

Koeitjies & kalfies | 1 kommentaar

Platteland

Ma., 29 Julie 1996 00:00

In baie opsigte is hierie groep nessie platteland. en dis nie net omdat hy op
'n twee-dimensionele oppervlak fungeer nie. (jou screen, stjoepit). ek sien
die bottelstoor beginne kop uitsteek. (KYK: Drinks anyone?)

Al wat nog kort is dat die NG Kerk 'n gemeente hier oopmaak, hulle afstig,
twis opsplit en weer afstig.

(Dan noem ons die middelste wit deel van jou screen Kerkstraat.)

'n laaste gedagte, hou op om die Taal op Coke-blikke te soek en drink Pepsi.
Al proe dit nie so lekker in jou klippies nie is dit ten menste PC.

Koeitjies & kalfies | 10 kommentare

Re: Platteland

Ma., 29 Julie 1996 00:00

In Article, writes:
> Path: hermes.is.co.za!news
> From: d...@eastcoast.co.za (DCE)
> Newsgroups: soc.culture.south-africa.afrikaans
> Subject: Re: Platteland
> Date: 29 Jul 1996 18:26:29 GMT
> Organization: DCE
> Lines: 25
> Message-ID:
> References:
> NNTP-Posting-Host: sl07.eastcoast.co.za
> Mime-Version: 1.0
> Content-Type: Text/Plain; charset=US-ASCII
> X-Newsreader: WinVN 0.99.7
>
> In article ,
> pigf...@icon.co.za says...
>>
>>
>> In baie opsigte is hierie groep nessie platteland. en dis nie net omdat hy op
>> 'n twee-dimensionele oppervlak fungeer nie. (jou screen, stjoepit). ek sien
>> die bottelstoor beginne kop uitsteek. (KYK: Drinks anyone?)
>>
>> Al wat nog kort is dat die NG Kerk 'n gemeente hier oopmaak, hulle afstig,
>> twis opsplit en weer afstig.
>>
>> (Dan noem ons die middelste wit deel van jou screen Kerkstraat.)
>>
>> 'n laaste gedagte, hou op om die Taal op Coke-blikke te soek en drink Pepsi.
>> Al proe dit nie so lekker in jou klippies nie is dit ten menste PC.
>>
>>
> Is dit nie waar nie, is dit ten minste PC, verduidelik asb
>
> At
>
Wel At, ek reken as die Afrikaner maniere soek om in tune te word met hierdie
nuwe land en sy realiteite, moet hy homself begin identifiseer met die nuwe
land se simbole. ek het myself nou al vir 'n ruk besig gehou met die
aktiwiteit om Pepsi advertensies te skryf vir die New Generation.

Ek werk aan Pepsi ads vir die boere.

Ek belowe.

(terloops, PC=Politically Correct)

Leon

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

Bladsye (1835): [ «    1602  1603  1604  1605  1606  1607  1608  1609  1610  1611  1612  1613  1614  1615  1616  1617    »]
Tyd nou: Ma. Jun. 01 12:36:14 UTC 2026